07-05-2023 - 13-05-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die mense van Soedan waar gevegte tussen faksies in die weermag plaasvind. Daar is reeds duisende haweloos en duisende wat gevlug het. Vader bring U asseblief vrede en versorg die haweloses.
  2. Arbeidsondag: Ons bid dat U die werksgeleenthede sal beskerm en ook nuwe werksgeleenthede sal skep.
  3. Sinode: 8 - 12 Mei. Ons bid dat besluite en besprekings aan die Woord getoets sal word en die Heilige Gees teenwoordig sal wees.
  4. Magdalena Huis (Deuroffer): Vader wees U teenwoordig in die lewens van hierdie vroue en versterk hulle deur U Gees.


DANKIE:

  1. Vir tegnologie wat U Woord en die Evangelie tot aan die uithoeke van die aarde beskikbaar maak.
  2. Vir hulle in die privaatsektor wat daarna streef om werk te skep en hulle werkers menswaardig behandel.
  3. Vir hulle wat uit eie middele kos aan die armes verskaf.
  4. Lied 529:1 "Dank, dank die Heer. Ons dank die Heer, want aan Sy liefde is daar geen einde nie, Sy troue liefde is daar geen einde nie, is daar geen einde nie."

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023