Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2021

25-07-2021 - 31-07-2021 - ONS BID SAAM VIR...

Duitsland en China, waar swaar reën die ergste natuurramp in 60 jaar veroorsaak het. Die ramp het tot groot skade aan eiendom en lewensverlies gely. Vader wees asseblief hierdie mense naby. Kerke, politieke partye en die gemeenskap, om in die tyd van onrus en herstel hande te vat, om die vertroue in ons land weer te herstel. Covid-19 wat steeds in ons land en gemeenskap lewens eis en mense baie siek maak. Vader staan ons by en help ons om U volkome te vertrou, in hierdie tyd van benoudheid. Helpende Hand: Hierdie organisasie help om armes te voed en te klee, veral in hierdie koue winter is daar 'n groot behoefte aan kos en warm klere. DANKIE VIR Mense van alle gemeenskappe en uit alle dele van die land vat en help om skade in geplunderde gebiede te herstel en ook kos en voorrade aan arm gemeenskappe te voorsien. U Woord, wat ons daagliks vertroos en aan ons die verekering gee dat U altyd daar is, om ons in alle omstandighede te help. Sag. 4:6 “Nie met mag en krag sal jy slaag nie,

Erediens - 25 Julie 2021

Prent
  As gevolg van die nuwe inperkings sal daar hierdie Sondag geen diens voor die dam wees nie. Daar sal wel 'n diens aanlyn beskikbaar wees. Ons is vol verwagting vir die President se praatjie Sondagaand en hoop om jou volgende Sondag weer voor die dam te sien. DEUROFFER: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND Solidariteit Helpende Hand is in 1949 gestig as 'n antwoord op die Afrikaner-armoedekrisis van die tyd. Helpende Hand het meer as 30 000 ondersteuners wat per debietorder ’n maandelikse bydrae maak. Ons ontvang geen hulp van die staat nie en is afhanklik van die bydraes van gewone mense om ons projekte te befonds. Daar is verskeie projekte bv. die Skooltassie-projek en die Kosblik-projek: Vir Helpende Hand is die Skooltassie-projek 'n hartsaak. Vir die afgelope 14 jaar slaag ons daarin om duisende tassies regoor die land te versprei. Daar word gereeld navorsing gedoen om seker te maak dat die inhoud van die tassie voldoen aan meeste van die skole se skryfbehoefte-vereistes. Die wa

Gedenkdiens - CP en Aniet de Jager

Prent
 

OUTENIQUALAND SE WINTERBASAAR

Baie dankie vir elkeen wat reeds hulle bydrae vir die basaar inbetaal het.

18-07-2021 - 24-07-2021 - ONS BID SAAM VIR...

Vrede, veiligheid en rustigheid in ons land. Vader, in hierdie tyd van onrus en anargie bid ons vir die polisie en weermag wat die vrede moet herstel, maar ons bid dat leiers hulle self sal weerhou van aanhitsing tot geweld en misdaad. Vader wees ons genadig. Ons land se ekonomie wat die afgelope week groot skade gely het. Vader tree U asseblief in en versorg die armes en werkloses maar ook die wat in hierdie tyd groot skade gelei het. Feba Radio (Deuroffer). Hierdie Christelike organisasie versprei die Evangelie na die mees afgeleë lande in die wêreld. Help ons ook om deur ons bydraes hierdie verdienstelike saak te dien. Die beëindiging van Covid. Vader hierdie gevreesde siekte hou ons steeds op ons knieë. Dankie Vader dat U saam met wetenskaplikes, medici en regerings teen hierdie siekte veg wat die wêreld teister. DANKIE VIR: U teenwoordigheid in hierdie tyd van kommer en benoudheid, dat ons steeds aan U beloftes kan vashou. Jesaja 41:10  “Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek

Erediens - 18 Julie 2021

Prent
  As gevolg van die nuwe inperkings sal daar hierdie Sondag geen diens voor die dam wees nie. Daar sal wel 'n diens aanlyn beskikbaar wees. DEUROFFER:  FEBA RADIO Vir 75 jaar bemagtig en rus FEBA Suid-Afrika mishandelde vroue toe, selfs in die mees afgesonderde en afgeleë areas regoor die wêreld, in samewerking met ons vennoot bedienings in die buiteland en julle, ons getroue ondersteuners. Die vrug van ons werk is duidelik uit die terugvoer wat ons van die meer as 7.4 miljoen luisteraars jaarliks ontvang. Hier volg 'n getuienis van een van ons luisteraars uit Indië, wie se pyn en lyding verander is in hoop en inspirasie. Die storie het vir ander vroue, wat deur dieselfde ervarings gaan, 'n lig geword. Die vrou, Saanvi, het haar eersteling in die wêreld verwelkom 'n jaar nadat sy getroud is. Nie lank daarna nie het sy haar tweede kind verwag. Die nuus het haar skoonma se gedrag teenoor haar verander en sy het daarop aangedring dat Saanvi toetse ondergaan om die geslag v

WAAR KAN EK BETROKKE RAAK?

 Ons wil lidmate aanmoedig om sensitief te wees vir waar die Here hulle wil gebruik om aan hulle doel te beantwoord. Indien jy by een van ons bestaande bedienings wil inskakel, kontak die kerkkantoor. Indien die Here 'n nuwe bediening op jou hart gesit het, skakel met ds. Jan sodat ons jou kan ondersteun om jou doel te leef.

11-07-2021 - 17-07-2021 ONS BID SAAM VIR...

Oos-Kaap waar daar nog streke is wat jare laas reën gehad het. (Wolwefontein, Jansenville en Steytlerville). Vader, ontferm U oor hierdie streek waar mens en dier bittere lyding verduur. Maar ons loof en ons prys U ook vir die Wes-Kaap waar damme vol is en die boere mooi vooruitsigte vir die seisoen het. Die beëindiging van die virus wat so 'n groot bedreiging vir ons inhou. Ons bid vir almal wat betrokke is om die virus te beveg maar ons dra ook hulle aan U op wat siek is en treur oor geliefdes en vriende. Die politieke gevegte en die groot druk wat dit op ons regstelsel en grondwet plaas. Dankie dat ons steeds onder die omstandighede ons vertroue op U kan stel. Ps. 62:6-7 “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting”. Diepkloof kleuterskool (Deuroffer). Vader ook hierdie kinders en hulle wat betrokke is by die instandhouding en opvoeding by hierdie skool, word in gebed onder U sorg geplaas. DANKIE VIR: U teenwoordigheid en d

Erediens - 11 Julie 2021

Prent
  As gevolg van die nuwe inperkings sal daar hierdie Sondag geen diens voor die dam wees nie. Daar is wel 'n diens aanlyn beskikbaar.   DEUROFFER: DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL Diepkloof Kleuterskool vier hierdie jaar hul 20ste verjaarsdag! Ons het al ver gevorder van al die kinders saam in die kerksaal met gemeentelede wat kinders aangery en kos voorsien het, tot die 4 kleurvolle klaskamers vir 65 kinders tussen 3 en 6 jaar, met 4 opgeleide onderwyseresse en 'n skoonmaker/kok en ons eie 2 Kia bakkies waarmee die kinders gratis vervoer word. Die kinders kry daagliks ontbyt, 'n broodjie en melk mid-oggend en 'n gebalanseerde middagete. Ons eksperimenteer tans deur middagetes te bestel deur Diakonos, 'n NGO wat op groot skaal vir ander kleuterskole in George en omgewing ook kos verskaf, om aankope te vergemaklik, kostes te besnoei en uitgewerkte, gebalanseerde etes te voorsien. Ons grootste uitgawe bly die salarisse van ons toegewyde personeel, waarsonder die skool nie kan k

Erediens - 4 Julie 2021

Prent