Digitale generasie kies kerk in persoon

Lionel Hutton, jeugleraar van Stellenbosch Moedergemeente, skryf in 'n onlangse gemeentebrief dat hulle aanlyn-eredienste baie entoesiasties deur hulle tieners ontvang is, maar dat dieselfde aanlynkykers hulle teruggehaas het toe eredienste heropen is.
"Ons almal leef met die vrees dat sosiale media die wêreld al hoe meer onpersoonlik gaan maak, dat jongmense nie meer gaan weet hoe om vir lang periodes te konsentreer of om ingeligte en betekenisvolle gesprekke te hê nie. In die lig van die tieners se beweging terug kerk toe, sou ons nie dalk kon sê dat daar ’n terugkeer na gemeenskap, saamwees en dieper intellektualiteit in ons verhouding met Christus is nie? Waarom kies ’n digitale generasie kerk in persoon? Dalk is dit omdat die waarde van ’n geloofsgemeenskap geensins verlore by tieners is nie. Of is dit dalk omdat hulle eerder ’n generasie is wat geken kan word aan hul verlange na saamwees?"

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023