Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2022

DEGNOS UITREIK

'n Klompie van ons lidmate gaan DEGNOS, die bediening onder die Boesmans, in Namibië besoek en vertrek Saterdag 13 Augustus. Indien daar lidmate is wat wil bydrae tot die uitreik, is hulle welkom om die volgende items by die kerkkantoor te los as skenkings: Klere, skryfbehoeftes, sokkerballe en lekkers. Ons gaan tydens die erediens op So 7 Augustus hierdie lidmate uitstuur as hulle namens ons die sendelinge by DEGNOS gaan besoek.

2022-07-31 - 2022-08-06 - ONS BID SAAM VIR...

Nuwe intrekkers: Mag hulle in ons gemeente U teenwoordigheid ervaar en ons hulle met die liefde van Christus verwelkom. Diens van Barmhartigheid (Deuroffer). Mag U ons toerus om die nood van ander in ons gemeente en gemeenskap raak te sien en iets daaraan te doen. Ekonomie van die wêreld: Orals in die wêreld is tekens en waarskuwings van 'n naderende resessie, wat veral arm mense swaar sal tref. Ons bid dat U, U oor die wêreld sal ontferm en ekonomie en leiers sal toerus om die ellende te voorkom. BAIE DANKIE VIR: Boere wat onder moeilike omstandighede steeds die volk voed en werk skep. Mense wat bereid is om na hawelose mense uit te reik en om te sien. U teenwoordigheid in my lewe en dat ek niks uit eie krag hoef te doen nie. Ons kan in alle omstandighede steeds op U vertrou. Ps. 37:5 “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

Erediens - 31 Julie 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se erediens in die kerk om 09:30. Kom vind meer uit oor ons 40 dae reis van roeping. Dit is registrasiesondag waar ons die geleentheid gaan kry om onsself vir die 40 dae te verbind. Ons bedien na die tyd koffie/tee by die voordeur van die kerk. Hierdie Sondag, 31 Julie, begin ons met registrasie vir ons 40 dae reis van roeping. Jy sal tot 14 Augustus tyd hê om te registreer wanneer die 40 dae amptelik begin. Die derde woord van ons visie is AANGEE. Dit is nodig om eers uit te vind wat ons gawes is en daarna oor ons roeping te gesels. Die reis van 40 dae gaan juis oor die vraag: Wie is jy? en Waarheen is jy op pad? Ons wil AANGEE waarmee God ons geseën het. DEUROFFER: DIENS VAN BARMHARTIGHEID Outeniqualand se Diensgroep vir Barmhartigheid sien om na die fisiese behoeftes in ons gemeente en gemeenskap. Van die projekte van die Diensgroep vir Barmhartigheid is: Johan en Nicky Deysel koop 1 keer per jaar vir al die behoeftige skoliere in Diepkloof Laerskool, Ho

Ontdek jou Gawes - Kursus

Prent
 

2022-07-24 - 2022-07-30 - ONS BID SAAM VIR...

Ons land, waar 'n kultuur van geweld, moord en misdaad besig is om hand uit te ruk. Ons bid dat U die geweldenaars sal aanraak en die wetstoepassers sal toerus en beskerm om met gesag te kan optree. Die Nasionale dag vir blindes: Vader ons bid saam met gelowiges vir hierdie mense se geestelike en finansiële versorging. Helpende Hand (Deuroffer). Mag U seën op die organisasie rus en ons as gemeente hulle ondersteun. Ons Leiers (Dr Braam Hanekom Die Burger 20 Julie). "Ons bid vir ware dienende leiers wat eie belang agterweë laat" DANKIE VIR: Die doop: Die sakrament, waarmee ons die versekering kry dat ons aan U behoort. 2 Kor 5:17. "Iemand wat aan Christus behoort is 'n nuwe mens."

Erediens - 24 Julie 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se inrydiens om 09:30 op die kerkterrein. Na die erediens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Ons verwelkom ds De Mist van Zyl van die VGK Hoekwil op ons kansel. Ds Jan, kerkraad en Diensgroep vir Getuienis woon die erediens by die VGK Friemersheim by. Daarna is daar 'n verkennende gesprek met hulle kerkraad waarna daar heerlik saam geëet gaan word. DEUROFFER: HELPENDE HAND Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling. Dit is wat ons wil doen, moet doen en ons mee besig hou. Ons dink verbondsmatig, met ander woorde, mense is verbonde aan mekaar. Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap. Ons leef binne 'n gemeenskap en wil die gemeenskap ontwikkel waarbinne ons leef. Ons is geskoei op die beginsels van die 1949 Afrikaner Helpmerkaarbeweging waar die fokus val op help, saam en ons. Jy is nie alleen nie, maar deel van 'n gemeenskap. Om 'n gemeenskap te ontwikkel en die uitdagings

Merinda met verlof

Merinda is hierdie week met verlof van Maandag 18 tot Saterdag 23 Julie. Die kerkkantoor sal gewone tye oop wees en Lorraine sal instaan vir Merinda. Kantoor tye is Dinsdag tot Vrydag 08:30 – 13:30 asook Woensdae 15:00 – 16:30. Baie dankie Lorraine.

MUSSE VIR DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Ons is só bly vir almal se vlytige vingers! Ons Vader kom alle lof toe vir dié mooi omgee. Daar het reeds 58 musse ingekom – daar is 64 kindertjies in die kleuterskool. Die musse sal in die eerste skool week uitgegee word, so daar is nog tyd om bietjie te brei of hekel. Julle kan voortgaan met “babbel en brei” sodat ons 'n voorraad kan opbou vir volgende jaar. Baie dankie vir die pragtige musse en almal se entoesiasme!

2022-07-17 - 2022-07-23 - ONS BID SAAM VIR...

Leerders, Studente, Onderwysers en Dosente vir die derde kwartaal wat weer begin. Ons bid dat U hulle sal toerus vir die akademiese uitdagings maar ook sal beskerm teen verkeerde invloede en versoekings. Die werk wat deur FEBA radio met sy uitsendings gedoen word. Die uitsendings bereik mense wat andersins nie aan die Evangelie van Jesus Christus blootgestel word nie. Seën U asseblief die werk. Die besoek op 24 Julie aan Friemersheim VGK Gemeente. Ons bid dat U die bande wat gesmee word sal versterk. DANKIE VIR: Die versekering: “Dat ek in lewe en in sterwe aan Jesus Christus behoort.” (Sondag se prediking) Jes. 30:15 “Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.”

Erediens - 17 Julie 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ds. Jan is terug van vakansie en ons sien uit om hom, Karien, Henk en Melani terug te verwelkom. Na die erediens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Ons doop vandag Henry en Marné se seuntjie Arthur Henry Cockcroft. Veels geluk aan die ouers en die trotse oupa en ouma, Arthur en Amanda. Ons bid dat die Here vir klein Arthur sal seën. Die eredienste vir Julie sien soos volg daaruit: 17 Julie: KERKDIENS om 09:30 24 Julie: INRYDIENS om 09:30 (Uitruildiens met VGK Friemersheim) 31 Julie KERKDIENS om 9:30 DEUROFFER: FEBA RADIO Ons kommunikeer die Goeie Nuus onder die Nasies deur die Media, om mense te inspireer om Jesus Christus te volg. Godsdienstige onverdraagsaamheid, fanatisme en haat jeens Christene het 'n hoogtepunt bereik in Pakistan. Aan die begin van 2022 is die pastoor van een van FEBC Pakistan se vennootskapkerke wreed vermoor op pad terug huis toe nadat hy in die noorde van die land gedien het. FEBC Pa

Arbeidsbediening - Tuinroete: Bright Star Life Core Program

Prent
 

2022-07-10 - 2022-07-16 - ONS BID SAAM VIR...

Zimbabwe, Malawi en Mosambiek (Deuroffer): Vader in hierdie buurstate word sendingwerk gedoen en die evangelie verkondig. Seën U assbelief die werk wat in U Naam gedoen word. Die projekte wat ons gemeente beplan. Ons dink hier veral aan die 40-dae projek asook die “ontdek jou gawes” kursus. Ons bid dat hierdie projekte ons gemeente geestelik sal versterk. Die inwoners van ons land, om al ons kommer aan U toe te vertrou; die kragkrisis, resessie, leiers wat verdink word van bedrog en wat vir misdade ondersoek word. Help ons om onder hierdie omstandighede, ons oë slegs op U te hou. Die inwoners van Sydney in Australië, wat as gevolg van oorstromings hulle huise moet ontruim en swaar verliese gely het. Staan U hulle by. DANKIE VIR: Leiers in die kerk, ekonomie en politiek wat nog positief oor ons land is en ‘n positiewe boodskap aan ons oordra. Die mooi wat ons nog daagliks om ons raaksien, al is dit sonder krag en sonder om ver te ry. Help ons om onder alle omstandighede nader aan U te k

Erediens - 10 Julie 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se inrykerkdiens om 09:30 op die Sinksa kerkterrein. Ds. Almo Zietsman sal ons met die Boodskap bedien. Na die erediens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Daar sal geen diens by die Kobus Hattinghsaal wees nie. Die eredienste vir Julie sien soos volg daaruit: 10 Julie: INRYDIENS om 09:30 17 Julie: KERKDIENS om 09:30 24 Julie: INRYDIENS om 09:30 (Uitruildiens met VGK Friemersheim) 31 Julie KERKDIENS om 9:30 COVID en OUTENIQUALAND 817 dae nadat die regering COVID-19-inperkings ingestel het, het minister van gesondheid Joe Phaahla verlede week die laaste regulasies opgehef. Die opskortings geld vir die dra van maskers binneshuis, beperking op saamtrekke en grensbeheer. Ten spyte hiervan sal die besluit om die eredienste vir die wintertyd in die Kobus Hattingh saal op te skort, in plek bly. Hierdie besluit is geneem in die lig van die toenemende COVID gevalle in ons gemeente. Die eredienste by die Kobus Hattinghsaal sal hervat word op 11 September 202

Ontdek Jou Gawes - Kusus - 2022

Prent
 

2022-06-03 - 2022-06-09 - ONS BID SAAM VIR...

Diepkloof Kleuterskool (Deuroffer). Vader ons dra hierdie leerders en onderwyseresse aan U sorg op. Ons bid vir die leerders se geestelike versorging maar ook vir hulle huislike omstandig-hede waar dikwels groot nood is. Oos-Kaap se waterkrisis: Vader ontferm U asseblief oor hierdie streek waar damme so te sê leeg is. U alleen kan vir 'n wonderwerk sorg. Die kragkrisis in ons land, wat besig is om ons ekonomie te verwoes. O ns bid dat U die mense wat verantwoordelik is tot besinning sal bring en die Direkteure met krag en wysheid sal toerus. Koninkrykstyd (Duur tot 27 November). Koninkrykstyd volg op Pinkster. Ons bid dat die gees van Pinkster sal voortduur en dat ons deur lofprysing sal verkondig dat CHRISTUS DIE HERE IS!! DANKIE VIR: Die reën in ons streek. Die Musiek: U as die Skepper is ook die Skepper van musiek. Ons loof U vir die musiek wat ons geestelik raak en nader aan U bring. Hulle wat hulle lewens aan U wy en daagliks help om 'n verskil in mense se lewens te maak.

Erediens - 3 Julie 2022

 Ons nooi jou uit na Sondag se kerkdiens om 09:30 in die kerk. Ds. Ferdie Gouws sal ons met die Boodskap bedien. Na die erediens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Die eredienste vir Julie sien soos volg daaruit: 3 Julie KERKDIENS om 09:30 10 Julie: INRYDIENS om 09:30 17 Julie: KERKDIENS om 09:30 24 Julie: INRYDIENS om 09:30 31 Julie KERKDIENS om 9:30 COVID en OUTENIQUALAND 817 dae nadat die regering COVID-19-inperkings ingestel het, het minister van gesondheid Joe Phaahla verlede week die laaste regulasies opgehef. Die opskortings geld vir die dra van maskers binneshuis, beperking op saamtrekke en grensbeheer. Ten spyte hiervan sal die besluit om die eredienste vir die wintertyd in die Kobus Hattinghsaal op te skort, in plek bly. Hierdie besluit is geneem in die lig van die toenemende COVID gevalle in ons gemeente. Die eredienste by die Kobus Hattinghsaal sal hervat word op 11 September 2022. Die Kerkraad doen ‘n beroep op lidmate om hulle eie en ander se gesondheid in ag