Plasings

Wys tans plasings vanaf September, 2021

TIENDEMAAND DANKBAARHEIDSOFFER

Oktobermaand is elke jaar ‘n besondere maand vir ons gemeente. Dit is die maand waarin ons lidmate die geleentheid kry om op ‘n spesiale manier, bo en behalwe hulle maandelikse dankoffers, hulle dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader te betoon vir al die goedheid, guns en genade wat ons onverdiend uit Sy vaderhand ontvang. Soos verlede jaar, is ons steeds vanjaar baie bewus van die ontwrigtende effek wat Covid-19 op ons lewens het. Trouens, dit voel asof dit vanjaar nader aan ons gekom het met familie en vriende wat ernstig siek geword het of selfs oorlede is. Dit kan ‘n gevoel van onsekerheid by ons skep. In so ‘n tyd is dit vir ons as gelowiges egter ‘n wonderlike voorreg om te kan vashou aan ons Hemelse Vader oor wie se liefde, omgee en versorging selfs, en veral in moeilike tye, daar geen onsekerheid bestaan nie. Dit is vir ons ‘n groot bron van dankbaarheid. Hierdie dankbaarheid kan op baie wyses betoon word. So kan ons vir mense wat swaar kry, help en ondersteun en natuurlik bid.

26-09-2021 - -2-10-2021 - ONS BID SAAM VIR...

Die werk wat die Sinodale Jeugkommissie onder ons jeug doen. Ons bid veral vir die jongmense wat werkloos is en uitgelewer is aan misdaad en dwelmisbruik. Sorg U asseblief vir ons jeug en rus die werkers wat onder die jeug werk toe met insig en geloof. Die gesin in Nieu-Seeland en hulle geliefdes wat treur oor die dood van onskuldige kinders, maar ook vir haar wat van die gruweldaad verdink word. Omvou haar met U liefde en genade. Onmin in die Kerk. Van ons familie en vriende behoort aan gemeentes wat doleer. Ons het ons Kerk en U Woord lief en wil nie keuses maak nie. Bring U asseblief versoening en help leiers om by U te soek na wat reg is. Vervolgde Christene. In baie lande van die wêreld word U kinders vervolg. Staan U hulle by en laat U Evangelie steeds versprei word. DANKIE: Dat U nie van ons verwag om sewe dae van die week te werk nie, maar ook in U wysheid vir ons 'n rusdag gegee het. (verlede Sondag se preek) Dat ons kan verneem dat die dodetal aan Covid-19 besig is om te

Erediens - 26 September 2021

Prent
   Ons nooi jou uit na Sondag se inrydiens om 09:30 by die dam agter die kerkgebou! Ons tema vir Sondag is: Hoe gesond is jy? Na die diens gaan ons weer lekker koffie drink onder afdak langs die dam. Daar is geen VONK byeenkoms vir die juniors nie! DEUROFFER: Sinodale Jeugwerk Die Jeug en Familiebediening van die Wes-Kaapland fokus op die ondersteuning, toerusting en navorsing van Jeugwerk wat deur gemeentes gedoen word, onder andere: Kategese ondersteuning Familiebediening hulpmiddels #imagine feesnaweek (#imagine local in 2021) Navorsing oor Jong Volwasse bediening Kinderbediening ondersteuning. Me. Maryke Fourie | 021 808 9050 | jeug@sun.ac.za | Webwerf: www.dinkjeug.co.za | YouTube – Kerk van die Toekoms

INTERNATIONAL COASTAL CLEANUP

Prent
 

19-09-2021 - 25-09-2021 - ONS BID SAAM VIR...

Lidmate in ons gemeente wat worstel met siektes, depressie en finansiële nood. Ons bid dat hulle God se liefde en teenwoordigheid elke dag sal ervaar! Ons polisiediens en geregshowe, in die aanloop tot die plaaslike munisipale verkiesing, dat politieke geweld, moorde, intimidasie en manipulasie nie sal plaasvind nie. Die nood en armoede in ons omgewing – daar is baie mense wat honger ly en met die langdurige koue nat winter, bid ons dat ons hante en hande oop sal wees om die nood te verlig. Studente-bearbeiding (Deuroffer). Groot eise word aan ons studente gestel om onder abnormale omstandighede steeds te bly studeer. Vader gee vir hulle daagliks die visie en deursettingsvermoë om te volhard en hulle vertroue in U te stel. DANKIE Dat ek in U geanker kan wees en dat ek dit kan geniet om U woorde deel van my lewe te maak. (Sondag se preek) Dat U ook deur die inrydienste op 'n besondere wyse met ons kan spreek. Die liefde wat ons daagliks van familie en vriende ervaar.

Erediens - 19 September 2021

Prent
  Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou! DOOP:  Jeandré en Adel Coetzer doop hulle dogtertjie Ilené met toestemming van Oudtshoorn Moedergemeente. Na die diens gaan ons weer lekker koffie drink voor die dam. DEUROFFER: Studente-bearbeiding Studentebearbeiding fokus op die ondersteuning van die bediening aan studente in Stellenbosch, Tygerberg en Wellington, asook die post-matriek fees. Navorsing word ook gedoen oor die veranderende aard van die bediening aan studente en jong volwassenes. Die “Kerk van die Toekoms” netwerk help gemeentes om vars ruimtes te skep waar jong volwassenes hulle geloof kan beoefen. Me. Maryke Fourie | 021 808 9050 | jeug@sun.ac.za | Webwerf: www.dinkjeug.co.za | YouTube – Kerk van die Toekoms

12-09-2021 - 18-09-2021 - ONS BID SAAM VIR...

Die Covid pandemie wat steeds groot onsekerheid veroorsaak. Ons bid dat hulle wat die besluite in verband met die bekamping van die siekte moet neem dit steeds met verantwoordelikheid teenoor ons en die Ekonomie sal neem. Diepkloof Kleuterskool: Dankie Vader vir gelowige onderwysers en 'n bestuur wat hulle taak met toewyding tot u eer verrig. Die graad 12 leerlinge wat besig is met die rekord-eksamen. U weet onder watter omstandighede hulle hul moes voorberei vir die ekamen, help hulle asseblief om volkome op U te vertrou en rus u hulle toe met die nodige toewyding en kalmte. Predikante-begeleiding (Deuroffer). Vader ons wil ons leraars aan U opdra. Die tyd waarin ons leef stel besondere eise aan ons leraars, ons dink veral aan die daaglikse trauma wat hulle moet hanteer. U alleen kan hulle toerus vir hierdie moeilike taak. DANKIE: Dat ons na U kan luister en U op soveel wyses daagliks met ons praat. Dat dit U is wat vir ons sorg. (Preek van Sondag)

Erediens - 12 September 2021

Prent
  Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou! Na die diens gaan ons weer lekker koffie drink voor die dam. DEUROFFER: PREDIKANTE-BEGELEIDING Dominees skryf agter hulle naam VDM – Verbi Divini Minister. Hulle is bedienaars van die Goddelike Woord. Oor hulle drumpels stap dié met aansien maar ook dié waarop neergesien word. Hulle bediening getuig van hartsake en kerksake en ringsake, van hartseer en twyfel en verslaentheid en rou. Hulle tree op as vredemakers en arbiters en fasiliteerders en troosters. Op Sondag staan hierdie manne en vroue voor u en sê: “So sê die Here.” Deur die taakspan Predikantebegeleiding, wat deel is van die diensgroep Gemeentebege-leiding, lewer ons Sinode 'n omvattende ondersteunings- en bedieningsprogram aan al die leraars van ons kerk. 'n Program wat daarop fokus om dominees hulle bekwaamhede te laat ontwikkel en persoonsgroei stimuleer maar 'n program wat hulle ook verbonde hou aan hul Bron. U offer vandag ondersteu

2021-09-05 - 2021-09-11 - ONS BID SAAM VIR...

Die landbou in ons land maar ook in ons streek. Vader, U het hierdie belangrike sektor in ons ekonomie vir ons gegee om mens en dier te voed. Hou asseblief U hand oor ons boere en gee vir hulle die krag om onder moeilike omstandighede te volhard. Die mense in Louisiana in die VSA, waar die orkaan Ida verwoesting gesaai het. Bewaar asseblief die mense waar natuurkragte die mens bedreig. Instituut vir Dowes: (Deuroffer) Ons is die afgelope weke, deur die Para-olimpiese spele, bewus van die uitdagings van die gestremde persone, maar ook hoe hulle uitdagings aanvaar en oorwin en aan U die dank gee. Ons bid ook vir die dowes en hulle geestelike en finansiële versorging. DANKIE: Dat ons by U rus kan vind. (Prediking van Sondag) Vir die ontwaking in die natuur. Ons sien U hand in alles en loof en prys U daarvoor.

Gemeenskapsdiens - 5 September 2021 - Dankdag vir Landbou en Ekonomie

Prent
  Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou! Na die diens gaan ons weer lekker koffie drink voor die dam. DEUROFFER: INSTITUUT VIR DOWES Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Christus kan ontvang. Die deuroffer vir die Nasionale Instituut vir Dowes word as volg aangewend: Bejaardesorg vir Dowes in 'n versorgingseenheid op Worcester; Residensiële versorging van volwasse Dowes met meervoudige-gestremdhede (die enigste in Suid-Afrika en Afrika); Beroepsopleiding aan Dowe studente; Lewering van multi-dissiplinêre steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies; Ondersteuning aan 2 gemeentes (die Dowe Familie Kerk, Worcester en die NGK De la Bat in Bellville) vir die geestelike versorging van Dowes. (023) 342 5555 | nid@nid.org.za | www.nid.org.za

Kleingroep-reeks: Geseën om ander te seën!

Prent