Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2022

2022-01-30 - 2022-02-05 - ONS BID SAAM VIR...

Die invloed wat ons “Week van Gebed” op die meelewing van ons gemeente sal hê. Ons studente wat weer met 'n nuwe semester met nuwe uitdagings begin. Vader ons dra veral ons eerste jaar studente aan U sorg op. In die eerste weke van onsekerheid en aanpassing gaan hulle U nodig hê. Die aanstelling van 'n nuwe Hoof-Regter. Mag dit iemand vry van politieke verbintenis wees, wat sy wysheid en insig by U sal vind. Nuwe intrekkers: Dat hulle in ons gemeente 'n geestelike tuiste sal vind, waar hulle tot U diens beskikbaar sal wees. Seën op die kwartaal se gemeente aktiwiteite. DANKIE VIR: U teenwoordigheid tydens ons “Week van Gebed’. Aktiwiteite in die kerk en skole, wat weer onder Covid regulasies na normaal begin terugkeer. Die mooi in die natuur wat U daagliks aan ons openbaar.

OUTENIQUASTRAND DAMES BYBELSTUDIE

Outeniquastrand Dames Bybelstudie begin Donderdag 3 Februarie om 09:30 by die Kobus Hattinghsaal. Alle dames word uitgenooi na die Bybelstudie. Kontak gerus vir Esther Lategan as jy enige vrae het.

BYBELSTUDIE VIR DIE MANNE

'n Oproep aan al die manne in Outeniqualand: Die Bybelstudie begin Donderdag 3 Februarie 2022. Ons kom in die Kobus Hattinghsaal bymekaar. Dit begin 8:00 en sal ongeveer 1 uur duur. Ons sal afskop met Psalm 23 en dan by die eerste byeenkoms besluit watter boek van die Bybel ons wil bestudeer asook die aard en omvang van die byeenkoms. Weet dat JY baie welkom is. Jy is welkom om iemand saam te nooi. Bid asseblief vir hierdie geleentheid. Ons verwagtinge is van die Here, nie van 'n mens nie, want ons as gelowiges bly almal, 'n leeftyd lank, studente van die Woord waarin God die Heilige Gees, ons moet lei. Sou jy enige gebedsvoorstelle hê, kom deel dit sodat ons saam daaroor kan bid.

Erediens - 30 Januarie 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na ons inry-erediens Sondag om 09:30 by die dam agter die kerk. Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word. Na die diens is daar 'n braai vir die Vonkies en hulle ouers by die Kobus Hattinghsaal. DEUROFFER: OUTENIQUALAND Diensgroep vir VASTE en ROERENDE BATES Die Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates, onder leiding van Pieter Stoltz, sorg vir Outeniqualand se geboue en toerusting. Dit sluit die Kobus Hattinghsaal en terrein, die begraafplaas, die Kerk, Kerksaal en terrein, die Pastorie in. Ons gemeente is geseën met pragtige geboue in die mooiste natuurskone areas. Die geld wat met die Deuroffer ingesamel word, sal gebruik word vir die instandhouding en opknapping van Outeniqualand se eiendom en terreine.

GEMEENTE NAWEEK 18-20 FEBRUARIE 2022

Prent
Ons beplan weer 'n heerlike gemeente-naweek die naweek van 18-20 Feb by Ebb en Flow in Wildernis. Ons sal DV volgende Sondag die tariewe deurgee. Daar sal rondawels en kampeer-staanplekke beskikbaar wees. Dagboek solank die datum of gee jou naam voorlopig by die kerkkantoor in vir bespreking.  

KLAVIERPRET MET KAAS EN WYN

Prent
  12 van ons eie lidmate bied hierdie wonderlike pret geleentheid aan. Dankie aan Esther Lategan wat die aand beplan en aanmekaar geweef het. Moenie die plaaslike talent misloop nie. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar. Kaas en wyn word na die tyd in die kerksaal bedien.

SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

Ons nooi jou uit om as vrywilliger aan te meld en ons Sondae te help met die opneem van die offers. Al vereistes vir hierdie bediening is: 1. Dat jy gewilig is, 2. Dat jy opdaag en 3. Dat jy jou glimlag saambring. ☺ Ons sal 'n rooster opstel sodat jy presies weet op watter Sondag jy die offers moet opneem. Whatsapp Merinda indien jy kan help. (Dankie vir almal wat, na aanleiding van die whatsapp, reeds aangemeld het. Ons waardeer julle bereidwilligheid!)

PELGRIMSTOG VAN HOOP – GARDEN ROUTE

Prent
Verlede jaar is daar begin met 'n Pelgrimstog van Hoop tussen Herold en Mosselbaai. Outeniqualand gemeente is die 3de laaste “Brunch-stop” op die roete. Klink hierdie na 'n bediening waarby jy betrokke wil raak? Wat dit behels is, as daar die oggend 'n groep verbykom, die tafel gedek moet word, die kos warm gemaak moet word (jy hoef dit nie self te maak nie) en dat jy saam met die pelgrims eet en as gasvrou/gasheer optree tydens hulle kort besoek. Ons beoog om 'n paar spanne te hê wat mekaar in 'n maand afwissel. Dit is 'n baie bevredigende bediening waarin gasvryheid, vriendelikheid, betroubaarheid benodig word. Dit bied 'n geleentheid om saam met baie interessante mense te kuier. Indien jy voel dat dit 'n bediening is waarby jy wil inskakel, kontak asseblief vir Merinda.

Week van Gebed - Januarie 2022

Prent
 

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL - 2022

Prent
  Diepkloof Kleuterskool het die week met hulle aktiwiteite begin. Ons wens hulle 'n baie geseënde 2022 op al hulle werk toe. Hulle het laat weet dat daar nog plek vir 10 kinders tussen die ouderdomme 3 – 6 jaar is. Kontak gerus vir Bernice van Rooyen. Die juffrouens het 'n dringende behoefte vir 'n Laptop om hulle te help met hulle werk. Indien daar 'n lidmaat is wat 'n ekstra laptop het en dit vir die kleuterskool wil skenk, kan jy Bernice kontak.

OUTENIQUALAND GEBEDSGROEP

Is hierdie 'n bediening waarby jy betrokke wil raak? Covid-inperkings verplig ons egter om whatsapp-groep te stig waar ons beurte maak om ons gebede te deel en vir sake wat ons na aan die hart lê te bid. Daar word vier maal per week gebid. U word dus vriendelike genooi om by ons groep aan te sluit vir 2022! Stuur asseblief u naam en selfoon nommer na Merinda by die kerkkantoor. “Het jy al so baie daaroor gebid soos jy daaroor gepraat het?”

2022-01-23 - 2022-01-29 - ONS BID SAAM VIR...

Ons leraar en kerkraad vir krag en wysheid vir hulle taak in die nuwe jaar. Ons leerders en onderwysers vir die uitdagings in 2022. Die week van gebed en seën op ons gebede. Inwoners en boere in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noord-Wes, waar oorstromings groot skade aan huise en oeste veroorsaak het. Ons plaaslike jeug (Deuroffer). Ons bid vir hulle geestelike versorging deur ouers en die kerk. Hierdie groepie lidmate het ons voorbidding en finansiële versorging nodig. DANKIE VIR: Die rus en samesyn saam met familie en vriende gedurende die Kerstyd. Die Gemeenskap van Gelowiges wat ons die afgelope vakansie saam met vakansiegangers kon ervaar. 'n Nuwe jaar, met soveel onsekerheid en dat ons volkome op U kan vertrou, U is ons Leidsman en by U is ons veilig.

Erediens - 23 Januarie 2022

Prent
Baie welkom terug na die feesseisoen! Ons begin die nuwe jaar met ons week van gebed. Sondagoggend se tema by die inrydiens om 09:30 is: “God se stem te midde van geraas”. Na die diens is daar lekker koffie in die buitelug, onder die skadunet voor die dam. Ds. Jan asook Merinda in die kerkkantoor is albei vanaf 17 Januarie weer terug op kantoor en in die gemeente na 'n welverdiende rus. Baie dankie vir Lorraine wat ingestaan het vir Merinda en die kerkkantoor beman het en vir dr. Kobus Hattingh wat vir ds. Jan ingestaan het. Ons is almal opgewonde om die 365 geleenthede in 2022 ten volle te gebruik tot eer van die Here! DEUROFFER: PLAASLIKE JEUG VONK (Vorm Ons Nes Klei) Hierdie Sondag se deuroffer gaan vir ons plaaslike jeugbediening. Ons VONK bediening. Ons VONK bediening het die afgelope jaar of wat pragtig toegeneem ten spyte van die uitdagings. Ons is baie dankbaar vir Annemi en haar span wat so mooi na ons Vonkproppies kyk. Jy kan hierdie bediening vandag seën met jou finansië