Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2024

WÊRELDBIDDAG VIR MANS EN VROUE

Prent
Ons gaan vanjaar se Wêreldbiddag vir mans en vroue so bietjie anders inkleur. Loer na onderstaande prent om ons gebedsprogram vir daardie naweek te bekyk.  Ons wil jou graag uitnooi, ja selfs uitdaag, om ons gebedsbyeenkoms en 24 uur gebedsketting mee te maak. Ons het Donderdag29 Februarie 18:30 'n gebedsbyeenkoms waartydens ons gaan voorbidding doen vir verskeie sake. Ons sal later die gebedsversoeke beskikbaar stel. Vanaf 19:00 Donderdag gaan ons vir 24 ure lank bid dat die Here sy werk sal voortsit in ons persoonlike lewens en ons as 'n gemeente sal gebruik om in 'n stukkende wêreld sy gestuurdes te wees. Neem vrymoedigheid om by die kerkkantoor aan te meld of Merinda te kontak en jouself te verbind om vir 'n halfuur lank by jou huis te bid.

Minne Veldman

Prent
 

25-02-2024 - 02-03-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Verkiesing: Vader die komende verkiesing is vir ons toekoms baie belangrik. Ontferm U oor ons, help U gelowiges om saam te staan en 'n verskil te maak. Herberg Kinderhuis (Deuroffer): Ons bid vir die versorging van hierdie weeskinders; finansieël maar ook geestelik. Moordsyfers in die Wes-Kaap: Ons bid dat U mense wat geen respek vir ander se lewe of eiendom het nie tot inkeer sal bring en beskerm U assseblief U kinders. Mans en vroue biddag: Hierdie nasionale biddag raak almal van ons. Seën U asseblief elke gebed op hierdie dag. DANKIE: Vir Lydenstyd: U lewe en lyding was vir ons 'n voorbeeld, maar ook vir ons verlossing. Ons loof en prys U daarvoor. Vir gesinne wat vir mekaar omgee en vir ons as voorbeeld dien. Vir die sakrament van Nagmaal, waardeur ons geloof in U vernuwe en versterk kon word verlede Sondag.

Eredienste - 25 Februarie 2024

Prent
Ons het Sondag 2 eredienste: 09:30 in kerkgebou. Daar sal geen koffie/tee na die diens bedien word nie. 10:00 by Arendsrus. Ons tema is: Families kamp saam! Sluit by ons aan vir 'n heerlike vrugtefees na die erediens te Arendsrus. DEUROFFER: Herberg Kinderhuis Die Herberg Kinderhuis op Robertson is 'n program van BADISA. Die kinderhuis huisves 122 sorgbehoewende kinders uit die Wes-en Suid-Kaap. Kinders se ouderdom wissel van baba tot 18 jaar oud. Redes vir opname is verwaarlosing, mishandeling, molestering en geen staansmiddele. Die kinderhuis se begroting beloop R11 miljoen per jaar. Met stygende petrolpryse, kos- en kragpryse is die Kinderhuis onder groot finansiële druk vir die volgehoue versorging van ons kinders. Ons is baie afhanklik van gemeentes en individue se bydraes. Ons is die enigste BADISA KINDERHUIS vanaf Worcester tot Plettenbergbaai en bedien 'n baie groot area. Ons ontvang slegs 48% van ons begroting van die staat en die res moet ons self invorder. Dankie

Soek jy 'n bediening om by betrokke te raak?

DIENSGROEP VIR GEMEENTEBEDIENING Kom word deel van die span! Ons vergader Maandag 19 Februarie om 18:00 by die Kobus Hattinghsaal. Die Diensgroep vir Gemeentebediening fokus saam met ds. Jan op al die geestelike aktiwiteite wat die gemeente geestelik help opbou. Kom raak deel en help kreatief dink oor Outeniqualand se geestelike bediening. As jy enige vrae het, kontak vir Jaap. LEESPROJEK As jy daarvan hou om vir kinders stories voor te lees, is hierdie bediening vir jou! Onder leiding van Mariana Uys is daar 'n klompie vroue/mans wat van tyd tot tyd vir die leerlinge van Laerskool Van der Hoven stories gaan voorlees. Dit word gedoen om by hulle 'n liefde vir boeke te kweek en is deel van ‘n groter program om hulle aan te moedig om self te begin lees. Kontak gerus vir Mariana Uys as jy wil deel word van hierdie bediening of as jy kinderboeke, in goeie toestand, het wat jy vir hierdie projek wil skenk. PELGRIMS VAN HOOP 3 Jaar gelede is daar begin met die PELGRIMSTOG VAN HOOP tu

APPRENTICE RESTAURANT

Prent
 

18-02-2024 - 24-02-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Lydenstyd (Lent): Die tyd waar ons die leer, lewe en lyding van Jesus herdenk. Help U ons om in dié tyd nader aan U te kom. Gemeente ondersteuning (Deuroffer) Vader daar is gemeentes wat finansieel swaar kry. Help U ons om ook ons plig teenoor hulle na te kom. Gemeentenaweek: Ons bid dat U seën op hierdie naweek sal rus en dat dit vir hulle wat dit bywoon ook 'n geestelike belewenis sal wees. Verkiesing: Vader daar is partye se verklarings wat nie van liefde en versoening getuig nie en daarop gemik is om verdeeldheid en onmin te saai. Help U ons as gelowiges om die verkiesing met geloof, gebed en hoop te benader. DANKIE: Vir Nagmaal: Hierdie is ook 'n Dankbaarheidsmaal waar ons deur die gebruik van die Sakramente aan U ons liefde en dankbaarheid betoon. Dat ons as families ons drome om U kan bou. Vir U Woord: Ps 1:1-2 "Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddelose volg nie..., maar wat in die Woord van die Here sy vreugde vind en dit dag en nag oordink.&quo

Lydenstyd begin amptelik met Aswoensdag (14 Februarie 2024)

“Lydenstyd is nadinktyd! Dit is ‘n tyd van afskaal, opoffer, stilword, stadiger beweeg, dieper asemhaal, dieper kyk, fyner luister, intenser voel, proe en ruik... en om toe te laat om deur die oomblik beweeg te word – deur wat beleef, gehoor, geruik, geproe en gevoel word. Dieper in die oomblik in, deur die mooi en die aangename – selfs tot in die donker onaangename – en daar vir God te soek en daar saam met God te wees – waar Jesus is.”

Nagmaal - 18 Februarie 2024

Prent
Kom sluit by ons aan vir NAGMAAL om 09:30 in die Kerk. Hierdie Sondag se tema is: Families maak tyd vir mekaar! Daar is vandag geen koffie na die erediens nie, maar ons nooi jou uit na die Gemeente se Nagmaalsete na die erediens in die Kobus Hattingshaal. Ons gaan heerlik kuier en saam braai as familie in Christus. Ons voorsien kole, tafels en stoele. Jy bring jou eie eetgerei, kos, drinkgoed en rooster/casserole/braaitang. Moenie hierdie heerlike kuier misloop nie. Enkel persone is baie welkom. Ons het goeie braaiers in die gemeente. SKOP GROEPE Almal wat hou van stap word gevra om Sondag 18 Februarie na afloop van die diens, agter te bly in die kerk om ingedeel te word in stapgroepe. Dit sluit ervare en minder ervare stappers in. DEUROFFER: GEMEENTE ONDERSTEUNING Die Gemeentehulpfonds verleen ondersteuning aan gemeentes wat finansiële probleme ondervind. Die fonds is bedoel om die geestelike bediening in stand te hou en nie vir kapitale werke of instandhouding van fisiese fasiliteite

COLOURFEST 2024

Prent
 

GEMEENTE-NAWEEK: ARENDSRUS

GEMEENTE-NAWEEK: ARENDSRUS Saterdag 24 en Sondag 25 Februarie 2024 Ons nooi dagbesoekers uit om die Familienaweek mee te maak. Die fooi beloop R40 per volw per dag en kinders R20 per dag. Dagbesoekers is veral welkom om Saterdagoggend by ons aan te sluit vir Familie sports/speletjies om 10:00 en direk daarna die worsbroodjie/hamburger braai. Sondagoggend se erediens vind plaas om 10:00 met 'n heerlike vrugtefees na afloop van die diens. Meer inligting sal op die WhatsApp groepe gekommunikeer word.

SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

DIENSGROEP VIR GEMEENTEBEDIENING Kom word deel van die span! Ons vergader Woensdag 14 Februarie om 18:00 by die Kobus Hattinghsaal. Die Diensgroep vir Gemeentebediening fokus saam met ds. Jan op al die geestelike aktiwiteite wat die gemeente geestelik help opbou. Kom raak deel en help kreatief dink oor Outeniqualand se geestelike bediening. As jy enige vrae het, kontak vir Jaap. DIENSGROEP VIR BARMHARTIGHEID Hierdie is 'n ope uitnodiging vir almal wat 'n hart het vir ander mense, veral dié in nood. Kom sluit by ons aan en raak deel van die span wat ondersteun, uitreik en bemoedig. Hierdie is 'n baie lekker span om van deel te wees. Ons vergader Dinsdag 13 Februarie om 15:00 in die Kobus Hattingh-saal. Kontak gerus vir Nikki. NAGSKUILING Baie dankie vir diegene wat gereageer het op die Nagskuiling oproep en vir donasies wat ingekom het. Enigiemand wat nog betrokke wil raak by die aksie of 'n donasie wil gee, kan vir Blommetjie kontak. Daar is 'n houer in die voorport

SKOP-Groepe - Stap

Almal wat hou van stap word gevra om Sondag 18 Februarie na afloop van die diens, agter te bly in die kerk om ingedeel te word in stapgroepe. Dit sluit ervare en minder ervare stappers in.

11-02-2024 - 17-02-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Opvoeding en onderwys: Hierdie belangrike sektor in ons samelewing het ons voorbidding baie nodig. Hier word die toekoms van die kerk en die samelewing gevorm tot verantwoordelike landsburgers. BADISA George (Deuroffer): Hierdie welsyns organisasie is besig om weerlose mense in ons samelewing by te staan. Ons bid dat hulle die fondse sal bekom om hulle doelwitte te bereik. Komende verkiesing: Hierdie verkiesing is baie belangrik vir die toekoms van ons land. Ons bid dat gelowiges U wil sal soek en daarvolgens sal stem. Hulle wat kronies siek is: Ons bid vir hulle wat siek is, maar ook vir die versorgers en verpleeg personeel. Wees U asseblief daar vir hulle. DANKIE: Vir familie wat mekaar waardeer en vir mekaar diensbaar is. Vir gelowige onderwyspersoneel wat deur leer en voorbeeld kinders na U toe lei. Vir skoolhoofde en beheerrade wat by skole 'n christelike atmosfeer skep.

Eredienste - 11 Februarie 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die kerkgebou. Hierdie Sondag se tema is: Families droom saam! Kom drink heerlike koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. DEUROFFER: BADISA George BADISA George doen baie belangrike werk onder geweldig moeilike omstandighede. So is daar verlede jaar: Gesinsherenigings – 32 leêrs / Vroeë intervensie – 12 leêrs, Kinderhofondersoeke – (walk in’s) – 27 leêrs / Kinders in pleegsorg geplaas – 82. Tendense van dienslewering: Kinderverwaarlosing / Verlate kinders / Ontoereikende ouerskap / Werkloosheid / Substansieafhanklikheid in volwassenes en tieners. BADISA George se kantore is in Victoria straat in George. Ons wil ons gemeentelede aanmoedig om hulle te ondersteun met kos, klere, finansies, gebede en wat die Here ookal op jou hart druk. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir NAGMAAL om 09:30 in die Kerk. Ons tema volgende Sondag is: Families maak tyd vir mekaar!

Grootbrak Leeskring - Sagie se Storie

Prent
 

Inligting

DIENSGROEP VIR GETUIENIS Kom skakel in! Ons vergader Woensdag 7 Februarie om 15:00 by die kerkgebou. Daar word interessante projekte beplan vir die jaar: onder andere weer 'n Sokkerdag waarby ons skole in ons area betrek. Indien jy 'n hart vir getuienis het, kom skakel gerus by ons in. As jy enige vrae het, kontak vir Charles. NAGSKUILING Baie dankie vir diegene wat gereageer het op die Nagskuiling oproep en vir donasies wat ingekom het. Enigiemand wat nog betrokke wil raak by die aksie of 'n donasie wil gee kan vir Blommetjie kontak. SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK? Raak betrokke by Outeniqualand se GASVRYHEIDSBEDIENING: Outeniqualand se gasvryheidsbediening werk op 'n unieke manier. Ons het 'n whatsapp-groep waarop ons enige behoefte plaas. (van koffie-hulp, eetgoed vir funksies, begrafnisse, tafels dek en versier, naaldwerk, blomme, tuinwerk ens.) Jy hoef net jou hand op te steek vir ‘n aktiwiteit waar jy voel jy betrokke wil raak. Ons sal jou noo

04-02-2024 - 10-02-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Bybelgenootskap: Seën U asseblief die werk wat hierdie instansie doen, deur die Bybel in al ons landstale te vertaal en oor die hele land te versprei. Gemeente ontwikkeling (Deuroffer): Daar is gemeentes in ons land wat hulp nodig het. Ons bid dat ons bydrae sal help om die gemeentes geestelik en finansieël te versorg. Oorlog tussen Israel en Palestina: Vader ons as gelowiges sukkel om ons regering se standpunt ten opsigte van hierdie oorlog te verstaan. Help U ons om perspektief op hierdie tragiese stryd te kry en volkome op U te vertrou vir 'n oplossing. Brande in Wes-Kaap: Brande is besig om groot skade aan die natuur, eiendom en landbou aan te rig. Wees U asseblief met hulle wat die brande bestry en wees U daar vir hulle wat skade gely het. Ons bid ook tot U om hierdie natuurramp te beïndig. DANKIE: Dat U mense voorsien om die Bybel te vertaal en te versprei. Vir familie en gesinne waaraan ons behoort en van stories waar U voorsiening en genade soos ‘n goue draad deur loop. Dat

Erediens - 04 Februarie 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Hierdie Sondag se tema is: Families waardeer mekaar! Indien die weer dit toelaat, drink ons lekker koffie op die gras voor die kerk na afloop van die diens. DEUROFFER: Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkeling (Sinodaal) Die NGGO taakspan se roeping is om saam as familie van die NG en VGK kerke, gemeentes te begelei om nuwe geleenthede raak te sien in hul onderskeie kontekste, om vars uitdrukking van kerk-wees te implimenteer. Die leiers van die taakspan sal gemeentes besoek en begelei wat die behoefte het om ‘n nuwe geloofsgemeenskap te begin, hetsy binne in die gemeente of buite (bv. waar nuwe demografiese ontwikkelings in die area is). Hulle help met opleiding en die skep van netwerke waar gemeentes en hul leiers veilig voel om nuwe maniere van kerkwees te probeer. Hulle beklemtoon dat hulle altyd die eenheid van die breër kerk bevorder en sal nooit die ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe of vars uitdrukking van kerk