Plasings

Wys tans plasings vanaf Junie, 2023

Erediens - 02 Julie 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 9:30 in die kerk. Ons verwelkom vir ds. Basie Fourie wat ons met die Woord sal bedien. Daar is geen Vonkies in die vakansie nie. Kom kuier saam na die diens, oor 'n lekker koppie koffie, in die saal. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL Soos meeste van u bewus is, is Diepkloof Kleuterskool in 2002 gestig deur lede van die gemeente om veral die kinders op die plase die geleentheid te gee om Vroeë kinderontwikkeling programme te ondergaan en skoolgereed te kry eerder as om alleen op die plaas te sit terwyl hul ouers werk. Tans het ons 65 kinders tussen die ouderdom van 3 tot 6 jaar oud wat deur 4 gekwalifiseerde opvoeders opgelei word om voorbereid te wees vir hul formele skoolloopbaan en hul so die beste kans te gee om te ontwikkel in goed-aangepaste volwassenes wat eendag hul plek in die lewe sal kan vol staan. Ons leerders kom nou omtrent om die helfte

VAN TOEKA TOT NOU

Prent
 

LITTLE SEEDS

Prent
Little Seeds is 'n werkswinkel in vroeë kinderontwikkeling. Dit is 'n 2 dag werkswinkel wat aangebied word by die Andrew Murruy Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington op 28 en 19 Augustus. Plek is beperk tot 30 mense, laat weet so gou moontlik vir Merinda by die kerkkantoor indien jy belangstel.  

BEESLOOP 2 SEPTEMBER OM 10:00

Op Saterdag 2 September is Outeniqualand se eerste BEESLOOP dag! Dit word gehou op die kerkgronde (agter die kerk by die dam). Die veld word in blokke opgedeel en afgekamp volgens die hoeveelheid kaartjies wat verkoop is ('n blok kos R100). 'n Skaalmodel van die veld met al die blokke en nommers word op 'n rekenaar neergesit en blokke word geallokeer aan kaartjiehouers. Ons het 'n bees wat op die veld gaan rondloop om 'n bietjie te wei. Die blok waarop sy haar merk los, is die wenner en kan kies uit een van onderstaande 3 pryse. Daar is ook 'n tweede en derde prys beskikbaar. Ons hoop om die pryse teen 12:00 te kan oorhandig: Buffelsdrift Game Lodge akkommodasie 2 persone vir 1 nag (olifantvoer + wildsrit ingesluit) 1 Bees (tollie) 1 Skaaplam Ons gaan ook met behulp van 'n drone 'n hele klomp sandsakkies op die blokke afgooi om gelukkige wenners aan te wys. Kyk wat kan jy nog wen... Arendsrus - 2 nagte vir 2 mense (mid-week) Seeplaas - 1 nag (mid-week) O

BASAARLYSTE: WINTERKERMIS

Vanjaar het ons R300 000 begroot as basaarinkomste. Ons vertrou dat die Here op sy unieke manier sal voorsien om hierdie inkomste te kan insamel. Ons winterkermis gaan soos in die afgelope 3 jaar slegs 'n kontant en vee basaar wees. Die basaarlyste is reeds per epos uitgestuur. Die lyste moet teen einde Junie 2023 ingehandig word. Kontak die kerkkantoor indien jy nog nie 'n basaarlys ontvang het nie.

25-06-2023 - 01-07-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Ramot (Deuroffer): Die pasiënte wat hier ongeneem word het 'n dwelm of drank probleem en het ons voorbidding en finansiële ondersteuning baie nodig. Ons dink ook in ons voorbidding aan die beraders wat hulle bystaan. Vakansie: Baie van ons gemeentelede is in hierdie tyd op die paaie. Beskerm U hulle en seën die rus wat hulle geniet. Vloedskade in die Wes-Kaap: Ons bid vir hulle wat skade gely het endie wat afgesny is van hulp. Wees U met hulle en bewaar hulle in die tyd van nood. Dr. Kobus van Zyl en die Kerk met hulle sendingwerk in Suid-Soedan. Beskerm U asseblief die sendelinge en seën die werk wat hulle in die oorlog geteisterde gebied onder die bevolking en geestelike leiers doen. DANKIE: Vir 'n huis en dat ons warm en gevoed kan gaan slaap. Vir vakansietyd: Dat U ook vir u kinders 'n tyd van rus gun. Seën U die rus, en waar baie in die natuur verkeer, maak hulle bewus van U skepping en teenwoordigheid. Vir mense wat die behoeftes van ander raaksien en hulp verleen.

Erediens - 25 Junie 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ons verwelkom vir ds. Almo Zietsman wat ons met die Woord sal bedien. Daar is geen Vonkies in die vakansie nie. Kom kuier saam na die diens, oor 'n lekker koppie koffie, in die saal. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: RAMOT 'n Nuwe lewe, 'n Nuwe begin! Ramot is 'n behandelingsentrum vir alkohol- en ander middel afhanklikheid en bestaan reeds vir 57 jaar. Gedurende hierdie tyd het meer as 210 000 mense met 'n afhanklikheidsprobleem direk of indirek hulp ontvang. Alkohol bly steeds die grootste probleem. Afhanklikheid (verslawing) beteken om oorgegee te wees aan 'n mag buite jouself met rampspoedige gevolge. Die persoon het geen hoop nie, en voel om verstaanbare redes nie welkom in die samelewing nie. Families is skaam vir die persoon en die wêreld verwerp hulle grootliks. Maar mag ons as Christene dieselfde doen? Help ons asseblief om C

18-06-2023 - 24-06-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Prent
Vadersdag: Ons bid vir die vaders in ons gemeente. Rus U hulle toe vir hulle groot verantwoordelikheid om hulle gesinne met liefde geduld en deernis te versorg en na Jesus te lei. Die Instituut vir blindes. Die Instituut poog om blindes en swaksiendes toe te rus om 'n normale lewe in die samelewing te kan lei. Help U asseblief die opvoeders en versorgers om die gestremdes na 'n normale lewe te lei en ook geestelik toe te rus. Armes en haweloses: In die koue winter waar die mense baie moet ontbeer. Ons bid dat ons wat het die nood sal raaksien en 'n helpende hand sal uitsteek. Ds. Jan en sy gesin wat met verlof gaan: Vader wil U hulle beskerm en geestelik versterk vir hulle taak in die gemeente. Ons bid ook vir ds. Basie, ds. Kobus van Zyl en ds. Almo Zietsman wat sal waarneem en dr. Kobus wat pastoraal sal instaan. Rus U hulle toe vir die taak. DANKIE: Vir vaders wat hulle doopbelofte nakom en die geestelike leiers in die gesinne is. Dat U steeds in beheer van ons land is t

Erediens - 18 Junie 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 9:30 in die kerk. Ons verwelkom vir dr. Kobus van Zyl wat die Here se Woord sal bedien. Daar is geen Vonkies nie. As gevolg van die langnaweek sal daar hierdie Sondag geen koffie na die diens wees nie. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: INSTITUUT VIR BLINDES Innovation for the Blind bied aan meer as 350 sig- en meervoudige gestremde inwoners 'n heenkome en 'n tuiste. Hier ontvang hul versorging en terapie, maar ook die geleentheid om hul vaardighede te ontwikkel in 'n beskermde leef- en werksomgewing. Nie net skep dit vir hulle 'n gevoel van trots nie, maar ontwikkel ook hul menswaardigheid en selfvertroue. Ten spyte van uitdagings oor ons 142 jaar van bestaan, is ons organisasie steeds 'n straaltjie lig in die donker van ons siggestremde inwoners se uitdagende wêreld. Hierdie prestasie sou onmoontlik gewees het sonder die ondersteuning van geloofsvriende en

Jeugsentrum Hartenbos

Prent
 

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL - Bankrekening

Die Kleuterskool se bankrekening het verander vanaf ingang 1 Junie 2023. Hulle sal die ou ABSA rekening nog vir so 2 maande oop hou totdat ons seker is al ons Donateurs maak gebruik van die nuwe bankrekening. Jammer vir die ongerief!

BOTTELS VOL HOOP

Prent
BADISA George het 'n projek geloods om vir die gesinne wat swaar kry kos te voorsien vir die winter. Jy kan enige koffie bottel gebruik. Jy kan ook net die bestanddele in die voorportaal neersit en die Diensgroep vir Barmhartigheid sal die bottels wat hulle reeds bymekaar gemaak het, self vol maak. As jy by hierdie projek betrokke wil raak, maar jy voel onseker oor enigiets, kontak vir Sandra.  

BASAARLYSTE: WINTERKERMIS

Vanjaar het ons R300 000 begroot as basaarinkomste. Ons vertrou dat die Here op sy unieke manier sal voorsien om hierdie inkomste te kan insamel. Ons winterkermis gaan soos in die afgelope 3 jaar slegs 'n kontant en vee basaar wees. Die basaarlyste is reeds per epos uitgestuur. Die lyste moet teen einde Junie 2023 ingehandig word. Kontak die kerkkantoor indien jy nog nie 'n basaarlys ontvang het nie. Om die behoefte aan 'n lekker kuier en die atmosfeer van ‘n gewone kermis te ondervang, het ons goeie nuus: Ons bied op Saterdag 2 September 2023 'n beesloop (die kerkterrein word in blokke/kleims ingedeel. Die bees gaan dan wei en waar hy/sy 'n merk maak, word die wenner van die groot prys. BAIE kleiner pryse is ook te wen deur 'n drone wat sandsakkies gaan afgooi op die blokke). Ons gaan heerlik saamkuier as gemeenskap. Meer inligting sal later deurgegee word.

Ds. Jan Fourie - Verlof

Dit is baie nodig om van tyd tot tyd stil te word by die Here om Sy stem duidelik te hoor. Ds. Jan gaan van 17 Junie tot 16 Julie met Sabbatsverlof waar hy presies dit gaan doen. Ons wens vir hom is dat hy daar waar hy gaan stil word, in die teenwoordigheid van die Here sal verkeer en versterk sal word deur die Heilige Gees.

11-06-2023 - 17-06-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Outeniqualand se eie Diensgroep vir Getuienis: Vader ons bid vir die werk wat hierdie Diensgroep doen, binne ons gemeente, Friemersheim maar ook so vêr as Namibië. Mag hierdie werk geseën wees en die nodige finansiële ondersteuning kry. Biddag vir Jeug en Kategese: Ons bid op hierdie dag vir ons jeug wat soveel uitdagings te bowe moet kom maar ook vir die leiding wat hulle van ons Vonk- leiers ontvang. Die Afrika - Vredesending na die Oekraine en Rusland. Hierdie oorlog is besig om menselewens en lande se infrastruktuur te vernietig maar ook skade aan die wêreldekonomie te bring. Ons bid U seën toe op hierdie sending en glo dat niks by U onmoontlik is nie. Beoogde Wetgewing wat arbeid-kwotas en watervoorsiening aan boere raak: Dit kan skade aan voedselvoorsiening en verhoudings nadelig beïnvloed. Bid vir redelikheid by die parlement en dat U U oor ons volk sal ontferm. DANKIE: Vir hulle wat gewillig is om deur hulle getuienis 'n verskil in mense se lewens en omstandighede te maak.

Erediens - 11 Junie 2023

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se 2 eredienste (let wel dat daar weens die baie reën nie 'n inrydiens sal wees om 09:30 nie). 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die kerk. Kom drink lekker koffie saam met ons na afloop van die erediens in die kerksaal. Karien het ons genooi om ietsie saam met die koffie te kom geniet om haar verjaarsdag van Maandag te vier. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: OUTENIQUALAND DIENSGROEP VIR GETUIENIS Outeniqualand se Diensgroep vir Getuienis staan onder leiding van Charles Robertson. Die span bestaan uit Ds Jan, Almero de Lange, Barry Robertson, Ben Klinck, Christo en Carin Coetzee, Christo Kruger, Dr. Kobus Hattingh, Henk Vosloo, Jaap van der Westhuizen, Johan Deysel, Kobus Faasen, Nikki Visagie en Merinda Duvenage. Hierdie diensgroep is verantwoordelik vir die uitdra van die Woord van Sinksabrug tot by Namibië en saam met die Diensgroep van Barmhartigheid die opbou van die geme

Orreluitvoering - 9 Junie 2023

Prent
Luister hier na die uitvoering.

Jubel & Lag Gemeentekonsert

Prent
 

BINGO-OGGEND: DINSDAG 6 JUNIE 2023

Kom geniet die BINGO oggend om 10:30 in die Kobus Hattinghsaal. Baie pryse en hope pret. Ingang is R10 wat gratis tee/koffie insluit. Moet dit nie mis nie. SIEN JOU DAAR

04-06-2023 - 10-06-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Ekologie: Die grond is heilig, onderhou die mense, beskerm die mens en sorg vir die mense. Bid vir hierdie kosbare erfenis. Finansies van die Gemeente: Die Gemeente en die Here het ons bydraes nodig. Kom ons gebruik die winterbasaar om ons verpligtinge teenoor die Vader na te kom. Sinodale Arbeidsbediening: Die fondse word gebruik vir Christelike opheffing, pastoralesorg en traumaberading aan mense in die arbeidsektor. Ons bid vir hulle wat 'n diens in die bediening lewer maar ook vir hulle wat deel is van die programme. DANKIE: Vir die bydrae wat ons Gemeente tot die verspreiding van die Bybel kon lewer. Ons bid dat die Bybels mense nader aan Christus sal bring. Ps. 1:1,2 "Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddeloses volg nie, nie met sondaars en ligsinniges saamspan nie, maar in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink." Vir die Nagmaal wat ons weer nader aan U gebring het. Dat ons in hierdie Pinskter onsself weer kon ontdek en ko

Erediens - 04 Junie 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Kom drink lekker koffie saam met ons na afloop van die erediens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag se 2 eredienste is om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die kerk. Let wel dat daar weens die baie reën daar nie 'n inrydiens sal wees om 09:30 nie. DEUROFFER: SINODALE ARBEIDSBEDIENING Sien Arbeidsbediening se nuusbrief wat saam met hierdie Familienuus uitgestuur is. Daar is ook ander platforms waar meer inligting oor Arbeidsbediening (IMSA) verkry kan word: IMSA Kaapstreek-nuusbrief ( aangeheg ); versprei dit asseblief in jul gemeente. IMSA Kaapstreek-Faceboek by www.facebook.com/Arbeidsbediening IMSA Kaapstreek-webtuiste by www.imsacape.christians.co.za IMSA Nasionaal by www.imsa.partners BIBLIA Nasionaal by www.biblia.partners Mariëtte Odendaal Media-konsultant In opdrag van ARBEIDSBEDIENING