Plasings

Wys tans plasings vanaf Junie, 2022

PELGRIMS TOG VAN HOOP MET ERNS GRUNDLING OUTENIQUALAND

KYKNET – Maandag 4 Julie om 20:00 (DSTV kanaal 144) Outeniqualand gemeente is betrokke by die Pelgrimstog van Hoop deur die Klein- Karoo, Langkloof en Tuinroete. Ons is verantwoordelik vir die “Laat-ontbyt” of “Brunch” op die 11de dag. Ons het 'n paar spanne wat beurte maak om die pelgrims te verwelkom met swartbessie smoothies en heerlike vetkoeke wat Annelie Botha vir ons maak. Gasvryheid is juis een van Outeniqualand se kenmerkende eienskappe. Vir die vyfde seisoen van die SAFTA-bekroonde Elders, het Erns Grundling en die kameraspan meer as 270 km gestap van Uniondale tot Mosselbaai. Elders: Tuinroete, 'n reeks van 13 episodes, skop Maandag 4 Julie om 20:00 af op kykNET.

2022-06-26 - 2022-07-02 - ONS BID SAAM VIR...

Ramot (Deuroffer): Rehabilitasie Sentrum vir verslaafdes. Vader, hierdie mense en hulle beraders het U hulp nodig. Ons bid vir hulle genesing en rus die beraders toe met U geestelike gawes. Die vakansietyd: Vir veiligheid op die paaie en dat U hulle wat in die natuur vakansie hou se oë sal open vir die wonders van u skepping. Die haweloses: Mag hulle in die koue en nat wintermaande deur weldoeners versorg word en ook bewus wees van U warmte en liefde. DANKIE VIR: Die vrug van die Gees. Gal. 5:22-23. Dat ons as U kinders oo k daarna kan streef om U gaw es deel van ons lew ens te maak. (Prediking Sondag) Die Predikers en Teoloë wat steeds aan U Woord getrou is en sonder huiwering en in geloof vir ons met die Evangelie van Jesus Christus bedien.

Erediens - 26 Junie 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se Inrydiens om 09:30 op die terrein van die kerk. Ds. Basie Fourie sal ons met die Evangelie bedien. Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Die eredienste vir Junie en Julie sien soos volg daaruit: 26 Junie: INRYDIENS om 09:30 Geen Kobus Hattinghsaal diens vir Julie en Augustus nie. (Dit is 'n Kerkraadsbesluit na aanleiding van die skerp toename in Covid-gevalle in ons gemeente) 3 Julie KERKDIENS om 09:30 10 Julie: INRYDIENS om 09:30 17 Julie: KERKDIENS om 09:30 24 Julie: INRYDIENS om 09:30 31 Julie KERKDIENS om 9:30 COVID en OUTENIQUALAND 817 dae nadat die regering COVID-19-inperkings ingestel het, het minister van gesondheid Joe Phaahla gisteraand die laaste regulasies opgehef. Die opskortings geld vir die dra van maskers binneshuis, beperking op saamtrekke en grensbeheer. Ten spyte hiervan sal die besluit om die eredienste vir die wintertyd in die Kobus Hattingh saal op te skort, in plek bly. Hierdie besluit is geneem in die l

Ds. Jan - VERLOF

Ds Jan gaan met 'n welverdiende vakansie van hierdie week tot 15 Julie. Die hele gesin gaan op vakansie Oos-Kaap toe. Hy gaan sy swaer in Aliwal-Noord gemeente bevestig en dan by die familie in Molteno kuier. Ons wens hulle 'n heerlike gesinsverkwikking toe en dat die Here hulle veilig sal hou. Dr. Kobus Hattingh sal vanaf 25 Junie met pastorale sorg instaan vir ds. Jan. Die predikers wat Outeniqualand in hierdie tyd sal bedien is: 19 Julie: ds. Pieter Louw; 26 Junie: ds. Basie Fourie; 3 Julie: ds. Ferdie Gouws; 10 Julie: ds. Almo Zietsman.

OUTENIQUALAND GAAN KONSERT HOU! (2 SEPTEMBER 2022)

Dit gaan 'n heerlike Sop, Sjerrie en Konsert aand wees! Hierdie keer wil ons soveel moontlik talent vanuit ons gemeente en omgewing is betrek. Die konsert sal bestaan uit 'n klomp kort items van 1 minuut tot nie meer as 15 minute. Amper soos destyds se landsdienskampe of skoolverlaters- kampe se konserte. Ons wil bybelstudiegroepe, stoep- groepe, braai-groepe, vriende-groepe, straat-groepe, belange-groepe, stap-groepe, afval-groepe, gesinne of enkel persone uitnooi om deel te neem aan ons konsert. Dit kan in die vorm van 'n komiese skets, gedig, musiek-item, lip-sinc item, kort stoep-kuier item of enige ander tipe item waaraan ons kreatiewe Outenqiualanders kan dink, wees. Kom meld so gou moontlik aan by Merinda by die kerkkantoor of kontak haar.

2022-06-19 - 2022-06-25 - ONS BID SAAM VIR...

Die Instituut vir blindes (Deuroffer): Bid vir mense wat nie oor hierdie sintuig beskik nie. Bid vir hulle finansiële en geestelike ondersteuning. Reën in ons streek en ook in die Oos-Kaap. Vader ons bid dat U in U wysheid en groot genade vir ons sal seën met reën wat ons hierdie tyd van die jaar so nodig het. Die Jeug (Jeugmaand): Ons kinders en kleinkinders het U leiding nodig. Rus hulle asseblief toe met insig, om die uitdagings van die tyd met geloof in U alleen te oorkom. Ons land se politieke leiers: Vir verdraagsaamheid en integriteit, om die land en sy probleme eerste te stel en nie politieke ambisies nie. DANKIE VIR: Gelowige vaders, wat deur hulle voorbeeld aan hulle gesinne die regte leiding gee en hulle kinders met waardigheid en respek groot gemaak het. Mede gelowiges wat ons kommer en nood raaksien en ons ondersteun. Vir U Woord, wat in al ons lewens omstandighede aan ons leiding en troos bied.

Erediens - 19 Junie 2022

Prent
   Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ds. Pieter Louw sal die boodskap bring. Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Die eredienste vir Junie en Julie sien soos volg daaruit: 19 Junie: KERKDIENS om 09:30 26 Junie: INRYDIENS om 09:30 3 Julie KERKDIENS om 09:30 10 Julie: INRYDIENS om 09:30 17 Julie: KERKDIENS om 09:30 24 Julie: INRYDIENS om 09:30 31 Julie KERKDIENS om 09:30 COVID en OUTENIQUALAND Daar is heelwat lidmate wat op die oomblik COVID het. Die kerkraad het met sy afgelope vergadering gesprek gevoer oor die huidige COVID maatreëls en oor die toepassing daarvan binne ons kerkgebou en sosiale interaksie. Die Kerkraad wil graag die volgende met die gemeente deel. Ons is steeds wetlik verplig om by die COVID maatreëls wat binne geboue geld, te hou. Dit sluit in dat geboue tot 50% van hulle kapasiteit gevul mag word asook die dra van maskers. Die Kerkraad doen 'n beroep op lidmate om hulle eie en ander se gesondheid in ag te neem

OUTENIQUALAND SE WINTERBASAAR

Sedert die uitbreek van die COVID -pandemie, het ons nog nie weer ‘n lekker Winter Vleisbasaar gehou nie. Die leierskap van die gemeente het nog nie ‘n finale besluit geneem oor hoe ons in die toekoms gaan maak met die Winterbasaar nie. Op voetspoor van die afgelope 2 jaar, gaan ons weer volstaan by bydraes in die vorm van kontant of lewende hawe. Ons het R280 000 begroot as basaarinkomste. Ons vertrou dat die Here, so os die afgelope 2 jaar, op sy unieke manier sal voorsien om hierdie inkomste te kan in. Ons gebruik nie meer Dienswerkers om met die Basaarlyste rond te beweeg nie. Ons stuur die basaarlyste elektronies uit. Let daarop dat ons slegs kontant (al die verskillende opsies verskyn in die basaarlys) en lewende hawe kan ontvang as bydraes omdat daar nie basaartafels met eetgoed ens gaan w ees nie. Indien jy probleme het om dit af te laai, maak gerus by die kerkkantoor ‘n draai om ‘n gedrukte w eergaw e te bekom. Indien jy ‘n elektroniese oorbetaling maak, merk asb. die betaling

AANLYN FONDSINSAMELING VEILING

Badisa Fondswerwings-komitee wil hierdie projek vir fondsinsameling hou en vra asseblief een en almal se ondersteuning in die verband. BADISA is 'n geregistreerde NPO 011-891 en die kantore is in Victoriastraat 60, George. BADISA is 'n openbare welsyns organisasie en is toegewyd tot die sosiale ontwikkeling deur gemeenskap gebasseerde programme in die Wes-Kaap. Ons dek 'n breë spektrum van sosiale dienste met die fokus op Kinder- en Gesinsorg. Ons is op soek na enige items wat opgeveil kan word om fondse te genereer. 'n Geskenkbewys vir verblyf, tweedehandse meubels of enige bruikbare items wat geskenk kan word sal hoog op prys gestel word. Items kan afgelaai word by BADISA se kantore te 60 Victoriastraat, George gedurende kantoorure of u kan Janine Preto rius kontak by 083 244 3228 om die items af te haal of u kan die gekenkbewyse epos na ninabrandt.pretorius1@gmail.com Die veiling word aanlyn aangebied vanaf 24 Junie tot 1 Julie 2022. Alle items moet ons asseblief nie

2022-06-12 - 2022-06-18 - ONS BID SAAM VIR...

Die jeug (Biddag vir jeug en Jeugmaand): Ons bid vir ons studente wat onder politieke druk verkeer na insidente op kampusse. Vader, tog is daar steeds gebedsgroepe en bybelstudiegroepe op kampusse en koshuise waar U wil gesoek word. Gee asseblief vir die studente leiding, vrede en genade. Ons taal. Vader, ons taal is ook 'n gawe uit U hand. Help ons om ons taal te koester en te bewaar. Plaaslike getuienis (Deurkollekte) Ons Diensgroep vir Getuienis speel 'n belangrike rol in ons gemeente se missie van “omgee - oorgee - aangee”. Help U ons om ons plig ten opsigte van ons getuienis raak te sien en ten volle uit te leef. DANKIE VIR: Die sakrament van die Nagmaal, waarmee ons ons geloof kon versterk 'n Gemeente waar ons U Gees en teenwoordigheid kan beleef. Die jeug se rol in ons gemeente en gemeenskap. Hulle laat ons met hoop na die toekoms kyk. Tweede kanse (prediking): Dankie Vader dat ons deur U genade tweede kanse kan kry.

Erediens - 12 Junie 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se erediens: Weens grieperigheid by baie van ons lidmate, vind die KH-saal erediens nie Sondag plaas nie. 09:30 inrydiens by die dam agter die kerkgebou! Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Die eredienste vir Junie en Julie sien soos volg daaruit: 12 Junie: INRYDIENS om 09:30 19 Junie: KERKDIENS om 09:30 26 Junie: INRYDIENS om 09:30 3 Julie KERKDIENS om 09:30 10 Julie: Kobus Hattingh-saal diens om 08:00 INRYDIENS om 09:30 17 Julie: KERKDIENS om 09:30 24 Julie: INRYDIENS om 09:30 31 Julie KERKDIENS om 9:30 DEUROFFER: OUTENIQUALAND GETUIENISAKSIES Vandag se deuroffers gaan vir Outeniqualand se Diensgroep vir Getuienis. Die Voorsitter van die diensgroep is Charles Robertson. Van die projekte wat die diensgroep hanteer is: Uitdeel van bybels vir die graad 7 skoliere van Hoogekraal Laerskool, Diepkloof Laerskool en Laerskool Van der Hoven. Ondersteuning van plaaslike sendingwerk onder die gemeenskap (Pastoor Leon, Pastoor Jonathan, Prof

PINKSTER: BYBELS VIR BYBELGENOOTSKAP

Tydens Pinkster is daar geleentheid gegee om Bybels van die Bybelgenootskap te borg @ R99 per Bybel. Outeniqualand het R26 085 ingesamel wat beteken dat ons 263 Bybels kon borg. Baie dankie vir elkeen wat gehelp het om dit moontlik te maak. Ons weet dat die Here hierdie Bybels sal gebruik om die Goeie Nuus wyd en syd te versprei.

PINKSTER 2022 - Baie dankie!

Baie dankie aan al die dames wat gesorg het vir die heerlike sop en broodjies elke aand. Dankie ook aan die mans en dames wat elke aand na die tyd opgeruim en skottelgoed gewas het. Ja, Outeniqualand het oulike manne wat ook kan skottelgoed was! Baie dankie aan die Musiekbediening wat elke aand gesorg het vir ons lofprysing en aanbidding. Ons weet dat dit baie opoffering en oefening gekos het om ons so gemaklik te kon begelei. Ons waardeer julle.

2022-06-05 - 2022-06-11 - ONS BID SAAM VIR...

Die Ekologie: Die aarde ly swaar omdat ons, ons skaars hulpbronne misbruik. Open asseblief ons oë om U skepping te waardeer. Pinkster: Hierdie besondere tyd op ons kerk kalender, help ons om nader aan U te kom en weer bewus te word van die werk van die Heilige Gees. Die gebruik van die Sakrament van die Heilige Nagmaal. Maak ons bewus van U groot genade en liefde. Help ons om dit tot U eer te gebruik. Die Ekonomie kry swaar as gevolg van brandstof verhogings en werkloosheid. Ons bid dat U in U groot krag en wysheid ook hier sal ingryp. DANKIE VIR: Pinkster en die seën wat ons die afgelope week kon ervaar. Al die mooi om ons. 'n Dak oor ons, en dat ons elke aand warm kan gaan slaap.

Pinksterafsluiting & Nagmaal - 05 Junie 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se Nogmaalsdiens om 09:30 in die kerk. Die brood en wyn sal by die voordeur beskikbaar wees. As gevolg hiervan vra ons almal om asseblief by die voordeur in te kom. Daar sal geen koffie onder die skadunet wees nie maar ons gaan almal heerlik saam eet by die Nagmaalsete. Almal word hartlik uitgenooi na die Nagmaalsete om 12:00 in die Kobus Hattinghsaal. Elke gesin bring 2 bykosse (groente of slaai), 'n vleisgereg en 'n nagereg en kom kuier lekker saam. Die kosse word alles op een tafel uitgepak en elkeen help homself met die opskep. Bring ook asseblief jou eie eetgerei en drankies saam. Aan die dames wat die tafels vir ons so mooi versier, 'n opregte dankie! Die eredienste vir Junie sien soos volg daaruit: 5 Junie: KERKDIENS om 09:30 Nagmaal & Nagmaalsete 12 Junie: Kobus Hattinghsaal diens om 08:00 INRYDIENS om 09:30 19 Junie: KERKDIENS om 09:30 26 Junie: INRYDIENS om 09:30 DEUROFFER: ARBEIDSBEDIENING SINODAAL Arbeidsbediening is 'n diens