Erediens - 30 April 2023

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 30 April se erediens om 09:30 in die Kerkgebou.
Ds Basie Fourie bedien die Woord en fokus op ons jaartema: Jubeljaar. Ons is geseënd om ander te seën.
Weens die langnaweek is daar geen koffie en tee na die erediens nie.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na die erediens om 09:30 in die Kerkgebou.
Kom drink weer lekker tee en koffie saam met ons na die erediens.


DEUROFFER: BEDIENING AAN JODE (Sinodaal)

Bid asseblief vir Jeanie de Wet wat na die Jode uitreik met die Evangelie, asook vir die Messiaanse Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad.
Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is. Hulle is Christen-Jode. Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer sal kom. Bid ook vir hulle uitreik na Joodse Christene wie nie lidmate van Beit Ariel is nie en na Jode wat nie glo dat Jesus die Messias is nie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023