Plasings

Wys tans plasings vanaf September, 2022

Hoër Landbouskool Oakdale - Vakante Betrekking

Prent
 

2022-09-25 - 2022-10-01 - ONS BID SAAM VIR...

Sinodale Jeugwerk (Deuroffer): Vader ons bely dat ons nie genoeg vir ons jeug doen nie. Ons leef in 'n tyd waar hulle ons leiding en ondersteuning baie nodig het. Help U ons om ons verantwoordelikheid teenoor hulle na te kom. Die kragkrisis in ons land. Gee U asseblief die insig aan bestuurders en leiers om hierdie ernstige probleem op te los. Ons vertrou op U om uitkoms. Die 40-dae reis wat die afgelope week voltooi is. Ons het U teenwoordigheid op hierdie reis aangevoel. Seën hulle wat met die reis voortgaan. Dankie dat ons deur die reis nader aan U en aan mekaar gekom het. DANKIE: Dat ons deur die reis geleer het wat ons roeping is. Vir die reën in ons streek. Dat ons, ons aan U sorg kan oorlaat. Ps 37:5 “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom, Hy sal sorg”.

DANKBAARHEIDSOFFERS – OKTOBER 2022

Oktobermaand is elke jaar ‘n besondere maand vir ons gemeente. Dit is die maand waarin ons lidmate die geleentheid kry om op 'n spesiale manier, bo en behalwe hulle maandelikse dankoffers, hulle dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader te betoon vir al die goedheid, guns en genade wat ons onverdiend uit Sy vaderhand ontvang. Oktobermaand vanjaar is vir 'n ander rede ook besonder vir ons. Ons is nog steeds bewus van Covid 19 en die geweldige negatiewe gevolge wat dit vir ons land op sosio-ekonomiese terrein gehad het en nog vir baie lank gaan hê. Ook vir ons as individue. Maar baie mense getuig dat hulle in hierdie moeilike tyd ook positiewe ervarings gehad het. Een daarvan is dat hulle met meer tyd tot hulle beskikking rustig hulle lewe in oënskou kon neem. In die proses het hulle opnuut tot die besef gekom dat, ten spyte van Covid 19, hulle nog soveel stof tot dankbaarheid het. Dit gee 'n ander, selfs dieper, betekenis aan ons dankbaarheidsoffers vanjaar. Dit is vir ons bela

Erediens - 25 September 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ons sluit hierdie week ons 40 dae reis af met die tema: Samuel, Aspoestertjie en Dawid! Ons teks kom uit 1 Sam 3. Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie en geniet 'n 40-dae cupcake. DEUROFFER: SINODALE JEUGWERK Die Jeug en Familiebediening van die Wes-Kaapland fokus op die ondersteuning, toerusting en navorsing van Jeugwerk wat deur gemeentes gedoen word, onder andere: ➢ Kategese ondersteuning ➢ Familiebediening hulpmiddels ➢ #imagine feesnaweek (#imagine local in 2022) ➢ Navorsing oor Jong Volwasse bediening ➢ Kinderbediening ondersteuning Volg ons by www.dinkjeug.co.za of kontak jeug@kaapkerk.co.za KINDERBEDIENING * KIX is gebore uit die voormalige Kinderkrans * Die KIX kurrikulum is gratis * Dit word landswyd gebruik in skole, nasorge, kerke en gemeenskappe * Volledige 5 jaar program * Nuwe voorskoolse material www.kixkinders.co.za DINKJEUG FAMILIE APP Daaglikse podcast met huisgeloof oordenkings waar fami

SOKKER TOERNOOI VIR PLAASSKOLE

OUTENIQUALAND se Diensgroep vir Getuienis het op Saterdag 10 September 2022 'n six a side junior world cup sokkertoernooi aangebied op Laerskool Van der Hoven se velde. Ses plaasskole het deelgeneem. DIT WAS 'N GROOT SUKSES. Baie dankie vir almal wat hulp aangebied het en so bygedra het tot die sukses van die toernooi!

VONKIES 2023

Ons benodig mense om te help by die Vonkies in 2023. Omdat die Vonkies so toegeneem het gaan die klasse volgende jaar verdeel word in: Voorskool tot Graad 3 Graad 4 tot Graad 6 Graad 7 tot Graad 10 Indien jy wil help by een van hierdie groepe, kontak asb. vir Annemi.

2022-09-18 - 2022-09-24 - ONS BID SAAM VIR...

Werk in ons harte sodat ons, saam met U, ons roeping en passie kan ontdek. Help elke Outeniqualander om met vertroue aan te meld. Beskerm ons mense en ons land teen enige planne van die bose. Here ons bid vir die beïndiging van die oorlog en vir vrede. DANKIE: Dat U ons genade gee om elke dag nuut te kan begin. Mede-gelowiges saam met wie ons ons geloofsreis kan aflê. Vir gebed wat U verhoor!

Erediens - 18 September 2022

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ons gaan die 6de week van ons 40 dae reis binne met die tema: Aanhouer wen! Ons teks kom uit Matthéüs 24. Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie. DEUROFFER: STUDENTEBEARBEIDING (Sinodaal)

Praktiese werkswinkel oor evangelisasie (Suid-Kaap)

Prent
 

Stap & Braai - 24 September 2022

Prent
 

KALENDER VIR 2023

2023 is om die draai en daar gaan binnekort in alle erns begin werk word aan die 2023 kalender. Gemeentelede kry vir 2023 weer die geleenheid om ‘n bladsy in die kalender te borg en dan 'n mooi teksvers of geestelike aanhaling wat vir jou besonderse waarde het, in daardie maand met die gemeente te deel. Die koste vir die borg van 'n bladsy in 2023 is R250. Kontak Merinda by die kerkkantoor of stuur 'n WhatsApp aan haar met die bewoording.

Kerkraadsvergadering - 20 September 2022

 Hiermee geskied kennis van die Kerkraadsvergadering wat gehou sal word op 20 September 2022 om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal.

OUTENIQUALAND SE SKOENBOKSPROJEK

Een van ons lidmate, met 'n passie vir kinders, loods hierdie Kersfees Outeniqualand se eie skoenboksprojek. Sy sal leë skoenbokse in die voorportaal plaas met inligting daarin van die kind vir wie die skoenboks gaan en 'n riglyn van wat in die boks kan gaan. Indien jy betrokke wil raak by hierdie projek kan jy van volgende Sondag af 'n boks in die voorportaal neem en dit vul sodat dit net voor kersfees uitgedeel kan word aan die kinders. Die bokse moet asseblief teen einde Oktober terugbesorg word aan die kerkkantoor. Indien jy enige vrae het kontak vir Petru.

2022-09-11 - 2022-09-17 - ONS BID SAAM VIR...

Ons 40 dae reis: Vader ons dra Sondag se sang- en getuienis-aand aan U op. Mag U deur elke lied en getuienis verheerlik word. TV program Elders: Ons bid dat die Pelgrimsreis wat ons gemeente en mooi omgewing insluit, vir elke pelgrim tot seën sal wees. Ons dokters en verpleegpersoneel aan Hospitale verbonde. Voorsien U hulle van krag om hulle taak met liefde te verrig. DANKIE: Vir elkeen wat deel is van hierdie 40-dae reis. Vir groepleiers en hulle geestelike voorbereiding. Dat ons saam met 'n TV program kan deel in 'n mooi omgewing en dat U ons oë open vir U skepping.

Erediens - 11 September 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ons gaan die 5de week van ons 40 dae reis binne met die tema: Vrae en twyfel is deel van die pad! Ons teks kom uit Matteus 11. Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie. DEUROFFER: PREDIKANTEBEGELEIDING (Sinodaal) Dominees skryf agter hulle naam VDM – Verbi Divini Minister. Hulle is bedienaars van die Goddelike Woord. Oor hulle drumpels stap dié met aansien maar ook dié waarop neergesien word. Hulle bediening getuig van hartsake en kerksake en ringsake, van hartseer en twyfel en verslaentheid en rou. Hulle tree op as vredemakers en arbiters en fasiliteerders en troosters. Op Sondag staan hierdie manne en vroue voor u en sê: “So sê die Here.” Deur die taakspan Predikantebegeleiding, wat deel is van die diensgroep Gemeentebege-leiding, lewer ons Sinode ‘n omvattende ondersteunings- en bedieningsprogram aan al die leraars van ons kerk. 'n Program wat daarop fokus om dominees hulle bekwaamhede te laat ontwikkel en

Sang- en Getuienis-aand - 11 September 2022

Prent
 

SOKKER TOERNOOI VIR PLAASSKOLE

Prent
OUTENIQUALAND se Diensgroep vir Getuienis bied op Saterdag 10 September 2022 'n six a side junior world cup sokkertoernooi aan op Laerskool Van der Hoven se velde. Ses plaasskole neem deel. Ons benodig enige vorm van hulp: braaiers, beamptes, vrywilligers ens. Skakel met Charles indien jy kan help. Toeskouers is BAIE welkom.

Altzheimers - Donderdag 8 September 2022 om 14:30

Prent
 

HOOGEKRAAL LAERSKOOL HOU HOENDERBRAAI

Hoogekraal Laerskool hou 'n hoenderbraai vir fondsinsameling op 16 September. Ons heg 'n lys van benodigdhede aan ingeval iemand voel hulle kan help: Rooi en groen skulpie noodles, Aartappels 10kg, Koekmeel 5kg, Asyn 5L, Mayonaise 5L, Suiker 3 x 2.5kg, Kerrie poeier x2 boksies, Tamatiesous 5L, Green peppers x5, Uie x3 sakkies, Eiers x6 dosyn, Coke 5 x 2L, Fanta 5 x 2L, Kakao poeier, Versiersuiker, Margarien, Groot blik Ricoffy, Groot boks Rooibos tee, 6L Long life melk, Hoender “guns”. Indien jy voel jy wil hulle help met enige van die bestanddele, kan dit tot Sondag 9 September 2022 by die kerkkantoor afgelaai word.

2022-09-04 - 2022-09-10 - ONS BID SAAM VIR...

Die Landbou en Ekonomie: Ons bid dat U die boere sal seën en die rol wat die landbou in die ekonomie speel, by die Regering die nodige erkenning sal kry. Die Instituut vir Dowes: Ons bid vir hierdie mense se geestelike en finansiële versorging. (Deuroffer) Ons land en sy mense se toekoms: Dankie dat U die land en sy mense se toekoms bepaal en dat ons volkome op U kan vertrou. Sag. 4:6 “Nie met mag en krag sal jy slaag nie maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige”. DANKIE: Die Nagmaal wat ons kon gebruik en kan glo dat U ons, ons sondes volkome vergewe het. Dat Jesus aan die kruis gesterf het vir ons sondes. Vir ons gemeente se 40 dae reis. Dat U ons toerus om op hierdie reis na U stem te luister.

Erediens - 04 September 2022

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ons gaan die 4de week van ons 40 dae reis binne met die tema: Ai, die onverwagse weerstand! Ons teks kom uit Josua 7 en 8. Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie. DEUROFFER: INSTITUUT VIR DOWES Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Christus kan ontvang. Die deuroffer vir die Nasionale Instituut vir Dowes word as volg aangewend: Bejaardesorg vir Dowes in 'n versorgingseenheid op Worcester; Residensiële versorging van volwasse Dowes met meervoudige gestremdhede (die enigste in Suid-Afrika en Afrika); Beroepsopleiding aan Dowe studente; Lewering van multi-dissiplinêre steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies; Ondersteuning aan 2 gemeentes (die Dowe Familie Kerk, Worcester en die NGK De la Bat in Bellville) vir die geestelike versorging van Dowes. (023) 342 5555 | nid@nid.org.za | www.nid.org.za BYBEL

Lentekonsert - 2 September 2022

Prent