Sinodale Jeugwerk (Deuroffer): Ons jeug is ons en die kerk se belangrikste bate. Lei U ons om ons jeug geestelike te versorg en tot U eer op te voed. Erfenisdag: Vader lei U ons om die erfenis wat ons van U ontvang het te eer en te bewaar. Ps. 16:6 "n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek van U ontvang het, is vir my mooi". Skade aan ons kus: Vader U het die afgelope week U Almag en Krag aan ons geopenbaar. Help U ons om ook hierdie ramp, biddend en in afhanklikheid aan U, as teken uit U hand te aanvaar en daaruit te leer. Oorloë en vyandskap tussen volke en lande in die wêreld duur voort. Ons bid vir wêreldvrede. DANKIE: Vir 7 weke saam met Jesus. U teenwoordigheid in die kerk, klein groepe en in persoonlike bybelstudie het ons geestelike vernuwe. Dat te midde van veldbrande, hoë golwe en natuurrampe ons steeds volkome op U kan vertrou. Vir 'n gemeente waar ons U kan loof en prys en U steeds die middelpunt van ons aanbidding is.