Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2024

SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

Raak betrokke by Outeniqualand se GASVRYHEIDSBEDIENING: Outeniqualand se gasvryheidsbediening werk op 'n unieke manier. Ons het 'n whatsapp-groep waarop ons enige behoefte plaas. (van koffie-hulp, eetgoed vir funksies, begrafnisse, tafels dek en versier, naaldwerk, blomme, tuinwerk ens.) Jy hoef net jou hand op te steek vir ‘n aktiwiteit wat jy voel jy betrokke wil raak. Ons sal jou nooit vra om iets te doen waarvoor jy nie kans sien nie. Jy het dus 'n keuse waar jy betrokke wil raak of help of nie. As jou naam nog nie op die gasvryheidsgroep is nie, en jy wil graag deel raak van die whatsapp-groep, kontak vir Christa Botha by Merinda by die kerkkantoor. NAGSKUILING Baie dankie vir diegene wat gereageer het op die Nagskuiling oproep en vir donasies wat ingekom het. Enigiemand wat nog betrokke wil raak by die aksie of 'n donasie wil gee kan vir Blommetjie kontak. Ons nooi jou om as vrywilliger aan te meld en ons Sondae te help met: INSAMELINGSBEDIENING: Die opneem van di

Familienaweek - Arendsrus

Prent
  Tariewe vir familienaweek: 1 x Twin room kamer @ R700 p/nag (Slaap 2) Kampering: R120 volw / R80 kinders per nag (6 per staanplek) Dagbesoekers R40 pp per dag! Meer inligting (bv. program, benodigdhede ens.) volg later. Bespreek so gou moontlik by Merinda by die kerkkantoor.

NUWE LERAAR VIR GROOT BRAKRIVIER

Ons buurgemeente het 'n nuwe leraar aangestel. Ds. Charné en Ruan Viljoen asook hulle dogtertjie Emma kom van Bloenfontein af en ons vra ons Outeniqualanders om ook vir hierdie gesin in julle gebede te hou.

BINGO – 6 FEBRUARIE

Op Dinsdag 6 Februarie om 10:30 by die Kobus Hattinghsaal kan jy lekker kom BINGO speel. Die ingangsfooi is R10 wat 'n gratis tee/koffie insluit. Daar is ook lekker pryse wat gewen kan word! Kontak vir Lorraine.

KOOR

Die KOOR begin Donderdag 1 Februarie oefen vir die Paassangdiens. Die oefening is om 17:00 in die Kobus Hattinghsaal. As jy hou van sing, kom sluit aan by die koor! Almal is welkom. Kontak vir Tinus.

29-01-2024 - 03-02-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Epifanietyd: Die viering van die seisoen van God se verskyning en bekendmaking aan ons en wat duur tot lydenstyd. Ons bid dat hierdie siesoen vir ons bewus sal maak van die voorbeeld wat Jesus as mens vir ons gestel het. Die gemeente se vaste en roerende bates (Deuroffer): Vader ons gemeente se bates behoort aan U. Help ons om dit tot U eer te versorg en bewaar. Week van gebed: Ons bid dat ons gebede van die afgelope week vir ons groter insig sal gee van ons taak as gestuurdes in die gemeente en in ons gemeenskap. Die matrikulante wat verlede jaar suksesvol was, maar ons bid ook vir hulle wat nie hulle doel bereik het nie. Help U hulle om hulle toekoms in U hande te plaas en sorg U asseblief vir hulle. DANKIE: Vir die reën in ons streek maar ook vir die damme wat vol is. Ons is veral dankbaar vir die Koegadam in die Oos-Kaap wat vol is. U het ons gebede verhoor. Vir die bediening aan die Vonkies, vir hulle wat betrokke is by die jeug in ons gemeente. Vir gestuurdes wat 'n verskil i

BYBELSTUDIE VIR MANS EN VROUE

Uitnodiging aan al die manne van Outeniqualand: Die mannebybelstudie is Donderdae om 08:00 by die Kobus Hattinghsaal. Uitnodiging aan al die vroue van Outeniqualand: Die vrouebybelstudie is ook Donderdae om 09:30 in die Kobus Hattinghsaal. JY is baie welkom. Jy is ook welkom om iemand saam te nooi. “Ons verwagting is van die Here, nie van 'n mens nie, want ons as gelowiges bly almal, 'n leeftyd lank, studente van die Woord waarin God die Heilige Gees, ons moet lei." Kontak gerus vir Pieter Landman.

Erediens - 28 Januarie 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Sondag skop ons die kwartaal se reeks af: Ons 4 familie-wees. Hierdie Sondag se tema is "Families onthou!" Na die diens drink ons heerlik saam koffie by die saal. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk. Ons tema volgende Sondag is "Families waardeer mekaar!" DEUROFFER: Outeniqualand se VRB Diensgroep Die Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates, onder leiding van Hennie van Niekerk en sy span, sorg vir Outeniqualand se geboue en toerusting. Dit sluit die Kobus Hattinghsaal en terrein, die begraafplaas, die Kerk, Kerksaal en terrein asook die Pastorie in. Ons gemeente is geseënd met die mooiste natuurskone areas. Die geld wat met die Deuroffer ingesamel word, sal gebruik word vir die instandhouding, opknapping en verbetering van Outeniqualand se eiendom en terreine. Indien jy deel wil word van hierdie span, kontak gerus vir Hennie.

Gebed uit die vroeë kerk

Prent
 

SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

Ons nooi jou om as vrywilliger aan te meld en ons Sondae te help met: INSAMELINGSBEDIENING: Die opneem van die offers in die banke tydens die erediens en ook by die deure na die erediens. Die offers word tydens die diens opgeneem en by 'n deur na afloop van die diens. Jy kom haal die sakkies voor kerk in die konsistorie by Merinda. Jy hoef nie lank voor die diens by die kerk te wees nie. KOFFIEBEDIENING: Kom help met die voorbereidings en bedien van die koffie na afloop van die erediens. Jy meld 'n halfuur voor die kerk begin in die saal aan en help met die voorbereiding. Al vereistes vir albei hierdie bedienings is: Dat jy gewillig is Dat jy opdaag en Dat jy jou glimlag saambring. Ons stel vroegtydig 'n rooster op sodat jy presies weet op watter Sondag jy aan diens is. Dit is 1 diensbeurt elke maand of dalk elke 2 maande, afhangende van hoeveel mense aanmeld. WhatsApp vir Merinda indien jy kan help met die insamelingsbediening en vir Karien indien jy kan help by die koffie

5 werkwoorde van gebed

Prent
 

Wat hou 2024 vir ons in?

Prent
 

21-01-2024 - 27-01-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Uitdagings van 2024: Die jaar hou vir ons op geestelike en lands-omstandighede vele uitdagings in. Help U ons om in alles volkome op U te vertrou. Week van gebed: Met hierdie besondere geleentheid wil ons as gestuurdes ons voor U verootmoedig en U wil in gebed soek. Die skole wat heropen het: Ons gebed is dat U vir ons onderwysers leerders en ouers die anker sal wees op wie hulle in die jaar hulle vertroue sal stel. Ons bid in besonder vir leerders in Graad 1 en die in graad 8 vir die aanpassing in 'n nuwe omgewing met nuwe uitdagings. Ds. Jan en sy gesin: Rus U hom toe vir sy taak en seën ons gemeente met al ons projekte. DANKIE: Dat U in hierdie nuwe jaar daar is vir ons met ons kommer en benoudheid. Vir 'n geseënde feestyd waar ons bewus was van U teenwoordigheid en groot genade. Vir familie, vriende en vakansiegangers saam met wie ons U kon aanbid en feestelik verkeer.

Erediens - 21 Januarie 2024

Prent
Goeie dag! Dis heerlik om vanuit my pastorie vandag met jou te kan kontak maak. Die feestyd is verby en die jaar 2024 het aangebreek. Vir baie is die jaar alreeds op volle spoed met die skole wat geopen het en werkendes wat terug is in die werksplek. Baie geluk aan ons matrieks wat hulle uitslae ontvang het. Ek vertrou dat julle goeie uitslae behaal het en bid vir julle 'n mooi toekoms toe. Ons is opgewonde oor die jaar wat voorlê. Nie net op persoonlike vlak nie, maar ook op gemeentelike vlak. Ons sien uit na 'n Godlooflike jaar! Die leierskap van die gemeente het verlede jaar geloofsonderskeidend gevra en gebid: Here, wat is U wil vir ons in 2024? Die Here het vir ons konsensus gegee oor die tema:  Ek is ‘n gestuurde!  Elke kwartaal fokus op ‘n area waarheen die Here ons stuur.  In elkeen van hierdie areas, asook die daaglikse besluite wat ons neem, vra ons die vraag: Wat Sou Jesus Doen? Ons nooi jou uit na die volgende geleenthede wat ons gaan help om ons jaartema en gemeent

Eredienste - 14 Januarie 2024

Prent
  Hierdie Sondag is daar 'n erediens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Kobus van Zyl en 'n erediens om 09:30 in die kerk, gelei deur ds. Helgard Janse van Rensburg.

Eredienste - 07 Januarie 2024

Prent
Hierdie Sondag is daar 'n erediens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Basie Fourie en 'n erediens om 09:30 in die kerk, gelei deur ds. Helgard Janse van Rensburg. VOLGENDE SONDAG Erediens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Kobus van Zyl. Erediens om 09:30 in die kerk, gelei deur ds. Helgard Janse van Rensburg.

Eredienste - 31 Desember 2023

Prent
  Vandag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerk, gelei deur Tony Noble en 'n Oujaarsdiens om 19:00 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Basie Fourie. VOLGENDE SONDAG Erediens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Basie Fourie. Erediens om 09:30 in die kerk, gelei deur ds. Helgard Janse van Rensburg.