Plasings

Wys tans plasings vanaf Desember, 2021

KERKKANTOOR TYE - Vakansie 2021 - 2022

Die Kerkkantoor sal gesluit wees van die 23ste tot die 31ste Desember. Merinda sal aan diens wees van 23 tot 31 Desember alhoewel die kerkkantoor nie oop is nie. Kontak haar gerus in hierdie tyd. Lorraine sal die kantoor beman vanaf 3 – 14 Januarie 2022 in die normale kantoorure. (Dinsdag – Vrydag van 8:30 tot 13:30 asook Woensdae 15:00 tot 16:30) In daardie tyd sal Merinda met verlof wees en eers weer beskikbaar wees op die 18de Januarie 2022. Ds. Jan is met verlof van 1 tot 16 Januarie 2022.

Vakansieprogram - 2021 - 2022

Prent
 

Kerswense van Personeel

  Die personeel van Outeniqualand-gemeente wil graag aan elke lidmaat dankie sê vir die ondersteuning en omgee wat ons die afgelope jaar ontvang het. Dis ‘n fees om deel van die Outeniqualand familie te wees en saam te bou en te werk aan God se Koninkryk in ons omgewing. Ons wens elkeen ‘n geseënde Christusfees toe! Jan, Merinda, Lorraine, Godfrey en Cecely.

Diepkloof Kleuterskool Kerswense - 2021

Prent
  Diepkloof Kleuterskool wens almal ‘n baie geseënde Kersfees toe, hopelik met familie en vriende!  Baie dankie aan elkeen wat ons deur die jaar bygestaan het met hulp, gebede, en finansies. Dit word opreg waardeer. Mag elkeen in besonder bewus wees van Sy lig wat oor elkeen skyn, veral gedurende die feesseisoen!

2021-12-12 - 2021-12-18 - ONS BID SAAM VIR...

Die Kersseisoen: Mag dit 'n tyd wees waar die wonder van Jesus se geboorte die fokus van ons feesviering sal wees. Vakansiegangers wat op pad is na hulle vakansiebestemming. Beskerm U hulle op die pad teen gevaar en seën hulle in die tyd van rus en ontspan. Vakansiedienste saam met familie en besoekers. Help U ons om die gemeenskap van gelowiges op 'n besondere wyse te ervaar. Getuieniskommissie (Deuroffer): Dankie vir die werk wat die kommissie in ons gemeente en gemeenskap doen. DANKIE VIR: Die milde reën oor groot dele van ons land asook streke wat jare laas reën gehad het. U teenwoordigheid in die Parlement, met die stemming i.v.m. grondonteiening. Dankie dat U ons gebede verhoor het. Dat ons deel van hierdie gemeente kan wees, waar ons daagliks U liefde en teenwoordigheid ervaar.

Erediens - 12 Desember 2021

Prent
 Hartlik welkom by vandag se eredienste! Ons verwelkom veral ons vakansiegangers. Dit is vir ons aangenaam om julle by ons te ontvang. Ons wens vir elkeen 'n aangename feestyd toe. Mag ons 'n geseënde Christusfees beleef as ons die geboorte van ons Redder vier. En mag die nuwe jaar vir ons elkeen vol hoop en verwagting wees! Ons nooi jou uit na ons dienste Sondagoggend om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en die inrydiens om 09:30 by die dam agter die kerk.

OUTENIQUALAND GEBEDSGROEP

Hierdie groep ontstaan in 1994 om vir 'n vreedsame verkiesing te bid. Aanvanklik vergader ons in die Kobus Hattinghsaal en verskuif later na die bidders se huise. Covid-inperkings verplig ons egter om whatsapp-groep te stig waar ons beurte maak om ons gebede te deel en vir sake wat ons na aan die hart lê te bid. Daar word vier maal per week gebid. Die begeerte is egter om ons gebede met lidmate te deel. U word dus vriendelike genooi om by ons groep aan te sluit! Stuur asseblief u naam en selfoon nommer na Merinda of bel haar by die kerkkantoor. “Het jy al so baie daaroor gebid soos jy daaroor gepraat het?”

2021-12-05 - 2021-12-11 - ONS BID SAAM VIR...

Ouers, grootouers en kinders wat die tweede Kersfees, as gevolg van inperkings nie saam sal kan vier nie. Die besluit van regerings is verantwoordelik vir groot hartseer. Wees U hulle trooster gedurende die Kerstyd. Die beëindiging van die nuwe virus. Rus U die medici en wetenskaplikes toe met kennis en verantwoordelikheid en beskerm ons en ons geliefdes teen die virus. Die mense wat hulle aan geslagsgebaseerde geweld skuldig maak. Help hulle om vrouens en kinders te respekteer en met eerbied te behandel. Werkloosheid in Suid-Afrika: Werkloosheid is die grootste drywer van armoede en verantwoordelik vir talle sosio-maatskaplike probleme. Ons bid dat ekonome en politici die erns van die probleem sal besef en saam na oplossings sal soek. Wêreldbiddag vir vigs: Ons bid saam met gelowiges in die wêreld dat mense die erns van hierdie siekte sal besef en verantwoordelik sal optree. DANKIE VIR: Die Kerssangdiens waarmee ons geestelik versterk is en voorberei is vir die geboorte van Jesus. Adv

Erediens - 6 Desember 2021

Ons nooi jou uit na Outeniqualand se erediens Sondagoggend om 09:30 in die Kerk. Daar sal hierdie Sondag geen koffie na die diens wees nie, a.g.v. die swaar reën wat voorspel word. Dr. Dawid Kuyler sal die boodskap lewer. DEUROFFER: STRANDDIENSSPAN Alhoewel ons nie 'n stranddiensspan het wat voltyds op Glentana gaan wees nie, is ons bevoorreg dat Moreletapark-gemeente 'n span stuur wat in ons area kom bedien. Hou gerus Outeniqualand se Vakansieprogram dop vir meer inligtig oor hulle aktiwiteite. Hulle gaan ook betrokke wees by die Carols by Candlelight wat op Saterdag die 18de in die Kobus Hattinghsaal aangebied word.

Advent - 2021

  Die kerklike jaar word ingelei met Advent – die vier Sondae voor Kersfees. Hierdie is ‘n tyd van afwagting . Ons wag op die koms van Christus na die wêreld. Natuurlik het Jesus reeds gekom, maar hierdie is ‘n tyd waarin ons met ‘n nuwe verwagting wag op die Here: om Hom weer in ons eie lewens raak te sien en saam te sug met die wêreld en die aarde wat Hom só nodig het. Ons vier Sy koms as die Een wat inbreek in hierdie gebroke wêreld en hoop bring!