Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2023

'n Psalm vir Matrieks

Prent
 

Lafenis vir die Liefde - Chris van Niekerk

Prent
 

29-10-2023 - 04-11-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Alta du Toit Skool (Deuroffer): Hierdie skool bied ‘n opvoedkundige heenkome aan leerlinge wat intellektueel gestremd is. Hulle het ons voorbidding en finansiële ondersteuning nodig. Nagmaal: Ons bid dat U ons sal seën by die gebruik van die tekens van versoening met U. Maak ons bewus van U teenwoordigheid. Hervormingsfees: Saam met miljoene gelowiges herdenk ons vanoggend die Hervorming. Ons bid dat ons, ons Gereformeerde belydenis sal koester en handhaaf. Die wat kronies siek is en die wat aan kanker ly. Ons dra hulle aan U op vir genesing maar ook vir U vertroostende teenwoordigheid by elke siekbed. DANKIE: Dat ons daagliks na Christen programme op die radio kan luister en na Christelike TV programme kan kyk. Vir 'n gemeente wat omgee en waar ons saam met mede gelowiges U liefde kan ervaar, maar ook gesellig kan verkeer en voedsel geniet. Vir die baie goeie verhoudings wat daar in ons land tussen verskillende groepe bestaan, ten spyte van kultuur verskille en mense wat haat stoo

Nagmaal & 10de maand dankbaarheidsdiens - 29 Oktober 2023

Prent
Jy word hartlik uitgenooi na ons erediens. Tydens die erediens samel ons die 10de maand dankbaarheidsoffers in en vier saam Nagmaal. As gevolg van die gratis gemeente ete om 12:00 in die Kobus Hattingh-saal, sal daar geen koffie in die saal wees na afloop van die diens nie. Ons wil vra dat diegene wat kaartjies bespreek het vir die gemeente ete, asseblief hulle eie eetgerei en drinkgoed sal saambring. VOLGENDE SONDAG Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie. Volgende Sondag vergader die SPORTGROEPE: Stap, tennis, rolbal, jukskei, gholf, pilates, voëlkyk, fietsry, visvang, kampering, 4X4, motorfiets. As jy nie Sondag by die kerk is nie, kontak Sandra en meld aan vir die groep. DEUROFFER: ALTA DU TOIT SKOOL Die Alta du Toitskool in Kuilsrivier gee onderrrig aan leerders (ouderdom 6 tot 18 jaar) wat intellektueel erg gestremd is en nie in hoofstroomonderwys met akademiese vakke kan aanpas nie.

Moedergemeente, George - Kermis | NG Kerk Groot-Brakrivier - Dankfees

Prent
 

SOMERBASAAR: 20 Desember 2023

Outeniqualand hou Somerbasaar op Woensdag 20 Desember! Die beplannings-vergadering is Woensdag 25 Oktober om 17:00 in die Kobus Hattingh-saal. As jy voorstelle het of wil help of self net wil kom luister wat die planne is, kom sluit gerus by ons aan of kontak vir Wim de Wet.

KERSFEES-PROJEK

Soos verlede jaar gaan daar weer Kersfeessakke (dit was verlede jaar bokse) aan die skoolkinders in ons area uitgedeel word. Ons wil graag die feesseisoen vir al die kinders in ons area spesiaal maak. Verlede jaar was dit 'n reuse sukses. Jy kan Sondae na kerk, by die tafel voor in die kerk, 'n sak by Petru gaan kry. Binne-in die sak is 'n lysie van alles wat jy in die sak kan sit asook die naam en ouderdom van die kind vir wie jy die sak opmaak. Die sakke moet asseblief terug wees teen die einde van November. Vir meer inligting kan jy vir Petru kontak.

22-10-2023 - 28-10-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Missie Japan (Deuroffer): Hierdie sendelinge het ons voorbidding en finansiële ondersteuning nodig. Die Kerkraad: Ons bid dat U hulle sal toerus vir hulle taak en dat die beplanning vir 2024 tot U eer en die uitbreiding van U koninkryk sal geskied. Moorde op die Kaapse Vlaktes: Bendes is die oorsaak en dat die inwoners in vrees lewe. Beskerm U asseblief U kinders en gee dat die misdadigers aan die man gebring word. Nuwe Moderatuur vir die NG Kerk: Ons bid vir Ds. Jan Lubbe en die moderatuur om die moeilike uitdagings tot U eer te hanteer en dat hulle verseker kan wees van ons voorbidding. DANKIE: Dat U steeds in beheer is, ten spyte van alles wat negatief is. Dat U daar is om ons kommer te dra. Dat gebede steeds in hierdie tegnologiese eeu vir gelowiges belangrik bly.

Erediens - 22 Oktober 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie. Ons bevestig ook vanoggend ons nuwe leiers. SKOP GROEPE: Vandag vergader die KREATIEWE GROEP: Naaldwerk, kuns, fotografie, boekklub, modelbou, versamelings, tuinmaak, hout/staal/sweiswerk asook die SPELETJIESGROEPE: Kaart, woordbou, skaak, legkaart, bingo. As jy nie Sondag by die kerk is nie, kontak Sandra en meld aan vir een van die groepe. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na ons 10de Maand Dankbaarheidsoffer Nagmaal om 09:30 in die Kerkgebou. As gevolg van die gratis gemeente ete om 12:00 in die Kobus Hattinghsaal sal daar geen koffie in die saal wees na afloop van die diens nie. (sien elders vir meer inligting oor die gratis ete) DEUROFFER: MISSIE JAPAN Van die 125 miljoen mense in Japan, is ongeveer 1% Christene. Die Reformed Church in Japan is 'n klein maar lewenskragtige kerk wat versoek: “Kom help ons asseblief!” Missie Japan... I

SKOP-GROEPE

Prent
Volgende Sondag skop ons af met die bekendstelling van SKOP. Die aksie waar ons mense wil help om 'n groep te vind waar hy/sy hulle belangstellings kan uitleef. Uit die vraelyste wat so 'n jaar gelede gesirkuleer is, het die meeste lidmate belangstelling getoon in die aktiwiteite wat oor die volgende 3 Sondae bekendgestel gaan word. Jy kan vanaf So 22 Okt by die kontakpersone gaan aanmeld as jy betrokke wil raak by so 'n SKOP-groep. Sondag 22 Oktober: KREATIEF: Naaldwerk, kuns, fotografie, boekklub, modelbou, versamelings, tuinmaak, hout/staal/sweiswerk. SPELETJIESGROEPE: Kaart, woordbou, skaak, legkaart, bingo. Sondag 5 November: SPORTGROEPE: Stap, tennis, rolbal, jukskei, gholf, pilates, voelkyk, fietsry, visvang, kampering, 4X4, motorfiets. Sondag 12 November: GEESTELIK: Die kleingroepe is reeds aan die gang onder leiding van Ds. Basie Fourie. Daar is nog 'n behoefte vir persone wat betrokke wil wees by huis/hospitaalbesoeke en berading.

GEORGE OPEN GARDENS - Saturday 28 October 2023

Prent
 

BREI BEDIENING

Kyk, ek weet nou nie of dit die aanhoudende koue weer is nie, maar daar kom nog steeds voltooide artikels (brei en hekel) in ná die handskoenprojek! DIT WAS DIE IDEE! Dié wat hou van brei en wat wil brei/hekel, kan aanhou. Die idee is om voorraad op te bou vir volgende jaar óf waar dit nodig is. Behalwe die handskoene vir die skole, kon ons ook by die Kliniek in Groot Brak 24 paar piepklein mussies en bypassende babakousies afgee vir pasgeborenes. By Badisa en Emaüs is oorskot musse afgegee. Ons het op die oomblik weer 'n aantal surplus musse en handskoene wat volgende Winter uitgegee word! Dank en eer aan die Vader vir so baie gewillige werkende hande wat omgee. Alta van Wyk

DIE HEUNINGDRAER

Dis tyd om te begin regmaak vir ons Kersuitgawe! Raak betrokke by ons gemeenteblad, Die Heuningdraer. Skryf oor iets in en om jou gemeentesirkel of 'n gemeente aktiwiteit soos die konsert of 7 weke aan tafel saam met Jesus. Het julle gesin 'n interessante Kersfees gebruik of 'n interessante staaltjie van iets wat op kersfees met jou of jou gesin gebeur het? Epos dit of gee dit in by Merinda by die kerkkantoor. Vir enige vrae kontak enige van die redaksielede. Spring sommer dadelik aan die werk want alle bydraes moet in wees teen Sondag 22 Oktober.

15-10-2023 - 21-10-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Die Gideons: Die organisasie se doel is om die Bybel te versprei. Ons bid dat die Bybel mense se lewens sal verander en dat hulle die nodige fondse sal bekom om die verdienstelike werk te kan voortsit. Die Algemene Sinodesitting: Die Sinode begin vandag. Ons bid dat U die middelpunt van besprekings en besluite sal wees. Oorlog tussen Israel en Palistina: Ons bid vir vrede tussen hierdie lande. Mag hulle 'n manier vind om in vrede saam te leef. Vertroos U hulle wat geliefdes verloor het, maar ons bid ook vir hulle wat gevange geneem is, beskerm U hulle. Ons bid ook vir die mense in Afganistan waar 'n aardbewing groot verwoesting gesaai het en duisende mense gesterf het. Wees U ook daar om te troos en te bemoedig. Die laaste kwartaal vir skole en Universiteite: Dit is die kwartaal waar rekenskap gegee moet word. Ons dink veral in ons gebede aan Graad 12 leerlinge en ook studente wat vanjaar hulle studies voltooi. Wees U ook met onderwysers en dosente wat leerlinge moet voorberei

Erediens - 15 Oktober 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie. Die Vonkies skop Sondag af. GASVRYHEIDSVERGADERING VIR ALLE DAMES Ons nooi jou hartlik uit na 'n vergadering van Outeniqualand se dames. Dit vind plaas net na afloop van die erediens op Sondag 15 Oktober. Die Gasvryheidskomitee begin eersdaags met beplanning met die oog op 2024 se kalender. Ons benodig alle dames se insette en voorstelle ten opsigte van wat julle graag in 2024 rondom gasvryheid wil sien gebeur. Jy kan ook voorstelle epos. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na ons erediens 09:30 in die Kerkgebou. Dit is die bevestiging van ons nuwe kerkraadslede. Kom drink lekker koffie/tee in die saal na die kerk erediens. DEUROFFER: GIDEONS 1 Petrus 1:24-25 “Die Skrif sê: Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom: Die gras verdor en die blom val af, maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig, en hierdie Woord is die eva

WIT OLIFANTE

Ons begin vere regskud vir 'n heerlike Somerbasaar op Woensdag 20 Desember 2023. Meer inligting sal later deurgegee word. Daar gaan weer 'n Olifant-saamtrek by die Somerbasaar wees. Daardie wees-olifantjies wat die afgelope jaar stof vergaar het in die motorhuis of stoorkamer, wil graag nuwe eienaars by die basaar kry. Kontak asseblief vir Pieter Stoltz.

BINGO-OGGEND

Dinsdag 17 Oktober om 11:00 die oggend is daar BINGO in die Kobus Hattinghsaal. Kom speel saam. Die ingangsfooi is R10 wat koffie/tee insluit. Daar is pryse te wen! Bring gerus vriende of familie saam.

08-10-2023 - 14-10-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Radiokansel (Deuroffer): Radiokansel is 'n Christelike kanaal wat die Evangelie na mense in die uithoeke van ons land neem. Seën U asseblief die boodskap wat op dié wyse oorgedra word. Bela wet: Vader daar bestaan groot kommer by ouers, dat hulle inspraak tot die skool se taal en beleid, deur die Staat weggeneem sal word. Dit raak die basiese reg van die ouer tot die opvoeding van sy kind. Ons bid dat U ook deur gelowige ouers en instansies tot die debat sal toetree en dat U wil sal geskied. Die maand Oktober is vir ons die maand waar ons die skoonheid in die natuur raaksien. Help U ons om U as die Skepper vir al die mooi om ons te prys. Oktober is ook die maand waarin ons dankbaarheid aan U kan bewys deur ons 10de maand bydrae. Open U ons harte en beursies om ook deur ons offers ons dankbaarheid te wys. DANKIE: Dat U ons gebede verhoor het waar daar siekte by ons en ons geliefdes was. Dat U die Koning van my lewe is. Dat U, deur U Gees, besig is om in ons gemeente te werk.

Erediens - 08 Oktober 2023

Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 08:00 in die Kobus Hattingh-saal en om 09:30 in die kerk. Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie. Daar is geen Vonkies tot die 1ste Sondag na die skole weer open op 10 Oktober nie. Ons wens ons Vonkies en hulle ouers 'n heerlike rustyd toe. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na ons erediens 09:30 in die Kerkgebou. Kom drink lekker koffie/tee in die saal na die kerk erediens. GASVRYHEIDSVERGADERING VIR ALLE DAMES Ons nooi jou hartlik uit na 'n vergadering van Outeniqualand se dames. Dit vind plaas op Sondag 15 Oktober 2023 net na afloop van die erediens. Die Gasvryheidskomitee begin eersdaags met beplanning met die oog op 2024 se kalender. Ons benodig alle dames se insette en voorstel le ten opsigte van wat julle graag in 2024 rondom gasvryheid wil sien gebeur. Ons hoop om jou die 15de te sien. Jy kan ook voorstelle epos. DEUROFFER: RADIO KANSEL Radio Kansel en Radio Kaapse Kansel is 'n ona

GASVRYHEIDSVERGADERING VIR ALLE DAMES

Ons nooi jou hartlik uit na 'n vergadering van Outeniqualand se dames. Dit vind plaas op Sondag 15 Oktober 2023 net na afloop van die erediens. Die Gasvryheidskomitee begin eersdaags met beplanning met die oog op 2024 se kalender. Ons benodig alle dames se insette en voorstelle ten opsigte van wat julle graag in 2024 rondom gasvryheid wil sien gebeur. Ons hoop om jou die 15de te sien. Jy kan ook voorstelle epos.

DANKBAARHEIDSOFFERS – OKTOBER 2023

Oktobermaand is elke jaar 'n besondere maand vir ons gemeente. Dit is die maand waarin ons lidmate die geleentheid kry om op ‘n spesiale manier, bo en behalwe hulle maandelikse dankoffers, hulle dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader te betoon vir al die goedheid, guns en genade wat ons onverdiend uit sy Vaderhand ontvang. Oktobermaand vanjaar is vir 'n ander rede ook besonder. 2023 is ons Jubeljaar. Ons het inderdaad 'n jaar van oorvloed beleef. Die baie boodskappe op ons Jubelmuur getuig daarvan. Ons is die afgelope jaar herinner aan al die seëninge uit die Vader se hand. Jubeljaar gee ‘n ander, selfs dieper betekenis aan ons dankbaarheidsoffers vanjaar. Dit is vir ons belangrik om te noem dat enige bedrag, groot of klein, welkom is. Dit is 'n saak tussen u en u Hemelse Vader hoeveel u gee. Sal dit nie wonderlik wees as elkeen van ons gemeentelede iets gee nie, maak nie saak hoeveel nie? Gedurende Oktober sal die gebruiklike koeverte met die woorde “My dankbaarheidsof

KALENDER VIR 2024

2024 is om die draai! Daar gaan binnekort in alle erns begin werk word aan die 2024 kalender. Gemeentelede kry vir 2024 weer die geleentheid om 'n bladsy in die kalender te borg en 'n mooi teksvers of geestelike aanhaling wat vir jou besonderse waarde het, in daardie maand met die gemeente te deel. Die koste vir die borg van 'n bladsy is R300. Stuur 'n whatsapp of 'n epos met: Jou naam / die maand wat jy verkies / die bewoording van die boodskap. 2023 se Oktobermaand boodskap is geborg deur Edie Homan: "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou op die regte pad laat loop." (Spreuke 3:5-6)

DIE HEUNINGDRAER

Dis tyd om te begin regmaak vir ons Kersuitgawe! Raak betrokke by ons gemeenteblad, Die Heuningdraer. Skryf oor iets in en om jou gemeentesirkel of 'n gemeente aktiwiteit soos die konsert of 7 weke aan tafel saam met Jesus. Het julle gesin 'n interessante Kersfees gebruik of 'n interessante staaltjie van iets wat op Kersfees met jou of jou gesin gebeur het? Epos dit of gee dit in by Merinda by die kerkkantoor. Vir enige vrae kontak enige van die redaksielede. Spring sommer dadelik aan die werk want alle bydraes moet in wees teen Sondag 22 Oktober.

01-10-2023 - 07-10-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Biddag vir bejaardes: Eensaamheid, kommer en vele ouderdomsiektes maak ons bejaardes baie broos. Ons bid vir U teenwoordigheid in hierdie groepie mense se lewens. Wees U hulle lewensanker. Christelike Lektuurfonds (Deuroffer): Ons bid vir die verspreiding en druk van Christelike lektuur. Open U die harte van hulle wat die lektuur lees. Storms en brande: Ons was die afgelope week weer bewus van U almag en U ingryp in die natuur. Maar ons weet U is ook daar om te beskerm, te troos en te ondersteun. Skoolvakansie: Ons bid vir gesinne wat op reis is se veiligheid, maar ook dat gesinne die rustyd sal gebruik om rustig saam met U te verkeer. DANKIE: Vir bejaardes se ervaring wat hulle met ons kan deel. Dat U aan die mens dink: Heb. 2:6 "Wat is die mens dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?...." Vir die nuwe Kerkraadslede: Vir hulle wat bereid is om die gemeente met hulle kundigheid te dien.