Plasings

LANGTAFELDINEE

Prent
'n BAIE groot dankie vir Janita en haar span vir 'n onvergeetlike Langtafeldinee. Alles was pragtig en heerlik en ons gemeentelede het besonder spiekeries gelyk in hulle formele klere!  

DRAADKAR-FEES

Prent
 

WONINGSKOU

Op 15 April 2023 word daar 'n "Woningskou" gehou ten bate van Diepkloof Kleuterskool. Die verskillende huise op die program kan vanaf 9:00 tot 15:00 gesoek word. Die doel van die woningskou is NIE dat die eienaars wil spog met hul huise en besittings nie, maar dat hulle uit dankbaarheid aan God, hul huise oopstel om dit in vreugde met ander te deel. Die laaste stop is by Annelie Botha waar gratis roosterkoek/konfyt/kaas en koffie en tee aangebied word. Die kaartjies is R100 per persoon. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, Riekie Kruger en Merinda Kinghorn.

26-03-2023 - 01-04-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Die Nagmaal: Mag die Vader ons met die gebruik van die sakrament seën. Seën ons nagmaal ete, waar ons saam met medegelowiges die vreugde van voedsel en samesyn kan geniet. Lydenstyd: Mag ons ook hierdie week die lyding wat Christus ter wille van ons verduur het, beleef. Ons mooi land: Menseregtedag het ons weereens herinner aan ons Christelike plig om ons medelandsburgers met respek en liefde te hanteer. DANKIE: Dat U ons gebede die afgelope week verhoor het tydens stakings en onrus. Ons het U teenwoordigheid ervaar. Dat U altyd daar is vir gelowiges; in tye van kommer, siekte en nood. Dat U luister as sondaar mense bid! Dankie dat U altyd 'n oor het vir ons nood en versugtinge! Amen.

Nagmaal - 26 Maart 2023

Ons nooi jou uit na Sondag 26 Maart se Nagmaalsdiens om 09:30 in die kerk. A.g.v. die Nagmaalsete, is daar geen koffie na afloop van die erediens nie. Daar word reën vir Sondag voorspel en daarom het ons besluit om die braai te vervang met ons tradisionele Nagmaalsete. Ons nooi jou dus uit na ons Nagmaalsete vanaf 11:30 in die Kobus Hattingh-saal in Glentana. Die volgende reëlings geld: Elke gesin bring vir homself: Eie eetgerei Eie drinkgoed (wyn is welkom) 'n vleisgereg en twee bykosse (waarvan een ‘n slaai kan wees) Nagereg Die kos word op 'n gesamentlike tafel uitgepak waar elkeen kan skep soos en waarvan hy/sy hou. Daar sal stoele met gedekte tafels beskikbaar wees. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 2 April se erediens om 09:30 in die Kerkgebou. Kom drink lekker koffie in die kerksaal na afloop van die erediens. DEUROFFER: PUBLIEKE GETUIENIS (Sinodaal) Die Getuienis Aksie van die Sinode is besig op verskeie plekke in Afrika asook die res van die wêreld me

DRAADKAR-FEES

Prent
 

LEESPROJEK VIR ONS LAERSKOLE

Diens van Barmhartigheid wil graag 'n leesproejek by die drie laerskole in ons area van stapel stuur. Daarvoor het ons heelwat boeke op laerskoolvlak en laer nodig. As daar boeke in jou huis is wat jou kind of kleinkinders al ontgroei het, skenk dit asseblief vir die projek. Die boeke kan in die voorportaal in die mandjie geplaas word of jy kan my kontak. As 'n kind leer lees, kan hy soveel ander vaardighede baasraak. Baie dankie by voorbaat. Marianna Uys

HANDSKOENE VIR LAERSKOOL DIEPKLOOF

'n Groot DANKIE vir die voltooide handskoene wat by die kerkkantoor ingegee is. Daar is 20 pare donkerbou (navy) handskoene sonder vingers reeds klaar gehekel en ons kort nog 160 pare. Ons wil graag middel Mei vir Laerskool Diepkloof 180 pare gee. Verlede jaar se musse het alle verwagtinge oortref, ons glo dat ons vanjaar ook gaan jubel en juig met die handskoene projek. Vir meer inligting kontak Alta.

19-03-2023 - 25-03-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Stakings en optogte: ons as gelowige wetsgehoorsame burgers is baie bekommerd oor die gevolge van die aksies op die ekonomie en samelewing Ons bid vir beskerming en beheer oor vakbonde en politieke partye. Die Kerk: Ons bid vir leiding van ons kerkleiers in hierdie onsekere tye. Die mense van Mosambiek en Malawi waar die tifoon Freddy groot skade aangerig het. Vertroos u die families waar lewensverlies was en help hulle om die skade te herstel. Hugenote Kollege (Deuroffer): Ons bid vir die instansie waar Sosiale Werkers opgelei word. Hierdie studente gaan 'n belangrike rol in gemeenskappe vervul en het ons finansiële ondersteuning en voorbidding nodig. DANKIE: Vir die dat ons in hierdie tyd saam met U die Lydensweg mag stap en dat U vir ons sondes gesterf het. Dat U Heilige Gees ons beskerm teen die bosemagte wat dreig om ons in die afgrond te trek.