Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2023

Gleniqua Foods

Prent
 

NG KERK DIE VLEIE - KONTREIBASAAR

Prent
 

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL - MySchool

Prent
Sluit aan by MySchool om op 'n "geen moeite" manier fondse te genereer vir Diepkloof Kleuterskool. Lees hieronder hoe jy te werk kan gaan: MySchool MyVillage MyPlanet is 'n gratis kaart waarmee jy kan help om fondse te genereer vir Diepkloof Kleuterskool. Jy registreer deur die MySchool Toepassing op jou foon af te laai of op hulle webblad op die rekenaar. Vul die besonderhede in en kies Diepkloof Kleuterskool as jou begunstigde. Vir alle aankope wat jy dan by Woolworths of Engen doen, word 'n persentasie van jou aankope maandeliks direk in Diepkloof Kleuterskool se rekening inbetaal – so maklik soos dit! Ons het tans slegs 28 lede – kom ons probeer om dit teen die einde van Junie op te skuif na ten minste 50! Al wat jy moet doen is registreer, jou normale aankope te doen by Woolies of Engen en sodoende het jy fondse ingesamel vir Diepkloof Kleuterskool! Kontak gerus vir Bernice indien jy hulp nodig het met die registrasie.

DIENSGROEP VIR BARMHARTIGHEID

Kom kuier op Dinsdag 30 Mei om 15:30 saam met ons in die Kobus Hattingh-saal. Ons gaan koppe bymekaar sit en vars uit die boks uit dink oor hoe ons as gemeente ons Barmhartigheid kan uitleef en kom jubel saam met ons oor die suksesse van die projekte wat reeds hierdie jaar geloods is. As jy onseker is kontak Nikki Visagie of Merinda om meer uit te vind oor Outeniqualand se Diensgroep vir Barmhartigheid.

GHOLFDAG

Outeniqualand gaan op 18 Julie by Kingswood gholfbaan ons gholfdag hou. Ons het 'n vol veld met 56 spelers. Daar is ongelukkig nie meer plek nie. Ons wil graag aan elke speler 'n prys gee. Daarom nooi ons lidmate uit om 'n prys of twee te borg. Skakel asseblief met Wim de Wet indien jy navrae het of hulp wil aanbied.

TUISGEMAAKTE KONFYT

Die Pelgrims van Hoop projek loop baie goed. Ons het omtrent 8 spanne wat afwisselend help om die pelgrims te verwelkom met egte Outeniqualandse gasvryheid. Ons wil graag die pelgrims bederf met tuisgemaakte konfyt saam met hulle vetkoeke. As jy konfyt kan kook en voel hierdie is iets waarmee jy kan help, kontak Merinda.

BASAARLYSTE: WINTERKERMIS

Die afgelope paar jaar het ons Winterkermis weens COVID en ander redes, wegbeweeg van 'n tradisionele vleisbasaar. Ons kon met groot dankbaarheid teenoor die Here ons begrote inkomste behaal deur bydraes in die vorm van kontant en lewende hawe. Vanjaar het ons R300 000 begroot as basaarinkomste. Ons vertrou dat die Here, soos die afgelope 3 jaar, op sy unieke manier sal voorsien om hierdie inkomste te kan insamel. Ons gebruik nie meer Dienswerkers om met die Basaarlyste rond te beweeg nie. Ons stuur die basaarlyste elektronies uit. Ons het egter kennis geneem van lidmate wat na die basaar atmosfeer en sosiale interaksie met die breër gemeenskap verlang. Hier kom die goeie nuus: Ons bied op Saterdag 2 September 2023 ‘n beesloop aan. Ons gaan heerlik saamkuier as gemeenskap. Meer inligting sal later deurgegee word. Ons winterbasaar gaan soos in die afgelope 3 jaar slegs ‘n kontant en vee basaar wees. Die basaarlyste is reeds per epos uitgestuur. Die lyste moet teen einde Junie 2023 i

28-05-2023 - 03-06-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Pinkster: Vader dat U asseblief die gees van Pinkster in ons gemeente sal voortsit. Paarlskool vir Gestremdes (deuroffer): Hierdie spesiale kinders het 'n agterstand in die lewe, maar met U hulp en ons bydraes kan dit oorkom word. Die Cholera uitbreking: Hierdie epidemie is 'n bedreiging vir hulle wat reeds swaar kry. Ons bid dat U sal intree en hulle wat verantwoordelik is om hulp te verleen sal toerus met kundigheid en middele. Nagmaal: Na 'n week van Pinkster is ons gereed om die Sakrament van die Nagmaal te gebruik, en so ons verhouding met U te verinnig. DANKIE: Dat U ons geroep het om 'n verskil te maak in 'n land waar so baie dinge verkeerd is. Vir die goeie reën in ons streek en ook die droogte geteisterde Oos-Kaap. Ons bid steeds vir reën in die opvanggebiede van die damme wat nog leeg is. Vir Pinkster en die geestelike herlewing wat ons in ons gemeente ervaar.

Nagmaal - Pinksterafsluiting - 28 Mei 2023

Prent
Kom sluit Pinkster af met die viering van die NAGMAAL. Ons nooi jou uit na Sondag se Nagmaalsdiens om 09:30 in die kerk. Die brood en wyn sal by die voordeur en sydeure beskikbaar wees. Die Pinkster sluit af met 'n Nagmaalsete om 11:30 in die Kobus Hattinghsaal. Elke gesin bring 2 bykosse (groente of slaai), 'n vleisgereg en 'n nagereg en kom kuier lekker saam. Die kosse word alles op een tafel uitgepak en elkeen help homself met die opskep. Bring ook asseblief jou eie eetgerei en drankies saam. As gevolg van die Nagmaalsete is daar geen koffie na afloop van die erediens nie. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk. Kom drink lekker koffie saam met ons na afloop van die erediens in die kerksaal. BAIE DANKIE VIR DIE SOP Baie dankie aan al die dames wat gesorg het vir die sop en broodjies tydens Pinkster. Hulle het gesorg vir 35 potte sop, 50 brode, 200 vetkoeke en nog meer. Dit was heerlik! DEUROFFER: PAARL SKOOL VIR GESTREMDES (Sinodaal) "I

Sentrum vir Publieke Getuienis

Prent
 

GHOLFDAG

Outeniqualand gaan op 18 Julie by Kingswood gholfbaan ons gholfdag hou. Ons het 'n vol veld met 56 spelers. Daar is ongelukkig nie meer plek nie. Ons wil graag aan elke speler 'n prys gee. Daarom nooi ons lidmate uit om 'n prys of twee te borg. Skakel asseblief met Wim de Wet indien jy navrae het of hulp wil aanbied.

21-05-2023 - 27-05-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Pinkster in ons gemeente: Vader seën U die dienste en maak ons bewus van Die Heilige Gees. Rus U ds. Jan toe as prediker en boodskapdraer. Bybelgenootskap (Deuroffer): Die Bybelgenootskap doen besondere werk in ons land deur die Bybel in alle tale te vertaal en die Bybel te versprei. Seën U elkeen wat betrokke is met die vertalings en hulle wat die Bybel versprei. Nuwe Moderamen van die Kaapse Sinode: Dankie vir hulle wat beskikbaar is. Rus U hulle toe vir die taak. Ons Land en sy leiers: Die land struikel van een krisis na die volgende en die ekonomie ly daaronder. Vader U bly ons enigste hoop! DANKIE: Vir die Heilige Gees: Pinkster maak ons weer bewus van u Gees. Dankie dat u Gees steeds onder ons woon en ons trooster is. Die Kerk wat steeds getrou Hemelvaart herdenk. Vir Kerkleiers wat hulleself tot U beskikking stel om leiding te neem.

Erediens - 21 Mei 2023

Prent
Jy word uitgenooi na Sondag 21 Mei se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Dit is ook die afskop van ons Pinksterreeks. Die Pinksterdienste vind plaas vanaf Sondag tot Donderdag om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal. Kom kuier na die Pinksterdienste heerlik saam oor 'n heerlike koppie sop en broodjies. Sondagoggend drink ons lekker koffie in die kerksaal na afloop van die erediens. PINKSTER 2023 BAIE DANKIE VIR DIE SOP Baie dankie aan al die dames wat gaan sorg vir heerlike sop en broodjies tydens Pinkster. Hulle staan reg met 32 potte sop en 31 brode se toebroodjies, vetkoeke ens. DEUROFFER: BYBELGENOOTSKAP Die Here het ons in staat gestel om in al 11 amptelike tale Bybels te kon vertaal en in meeste tale is daar hersienings en tweede vertalings gewees. Die NG Kerk het vanaf die stigting van die Bybelgenootskap in 1820 'n baie belangrike rol te speel om vir die res van die land, met sy verskillende kulture en tale 'n eie Bybel te kon gee. Soos dit met gemeentes in dié tyd swaa

Pinkster 2023

Prent
 

WELKOM TERUG VAN DIE SINODE

Prent
Ons is dankbaar vir ds. Jan en Jaap se veilige terugkeer van die Sinode by Goudini. Hulle sal binnekort aan die gemeente terugvoering gee van hulle ervarings. Welkom terug julle!  

MUSSE EN HANDSKOENE

Daar is die week 180 pare handskoene vir die leerders van Diepkloof Laerskool uitgedeel! Daar is ook 24 musse aan die gr R klas uitgedeel. Die musse was nog voorraad van verlede jaar. Baie dankie aan al die dames wat gehelp brei en hekel het om hierdie uitreik moontlik te maak. Baie dankie ook aan Alta wie se inisiatief hierdie was. Die skoolhoof, mnr. Schoeman, personeel en leerders waardeer Outeniqualand se omgee baie!

BASAARLYSTE: WINTERKERMIS

Die afgelope paar jaar het ons Winterkermis weens COVID en ander redes, wegbeweeg van ‘n tradisionele vleisbasaar. Ons kon met groot dankbaarheid teenoor die Here ons begrote inkomste behaal deur bydraes in die vorm van kontant en lewende hawe. Vanjaar het ons R300 000 begroot as basaarinkomste. Ons vertrou dat die Here, soos die afgelope 3 jaar, op sy unieke manier sal voorsien om hierdie inkomste te kan insamel. Ons gebruik nie meer Dienswerkers om met die Basaarlyste rond te beweeg nie. Ons stuur die basaarlyste elektronies uit. Let daarop dat ons slegs kontant (al die verskillende opsies verskyn in die tweede kolom hieronder) en lewende hawe kan ontvang as bydraes. Ons het egter kennis geneem van lidmate wat na die basaar atmosfeer en sosiale interaksie met die breër gemeenskap verlang. Hier kom die goeie nuus: Ons bied op Saterdag 2 September 2023 ‘n beesloop aan. Ons gaan heerlik saamkuier as gemeenskap. Meer inligting sal later deurgegee word. Die basaarlyste is die afgelope wee

14-05-2023 - 20-05-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Ons Land: Vader daar is soveel wat ons bekommer en benoud maak, nogtans vertrou ons op U en weet dat U steeds in beheer is. Moedersdag: Ons bid vir gelowige moeders wa hulle kinders met liefde en sorg grootmaak en ook hulle doopbelofte nakom. Oorstromings in die DRK: Die mense het as gevolg van oorstromings baie sakde gely aan eiendom en lewens. Wees U asseblief daar vir hulle in die hartseer en nood. DANKIE: Vir ons moeders wat ons deur voorbeeld, liefde en hulle gebede op die regte pad gehou het. Vir die vroue in ons gemeente wathulle talente aan die Kerk beskikbaar stel en altyd bereid is om te dien. Vir 'n God wat steeds in beheer is en op wie ons kan vertrou.

Erediens - 14 Mei 2023

Prent
  Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 14 Mei se eredienste om 08:00 by die Kobus Hattingh-saal en 09:30 in die Kerkgebou. Daar is hierdie Sondag geen koffie na die erediens nie. Daar is direk na die erediens, in die kerk, 'n vergadering vir al die golfspelers in Outeniqualand. (Geen voorgee vereiste. As jy al golf gespeel het, is jy welkom. Dit geld ook vir die dames in Outeniqualand wat golf speel.) HEMELVAART Kom vier Jesus se Hemelvaart saam met ons op Donderdag 18 Mei om 18:00 in die kerk! PINKSTER 2023 Kom deel in die jubelvreugde van Pinkster. Jy word uitgenooi na Sondag 21 Mei se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Dit is ook die afskop van ons Pinksterreeks. Die Pinksterdienste is vanaf Sondag tot Donderdag om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal. Kom kuier na die Pinksterdienste heerlik saam oor 'n heerlike koppie sop en broodjies. WAT VAN 'N LEKKER POT SOP? Die Pinksterdienste begin Sondag 21 Mei om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal en hou aan tot Donderdag 25 Junie. Ons

Voorbidding - SINODESITTING 2023

Prent
 

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL - MySchool

Sluit aan by MySchool om op 'n "geen moeite" manier fondse te genereer vir Diepkloof Kleuterskool. Lees hieronder hoe jy te werk kan gaan: MySchool MyVillage MyPlanet is 'n gratis kaart waarmee jy kan help om fondse te genereer vir Diepkloof Kleuterskool. Jy registreer deur die MySchool Toepassing op jou foon af te laai of op hulle webblad op die rekenaar. Vul die besonderhede in en kies Diepkloof Kleuterskool as jou begunstigde. Vir alle aankope wat jy dan by Woolworths of Engen doen, word 'n persentasie van jou aankope maandeliks direk in Diepkloof Kleuterskool se rekening inbetaal – so maklik soos dit! Ons het tans slegs 28 lede – kom ons probeer om dit teen die einde van Junie op te skuif na ten minste 50! Al wat jy moet doen is registreer, jou normale aankope te doen by Woolies of Engen en sodoende het jy fondse ingesamel vir Diepkloof Kleuterskool! Kontak gerus vir Bernice indien jy hulp nodig het met die registrasie.

GHOLFDAG

Outeniqualand gaan op 18 Julie by Kingswood gholfbaan ons gholfdag hou. Ons het slegs plek vir 12 x 4-balle omdat ons 'n borg het vir slegs 48 hemde. Die koste beloop R450 per speler. Elke speler kry 'n Outeniqualand gholfhemp in sy/haar "goodie bag". Ons wil graag aan elke speler 'n prys gee. Daarom nooi ons lidmate uit om 'n prys of twee te borg. Skakel asseblief met Wim de Wet indien jy navrae het of hulp wil aanbied. Ons nooi alle gholfspelers na 'n kort vergadering op Sondag 14 de Mei na die erediens.

HANDSKOENE VIR KOUE WINTER

Prent
Ons jubel en juig! Daar is 184 pare handskoene wat by Diepkloof Laerskool afgelewer kan word. BAIE DANKIE VIR JULLE WARM HARTE VIR KOUE HANDJIES! Julle omgee word opreg waardeer!!! Moet asseblief nie ophou brei nie, die winter lê voor en daar is baie ander handjies wat dit ook sal waardeer. Alta van Wyk. So lyk 184 pare handskoene...  

WINTERBASAAR - 2023

Ons winterbasaar gaan soos in die afgelope 3 jaar slegs 'n kontant en vee basaar wees. Die basaarlyste sal in die volgende week of twee uitgestuur word. Ons het goeie insette ontvang vanaf lidmate rondom voorstelle vir die sosiale kuier wat verlore geraak het met die kontantbasaar. Ons gaan op Saterdag 2 September 2023 'n heerlike BEESLOOP-KUIER aanbied op ons kerkgronde. Meer inligting sal later volg.

07-05-2023 - 13-05-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Die mense van Soedan waar gevegte tussen faksies in die weermag plaasvind. Daar is reeds duisende haweloos en duisende wat gevlug het. Vader bring U asseblief vrede en versorg die haweloses. Arbeidsondag: Ons bid dat U die werksgeleenthede sal beskerm en ook nuwe werksgeleenthede sal skep. Sinode: 8 - 12 Mei. Ons bid dat besluite en besprekings aan die Woord getoets sal word en die Heilige Gees teenwoordig sal wees. Magdalena Huis (Deuroffer): Vader wees U teenwoordig in die lewens van hierdie vroue en versterk hulle deur U Gees. DANKIE: Vir tegnologie wat U Woord en die Evangelie tot aan die uithoeke van die aarde beskikbaar maak. Vir hulle in die privaatsektor wat daarna streef om werk te skep en hulle werkers menswaardig behandel. Vir hulle wat uit eie middele kos aan die armes verskaf. Lied 529:1 "Dank, dank die Heer. Ons dank die Heer, want aan Sy liefde is daar geen einde nie, Sy troue liefde is daar geen einde nie, is daar geen einde nie."

Gesinsdiens - 07 Mei 2023

Prent
  Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 7 Mei se gesinsdiens om 09:30 in die Kerkgebou. Kom jubel saam oor die Here se goedheid en kuier na die tyd saam rondom 'n koppie koffie of tee. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 14 Mei se eredienste om 08:00 by die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die Kerkgebou. DEUROFFER: MAGDALENA HUIS Magdalenahuis Beradingsentrum het op 10 Oktober 1902 tot stand gekom en was 'n inisiatief van die NG Kerk. Magdalenahuis fokus op drie diensterreine: swangerskapberading, aanneming en herkomsfasilitering. In September 2014 neem Magdalenahuis dan ook die geloofstap om weens die oorweldigende nood en behoefte aan hulp, die inwoningskomponent om te skakel na 'n ondersteunings/ontwikkelingsprogram in hoë risiko gemeenskappe. Die Isiqualo Program (New Beginnings) fokus steeds daarop om hierdie weerlose swanger vroue en hul ongebore babas in nood by te staan en te ondersteun. Met dieselfde visie “Uit liefde help ons heelmaak” onderskryf ons d

Rugby op die Groot Skerm in die Kobus Hattinghsaal

Prent
 

DRAADKAR-FEES

Prent