Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Liewe vriende!
Jy het seker gewonder wat het van Glentana en omgewing oorgebly na die storms van vroeër in die jaar? Hier en daar het skade gekom, maar die mense en unieke vakansie atmosfeer is steeds hier (en lewendig ). Die Suid-Kaap het hulle vere reg geskud vir jou koms!
Ons glo dat jy ‘n ruskans verdien. Daarom is dit vir ons 'n voorreg om jou as vakansieganger in Outeniqualand te verwelkom. Ons het al geleer om jou in ons geestelike familie te verwelkom. Soos altyd probeer ons om aan jou 'n geestelike tuiste vir die vakansietyd te bied.
Ons bring graag die volgende onder jou aandag:

  • Daar word elke Sondag 'n erediens in die Kobus Hattingh-saal te Glentana aangebied. Ons het genoeg plek binne en buite die saal.
  • Ons hou ook 'n Geloftediens, Carols by candlelight en vyf Kersdienste.
  • Ons is bevoorreg om 'n stranddiensspan van Moreletapark-gemeente te ontvang wat in die Suid-Kaap kom bedien. Loer onderaan na hulle program en neem jou kinders na al die wonderlike aktiwiteite wat hulle aanbied (onder andere in Dwarswegstrand). Franco is die spanleier.
  • Ter wille van jou gerief en mense se versigtigheid na die COVID-tyd om met kontant te werk, heg ons ook ons snapscan kode aan vir inbetaling van kollektes.

Ons bankbesonderhede is:
NG Kerk Outeniqualand:
FNB tjek rek no: 62358460401
Takkode 210-114.

Ons bid dat jy en jou familie ‘n geseënde Christusfees sal beleef en dat 2024 'n jaar vol innerlike vrede en rus sal wees.

 



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023