Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2023

Langtafel-dinee

Prent
 

26-02-2023 - 04-03-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Herberg Kinderhuis (Deuroffer): Die staat plaas kinders wat deur die samelewing 'n knou toegedien is, in die huis se versorging. Onder andere wees-, verwaarloosde en mishandelde kinders. Ons bid vir hulle geestelike en finansiële versorging. Staatspresident: Vader help hom om die regte besluite te neem ten opsigte van aanstelling van Ministers en die Adjunk-president. Die mense van ons land. Waar soveel negatiewe nuus en kommentaar ons moedeloos maak bid ons dat gelowiges en kerkleiers na vore sal kom en leiding sal neem om ons weer hoop te gee. DANKIE: Dat ons kan weet, wat ook al in hierdie deurmekaar wêreld van ons gebeur, God is groter as enige regeerder omdat Hy die Skepper is. Aanbidding sal sy hoogtepunt bereik in die eenwording met Christus by die voleinding van alles. Heb. 10:24-25. Gelowiges en die Kerk wat 'n positiewe beeld skep van geloof en hoop.

Erediens - 26 Februarie 2023

Prent
  Hierdie Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk. Ons is baie bly om ds. Jan hierdie Sondag weer op die kansel te verwelkom. Alhoewel hy nog met siekverlof is tot 6 Maart is, mis hy die Outeniqualanders so dat hy die preek wil waarneem. Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar 'n Gemeenskapsdiens om 09:30 in die kerk. Sondag 12 Maart is daar twee eredienste: 08:00 in die Kobus Hattingh-saal 'n Gesinsdiens om 09:30 in die Kerkgebou DEUROFFER: HERBERG KINDERHUIS Die Herberg Kinderhuis op Robertson is ‘n program van BADISA. Die kinderhuis huisves 122 sorgbehoewende kinders uit die Wes-en Suid-Kaap. Kinders se ouderdom wissel van baba tot 18 jaar oud. Redes vir opname is verwaarlosing, mishandeling, molestering en geen bestaansmiddele. Die kinderhuis se begroting beloop R11 miljoen per jaar. Met stygende petrolpryse, kos- en kragpryse is die Kinderhuis onder groot finansiële druk vir die volgehoue v

HUIS JJ WATSON HOU KUIERFEES

Huis JJ Watson hou op Saterdag 25 Februarie 'n Kuierfees om fondse in te samel. Wat jy daar sal kry: basaarpoeding, gebak, kerrie & rys, pannekoek, groente, wit olifante, boereworsrolle, tee/kuiertuin.

SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

HOU JY VAN SING? Die koor begin oefen op Donderdag 23 Februarie om 17:00 in die Kobus Hattinghsaal. As jy hou van sing, kom sluit aan by die koor. Almal is welkom. As jy onseker voel, kontak vir Tinus. IS JY HANDIG IS MET 'N BREI OF HEKEL NAALD? KOMBERSPROJEK Kan jy 'n kombers omhekel of ombrei? Die kombersprojek, onder leiding van Petru Wolmerans werk só: Petru koop kombersmateriaal in groot maat en knip dit in kombersgroottes. Om dit spesiaal en mooi te maak vra Diens van Barmhartigheid of daar dames is wat kans sien om 'n kombers of twee om te hekel of brei. Aangeheg is 'n foto van 'n paar wat al klaar is. Die komberse word dan vir die kinders in die skole in ons area uitgedeel vir die winter. As jy enige vrae het of dalk kan help kontak asseblief vir Petru. 180 PAAR HANDSKOENE, VINGERLOOS, VIR DIEPKLOOF LAERSKOOL Baie dankie aan almal wat navrae ivm die brei van die handskoentjies (sonder vingers) gedoen het en graag wil help. Ons benodig: Gr 1 + 2 - 60 pare (32

19-02-2023 - 25-02-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Die Gemeentenaweek: Vader, mag die gemeente wat in 'n ontspanne atmosfeer in die natuur verkeer, U teenwoordigheid op 'n besondere wyse ervaar en U die naweek seën. Boere, die toerismebedryf en inwoners in dele van ons land wat groot skade ly as gevolg van oorstromings en swaar reën. Dankie dat u daar in in hulle nood. Die politieke klimaat in ons land, in aanloop tot volgende jaar se verkiesing is besig om die negatiewe in politieke leiers na vore te bring. Ons bid vir verdraagsaamheid en resepek teenoor mekaar in hierdie tyd. Lydenstyd: In hierdie besondere tyd op die kerk se kalender bid ons dat gelowiges die lydensweg saam met medegelowiges sal volg en oordink. DANKIE: Vir mense wat omgee en so die seer en nood van ander help dra. Vir gelowige ouers en voorouers wie vir ons 'n voorbeeld van "omgee-oorgee- aangee" was. Vir organisasies wat onder moeilike omstandighede bereid is om hulp aan Turkye en Sirië te verleen.

KENNIS VAN KERKRAADSVERGADERING

Hiermee geskied kennis van die Kerkraadsvergadering wat gehou sal word op 28 Februarie 2023 om 18:00 in die Kerk.

Lydenstyd

Prent
Lydenstyd begin amptelik met Aswoensdag (22 Februarie) "Lydenstyd is ’n tyd vir afskaal, opoffer, stilword, stadiger beweeg, dieper asemhaal, dieper kyk, fyner luister, intenser voel, proe en ruik... en om toe te laat om deur die oomblik beweeg te word – deur wat beleef, gesien, gehoor geruik, geproe en gevoel word. Dieper in die oomblik in, deur die mooi en die aangename – selfs tot in die donker onaangename... en daar vir God te soek en daar saam met God te wees – waar Jesus is.   LYDENSTYD KANSELKLEED Simboliek: Die pers kleur is vir die tydperk van rou. Drie kruise: Hoofkruis - Christus Klein kruis regs - rower wat Christus verwerp het. Klein krus links (raak aan hoofkruis) - simbolies van die rower wat Christus se onskuld erken het, en Hom gevra het om hom te onthou wanneer Christus in Sy koninkryk kom. Die sterreglans is simbolies van die Glorie van God. Die getuienis van die kanselkleed: Omdat die dood Christus nie kon vashou nie, het Hy die rower verseker: "Ek verseke

Erediens - 19 Februarie 2023

Prent
Hierdie Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk. Ons wil vir ds. Almo Zietsman baie dankie sê dat hy instaan vir ds. Jan terwyl hy herstel van die operasie. Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. Daar is ook 'n erediens om 09:00 by Ebb & Flow as deel van die gemeentenaweek. Bring asseblief jou stoel, hoed en sonbrandmiddel saam. Ons sit buite. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar 'n erediens om 9:30 in die kerkgebou. DEUROFFER: GEMEENTE ONDERSTEUNING Die Gemeentehulpfods is 'n sinodale fonds en verleen ondersteuning aan gemeentes wat finansiële probleme ondervind. Die fonds is bedoel om die geestelike bediening in stand te hou en nie vir kapitale werke of instandhouding van fisiese fasiliteite nie.

BINGO

Baie dankie vir almal wat bygedra het tot die heerlike oggend. Baie dankie vir die Gasvryheid dames wat vir die oulike pryse gesorg het en vir Floris en Basie wat uitstekende "nommer-roepers" was. Dankie ook vir Floris se voorstel vir die 1ste Sondag van elke maand wat amper gemaak het dat ons almal onder sensuur geplaas is.😊 Annelie se snoepie het gesorg vir Jafels en Kerrievetkoeke uit die boonste rakke. In die 2de kwartaal maak ons weer so. Moet dit nie mis nie!

SOEK JY 'N AKTIWITEIT WAARBY JY BETROKKE KAN RAAK?

Prent
KOMBERSPROJEK Kan jy 'n kombers omhekel of ombrei? Die kombersprojek, onder leiding van Petru Wolmerans werk so. Petru koop kombersmateriaal in groot maat en knip dit in kombersgroottes. Om dit spesiaal en mooi te maak vra Diens van Barmhartigheid of daar dames is wat kans sien om 'n kombers of twee om te hekel of brei. Aangeheg is 'n foto van 'n paar wat al klaar is. Die komberse word dan vir die kinders in die skole in ons area uitgedeel vir die winter. As jy enige vrae het of dalk kan help kontak asseblief vir Petru. PELGRIMSTOG VAN HOOP 2 jaar gelede is daar begin met 'n Pelgrimstog van Hoop tussen Herold en Mosselbaai. Outeniqualand gemeente is die 3de laaste “Brunch-stop” op die roete. Klink hierdie na 'n bediening waarby jy betrokke wil raak? Wat dit behels is, as daar die oggend 'n groep verbykom, die tafel gedek moet word, die kos warm gemaak moet word (jy hoef dit nie self te maak nie) en dat jy saam met die pelgrims eet en as gasvrou/gasheer optre

12-02-2023 - 18-02-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Die mense van Turkye en Sirië: Duisende inwoners van hierdie lande het gesterf of is beseer in aardbewings. Ons bid dat U die mense sal vertroos en bemoedig te midde van die groot tragedie. Opvoeding en Onderwys (Biddag): Ons bid vir al die instansie wat betrokke is by die opvoeding en onderwys van ons kinders; die huis, die skool en die kerk. Gee dat ouers hulle sal beskikbaar stel om in skool beheerrade te dien en ook hulle doopbelofte nakom. BADISA George (deuroffer): Vader help U die organisasie om finansieël en geestelik hulle verantwoordelikheid ten opsigte van die welsyn van arbeiders na te kom. DANKIE: Gelowige ouers wat getrou hulle doopbelofte nakom. Gelowige skoolhoofde en onderwysers. U Woord wat daagliks dien as bemoediging in onsekere tye. Ons is opgewonde en bly saam met... Nico en René Venter met hulle nuwe kleindogtertjie, Emma. Ons is saam met julle dankbaar vir die groot geskenk uit die Here se hand.

Erediens - 12 Februarie 2023

Hierdie Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk. Ons wil vir ds. Jannie Fourie baie dankie sê dat hy instaan vir ds. Jan terwyl hy herstel van die operasie. Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. Let wel - daar is geen diens in die Kobus Hattinghsaal hierdie Sondag nie. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerkgebou. Ds. Almo Zietsman sal die Boodskap bring terwyl ds. Jan herstel na sy operasie. DEUROFFER: BADISA George BADISA George doen baie belangrike werk onder geweldig moeilike omstandighede. So is daar hierdie jaar: Gesinsherenigings – 32 leêrs / Vroeë Intervensie – 12 leêrs, Kinderhofondersoeke – (walk in’s) – 27 leêrs / Kinders in pleegsorg geplaas – 82. Tendense van dienslewering: Kinderverwaarlosing / Verlate kinders / Ontoereikende ouerskap / Werkloosheid / Substansafhanklikheid in volwassenes. BADISA George se kantore is in Victoria straat in George. Ons wil ons gemeentelede aanmoedig om hulle t

SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

2 jaar gelede is daar begin met 'n Pelgrimstog van Hoop tussen Herold en Mosselbaai. Outeniqualand gemeente is die 3de laaste “Brunch-stop” op die roete. Klink hierdie na 'n bediening waarby jy betrokke wil raak? Wat dit behels is, as daar die oggend 'n groep verbykom, die tafel gedek moet word, die kos warm gemaak moet word (jy hoef dit nie self te maak nie) en dat jy saam met die pelgrims eet en as gasvrou/gasheer optree tydens hulle kort besoek. Ons het 'n paar spanne wat mekaar afwissel. Ons wil graag die spanne vermeerder sodat 'n span net 1 keer elke maand of selfs 2 maande aan diens is. Aan die begin van die maand word die datums van die besoeke deurgegee en jy kan self kies watter datum vir jou sal pas indien enige. Dit is 'n baie bevredigende bediening waarin gasvryheid, vriendelikheid, betroubaarheid benodig word. Dit bied 'n geleentheid om saam met baie interessante mense te kuier en Outeniqualand se gasvryheid met hulle te deel. Indien jy voel da

DIENSGROEP VIR GETUIENIS

Kom skakel in! Ons vergader Woensdag 8 Februarie om 11:00 in die konsistorie by die kerk. Daar word interessant projekte beplan vir die jaar onder andere weer 'n Sokkerdag waarby ons die skole om ons betrek. Indien jy 'n hart het vir getuienis kom skakel gerus by ons in. As jy enige vrae het, kontak vir Charles.

05-02-2023 - 11-02-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Nuwe Intrekkers: Vader mag ons nuwe intrekkers hier 'n geestelike tuiste vind en ons hulle met die liefde van Christus verwelkom. Die ramptoestand: As gevolg van die kragkrisis beoog die regering 'n ramptoestand. Ons bid dat die Raad wat die ramptoestand moet bestuur dit met verantwoordelikheid sal doen en nie tot selfverryking of magsvertoon nie. Reën in die Oos-Kaap: Daar heers kommer oor die leë damme en droogte in die Oos-Kaap. Ons bid tot U vir uitkoms. Misdaad en korrupsie: Daagliks hoor ons van moord, sabotasie, diefstal en verkragting. Ons bid dat U, U kinders sal beskerm en die misdadigers tot inkeer sal bring. DANKIE: Die reën in ons streek. U het ons geseën en daarvoor loof ons U. Gelowiges wat getrou aan U bly en aan ons 'n voorbeeld stel van U voorsiening en teenwoordigheid. Jes. 40:31 "Maar die wat op die Here vertrou kry nuwe krag..." Begaafde leerders en studente waarmee U ons land seën. Hulle wie hulle talente tot U eer en tot voordeel van ons lan

BYBELSTUDIE VIR DIE MANNE

Uitnodiging aan al die manne van Outeniqualand: Die mansbybelstudie is Donderdag om 08:00 by die Kobus Hattinghsaal. JY is baie welkom. Jy is ook welkom om iemand saam te nooi. "Ons verwagting is van die Here, nie van 'n mens nie, want ons as gelowiges bly almal, 'n leeftyd lank, studente van die Woord waarin God die Heilige Gees, ons moet lei".

Erediens - 05 Februarie 2023

Prent
  Hierdie Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk. Ons wil vir ds. Jannie Fourie baie dankie sê dat hy instaan vir ds. Jan terwyl hy herstel van die operasie. Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. Die Nuwe Intrekkertee wat is aangeskuif na 16 April, waar ons Outeniqualand se nuwe intrekkers sal bederf met heerlike koffie en verversings. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerkgebou. Ds. Jannie Fourie sal die Boodskap bring terwyl ds. Jan herstel na sy operasie. DEUROFFER: (SINODAAL) Nuwe Geloofgemeenskap Ontwikkeling (NGGO) Die NGGO taakspan se roeping is om saam as familie van die NG en VGK kerke, gemeentes te begelei om nuwe geleenthede raak te sien (visievorming) in hul onderskeie kontekste om vars uitdrukkings van kerkwees te implimenteer (missionale kerk). Die leiers van hierdie taakspan sal gemeente besoek en begelei wat die behoefte het om 'n nuwe geloofsgemeenskap te begin, hetsy binne in die