Erediens - 16 April 2023

 

Ons nooi jou uit na Sondag 16 April se erediens om 09:30 in die kerk.
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.
Welkom terug ook aan die VONKE. Hoop julle is uitgerus.
Die voorsitter van ons Diensgroep vir Fondse, Henk Vosloo, gaan vanoggend terugvoering gee oor die jaar se finansies.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na ons jaarlikse Paassangdiens om 09:30 in die Kerkgebou.
Moenie dit mis nie. Die koor het hard geoefen vir hierdie spesiale geleentheid.
Kom drink lekker koffie na afloop van die erediens in die kerksaal.


DEUROFFER: JAN KRIEL INSTITUUT

Jan Kriel Instituut fokus op die onderrig en opleiding van leerders met spesiale onderwysbehoeftes van af die grondslagfase tot graad 12.
Wat maak Jan Kriel anders?

  • Klasse is aansienlik kleiner in vergelyking met hoofstroom-onderwys.
  • Onderrigtegnieke word aangepas om in die spesiale opvoedkundige behoeftes van leerders te voorsien.
  • Ons streef daarna om die skolastiese vordering te bevorder, hul vertroue en selfbeeld te herstel en hulle toe te rus met die nodige vaardighede vir herintegrasie in hoofstroom-onderwys, indien moontlik.
  • 'n Uitgebreide ondersteuningspan is beskikbaar om die fisiese, sosiale, emosionele en akademiese behoeftes aan te spreek en te ondersteun. Die ondersteuningspan het lede van die volgende beroepe uitgesluit:
Opvoedkundige, Sielkundige, Berader, Maatskaplike werker, Professionele verpleegkundiges, Arbeidsterapeute, Fisioterapeute, Spraak-, Taal- en Gehoorterapeute en 'n Leerodersteuningsonderwyser.
In die lig hiervan kan 'n mens verwag dat skoolgelde baie duur sal wees. En dit is waar ons skenkers in die prentjie kom. Met die fondse wat ons ontvang word Jan Kriel se kinders 'n kans in die lewe gegee!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023