Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2022

SOMERBASAAR - 17 Desember 2022

Prent
  WIT OLIFANTE Daar is besluit dat daar weer `n Olifant saamtrek by die basaar gaan wees. Daardie wees-olifantjies wat die afgelope 3 jaar stof vergaar het in die motorhuis of stoorkamer wil graag nuwe eienaars by die basaar kry. Kontak asseblief vir Pieter Stoltz.

INSAMELINGSBEDIENING

Ons het mense nodig om te help met die isamelingsbediening. Dit behels dat jy voor die diens die sakkies by die kerkkantoor kry. Tydens die diens help met die opneem van die geld en dan na die diens by een van die deur staan met die Deuroffer sakkie. As almal uit is, kan die sakkie weer by die kerkkantoor afgegee word. Kontak Merinda by die kerkkantoor as jy voel dat hierdie iets is wat jy kan doen.

VONKIES 2023

Ons benodig mense om te help by die Vonkies in 2023. Omdat die Vonkies so toegeneem het gaan die klasse volgende jaar verdeel word in: Voorskool tot Graad 3 Graad 4 tot Graad 6 Graad 7 tot Graad 10 Indien jy wil help by een van hierdie groepe, kontak asb. vir Annemi.

2022-11-27 - 2022-12-03 - ONS BID SAAM VIR...

Môreson Kinderhuis (Deuroffer): Hierdie kinders wat onder kritieke omstandighede uit ouerhuise verwyder is, het ons voorbidding nodig om geestelike en ook finansiële versorging. Ons bid ook vir die personeel wat hulle moet versorg. Kerssangdiens: Dankie Vader vir 'n geleentheid om U deur sang en lied te loof. Ons dank U vir hulle wat hulle talent tot U beskikking stel. Eerste Adventsondag: Op die Christelike kalender is dit die eerste Sondag waarop ons, ons voorberei vir die geboorte en die wederkoms van Christus. Kom ons vier hierdie besondere tyd met dank en gebed tot U eer as ons Verlosser en Heer. Lied 322: 4 “Laat ons God die Vader Loof, eer bring aan sy Seun, ons hoof, Hulde aan die Gees bewys, God drie-enige altyd prys.” DANKIE: Nuwe lidmate. Seën hierdie jong mense in U diens. Vir 'n gemeente wat uitbrei en dat ons saam met medegelowiges U teenwoordigheid kan ervaar. Alles wat ons daagliks onverdiend uit U hand ontvang.

Stranddiensspan - Program - Desember 2022

12 Des (09:00-11:00) Uitreik: Friemershiem (14:30-16:30) Uitreik: Hoogekraal 13 Des (09:00-11:00) Diepkloof Kleuterskool Kerspartytjie (14:00-15:30) Glentana: Strandspele 14 Des (09:00-11:00) Glentana: Poppekas/Strandspele (20:00) Klein Brak Strand: Strand Worship 16 Des (09:00) Friemersheim Basaar (20:00) Kobus Hattinghsaal: Familie pret aand 17 Des (09:00) Outeniqualand Basaar (20:00) Dwarswegstrand: Strand Worship 18 Des (18:30–19:00) Kobus Hattinghsaal: Carols by Candlelight & Piekniek 19 Des (09:00-11:00) Dwarswegstrand: Poppekas/Strandspele (20:00) Dwarswegstrand: Fliek aand 20 Des (09:00-11:00) Glentana: Poppekas 21 Des (09:00-11:00) Dwarswegstrand: Poppekas/Standspele (20:00) Reebok: Alfa & Omega 22 Des (10:00-12:00) Hoogekraal: Partytjie

Kerssangdiens - 27 November 2022 om 19:00

Prent
  GEEN OGGENDDIENS. Kom hou lekker piekniek onder die bome op die kerkterrein saam met ons om 18:00 voor die Kerssangdiens. Die Kerssangdiens is om 19:00. Baie dankie vir elkeen wat hulle tyd en talente en energie gegee het vir ons Kerssangdiens. VOLGENDE SONDAG Die erediens is om 09:30 in die kerk. Dit is die 2de Adventsondag. Die kerkkantoor sal volgende Sondag gesluit wees. DEUROFFER: STANDDIENSSPAN Ons is bevoorreg om 'n stranddiensspan van Moreletaparkgemeente te ontvang wat in die Suid-Kaap kom bedien. Hier volg die program en dit sal ook agter op die Vakansieprogram gedruk wees. Ons wil die gemeente aanmoedig om hulle te ondersteun in die uitreike en aktiwiteite wat hulle gaan doen. Neem jou kinders na al die wonderlike aktiwiteite wat hulle aanbied. Ané Raath is die spanleier.

2022-11-20 - 2022-11-26 - ONS BID SAAM VIR...

Die beskermingsdienste: Vader ons veiligheid en eiendom is in die hande van die Polisie, Weermag en die Buurtwag. Ons bid dat U hulle sal bewaar en toerus met verantwoordelikheid en integriteit. Die jong lidmate wat belydenis van hulle geloof aflê. Hulp ons om hulle in die gemeente te verwelkom en dat hulle as lidmate ook hulle plig teenoor U sal nakom. Koor (Deuroffer): Ons bid vir die komende Kersprogram en dank U vir koorlede wat bereid is om hulle tyd en talente tot U beskikking te stel. Die Kerk in VSA: Die afgelope verkiesing in die VSA het 'n morele kwessie soos die aborsie wet na vore gebring waaroor Christene verdeeld was. Ons bid dat Christene, ten spyte van verskilende opinies en politieke verdeeldheid, hulle respek en liefde vir medegelowiges sal behou. DANKIE: Vir die damme in die land wat vol is en die onderaardse bronne wat U weer gevoed het. Dat ons ten spyte van kommer oor baie dinge, steeds slegs van U afhanklik is. Jes. 30:15 “...julle krag lê in stil wees en ver

Erediens - 20 November 2022

Prent
  Hierdie Sondag is die eerste geleentheid tot belydenisaflegging van ons jongmense. Ons vier Nagmaal saam met hulle en hulle gesinne. Die 8 jongmense wat belydenis van geloof aflê is: Kayla Langenhoven, Annika Kleinhans, Martin Johan Bosch, Jan-Paul Barnard Schoeman, Carl Frederick Sharp, Pieter Roux, Henri Tobie Louw en Danielle Louw. As dit lekker weer is, sal daar na kerk koffie op die gras voor die kerk bedien word. VOLGENDE SONDAG IS KERSSANGDIENS Ons gaan heerlike onder die bome op die kerkterrein piekniek hou vanaf 17:30. Daar sal tafels en stoele voorsien word en elkeen bring sy eie piekniekmandjie. 18:30 begin die Kerssangdiens in die kerk. DEUROFFER: OUTENIQUALAND SE KOOR Outeniqualand is een van die min kerke wat nog 'n kerkkoor het. Volgende week by die Kerssangdiens sal ons geleentheid kry om die koor in aksie te hoor. Die koor staan onder leiding van Tinus Badenhorst ons orrelis. As jy voel dat dit die plek is waar jy wil inskakel, kontak vir Tinus.

Kaapland Onderwys Trust

Ontvangs en Besprekings Dwarswegstrandoord Posvereistes Hantering van alle besprekings en bemarking Neem van notules tydens vergaderings Rekenaargeletterd Bestuur webtuiste Goeie menseverhoudings en kommunikasievaardighede Vlot Afrikaans en Engels Beheer oor damespersoneel Ontvang en kontroleer inbetalings Algemene administratiewe vaardighede Bestuurderslisensie kode 8 Reël van funksies Naweekdiens - elke 3de naweek Sluitingsdatum: 31 Desember 2022 Diensaanvaarding: 01 Maart 2023 Epos u CV na : bestuurder@dwarswegstrandoord.co.za of handig dit by die ontvangskantoor van Dwarswegstrandoord in. Navrae: skakel 044 879 1010 / 073 465 7500 Indien u geen terugvoering na 20 Januarie 2023 ontvang het nie was u aansoek onsuksesvol.

KUSSINGS VIR KERKBANKE

Iemand het die inisiatief geneem om 'n projek te loods waar ons kussings vir ons kerkbanke maak. Daar is 'n voorbeeld van so 'n kussing op die voorste bank in die kerk. As ons dit self maak, kos dit ons R150 per kussing waarop twee mense kan sit. Kontak die kerkkantoor indien jy so 'n kussing vir die kerkbanke wil borg.

KERKRAADSVERGADERING

Hiermee geskied kennis van die Kerkraadsvergadering wat gehou sal word op Dinsdag 22 November in die Kerksaal.

2022-11-13 - 2022-11-19 - ONS BID SAAM VIR...

Straatwerkers (Deuroffer): Vader hierdie kinders van U werk met hawelose mense wat aan die elemente oorgelwer is en dikwels nie kos het om te eet nie en tog ook 'n behoefte aan die Evangelie het. Ons bid dus vir die werkers wat moet sorg dat aan die haweloses se behoeftes voldoen word. Die beplanning van die Desember vakansie asook Basaar en 2023. Ons het U insig en wysheid nodig om reg te laat geskied aan die behoeftes van ons vakansiegangers maar ook ons gemeente se geestelike en finansiële behoeftes. Dankie dat ons in dié sake ook op U leiding kan staat maak. Die Matriekeksamen: Vele hindernisse werk negatief in op die eksamen; beurtkrag, onbegaanbare paaie en die stakings van Staatsamptenare. Ons gebed is dat die vak-unies die groter prentjie sal raaksien en nie slegs eie belang nie. DANKIE: Die voorbeeld wat Christus aan ons gestel het om ons naaste lief te hê en aan ander goed te doen. Die Nagmaal waardeur ons geestelik versterk kon word. Die Gemeenskap van gelowiges wat ons

Erediens - 13 November 2022

Prent
  Ons het Vandag 2 eredienste: 08:00 in die Kobus Hattinghsaal in Glentana en om 09:30 'n erediens in die kerk. Let wel dit is nié 'n inrydiens nie. Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die diens. Ons sien uit daarna om jou Sondag te sien. VOLGENDE SONDAG - 20 November 2022 Volgende Sondag is die eerste geleentheid tot belydenisaflegging van ons jongmense. Ons vier Nagmaal saam met hulle en hulle gesinne. As dit lekker weer is, sal daar na kerk koffie op die gras voor die kerk bedien word. DEUROFFER: SINODALE STRAATWERK Straatwerk is 'n Christen organisasie wat vir die afgelope 55 jaar as deel van ons kerkfamilie uitreik na: vroue vasgevang in prostitusie, hawelose mense en diegene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad. Deur werkrehabilitasie (Ophelp Projek) skep ons geleenthede vir hawelose mense om op 'n eerbare manier 'n inkomste te verdien deur harde werk as 'n alternatief vir bedelary en misdaad. In ons uitreike no

OUTENIQUALAND SE SKOENBOKSPROJEK

Een van ons lidmate, met ‘n passie vir kinders, loods hierdie Kersfees Outeniqualand se eie skoenboks projek. Sy sal leë skoenbokse in die voorportaal plaas met inligting daarin van die kind vir wie die skoenboks gaan en 'n riglyn van wat in die boks kan gaan. Indien jy betrokke wil raak by hierdie projek kan jy ‘n boks in die voorportaal neem en dit vul sodat dit net voor Kersfees uitgedeel kan word aan die kinders. Voorgestelde items vir boks: T-hemp, toiletware, skryfbehoeftes, koekies & lekkers en speelding. Die bokse moet asseblief teen 16 November terugbesorg word aan die kerkkantoor. Indien jy enige vrae het, kontak vir Petru.

2022-11-06 - 2022-11-12 - ONS BID SAAM VIR...

Friemersheim VGK (Deuroffers): Vader neem U hierdie gemeente in U sorg en help hulle om finansieël en geestelik tot U diens te wees. Die Nagmaal: Dankie Vader vir die sakrament waarmee ons U genade aan ons kan ervaar. Mense in gebiede wat deur natuurrampe getref is en groot skade aan eiendom en lewens ervaar het. Hulle in ons gemeenskap wat nog nie ‘n verbintenis met 'n gemeente gemaak het nie. Werk U in hulle harte om 'n behoefte aan die gemeenskap met mede gelowiges te ervaar. DANKIE: 'n Geleentheid waar ons deur sang en musiek saam met medegelowiges kon kuier en ons geloof in U kon bely. Mense wat U met talente geseën het om deur sang ook kinders aan U te bind. Versoening tussen gemeentes en gemeenskappe wat gebind word aan ons geloof in Jesus Christus.

Nagmaal - 06 November 2022

Prent
  Vandag is die afsluiting van ons 10de Dankbaarheidsoffer insamelings. Ons vier saam nagmaal en het ook ons VGK Friemersheim bure uitgenooi na die Nagmaal. Ons sluit ons Dankbaarheidsofferfees af met 'n heerlike Bring & Braai vanaf 11:30 by die Kobus Hattingh-saal. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar twee eredienste: 'n erediens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerkgebou. DEUROFFER: VGK FRIEMERSHEIM Outeniqualand het 'n geskiedenis van noue samewerking met VGK Friemersheim. Ons ondersteun graag hulle bediening en het deernis met die uitdagings waarmee hulle te doen het. Ons kerkraad en Diensgroep vir Getuienis het die afgelope jaar saam met hulle gekuier om ons verhouding met hulle te versterk. Deur verhoudings groei ons nader aan mekaar en leer ons mekaar ken en begrip kry vir elkeen se unieke omstandighede. Dankie vir die finansiële ondersteuning en gebede vir hierdie gemeente. BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES Mansbybelstudie is Donderdae om 08: