Plasings

Wys tans plasings vanaf Maart, 2024

IN 2025 IS OUTENIQUALAND 75 JAAR OUD!

Ons oorweeg om 'n Feesboek uit te bring vir hierdie geleentheid. Ons is op soek na 'n Redakteur en ook spanlede vir hierdie projek. As dit een van jou talente is en jy stel belang om te help, kontak Merinda of ds. Jan.

31-03-2024 - 06-04-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Jan Kriel Instituut (Deuroffer): Hierdie instansie het vir baie jare leerders met spesiale onderwys behoeftes versorg. Help U ons om ons plig teenoor hulle na te kom, maar dat ons ook vir die leerders, opvoeders, versorgers en ouers sal bid. Paassondag: Hierdie is 'n besondere dag op ons kerkkalender. Vader maak U ons vandag bewus van U lyding, sterwe en opstanding. Dit was vir ons as sondaars wat U die Lydensweg gestap het. Heiligeweek: Ons as gemeente was die week in U teenwoordigheid. Ons gebed is dat ons meelewing nie net tot Lydenstyd beperk sal word nie, maar deel sal wees van ons daaglikse lewe en ons deur ons lewe ander sal inspireer om ook U volgelinge te word. Verkiesing: Alle tekens is daar dat die komende verkiesing dinge in ons land kan verander. Vader help U ons as inwoners om nie mag en heerssug ingedagte te hê nie, maar diens en opheffing. DANKIE: Vir gelowige boere se hoop, moed en positiwiteit te midde van moeilike omstandighede. Vir Jesus wat vir ons gekruisig is

Paasbyeenkomste - 31 Maart 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Paassondag se twee byeenkomste en om die oorwinning van Jesus oor die sonde en dood te vier: Vroeë oggend gebed met sonopkoms 07:00 op Glentana se strand (afhangende van die weer) Erediens om 09:30 in die kerk. Daar is geen koffie na afloop van die erediens nie. DEUROFFER: JAN KRIEL INSTITUUT (KUILSRIVIER) Jan Krielskool (sedert 1937) is die 3de oudste skool vir “kinders met spesiale onderwysbehoeftes”. Soos met die Dowes en Blindes (die eerste twee) het die NGK dit begin, ontwikkel en bestuur. Sedert 1998 (nuwe onderwyswet) is die NKG en haar lidmate se betrokkenheid beperk tot befondsing van verdienstelike kinders en projekte in die skool. Die “ekstra” dienste wat die staat en ouers nie kan gekostig of in stand hou nie, word deur gemeentes en individuele donateursvriende gedra. Dit beloop etlike miljoene per jaar, maar die resultate toon dat dit deur en deur die moeite werd is. Jan Krielskool is byvoorbeeld: Bekroon as die beste “spesiale” skool in Suid-Afrika Bek

PENDELDIENSTE

Prent
Een van ons lidmate het begin met 'n Lughawe en Dorp pendeldiens. Hy kan help so wyd as Oubaai / Heroldsbaai / Glentana / Grootbrakrivier / Wildernis / Victoriabaai. Hy sê sy diens is betroubaar, bekostigbaar, betyds en veilig. Kontak gerus vir George Botha. Ons het ook 'n lidmaat wat begin het met ’n bussie wat tussen Bloemfontein en George passasiers vervoer. Ondersteun hulle gerus.  

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL het hierdie jaar 73 ingeskrewe kindertjies tussen die ouderdom van 3 en 5 jaar. Ons hoop dat ons hulle die grondslag kan gee om suksesvolle en gelukkige volwassenes te word. 'n Goeie storie is dat die nuut-aangestelde Graad R Juffrou by Hoogekraal Primêr haar skoolloopbaan onder Juffrou Noleen by Diepkloof Kleuterskool begin het! Kan ek asseblief julle hulp vra: Ons benodig storieboeke vir kleuters - meeste van dié wat ons het is al baie oud en op gelees! Ook wil ons groterige karretjies hê vir die klein seuntjies wat hulle lekker kan vashou en op die mat mee kan speel. As iemand ons daarmee kan help kan julle my kontak of dit by die Kleuterskool self afgee. Ons sal dit baie waardeer! Bernice van Rooyen

24-03-2024 - 30-03-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Publieke getuienis (Deuroffer): Hierdie instansie onder leiding van Dr. Braam Hanekom lewer getuienis onder verskillende gemeenskappe. Ons bid vir seën op hulle werk en die finansiële voorsiening. Paasvakansie: Skole het vir die Paasvakansie gesluit. Vader beskerm U asseblief hulle wat op die paaie is. Die Kerk en ons Gemeente: Paastyd is 'n belangrike tyd op die kerk kalender. Mag dit vir ons as gelowiges 'n tyd van verootmoediging en meelewing wees. Verkiesing: Vader daar is soveel berigte wat ons lees en hoor, en so min wat ons gerus stel. Help ons om in alles volkome op U te vertrou. DANKIE: Vir 'n kerk en gemeente wat in Paastyd op U fokus. Vir al U getroue dienaars wat in die tyd woorde van bemoediging en hoop spreek. Vir hulle wat hulle vir versoening en vrede beywer.

Erediens - 24 Maart 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Dit is Palmsondag en die begin van ons Groot Lydenstyd Meditasiedienste om 18:30 in die kerk. Die dienste sal aanhou tot Donderdag 28 Maart. Ons sluit die Groot Lydensweek af met die viering van die Nagmaal en 'n Vis- en Broodjie aand in die kerksaal direk na nagmaal. Kom drink heerlike koffie saam met ons na afloop van die erediens. DEUROFFER: PUBLIEKE GETUIENIS Die Getuienisaksie van die Sinode is besig op verskeie plekke in Afrika asook die res van die wêreld met getuienisaksies. Getuienisaksie Webwerf: http://getuienis.christians.co.za

Eredienste - Lydenstyd en Pase - 2024

Prent
 

KONING van die konings

Prent
 

BEERTJIE-PROJEK

Die Diensgroep vir Barmhartigheid vra hulp met die brei of hekel van beertjies wat uitgedeel gaan word aan al die Gr. R leerlinge van Hoogekraal Laerskool, Diepkloof Laerskool en Laerskool Van der Hoven asook die kleuters van ons eie Diepkloof Kleuterskool. Ons benodig omtrent 135 beertjies. Jy kan jou eie patroon gebruik of 'n patroon kry by Merinda by die kerkkantoor. Indien moontlik moet die voltooide beertjie nie groter as 37cm wees nie. Kontak gerus vir Lizelle Burger via whatsapp as jy deel wil wees van die projek.

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL het hierdie jaar 73 ingeskrewe kindertjies tussen die ouderdom van 3 en 5 jaar. Ons hoop dat ons hulle die grondslag kan gee om suksesvolle en gelukkige volwassenes te word. 'n Goeie storie is dat die nuut-aangestelde Graad R Juffrou by Hoogekraal Primêr haar skoolloopbaan onder Juffrou Noleen by Diepkloof Kleuterskool begin het! Kan ek asseblief julle hulp vra: Ons benodig storieboeke vir kleuters - meeste van dié wat ons het is al baie oud en op gelees! Ook wil ons groterige karretjies hê vir die klein seuntjies wat hulle lekker kan vashou en op die mat mee kan speel. As iemand ons daarmee kan help kan julle my kontak of dit by die Kleuterskool self afgee. Ons sal dit baie waardeer! Bernice van Rooyen

GASVRYHEID - DAMESOGGEND

Die Damesoggend wat beloof om ‘n besonderse hoogtepunt op vanjaar se kalender te wees, is vervroeg na 6 April 2024. As jy bereid is om gasvrou vir ons Damesoggend te wees, kontak so gou moontlik vir Christa of Merinda by die kerkkantoor. Kookwater, 2 borde soet en 2 borde sout sal deur die kerk voorsien word. Elke gasvrou sal 'n skrywe ontvang van nodige riglyne vir die dek en décor van jou tafel en ook 'n indikasie van verversings en drinkgoed. Desiree Gardener sal optree as spreker by hierdie heerlike damesoggend met sang deur Petronel Baard. Die Tema is Gadsby – Omhels Vrouwees! Koste beloop R200 p/p. Kontak vir Christa of vir Merinda.

17-03-2024 - 23-03-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Reën in somerreënvalstreke: Daar is dele van ons land wat reën dringend nodig het om oeste te red. Ons vertrou op U om uitkoms. Hugenote Kollege (Deuroffer): Die inrigting bied naskoolse teologiese opleiding aan studente in sosiale werk en teologie. Die samelewing het hierdie studente met hulle teologiese agtergrond baie nodig. Ons bid dat U die werk van hierdie inrigting en studente sal seën. Nagmaal saam met Friemersheim: Ons gebed is dat U hierdie besondere geleentheid sal seën en ons ook op die wyse nader aan mekaar sal bring. Verkiesing: Daar is soveel aan hierdie verkiesing wat ons benoud maak. Ons weet dat ons land op 'n kruispad staan. Help U ons om op U te vertrou. Gemeente-aktiwiteite wat daarop gerig is om ons nader aan U te bring gedurende Lydenstyd en Paasfees. Ons bid vir U teenwoordigheid en seën by elke geleentheid. DANKIE: Vir die voorreg om U daagliks te ontmoet, U gee vir ons U liefde, U Woord, die natuur en musiek. Dat ons by U rus kan vind. Matt. 11:28 “Kom na

FONDSINSAMELINGS

Die Here seën Outeniqualand gemeente op soveel terreine. Ons staan telkens verstom en dankbaar oor die Here se voorsiening. Sy voorsiening help ons om ons visie van Oorgee Omgee en Aangee te kan uitleef. Naas ons dankoffers en bankkollektes, is ons afhanklik van ander insamelings om ons begroting te laat klop. Dit beloop 22% van ons jaarlikse inkomste: Jun/Jul: Winterbasaar Sep: Beesloop Okt: Tiendemaand dankoffers Des: Somerbasaar Al vier hierdie fondsinsamelings geskied in die tweede helfte van die jaar. Daarom het ons besluit om die insamelings deur die loop van die jaar te versprei. Dit is egter nie so maklik om beskikbare datums te vind in oorvol dagboeke nie. Die Winterbasaar het na COVID slegs ‘n kontant en lewende hawe insameling geword sonder enige sosiale komponent/kuier. Die Beesloop van verlede jaar het juis die sosiale komponent/kuier probeer ondervang. Ons het dus die Winterbasaar se insameling teruggeskuif na Maart/April. Ons noem dit die Herfsmandjie van oorvloed. Ons s

Nagmaal - 17 Maart 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se Nagmaal 09:30 in die kerkgebou. Sondag sluit ons die 4 familie-wees reeks af met ons tema: Families vier fees! Ons vier ook Nagmaal saam met VGK Friemersheim wat by ons aansluit vir die diens. Ons verwelkom ook vir Reece Whitehead wat belydenis van geloof aflê. Kom drink heerlike koffie saam met ons na afloop van die erediens (daar is nie 'n Nagmaalsete na die Nagmaal nie). Woensdag sluit die skole en ons wens ons leerders en onderwysers 'n heerlike en welverdiende rustyd toe! DEUROFFER: HUGENOTE KOLLEGE Die Hugenote Kollege is die NG Kerk se eie universiteit wat as 'n privaat opleidingsinstansie studente vanuit die Christelike geloof en waardestelsel oplei vir maatskaplike- en kerklike dienswerk. Die gebeure rondom Covid-19 het net weer onderstreep hoe belangrik die kerk se maatskaplike werk en dienslewering is, en hoe noodsaaklik dit is om goed opgeleide persone te kan verskaf wat diens lewer in kinderhuise, ouetehuise en wat berading kan doe

Boekbekendstelling - Bloedsomer

Prent
 

Sit jou hart op 'n kruis en word vry!

Prent
 

10-03-2024 - 16-03-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Eljada Nasorg (Deuroffer): Hier word volwasse persone wat intellektueel gestremd is, voltyds versorg. Hierdie persone en hulle versorgers het ons voorbidding en ondersteuning baie nodig. Lydenstyd: 'n Tyd waar ons Jesus met oorgawe volg. Joh. 8:12 Jesus sê: "Ek is die lig vir die wêreld, wie my volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee." Die vermoë om sensitief te wees vir die seer en nood om ons. Die verkiesing: “Laat U wil geskied, in die Hemel en ook op die aarde” maar ook in ons mooi land. Ons bid dat hulle wat aan bewind sal wees na die verkiesing U wil sal soek en tot U eer sal regeer. DANKIE: Vir die mooi reën in ons omgewing. Ons het gevra en U het ons gebede verhoor. Daarvoor loof en prys ons U. Vir mense om ons wat omgee en na ons en ander uitreik. Dat U ons vrae en onsekerhede beantwoord en altyd daar is vir ons.

Eredienste - 10 Maart 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se twee eredienste: 08:00 in Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerkgebou. As gevolg van ons preekreeks sal daarnie 'n inrydiens wees nie. Hierdie Sondag se tema is: Families ontmoet God! Kom drink heerlike koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. DEUROFFER: ELJADA NASORG Die Eljada Nasorg in Oudtshoorn voorsien residensiële versorgings- en ontwikkelingsdienste aan 97 volwasse persone met intellektuele gestremdhede en dagsorg-dienste aan 13 volwasse persone met intellektuele gestremdhede wat in die gemeenskap woon. Projekte en aktiwiteite wat deur 5 intruktrises aangebied word is: kognitiewe ontwikkeling, lewensvaardigheid- en bewusmakingsprogramme, leerwerk, kers- en matmakery, vervaardiging van draadhangers, naald-, krale-, brei en hekelwerk, hulp in die tuin en kombuis, etiket- en Bybelklasse, danse, uitstappies, koorsang by gemeentes, swem, toutrek, fietsry, gimnasiumoefeninge en stap. Eljada Nasorg se 5 huismoeders versorg i

NG MOEDERKERK GHOLFDAG

Prent
 

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL het hierdie jaar 73 ingeskrewe kindertjies tussen die ouderdom van 3 en 5 jaar. Ons hoop dat ons hulle die grondslag kan gee om suksesvolle en gelukkige volwassenes te word. 'n Goeie storie is dat die nuut-aangestelde Graad R Juffrou by Hoogekraal Primêr haar skoolloopbaan onder Juffrou Noleen by Diepkloof Kleuterskool begin het! Kan ek asseblief julle hulp vra: Ons benodig storieboeke vir kleuters - meeste van dié wat ons het is al baie oud en op gelees! Ook wil ons groterige karretjies hê vir die klein seuntjies wat hulle lekker kan vashou en op die mat mee kan speel. As iemand ons daarmee kan help kan julle my kontak of dit by die kleuterskool self afgee. Ons sal dit baie waardeer! Bernice van Rooyen

PELGRIMS VAN HOOP

3 Jaar gelede is daar begin met die PELGRIMSTOG VAN HOOP tussen Herold en Mosselbaai. Outeniqualand gemeente is die 3de laaste "Brunch-stop" op die roete. Klink hierdie na 'n bediening waarby jy betrokke wil raak? Wat dit behels is, as daar die oggend 'n groep verbykom, kos aangekoop word by die Spar, die tafel gedek moet word en dat jy saam met die pelgrims eet en as gasheer/gasvrou optree tydens hulle kort besoek. Ons het ‘n hele paar spanne wat mekaar afwissel. Aan die begin van die maand word die datums van die besoeke deurgegee en jy kan self kies watter datum vir jou sal pas indien enige. Dit is 'n baie bevredigende bediening waarin jou gasvryheid, vriendelikheid en betroubaarheid benodig word. Die groepe kan wissel van net 2 mense tot soveel as 8 of 10 mense. Dit bied 'n geleentheid om saam met baie interessante mense te kuier en Outeniqualand se gasvryheid met hulle te deel. Indien jy voel dat dit 'n bediening is waarby jy wil inskakel, kontak asse

GASVRYHEID - DAMESOGGEND

Die Damesoggend wat beloof om 'n besonderse hoogtepunt op vanjaar se kalender te wees, is vervroeg na 6 April 2024. As jy bereid is om gasvrou vir ons Damesoggend te wees, kontak so gou moontlik vir Christa of Merinda by die kerkkantoor. Kookwater, 2 borde soet en 2 borde sout sal deur die kerk voorsien word. Elke gasvrou sal 'n skrywe ontvang van nodige riglyne vir die dek en décor van jou tafel en ook 'n indikasie van verversings en drinkgoed. Desiree Gardener sal optree as spreker by hierdie heerlike damesoggend. Die Tema is Gadsby – Omhels Vrouwees! Koste beloop R200 p/p Kontak vir Christa of vir Merinda.

03-03-2024 - 09-03-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Biddag vir Landbou: Vader die boere in ons land het U baie nodig. Hulle stryd is teen die elemente in die natuur maar ook teen 'n regering wat nie baie simpatiek teenoor hulle voorkom nie, daar is ook hulle veiligheid, onsekerheid oor grondonteiening en probleme met kragvoorsiening en uitvoer van produkte by ondoeltreffende hawens. Ontverm U asseblief oor ons boere. Biddag vir die Ekonomie: Ons Ekonomie is onder groot druk om armoede te verlig en werk te skep. Daarvoor is ekonomiese groei nodig. Gee U asseblief mense wat met kundigheid en beleggings uitkoms kan gee. Ons gemeenskap: Dele van ons gemeenskap verkeer in armoede en het ons hulp en ondersteuning nodig. Help U ons om die nood raak te sien en hulp te verleen. Ons bid nie net vir 'n vreedsame verkiesing nie, maar dat wie ookal die land gaan regeer morele beginsels sal handhaaf soos respek vir lewe, eerlikheid, menslike waardigheid, maatskaplike waardigheid en versoening. DANKIE: Vir dit wat ons het. Daar is so baie waar

KRUISBOU

Tydens Lydenstyd is dit bykans sinoniem om jouself te vereenselwig met pyn, onregverdigheid, opstandigheid en dinge van die verlede - dinge wat jy nie wil of kan los nie! Kruisbou is 'n wonderlike oefening om jou hart uit te stort op jou eie, persoonlike kruis! Die heerlikheid van heelmaak en vrymaak – en dit op 'n onkonfensionele, kunstige manier. Vir wie is dit bedoel? Vir een en elk, oud en jonk, mans en vroue. Wanneer: Saterdag 16 Maart om 10:00 by die Kobus Hattingh-saal! Kostes: R50 per persoon wat alles insluit (ook heerlike tee en koffie). Wat benodig ons: Ons benodig kruise (groot genoeg om items daarop te plak/gemaak van enige soort materiaal). Items wat ons op die kruise kan plak (scrapbooking items): skulpies, stokke, blomme, woorde (soos seer/eina/struggle/bloei/vergewe/verward/huil/skreeu/dood/familie/egskeiding/bankkrotskap/armoede/verlies) wat uit tydskrifte geskeur is of enigiets wat die realiteit van ons lewe verwoord.

Gemeenskapsdiens - 03 Maart 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Hierdie Sondag se tema is Families gee om! Dit is ons gemeenskapsdiens waartydens ons ook gaan voorbidding doen vir die Landbou en die Ekonomie. Kom drink heerlike koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. DEUROFFER: ALTA DU TOIT NASORG Die Alta du Toit Nasorgsentrum (Bellville) maak voorsiening vir volwassenes (18 jaar en ouer) wat intellektueel gestremd is. Hulle vaardighede word optimaal ontwikkel met die hulp van professionele opleidings- en ontwikkelingsprogramme. Die hantering van kliënte word bestuur deur ‘n dissiplinêre span, wat persoonlike versorgers, verpleegpersoneel, toesighouers in die werksarea, arbeidsterapeute asook maatskaplike werkers insluit. Met die nodige liefde en ondersteuning word verseker dat ons kliënte eerstens goed versorg word, maar word daar ook omgesien na hul fisiese, emosionele en geestelike behoeftes. Ons huisves 174 kliënte in 4 koshuise en ontvang ook op weeksdae