Erediens - 09 April 2023


Ons nooi jou uit na Sondag 9 April se erediens om 08:00 op die strand (afhangende van die weer) en 09:30 in die kerk.
Daar is geen koffie na afloop van die erediens nie.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na die erediens om 09:30 in die Kerkgebou.
Kom drink lekker koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.
Ons Vonkies skop volgende week weer af vir die 2de kwartaal.
Ons wens vir al ons vonkies en die onderwyspersoneel báie sterkte toe vir die nuwe kwartaal wat Woensdag 12 April begin.


DEUROFFER: GEMEENTEBEDIENING (Outeniqualand se eie bediening)

Outeniqualand se Diensgroep vir Gemeentebediening staan onder leiding van Jaap van der Westhuizen. Die span bestaan uit Adam du Plessis, Annemi Barnard, Ben Klinck, Blom du Toit, Charles Robertson, ds Basie Fourie, ds Jan Fourie, Floris Brand, Maryna van der Westhuizen, Merinda Duvenage, Nikki Visagie en Tinus Badenhorst. Hierdie Diensgroep is verantwoordelik vir die opbou van die gemeente in al sy fasette.
Die bedieninge wat onder hierdie Diensgroep val, is...
Inrig van die erediens / Voorsang / Pinksterdienste / Jeug: Vonkies (waar Annemie leiding gee) / Jaarkalender / Heuningdraer (waar die redaksie leiding gee) / Koor (waar Tinus leiding gee) / Omgeebedienig (waar Maryna leiding gee) / Jubeljaar aksies / Paassangdiens / Kerssangdiens / Kursusse soos "Ontdek jou gawes" en "40 dae" / Aksies soos die "kussing- projek" van Wim en Sandra / Outeniqualand se webblad (waar Tinus leiding gee) / Gemeente kampe en enige ander aksies waar ons gemeente, hetsy geestelik of beestelik, bedien word.
Ons wil jou aanmoedig om enige vars nuwe idees vir ons deur te gee of beter nog, om by ons span aan te sluit en te help dink aan nuwe idees hoe ons ons mede-Outeniqualanders beter kan bedien.
Kontak my gerus.
Jaap van der Westhuizen

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023