Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2023

SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

Raak betrokke by Outeniqualand se unieke gasvryheidbediening: GASVRYHEIDSBEDIENING: Outeniqualand se gasvryheidbediening werk op 'n unieke manier. Ons het 'n whatsapp-groep waarop ons enige behoefte plaas. (van koffie-hulp, eetgoed vir funksies, begrafnisse, tafels dek en versier, naaldwerk, blomme, tuinwerk ens.) Jy kan jou hand opsteek wanneer en vir watter aktiwiteit jou pas. Alles is vrywillig. Ons sal jou nooit vra om iets te doen waarvoor jy nie kans sien nie. Die Gasvryheidsgroep vergader ook 4 keer per jaar. Aan die begin van elke kwartaal. Indien jy nie die vergadering kan bywoon nie, word die inligting in elk geval op die whatsapp-groep geplaas. Die volgende vergadering is Woensdag 1 Februarie om 17:30 by die Kobus Hattinghsaal. Ons gaan onderandere bespreek: Bingo-oggend, Langtafeldinee ens. Indien jy wil deel raak van die bediening kan jy jou naam deurgee aan Merinda by die kerkkantoor of jy kan die vergadering bywoon.

VLYTIGE VINGERS VIR BABBEL EN BREI

Danksy 'n oorweldigende positiewe reaksie verlede jaar met die brei/hekel van mussies vir ons kleuterskool, is ons doelwit vir 2023 om 180 paar handskoentjies, sonder vingers, vir Diepkloof Laerskool te gee. (Donkerblou, om by die skooldrag te pas) 'n Groot dankie vir almal wat ná die winter nog steeds gebrei het en by die kerkkantoor ingehandig het om voorraad op te bou. Ons "JUBEL" want daar is alreeds 'n surplus van ongeveer 40 musse vir die Winter. Vir meer inligting of enige vrae, skakel vir Alta van Wyk.

2023-01-29 - 2023-02-04 - ONS BID SAAM VIR...

Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates (Deuroffer): Vader ook ons bates behoort aan U en is maar net in ons sorg geplaas. Help U ons om ook dit wat U in ons sorg geplaas het, tot U eer te onderhou. Die kerkraad en hulle wat in die volgende weke vir Ds. Jan moet instaan. Rus U hulle toe vir hulle taak. Ons land: Vader besighede en boere ly verliese as gevolg van beurtkrag. Ons vetrou op U om uitkoms en versorging. Ds. Jan vir totale genesing na sy knie- operasies. DANKIE: Dat U ons gemeente so seën met die bywoning van die eredienste, en ook sorg dat ons finansies besonder goed is. U genade is groot. Die herstel van hulle wat operasies ondergaan het en ook die wat siek was. Aan U die eer. Dat waar die seisoene besig is om te verander U hand steeds in alles sigbaar is. Ons is dankbaar om te raporteer dat ds. Jan se operasie 'n sukses was. Dankie vir almal se gebede. Ons vra dat julle nie sal ophou bid nie, omdat die belangrike nasorg en gesond word proses nou voorlê. Ds. Jan is met s

BYBELSTUDIE VIR DIE MANNE

Uitnodiging aan al die manne van Outeniqualand: Die mansbybelstudie is Donderdae om 08:00 aan huis van Johan Myburg. JY is baie welkom. Jy is ook welkom om iemand saam te nooi. "Ons verwagting is van die Here, nie van 'n mens nie, want ons as gelowiges bly almal, 'n leeftyd lank, studente van die Woord waarin God die Heilige Gees, ons moet lei".

Erediens - 29 Januarie 2023

Hierdie Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk. Ds. Jannie Fourie sal die boodskap bring. Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerkgebou. Ds. Jannie Fourie sal die Boodskap bring terwyl ds. Jan herstel na sy operasie. Sondag 5 Februarie se Nuwe Intrekkertee staan oor na die volgende Nuwe Intrekkertee op 16 April 2023, wanneer ons Outeniqualand se nuwe intrekkers sal bederf met heerlike koffie en verversings. DEUROFFER: OUTENIQUALAND SE DIENSGROEP VIR VASTE EN ROERENDE BATES Die Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates, onder leiding van Pieter Stoltz, sorg vir Outeniqualand se geboue en toerusting. Dit sluit die Kobus Hattinghsaal en terrein, die begraafplaas, die Kerk, Kerksaal en terrein asook die Pastorie in. Ons gemeente is geseën met die mooiste natuurskone areas. Die geld wat met die Deuroffer ingesamel word, sal gebruik word vir die instandhouding en opknapping v

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL OP DIE PERSEEL VAN NGK OUTENIQUALAND, SINKSABRUG INSKRYWINGS VIR 2023 IS NOG OOP! Ouderdom: 3 - 6 jaar. Voorkeur word gegee aan kleuters binne die grense van Outeniqualand gemeente. Opvoeders: Ons het 4 ervare en opgeleide opvoeders en 'n skoonmaker/kok. Tye en koste: 08:00 - 13:00 @ R100 per maand (Hoogekraal omgewing) 08:00 - 15:30 @ R120 per maand (Diepkloof Plaas omgewing) Vervoer: Kleuters word GRATIS vervoer met die skool se eie vervoer. Etes: Kleuters kry daagliks ontbyt en middagete, met 'n peuselhappie deur die loop van die dag. E-pos adres - brumilda.kleuterskool@gmail.com Facebook - Diepkloof Kleuterskool

KALENDERS 2023

Die gemeente kalenders vir 2023 is by die kerkkantoor beskikbaar. Gaan besoek Merinda om 'n gratis kalender te bekom.

KUSSINGS VIR KERKBANKE

Baie dankie aan elkeen wat hierdie projek (in watter vorm ook al) so wonderlik ondersteun het. Nou kan almal lekker sag sit.

SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

Ons nooi jou om as vrywilliger aan te meld en ons Sondae te help met: INSAMELINGSBEDIENING: Die opneem van die offers in die banke tydens die erediens en ook by die deure na die erediens. Die offers word tydens die diens opgeneem en by 'n deur na afloop van die diens. Jy kom haal die sakkies voor kerk in die konsistorie by Merinda. Jy hoef nie lank voor die diens by die kerk te wees nie. KOFFIEBEDIENING: Kom help met die voorbereidings en bedien van die koffie na afloop van die erediens. Jy meld 'n halfuur voor die ker k begin in die saal aan en help met die voorbereiding. Al vereistes vir albei hierdie bedienings is: 1) Dat jy gewillig is 2) Dat jy opdaag en 3) Dat jy jou glimlag saambring. Ons stel vroegtydig 'n rooster op sodat jy presies weet op watter Sondag jy aan diens is. Dit is 1 diensbeurt elke maand of dalk elke 2 maande, afhangende van hoeveel mense aanmeld. Whatsapp vir Merinda indien jy kan help met die insamelingsbediening en vir Karien indien jy kan help by

22-01-2023 - 28-01-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Die Jeug (Deuroffer): Ons bid vir die skoolgaande leerders, vir al die uitdagings wat die jaar vir hulle inhou, maar ook al die versoekings wat hulle moet weerstaan. Lei en beskerm U hulle. Ons bid ook vir die matrieks wat hulle uitslae ontvang het. Maak U asseblief die deure oop vir verdere studie, maar ook vir werksgeleenthede. Bemoedig U ook die wat nie suksesvol was nie. Epifanietyd: Vader ons is in die tyd waar u geboorte en verskyning aan die wêreld vir ons as gelowiges 'n werklikheid moet wees. Help ons om in hierdie tyd ook U teenwoordigheid in ons lewens te ervaar. Die kragkrisis in ons land. Help ons om te onthou dat U die lig in ons lewens is en niks en niemand U lig kan uitdoof nie. Ds. Jan, wat Maandag 'n dubbele knievervanging operasie sal ondergaan. Wees U met hom en seën die mediese personeel wat hom behandel. DANKIE: Ons gesinne en vriende wat saam met ons die kersvreugde kon deel. Die jeug in ons gemeente. Hulle bring vreugde en lewe tot U eer. Gelowige skoolh

Erediens - 22 Januarie 2023

Prent
  Ons nooi jou uit na vandag se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Ons begin ons jubeljaar met 'n heerlike familiebyeenkoms (erediens) van al ons Outeniqualanders. Ons nooi veral ons VONK-maats uit. Ons sien daarna uit om hulle en hulle ouers Sondag te ontmoet. Na die diens drink ons heerlik saam koffie by die saal en vier ons ds Jan se verjaarsdag saam met 'n stukkie koek. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerkgebou. Ds Jannie Fourie sal die erediens lei terwyl ds. Jan herstel na sy operasie. DEUROFFER: PLAASLIKE JEUG VONK (Vorm Ons Nes Klei) Hierdie Sondag se deuroffer gaan vir ons plaaslike Jeugbediening: ons VONK-bediening. Ons VONKies het verlede jaar pragtig toegeneem. Ons is baie dankbaar vir Annemi en haar span wat so mooi na ons Vonkies kyk. Jy kan hierdie bediening vandag seën met jou finansiële bydrae en/of jy kan vir Annemi kontak indien jy meer betrokke wil raak by Outeniqualand se VONK-bediening. Volgende Sondag se deuroffer

Erediens - 15 Januarie 2023

Prent
  Hierdie Sondag se eredienste is om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerk, gelei deur ds. Ferdi Gouws. Kom drink lekker koffie en kuier saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens.

Erediens - 08 Januarie 2023

Prent
  Vandag vind daar 2 eredienste plaas: om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Basie Fourie en om 09:30 in die kerk, gelei deur ds. Ferdi Gouws.

Erediens - 01 Januarie 2023

Prent
  Vandag vind daar 2 eredienste plaas: om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerk.

Kersdienste - 25 Desember 2022

Prent
  06:30 - Kobus Hattinghsaal, Glentana - Ds. Jan-Hendrik Fourie 07:45 - Kobus Hattinghsaal, Glentana - Ds. Jan-Hendrik Fourie 09:00 - Kobus Hattinghsaal, Glentana - Ds. Basie Fourie 09:30 - Kobus Hattinghsaal, Glentana - Ds. Jan-Hendrik Fourie 10:15 - Kobus Hattinghsaal, Glentana - Ds. Ferdie Gouws