Plasings

Wys tans plasings vanaf Maart, 2022

2022-03-27 - 2022-04-02 - ONS BID SAAM VIR...

Deuroffer (Publieke Getuienis): Hierdie program van die kerk lewer onder leiding van Braam Hanekom 'n belangrike bydrae tot die opheffing van mense en ook identifisering van probleme in die samelewing. Bid vir finansiële voorsiening. Oorlog in die Oekraïne. Ons bid vir vrede en die versorging van haweloses, en dat Pres. Poetin tot vreedsame insig mag kom. Lydenstyd as 'n tyd waar ons as gelowiges saam met Jesus die lydensweg moet stap. Veiligheid op ons paaie gedurende die vakansietyd en Paasnaweek. Dat vakansiegangers ook in 'n tyd van rus en ontspan ons Skepper in die natuur sal raaksien. DANKIE VIR: U Seun wat U as offer vir ons sondes gestuur het. Die Covid maatreëls wat besig is om te verslap. 'n Kerk wat steeds u dood en opstanding bely.

Erediens - 27 Maart 2022

 Ons nooi jou uit na ons Inry-erediens Sondag om 09:30 by die dam agter die kerk. Ds Ferdi Gouws is die prediker en sy tema is: Waarom nog bid? Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens. DEUROFFER: PUBLIEKE GETUIENIS (SINODAAL) Die Getuienisaksie van die Sinode is besig op verskeie plekke in Afrika asook die res van die wêreld met getuienisaksies. Hierdie deuroffer word vir hierdie aksies aangewend. Getuienisaksie | 021 957 7184 | missio@kaapkerk.co.za | Webwerf: http://getuienis.christians.co.za

Gedenkdiens - Leon van Huyssteen - 13 Maart 2022

Prent
 

GELOOFSGEWOONTES WAT ONS HELP GROEI

Prent
 

GROOT LYDENSWEEK MEDITASIE DIENSTE

Prent
 

REEBOK KERMIS

Almal word hartlik uitgenooi na Reebok-gemeente se jaarlikse kermis-basaar op Saterdag, 26 Maart 2022, vanaf 10:00, rondom die kerkgebou in Impalaweg. Impalaweg gaan tydelik gesluit word, sodat daar voldoende plek vir verskillende stalletjies en ook kuierplek sal wees. Die tafels gaan kreun onder brood, beskuit, kleinkoekies, koeke, terte, jaffels, potjiekos, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, boeke, cd’s en vele meer. Vir al ons kinders sal daar ook 'n kindertafel, tombola, speletjies en springkasteel wees. Kom geniet die dag saam met ons! Die kontakpersoon is Ds. Gerhard.

IS JOU PASSIE BLOMME?

Môre aan al die blomvriendinne by Outeniqualand gemeente. In April gaan die eredienste in die kerk weer hervat. Gaan ons vroue weer ons kerk met hemelse blomme verfraai elke Sondag in die kerk en elke 2de Sondag in die Kobus Hattinghsaal? Jy hoef nie blomme te kan doen nie. Jy mag net 'n bossie blomme in 'n pot sit. Jy kan self kies waar en wanneer jy wil help. Ek sal so bly wees vir elkeen se hulp. Kontak my gerus. Baie dankie, Janita Russouw.

DIE HEUNINGDRAER

Het iets interessants met jou gebeur? Het jy 'n getuienis om te lewer? Is jou gawe om te dig of interessant te skryf? Raak betrokke by ons gemeenteblad, Die Heuningdraer. Skryf oor iets in en om jou gemeentesirkel of 'n gemeente aktiwiteit. As jy iets op die hart het, 'n gedig of 'n interessante wedervaring gehad het, deel dit met die gemeente. Gee dit in by Merinda by die kerkkantoor of epos dit aan ngouteniqua@gmail.com. Vir enige navrae kontak die redakteur Johan Deysel. Spring sommer dadelik aan die werk want alle bydraes moet in wees teen Dinsdag 7 April.

TERUG KERK TOE

Die Kerkraad het na deeglike besinning en met geloofsonderskeiding, die volgende besluit rondom ons eredienste geneem: Ons gaan terug kerk toe op Sondag 3 April! Ons wil graag die inrydiens behou, maar skuif sy tyd na 08:30 toe. Hierdie reëling geld net vir Aprilmaand wat dien as proeftydperk om te sien hoe die bywoning van die inrydienste gaan wees. Die informele karakter van die inrydienste het baie besoekers getrek. Na Aprilmaand mag die reëlings deur die kerkraad hersien word. So lyk Aprilmaand se eredienste: Sondag 3 April: * 08:30  Inrydiens * 09:00  Koffiedrink tussen 2 eredienste * 09:30  Erediens in kerk Sondag 10 April: * Geen erediens in die Kobus Hattinghsaal nie * 08:30  Inrydiens * 09:00  Koffiedrink tussen 2 eredienste * 18:00  Groot Lydensweek aanddiens in kerk Sondag 17 April: * 08:30  Inrydiens * 09:00  Koffiedrink tussen 2 eredienste * 09:30  Erediens in kerk Sondag 24 April: * 09:30  Paassangdiens in die kerk

HUIS JJ WATSON SE VOEDSELKETTING

Almal van ons besef maar alte goed dat voedselpryse bly styg en dat jy baie mooi moet beplan om die begroting te laat klop, dus sal u verstaan hoe groot die tehuis se maandelikse voelselbegroting is. Die tehuis het 'n voedselketting-projek waarby die publiek kan inskakel. Deelnemers aan hierdie projek ontvang elke einde van die maand 'n sms met items (2 – 3 nie-bederfbare produkte) wat vir die daaropvolgende maand aan die tehuis geskenk kan word. Elke maand word ook 'n opsionele lekkerny op die lysie bygevoeg. Dié lekkerny word op 'n gereelde basis met middagete aan die inwoners gegee. Alle donasies van die voedselketting, kan afgelaai word by Huis JJ Watson op die hoek van Cradock en Fichatstraat in George. Indien u of van u vriende deel wil wees, kontak asseblief die kantoor vir verdere inligting. Kontakbesonderhede: Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 13:00 by 044 874 3039 of 044 874 3166.

2022-03-20 - 2022-03-26 - ONS BID SAAM VIR...

Die vlugtelinge van die Oekraïne. Vader ontferm U asseblief oor hierdie groep mense wat uitgelewer is aan uiterste weerstoestande en honger. Die springkaanplaag in die Noord-Kaap. Na droogte en swaarkry het hierdie boere ons voorbidding nodig. Lydenstyd – ook tyd vir verootmoediging. Vader ons bely ons sonde en tekortkominge voor U. Maak ons asseblief meer diensbaar vir u koninkryk. Die Hugenote Kollege. (Deuroffer) Ons bid vir studente en personeel vir geestelike toerusting en om getrou aan U Woord te bly. DANKIE VIR: Die goeie reën in die Kalahari, Noord-Kaap en Boesmanland. U liefde en genade is groot! U wat luister na ons gebede en dit verhoor volgens U wil!

Erediens - 20 Maart 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na ons Inry-erediens Sondag om 09:30 by die dam agter die kerk. Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens. DEUROFFER: HUGENOTE KOLLEGE Die Hugenote Kollege is die NG Kerk se eie universiteit wat as 'n privaat opleidingsinstansie studente vanuit die Christelike geloof en waardestelsel oplei vir maatskaplike- en kerklike dienswerk. Die gebeure rondom Covid-19 het net weer onderstreep hoe belangrik die kerk se maatskaplike werk en dienslewering is en hoe noodsaaklik dit is om goed opgeleide persone te kan verskaf wat diens lewer in kinderhuise, ouetehuise en wat berading kan doen. Die volgende kwalifikasies word aangebied: B-graad in Maatskaplike Werk, Beroepsertifikaat in Kinder- en Jeugsorgwerk, Nasionale Diploma in Vroeë Kindontwikkeling en Sertifikate in Maatskaplike Hulpwerk en Gemeenskapsonwikkeling. Hugenote Kollege lei ook predikante en kerkplanters op. Ons lewer 'n groot bydrae om dienslera

2022-03-13 - 2022-03-19 - ONS BID SAAM VIR...

Die Eljada Nasorgsentrum (Deuroffer). Ons bid vir die personeel en inwoners asook die geestelike werk wat hier gedoen word. Die Lydenstyd waar ons die lyding van Christus herdenk. Mag die Vader ons met die herinnering steeds bewus maak van Sy liefde en groot genade vir ons as sondaars. Die mense van die Oekraïne waar die oorlog voortduur en ons daagliks bewus word van dié menslike lyding. Wees U hulle genadig. Ons land en distrik se Landbou en Ekonomie. Die oorlog en stygende pryse, laer uitvoer van wyn en vrugte, gaan groot eise aan ons landbou stel. Tree U ook asseblief in en gee uitkoms. U hulp: Om ons aan U oor te gee. (Prediking van verlede Sondag) Die Kerkraadsavergadering op Dinsdag 15 Maart om 18:00. Bid dat die Here se stem duidelik hoorbaar sal wees en elke besluit in gehoorsaamheid aan die Hom sal wees. DANKIE VIR: Die nagmaal wat ons Sondag kon gebruik. U hou steeds die Heilige Sakrament in stand. Dankie dat ons daarin kan deel. Die vroue in ons lewens: Ons dink hier in bes

KERKRAADSVERGADERING

Hiermee geskied kennis van die Kerkraadsvergadering wat gehou sal word op Dinsdag 15 Maart 18:00 in die Kobus Hattinghsaal.

OUTENIQUASTRAND DAMES BYBELSTUDIE

Outeniquastrand Dames Bybelstudie is Donderdae om 09:30 by die Kobus Hattinghsaal. Alle dames word uitgenooi na die Bybelstudie. Kontak gerus vir Esther Lategan as jy enige vrae het.

BYBELSTUDIE VIR MANNE

'n Oproep aan al die manne van Outeniqualand: Die Bybelstudie is Donderdae om 08:00; Ons kom in die Kobus Hattinghsaal bymekaar; Duur ongeveer 1 uur; Weet dat jy baie welkom is; Jy is welkom om iemand saam te nooi; Bid asseblief vir hierdie geleentheid. Ons verwagtinge is van die Here, nie van mense nie, want ons as gelowiges bly almal, 'n leeftyd lank, studente van die Woord.

Erediens - 13 Maart 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se twee eredienste: 08:00 Kobus Hattinghsaal te Glentana 09:30 Inrydiens by die dam agter die kerk Daar sal heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens. DEUROFFER: ELJADA NASORG Die Eljada Nasorg in Oudtshoorn voorsien residensiële versorgings- en ontwikkelingsdienste aan 97 volwasse persone met intellektuele gestremdhede en dagsorgdienste aan 13 volwasse persone met intellektuele gestremdhede wat in die gemeenskap woon. Projekte en aktiwiteite wat deur 5 instruktrises aangebied word is: kognitiewe ontwikkeling, lewensvaardigheid- en bewusmakingsprogramme, leerwerk, kers- en matmakery, vervaardiging van draadhangers, naald-, krale-, brei en hekelwerk, hulp in die tuin en kombuis, etiket- en Bybelklasse, danse, uitstappies, koorsang by gemeentes, swem, toutrek, fietsry, gimnasiumoefeninge en stap. Eljada Nasorg se 5 huismoeders versorg inwoners deur handhawing van persoonlike higiëne, voorsiening van maatltye en

Gebed - Oekraïne

Prent
 

Watter geskenk het God aan jou gegee?

Prent
 

2022-03-06 - 2022-03-12

Die toestand in die Oekraïne. Veral gelowiges het ons voorbidding baie nodig en maak staat op ons voorbidding. Die kerkraadsvergadering van Maart, waar 'n besluit geneem moet word oor die toekoms van ons eredienste. Rus U hulle toe met U wysheid. Dat ons ons oë sal open om U doel met ons raak te sien. Mense in hospitale en onder behandeling, asook hulle wat berading ontvang. Wees U asseblief die groot Geneser. (Versoeke - Week van Gebed) DANKIE VIR: Die gawe van gebed en gebedsgeleenthede (dag van gebed vir manne en vroue). Dat ons ons lewe aan U kan oorgee en U sal sorg. Rom: 6:13  “...Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggaam in diens van God as werktuig om te doen wat God wil.”

Nagmaal & Biddag vir Landbou en Ekonomie - 06 Maart 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se Biddag vir Landbou/Ekonomie om 09:30. Ons vier saam nagmaal (bring jou eie wyn en brood as jy nie die COVID-tekens wil gebruik nie). Dit is ook ons gemeenskapsdiens (ons wil graag verteenwoordigers van skole, plaaswerkers ens. in die erediens verwelkom). Nooi asseblief vriende uit na die diens! Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens. Na die diens, vanaf 11:30, is daar 'n bring en braai by die Kobus Hattinghsaal in Glentana. Vir die nuwe intrekkers gee ons die reëlings deur. Ons voorsien tafels, stoele en braaidromme met kole. Bring asseblief die volgende saam: Eie vleis, bykosse en drinkgoed Eetgerei en kampstoel Rooster, braaitang en casserol DEUROFFER: ALTA DU TOIT NASORG Die Alta du Toit Nasorgsentrum (Bellville) maak voorsiening vir volwassenes (18 jaar en ouer) wat intellektueel gestremd is. Hulle vaardighede word optimaal ontwikkel met die hulp van professionele opleidings- en on