Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2023

GASVRYHEID

Alle dames van Outeniqualand word uitgenooi na die Gasvryheidsbyeenkoms op Maandag 31 Julie om 3:00 in die Kobus Hattinghsaal. Ons gaan koppe bymekaar sit oor hierdie kwartaal se aktiwiteite en lekker koffie drink. Kom sluit gerus by ons aan. As jy nog nie op die Gasvryheid whatsapp-groep is nie, kontak Merinda by die kerkkantoor.

30-07-2023 - 05-08-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Diensgroep vir Barmhartigheid (Deuroffer): Vader rus asseblief hierdie diensgroep toe met middele en die vermoë om die nood raak te sien en verligting te bring. Wêreld Rampe: Ons lees en hoor daagliks van ongekende hitte en oorstromings en sien hoe natuurrampe die aarde teister. Help ons asseblief om die nood raak te sien en die aarde te koester en ons verantwoordelikheid teenoor U skepping na te kom. Voorbereiding vir volgende jaar se Algemene Verkiesing: Ons bid nou reeds dat die verkiesing eerlik en vreedsaam sal verloop en dat ons U wil in die uitslag sal erken. Ons gemeente: Ons bid dat "Ontdek jou plek" kursus van volgende maand goed ondersteun sal word en vir die gemeente tot seën sal wees. Rus U asseblief Ds. Jan toe om die kursus tot U eer en uitbreiding van U koninkryk aan te bied. DANKIE: Vir 'n gemeente waar ons geestelik gestimuleer word. Vir die baie gedeeltes in U Woord waaraan ons kan vashou in tye van siekte, beproewing en nood. Vir hulle wat deur die eeu

Gesinsdiens - 30 Julie 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ons het 'n Gesinsdiens met Bart (ons geliefde handpop) wat weer kom kuier. Ons tema is: Wie eet nog saam? Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker koppie warm koffie. Handleidings sal vanoggend na afloop van die diens beskikbaar wees @ R50 per handleiding. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk. Dis die afskop van ons 7 weke aan tafel saam met Jesus. Die ritme van die reeks daag ons uit om op 'n paar vlakke betrokke te wees: Sondae se eredienste om 09:30 Persoonlike stiltetyd en gebed Kleingroepe Moenie hierdie groeigeleentheid mis nie. Ons gaan ontdek watter wonderlike ontmoetings Jesus met mense gehad het terwyl hulle saam geëet het. DEUROFFER: DIENSGROEP VIR BARMHARTIGHEID Liewe Outeniqualand, die Diensgroep vir Barmhartigheid is stilweg besig met 'n klomp projekte, waarvan sommige al afgehandel is en ander nog voorlê. Ons het ook nouer hande

Oud-Kwaggas

Prent
 

Jubeljaar Preekreeks

Prent
 

ONTDEK JOU PLEK

Prent
Die Ontdek jou Plek Kursus help jou om te ontdek hoe God jou geseën het met 'n unieke persoonlikheid, passies en geestelike gawes en hoe God jou wil/kan gebruik. Moet dit nie mis nie!  

23-07-2023 - 29-07-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Nasionale dag vir blindes: Vader ons bid dat hierdie mense ook U genade sal vind tot 'n normale lewe met die middele tot hulle beskikking en dat ons deur gebede en finansiële ondersteuning 'n bydrae sal lewer om hulle nood te verlig. Helpende Hand (deuroffer): Die organisasie reik na behoeftige mense uit en verlig so die nood, ook in hierdie koue winter. Ons bid dat ons bydrae ook 'n verskil sal maak. Die Howe, Regters en Vervolgingsgesag: Die instansies verkeer onder geweldige druk. Help U hulle asseblief om nie te swig onder druk nie maar getrou te bly aan hulle amps-eed. Sakemanne en organisasies wat onbevrees standpunt inneem teen roekelose besluite van die Regering, omdat hulle 'n beter Suid-Afrika vir almal beoog. DANKIE: Dat U ons omvou met U liefde. Dat ons U in die natuur raaksien; ook in die reën en koue. U weet wat die natuur nodig het. Dat U ons as U kinders in U diens wil gebruik. Maak ons gewillig en beskikbaar.

Erediens - 23 Julie 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ds. Jan is terug van sy Sabbatsverlof en ons is baie dankbaar dat die Here vir Jan, Karien, Melani en Henk veilig gehou het op al die vêr paaie wat hulle gery het (en dat hulle die koue van die Kalahari en Oos-Kaap oorleef het). Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker koppie warm koffie. Sondag begin die Vonkies weer met hulle aktiwiteite en ons wil báie dankie sê vir die span wat betrokke is by ons Vonkies en jongmense. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: HELPENDE HAND Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling. Dit is wat ons wil doen, moet doen en ons mee besig hou. Ons dink verbondsmagtig, met ander woorde, mense is verbonde aan mekaar. Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap. Ons leef binne 'n gemeenskap en wil die gemeenskap ontwikkel waarbinne ons leef. Ons is geskoei op die

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Prent
Baie dankie aan elkeen wat verlede Sondag met die Deuroffers 'n bydrae gemaak het tot die skool. Ons het met dié geld verf gekoop en bepaln om DINSDAG 18 JULIE, tydens Mandeladag, al die buitebande op die speelterrein 'n nuwe laag helder verf te gee. Elkeen wat voel dat hul op só 'n manier hul deel wil kom bydra is welkom om te kom help - bring net jou eie verfkwas saam! Ons gaan so van 10 uur af daar wees om net die kinders kans te gee om weer rustig te raak op die eerste skooldag en vir die sonnetjie om bietjie uit te kom. Ons planne is natuurlik onderhewig aan die weerstoestande! Vriendelike groete Bernice van Rooyen  

Friemersheim vir Jesus - Fees

Prent
 

GHOLFDAG

Sterkte vir almal wat Dinsdag aan die Outeniqualand Gholfdag gaan deelneem by Kingswood! Ons hoop dat julle almal wenners sal wees. Baie dankie vir elkeen wat bygedra het met pryse. Daar was regtig wonderlike pryse vir ons Gholfmans en -dames. Baie dankie vir Wim wat die inisiatief geneem het om die dag te reël.

BEESLOOP - 2 SEPTEMBER OM 10:00

Op Saterdag 2 September is Outeniqualand se eerste BEESLOOP dag! Dit word gehou op die kerkgronde (agter die kerk by die dam). Die veld word in blokke opgedeel en afgekamp volgens die hoeveelheid kaartjies wat verkoop is ('n blok kos R100). 'n Skaalmodel van die veld met al die blokke en nommers word op 'n rekenaar neergesit en blokke word geallokeer aan kaartjiehouers. Ons het 'n bees wat op die veld gaan rondloop om 'n bietjie te wei. Die blok waarop sy haar merk los, is die wenner en kan kies uit een van onderstaande 3 pryse. Daar is ook 'n tweede en derde prys beskikbaar. Ons hoop om die pryse teen 12:00 te kan oorhandig: Buffelsdrift Game Lodge akkommodasie 2 persone vir 1 nag (olifantvoer + wildsrit ingesl) 1 Bees (tollie) 1 Skaaplam Ons gaan ook met behulp van 'n drone 'n hele klomp sandsakkies op die blokke afgooi om gelukkige wenners aan te wys. Kyk wat kan jy nog wen... Arendsrus - 2 nagte vir 2 mense (mid-week) Seeplaas - 1 nag (mid-week); Owl

Jubel & Lag - Gemeentekonsert

Prent
 

BASAARLYSTE: WINTERKERMIS

Baie dankie vir elkeen wat bygedra het tot die basaar, in kontant of lewende hawe. Julle bydraes word opreg waardeer! Ons behoort teen die einde Julie vir julle die syfer wat ingekom het deur te gee.

16-07-2023 - 22-07-2023 - ONS BID SAAM VIR...

FEBA RADIO (Deuroffer): Die radio- stasie bereik mense in afgesonderde gebiede. Ons bid dat die Woord ook deur die uitsendings, hulle sal bereik en dat hulle die Here sal ontmoet. Skole en ander opvoedkundige inrigtings open weer hierdie week. Ons bid dat U die leerlinge, studente en opvoeders sal seën. Rus U hulle toe vir die taak, sodat geestelike toerusting nie agterweë bly nie. Ekonomiese sabotasie: Vragmotors word aan die brand gesteek, wat groot ekonomiese skade veroorsaak. Tree U asseblief in en bring hulle wat agter die sabotasie sit tot besinning. Ons bid vir Kaptein Hensen en sy span by die Groot Brak Polisiestasie. Here verwyder U self al die struikelblokke en uitdagings wat hulle elke dag ervaar. Gee hulle krag, wysheid en hulpbronne om hulle werk voluit te kan doen. Dankie vir so 'n toegewyde span. DANKIE: Die Kerk wat die nood en omstandighede in ons land raaksien en in Augustus 'n biddag beplan. Dat ons skuiling en veiligheid in U teenwoordigheid kan vind.

Erediens - 16 Julie 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste om 09:30 in die kerk. Ons is dankbaar vir ds. Basie Fourie wat ons met die Woord sal bedien. Kom kuier saam na die diens, oor 'n lekker koppie koffie, in die saal. Volgende week begin die Vonkies weer met hulle aktiwiteite. Skole en van die Universiteite heropen 18 Julie. Sterkte vir al ons Vonkies, jongmense en onderwysers met die kwartaal wat voorlê! VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: FEBA Ons bediening in Mosambiek het aanvanklik met slegs 1 radiostasie begin. Dit het nou uitgebrei na die distrikte van Zambezia, Sofala en Gaza. Radio FEBA ondersteun tans 7 stasies in Mosambiek: ZFM Zambezia, Impact, Voice of Hope, Sofala, Radio Nuru, Radio FOT en Radio Chiuanjota. Voice of Hope en Impact werk spesifiek met persone wat deur terreuraanvalle of natuurrampe ontneem is. Die jihadiste-aanvalle in 2019 het 'n ingrypende getuienis opgelewer. Tydens die aanvalle is duisende hu

09-07-2023 - 15-07-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Prent
Vir die werk wat deur die Sinodale Getuienis gedoen word in Mosambiek, Malawi en Zimbabwe. Koninkrykstyd (Duur tot 27 November). Koninkrykstyd volg op Pinkster. Ons bid dat die gees van Pinkster sal voortduur en dat ons deur lofprysing sal verkondig dat CHRISTUS DIE HERE IS! Nuwe Intrekkers: Mag hulle in Outeniqualand U teenwoordigheid ervaar en ons hulle met die liefde van Christus verwelkom. Veiligheid: Ons bid vir die gesin wat 'n geliefde in 'n aanval by Saasveld verloor het. Here ons vra dat U ons sal beskerm en veilig hou. Gaan asseblief saam met die polisie en plaaswag/ buurtwag. Gee hulle deursettingsvermoë en wysheid sodat hulle die skelms sal kan vastrek. DANKIE: Hulle wat hulle lewens aan U wy en daagliks help om 'n verskil in mense se lewens te maak. Jesaja 30:15 "Julle krag lê in stil wees en vertroue hê." 'n Gemeente waar ons U Gees en teenwoordigheid kan beleef.  

Erediens - 09 Julie 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ons is dankbaar vir ds. Basie Fourie wat ons met die Woord sal bedien. Daar is geen Vonkies in die vakansie nie. Kom kuier saam na die diens, oor 'n lekker koppie koffie, in die saal. DRINGENDE KENNISGEWING: Daar sal Sondag geen erediens in die Kobus Hattinghsaal wees nie! As gevolg van die nuwe vlaag koue en reën wat ons die naweek tref en aanhou tot Sondagaand sal daar geen diens by die Kobus Hattinghsaal wees nie. Daar sal slegs 1 diens om 09:30 in die kerk wees. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: Zimbabwe, Malawi, Mosambiek Die NG Kerk het in 1891 met werk in die suide van Zimbabwe begin. Ons ondersteun veral teologiese opleiding, mediese dienste by hospitale en klinieke asook literatuurontwikkeling. By die Kweekskool op Morgenster doen dosente kosbare werk. Lees meer by http://getuienis.christians.co.za/rcz-reformed-church-in-zimbabwe Die werk in Mal

02-07-2023 - 08-07-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Diepkloof Kleuterskool (Deuroffer): Ons bid vir leerders, ouers en onderwysers wat by die skool betrokke is. Seën U die werk wat gedoen word en sorg asseblief vir finansiële ondersteuning. Mensehandel wat besig is om in die RSA geweldig toe te neem. Ons bid dat die misdadigers aan die man gebring sal word en neem U asseblief die ontvoerdes onder U beskerming. Wêreldonrus. Vader ons bespeur onrus oor die hele wêreld en ook in ons mooi land. Ons bid dat gelowiges weer hulle oë op U sal vestig en begin getuig. Hulle wat kinders en familie het wat oorsee woon. Stil U die verlange en beskerm die wat ver woon. DANKIE: U het reën gestuur en dit in oorvloed, selfs in droogte geteisterde gebiede. Dankie vir damme wat vol is en dat U op U tyd ons gebede verhoor het. Dat U ons paaie gelyk maak. Spreuke 3:6 "Ken Hom in wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop." Vir U troue liefde en die versekering in U Woord dat U ons nooit sal verlaat nie.