Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2022

Ons vier die lewe! Christus is ons hoop.

 

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL OP FACEBOOK

Daar is onlangs 'n Facebook blad vir Diepkloof Kleuterskool begin. Hulle vra dat jy asseblief hulle blad “Like en Share” sodat hulle hulle netwerk kan opbou. Hier is die skakel: https://www.facebook.com/profile.php?id=100084818704859 Is daar iemand wat 'n werkende TV het wat hulle nie meer gebruik nie? Die kleuterskool se TV het die gees gegee. Indien jy kan help, kontak Bernice.

2022-10-30 - 2022-11-05 - ONS BID SAAM VIR...

Die Opedagsaamtrek met Jan de Wet: Ons bid vir seën op ons samesyn. Alta du Toit Skool (Deuroffer): Vader hierdie kinders wat intellektueel gestremd is het ons finansiële ondersteuning en voorbidding nodig. Die Matrieks wat volgende week met die eindeksamen begin: Vader rus U hulle asseblief toe vir die eise wat hierdie eksamen aan hulle gaan stel. Die Ekonomie van ons land: Dankie dat ons U met al die ekonomiese probleme van ons land kan vertrou. DANKIE: Die reën in die somerreënval dele van ons land. Geleenthede wat ons as gemeente het om sigbaar as gelowiges in die gemeenskap U dissipels te wees. Ons taal waarmee ons U kan loof, prys, dank, aanbid en ook dat U Woord in Afrikaans beskikbaar is.

JAN DE WET SONDAG – 30 OKTOBER 2022

Prent
  Kom geniet saam met ons die kuier van Jan de Wet op Sondag 30 Oktober om 09:30 by die kerkterrein. Ons beoog om 'n heerlike kermis atmosfeer met baie aktiwiteite op ons kerkterrein te skep. Die fokus van die dag is om ons gemeente bekend te stel aan die wyer gemeenskap wat nie altyd bewus is van ons gemeente se bestaan hier tussen die plase nie. Dit gaan dus nie oor ons nie, maar oor ons besoekers. Ons het die kuier wyd geadverteer. Die dames wat eetgoed belowe het, kan dit van 09:00 af by die kostent afgee. BAIE dankie vir die wonderlike reaksie uit die gemeente vir eetgoed en hulp met die opslaan van die gazebo’s en tafels regsit. Dit gaan ‘n fees wees! VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is ons 10de-maand Dankbaarheidsoffer-fees! Ons gaan hier by ons Nagmaal hou saam met ons VGK Friemersheim bure. Ons sluit ons Danbaarheidsofferfees af met 'n heerlike Bring & Braai om 12:00 by die Kobus Hattinghsaal. DEUROFFER: ALTA DU TOIT SKOOL Die Alta du Toitskool in Kuilsrivier gee on

BREI-NUUS

Ons is regtig baie dankbaar en beïndruk dat ons nog steeds musse ontvang. Die idee was juis om dwarsdeur die jaar te brei en só voorraad op te bou. Ons beplan ook om maklike handskoentjies, sonder vingers te brei vir die volgende projek. Bel gerus vir Alta van Wyk by  vir meer inligtig.

2022-10-23 - 2022-10-29 - ONS BID SAAM VIR...

Missie Japan (Deuroffer): Ons bid vir die finansiële voorsiening van die sendingwerk in Japan maar ook dat U die sendelinge wat die Evangelie daar versprei sal toerus vir hulle werk. Nuwe Kerkraadslede: Mag U hulle toerus en geestelik versterk vir hulle taak. Ope dag met Jan de Wet: Mag ons op hierdie besondere dag teenwoordigheid ervaar wanneer ons met die gemeenskap en gemeentelede sosiaal verkeer. Dankbaarheidsoffer maand: Vader ons het soveel om voor dankbaar te wees, daarom dank ons U vir die geleentheid om ook deur ons offers ons dankbaarheid te wys. DANKIE: Die reën in ons streek: U het ons gebede verhoor en ons met reën uit U hand geseën. Gebed: U geskenk aan ons as gelowiges, waardeur ons na u kan kom met ons nood, kommer, dank en lofprysing. Ons gemeente waar ons deel van U “oorlogskip” kan wees en waar daar vir elkeen 'n plek is om U te dien. Ons is opgewonde saam met... Jan en Careen Pienaar met die geboorte van hulle eerste kleinkind, Liam.

Erediens 23 Oktober 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk te Sinksabrug. Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie in die saal. DEUROFFER: MISSIE JAPAN Beste Outeniqualand! Groete uit Kobe, waar die eerste Sakura bloeisels groot belofte inhou vir die lente skouspel wat kom. Covid-19 se finansiële impak op Missie Japan word op die oomblik uitvoerig bespreek. Kortom: die verreikende effek van dalende bydraes en swak wisselkoerse (skerp dalende Rand-waarde) oor die afgelope jare, is nou dieper as ooit blootgelê. Gesprekke en planne oor die volhoubaarheid van Missie Japan se werk hier, is nou dringend nodig. Terselfdertyd is ons regtig dankbaar vir elkeen wat ons hande nie gelos het in die middel van die krisis nie. Ons is diep dankbaar vir elkeen wat aanhou bydra, ons emosioneel dra en volhard in gebed, te midde van groot nood en uitdagings in eie midde. Groete in Christus, ons opgestane Here. Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan Stéphan + Carina van der Wat

JAN DE WET: SONDAG 30 OKTOBER 2022

Prent
Ons benodig vrywilligers wat kan help met ons kuier van Jan de Wet op Sondag 30 Oktober om 09:30 by die kerkterrein. Ons beoog om 'n heerlike kermis atmosfeer met baie aktiwiteite op ons kerkterrein te skep. Die fokus van die dag is om ons gemeente bekend te stel aan die wyer gemeenskap wat nie altyd bewus is van ons gemeente se bestaan hier tussen die plase nie. Dit gaan dus nie oor ons nie, maar oor ons besoekers. Ons gaan die kuier wyd adverteer. Meld aan as jy op enige manier kan help. Ons benodig... BAIE mense om 'n bordjie eetgoed saam te bring na die kuier. Ons gaan niks verkoop nie, maar die gemeenskap bless met gratis koffie en iets te ete. Mense wat kan help beplan aan die uitleg van die terrein. Mense wat kan help gazebos opslaan, koffie stalletjies beman en by kos stalletjies kan diens doen. Skakel gerus vir ds. Jan of Merinda indien jy kan help.

KALENDER VIR 2023

2023 is om die draai en daar gaan binnekort in alle erns begin werk word aan die 2023 kalender. Gemeentelede kry vir 2023 weer die geleentheid om 'n bladsy in die kalender te borg en dan 'n mooi teksvers of geestelike aanhaling wat vir jou besonderse waarde het, in daardie maand met die gemeente te deel. Die koste vir die borg van 'n bladsy is R250. Kontak Merinda by die kerkkantoor of stuur 'n WhatsApp aan haar met die bewoording. Dankie vir diegene wat reeds gereageer het, ons waardeer dit. Ons het nog 3 maande oor wat geborg kan word.

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Is daar iemand wat 'n werkende TV het wat hulle nie meer gebruik nie? Die kleuterskool se TV het die gees gegee. Indien jy kan help, kontak Bernice.

DEGNOS TERUGVOER MET ANDRIES GOUWS

Ons nooi jou uit na 'n terugvoer geleentheid van ons uitreik in Augustus na DEGNOS. Dit vind plaas op Dinsdag 25 Oktober om 18:00 by die Kobus Hattinghsaal. Ons is bevoorreg om sendeling Andries Gouws ook hier te hê. Moenie hierdie geleentheid misloop nie.

Biddag vir Gesondheidswerkers

Prent
 

2022-10-16 - 2022-10-22 - ONS BID SAAM VIR...

GIDEONS (Deuroffer): Vader ons bid dat U die werk van die Gideons sal seën, waar hulle die Evangelie tot die beskikking van alle mense bring, deur die Bybel te versprei. Matrieksondag: Hierdie groep leerders gaan in die volgende weke krag en kalmte nodig hê. Ons bid dat U die bron sal wees waaruit hulle, hulle krag sal put. Die veldbrande in die Noord-Kaap, waar groot skade aan weivelde aangerig is. Wees U asseblief daar vir die boere in hulle nood. Transnet-staking: Die staking kan ons ekonomie groot skade aandoen. Wees U asseblief teenwoordig wanneer onderhandelinge plaasvind, sodat redelikheid sal seëvier. DANKIE: Vir U Woord wat ons bron van krag is en steeds mense tot U bekeer. Vir gelowige onderwysers, dosente en ouers: Hulle het 'n baie belangrike invloed op die lewens van die matrieks gehad. Die gesondheidsdienste: Hulle verrig soms onder moeilike omstandighede hulle werk, wat lewens red en tot genesing lei.

Erediens - 16 Oktober 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk te Sinksabrug. Die tema is: Passasier- of oorlogskip? en die teks kom uit Ef 4:11-12. Na die erediens by die kerk drink ons almal lekker saam koffie in die saal. DEUROFFER: GIDEONS Jesaja 40:8 “Gras verdor en blomme verwelk, maar die Woord van ons God bly ewig.” Die Gideons se enigste doel is om die Woord te versprei en op die wyse siele vir Christus te wen. Om die rede probeer ons om elke graad 8 leerling, elke gevangene, hotelkamer en hospitaalbed van 'n Bybel te voorsien. In die George tot Knysna gebied word jaarliks plus minus 5 000 Bybels vir graad 8 leerlinge by skole oorhandig, 300 by hotelle en gastehuise. Daar is ook Bybels geplaas by dokters se spreekkamers en die gevangenis. Omdat die inperkings ook die Gideons se werk geraak het en die meeste instansies waar ons normaal Bybels plaas vir ons gesluit was kon ons nogtans die meeste skole besoek. Ook die fondsinsameling is swaar getref. Outeniqualand Gemeente se

2022-10-09 - 2022-10-15 - ONS BID SAAM VIR...

Reën in ons Somer reënvalgebiede waar daar op die oomblik hittegolftoestande heers. Radio Kansel: Vader, seën U die boodskappe wat deur die uitsending van Radio Kansel bereik word. ESKOM en sy bestuur. Mnr. De Ruyter en sy span verkeer onder geweldige druk om te presteer en word van binne en buite gesaboteer. Beskerm U hulle en rus hulle toe vir die moeilike taak. Versoening in ons land: Vader, daar is soveel politici wat die verlede gebruik om haat te stook. Ons bid dat daar 'n gees van vergewing en versoening in ons land sal ontstaan. DANKIE: Vir Tuindag: Dat U as Skepper alles so mooi gemaak het. Ons sien U hand elke dag in die tuine en die natuur om ons. Vir hulle wat U Woord daagliks aan ons verkondig en ons geloof in U versterk. Vir hulle wat gewillig is om op die Kerkraad te dien en dienend, leiding in die gemeente te neem. Ons is opgewonde en bly saam met... Martie Dickson met die geboorte van haar kleinseun Reghard.

Erediens - 09 Oktober 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 8:00 in die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die kerk te Sinksabrug. Ds Basie Fourie sal die boodskap vir ons bring. Na die erediens by die kerk drink ons almal lekker saam koffie in die saal. Daar is geen Vonkies in die vakansie nie. Sien julle volgende Sondag! DEUROFFER: Radio Kansel Radio Kansel en Radio Kaapse Kansel is ‘n onafhanklike, interkerklike en interkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus te wen en gelowiges in hul Christelike geloof op te bou. Radio Kaapse Kansel kan op 729AM of op DSTV Audiokanaal 882 geluister word asook op www.radiokansel.co.za , www.kaapsekansel.co.za en www.capepulpit.co.za . Laai die toep (CAPEPULPIT) af en luister op jou selfoon. Mnr. Kosie Bur

4de Kwartaal - 2022

Dinsdag begin die 4de kwartaal in alle erns. Dit gaan 'n woelige kwartaal wees met baie opwindende aktiwiteite: Saterdag 22 Oktober is die Stop en Go projek by Maalgate-brug (meer hieroor volgende Sondag) Sondag 30 Oktober is die opwindende diens op die kerkterrein saam met Jan de Wet Sondag 6 November is dit Nagmaal saam met ons VGK Friemersheim bure Sondag 20 November is dit Belydenisaflegging van ons jong lidmate Sondag 27 November is dit ons Kerssangdiens Saterdag 17 Desember is dit ons Somer Kermis Tussen dit alles ontvang ons Pelgrims van Hoop gashere en gasvroue 'n rekord getal stappers en word hulle bederf met ons unieke Outeniqualand Gasvryheid! Soos julle kan sien voorwaar 'n woelige en opwindende kwartaal. Tonne geleenthede om heerlik deel te wees van die Outeniqualand-span. Hou gerus die Familienuus en Whatsapp groepe dop vir meer inligting.

VENSTERS OP GOD - dr. Kobus Smit

Prent
 Dr. Kobus Smit nooi u uit om aan te sluit by 'n WhatsApp-groep waarin hy spesiale dagstukkies wat hy self saamstel, 3 of 4 keer 'n week deel. Die tema van die dagstukkies is VENSTERS OP GOD en u kan hom gerus kontak by 072 488 3959 indien u deel van die groep wil wees. Hier is 'n voorbeeld:

JAARLIKSE BESIGHEIDSONTBYT VIR SAKELUI

Jy word uitgenooi na Arbeidsbediening se Jaarlikse Besigheidsontbyt vir Sakelui op 13 Oktober om 7:00 by Victoria Heighters B&B. Gasspreker: Dr. Eddie Orsmond Tema: Geloof en Geestelikheid in die Markplek Toegang: R100 per persoon RSVP: 3 Oktober aan Danita Jordaan by 072 124 4695 Epos: arbeidsbediening.tuinroete@gmail.com

KERKRAADSLEDE VERKIES

Ons vra voorbidding vir die volgende kerkraadslede wat op Dinsdag 20 September tydens ons kerkraadsvergadering herkies/verkies is: Diens van Barmhartigheid (Diaken) Nikkie Visagie 4-di-lewe! (Ouderling) Francois Raath

DIE HEUNINGDRAER

Het iets interessants met jou gebeur? Het jy ‘n getuienis om te lewer? Is jou gawe om te dig of interessant te skryf? Raak betrokke by ons gemeenteblad Die Heuningdraer. Skryf oor iets in en om jou gemeentesirkel of 'n gemeente aktiwiteit soos die konsert of Stap & Braai. As jy iets op die hart het, 'n gedig of 'n interessante wedervaring gehad het, deel dit met die gemeente. Gee dit in by Merinda by die kerkkantoor of epos dit aan ngouteniqua@gmail.com. Vir enige navrae kontak die redakteur Johan Deysel. Spring sommer dadelik aan die werk want alle bydraes moet in wees teen Sondag 9 Oktober.

KOOR

Die koor oefen op Donderdag 6 Oktober om 17:00. Dit is ter voorbereiding van die Kerssangdiens einde November. Kom sluit aan by die koor. Hulle het jou nodig.

2022-10-02 - 2022-10-08 - ONS BID SAAM VIR...

Die Bejaardes in ons gemeente en gemeenskap. (Biddag vir Bejaardes) Vader ons dra hierdie groepie gelowiges aan U sorg op. In hulle weerloosheid het hulle U genade en liefde nodig. Ons leerders, studente en onderwysers, in die tyd van rus. Help hulle ook in die tyd, dat hulle verhouding met sal verinnig. Die Natuurrampe wat oor die wêreld besig is om groot skade en ellende te veroorsaak. Ons bid dat die rampe ons sal aanmoedig om ons voor U te verootmoedig. Die Christelike Lektuur Fonds (Deuroffer) Vader mag hierdie lektuur die Evangelie op 'n besondere wyse na die mense bring en hulle nader aan U bring. DANKIE: Gelowiges wat ten spyte van al die Ekonomiese krisisse in ons land steeds besig is om uit te reik en U te verheerlik. Die bydraes wat bejaardes in ons gemeente lewer. Vir U Woord waaraan ons kan vashou. Die skrif sê: “Die mens is soos gras en al sy prag soos die veldblom; Die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here, dit bly vir ewig” - 1 Petrus 1: 24-25

Erediens - 02 Oktober 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Dr. Kobus Smit sal die boodskap vir ons bring. Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie in die saal. DEUROFFER: CHRISTELIKE LEKTUUR FONDS Die Christelike Lektuurfonds (CLF) is in 1957 gestig met die doel om die evangelie van Jesus Christus deur middel van Christelike materiaal in Afrikatale, maar ook in Afrikaans en Engels, te versprei en skrywers te bemagtig. CLF se VISIE: ‘n Wêreld waar mense die Boodskap van die Bybel leef. CLF se MISIE: Die boodskap van die Bybel aan almal deur gratis en bekostigbare Christelike materiaal – gedrukte en elektroniese produkte in 'n verskeidenheid tale met die oog op geloofsvorming en toerusting. CLF werk in vennootskap met ‘n verskeidenheid kerke en bedieninge. CLF befonds publikasies en dienste en is afhanklik van die bydraes van donateurs. CLF stel pamflette en bedieningsmateriaal in verskeie tale vir bediening in en van gemeentes van die NG Kerk familie en ander kerke bes

BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES

Mansbybelstudie en Damesbybelstudie wat gewoonlik op Donderdae in die Kobus Hattinghsaal plaasvind het afgesluit vir die 3de kwartaal en sal weer in die 4de kwartaal voortgaan.