Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2022

HOOGEKRAAL INISIATIEF

Hoogekraal gemeenskap het begin met 'n inisiatief om hulle gemeenskap op te bou. Uit hulle eie geledere is daar leiers wat opstaan om hulle omstandighede te verbeter. Die volgende versoeke het ons van hulle ontvang: Kinder-DVD’s om die jongspan besig te hou. Wit papier (al is daar op die een kant reeds iets gedruk). Hulle wil begin om Saterdae vir die meisies netbal te leer. Laerskool Hoogekraal het hulle netbalbaan hiervoor beskikbaar gestel. Hulle benodig dames wat kan help met afrigting. As jy kan help, kontak asseblief vir ds. Jan of vir Merinda by die kerkkantoor.

TUISGEMAAKTE KONFYT

BAIE DANKIE vir al die dames wat vir ons tuisgemaakte konfyt gebring het sodat ons die Pelgrims op eg Outeniqualandse wyse kan bederf. Ons waardeer dit baie.

MUSSE VIR DIE KOUE

Wyk 5 se Damesbybelstudiegroep het met ‘n musse-breiprojek vir die kleuterskool begin. Ons nooi almal wat kan/wil brei, om te help. Jy kan enige patroon gebruik, asook enige kleur wol. Oorskiet wol maak pragtige bont musse! Ons beoog om dwarsdeur die jaar te brei en sodoende vroegtydig voorraad op te bou. Voltooide musse artikels kan in die mandjie van oorvloed, in die voorportaal geplaas word, of dit kan by die kerkkantoor afgegee word.

2022-05-29 - 2022-06-04 - ONS BID SAAM VIR...

Mense en besighede in KZN, wat weer groot gely het as gevolg van swaar reën. Wil U in hierdie tyd vir hulle 'n troos en anker wees. Pinkster: 'n Tyd waar ons die Hemelvaart en uitstorting van die Heilige Gees, saam met mede gelowiges kan herdenk. Mag u seën op ons samekomste rus. 'n Gemeente wat vir mekaar omgee en ander se nood raaksien. (Prediking verlede Sondag) Die Bybelgenootskap. Mag die verspreiding van die Bybel asook die vertalings wat in verskillende tale gedoen word deur U geseën word. (Deuroffer) DANKIE VIR: Die Heilige Gees wat U ons geskenk het as trooster 'n Leraar en Kerkraad wat die afgelope twee jaar onder uitdagende omstandighede steeds die evangelie in ons gemeente lewend gehou het U beloftes waaraan ons steeds kan vashou. Die voorbeeld wat U gestel het, met 'n hart wat omgee.

GEEN BYBELSTUDIE HIERDIE WEEK

As gevolg van die Pinksterdienste elke aand om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal is daar geen Mansbybelstudie of Damesbybelstudie op Donderdag 2 Junie nie.

Erediens - 29 Mei 2022

 Ons nooi jou uit na Sondag se diens om 09:30 in die kerk. Na die diens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Die eredienste vir Mei en Junie sien soos volg daaruit: 29 Mei: KERKDIENS om 09:30 5 Junie: KERKDIENS om 09:30 12 Junie: Kobus Hattingh-saal diens om 08:00 INRYDIENS om 09:30 19 Junie: KERKDIENS om 09:30 26 Junie: INRYDIENS om 09:30 DEUROFFER: BYBELGENOOTSKAP Die Here het ons in staat gestel om in al 11 amptelike tale Bybels te kon vertaal en in meeste tale is daar hersienings en tweede vertalings gewees. Die NG Kerk het vanaf die stigting van die Bybelgenootskap in 1820 ‘n baie belangrike rol te speel om vir die res van die land, met sy verskillende kulture en tale 'n eie Bybel te kon gee. Soos dit met gemeentes in die tyd swaar gaan, gaan dit in die Bybelgenootskap wat 'n donateur gebaseerde organisasie is ook maar moeilik. Die Covid-19 het veroorsaak dat ons geen inkomste deur deurkollektes ontvang het nie en die meeste gemeentes het nie deurkollektes met Pi

Hemelvaartdiens - 26 Mei 2022

Prent
 

Moedergemeente George - Kermis

Prent
 

HET JY IEMAND NODIG VIR BABYSITTING/AUPAIR?

Melani Fourie bied vanaf die 15de Junie (tydens haar studente vakansie) haar dienste aan vir ouers wat wil asem skep of 'n dag êrens heen wil gaan.

2022-05-22 - 2022-05-28 - ONS BID SAAM VIR...

Paarlskool vir gestremdes (Deuroffer). Vader hierdie kinders het ons ondersteuning nodig. Finansieël en deur voorbidding. Vakbonde in ons land: Dit is weer die tyd waar vakbonde met loon-eise begin. Ons bid vir redelikheid en dat die land se ekonomiese omstandighede in ag geneem sal word. Sosiale euwels: Drankmisbruik, dwelms, rassisme en vreemdelinge haat is besig om ons van U en van mekaar te vervreem. Ons bid vir die kerk en gelowiges om sterk standpunt in te neem om die euwels te bekamp. DANKIE VIR: Gelowige leiers in die politiek, die gemeenskap en die kerk. Ons het hulle leiding baie nodig. Dat ons ook ons self mag liefhê en die beeld van Christus mag uitdra. Familie en vriende se ondersteuning.

Erediens - 22 Mei 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se inrydiens om 09:30 op die terrein agter die kerk. Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Die eredienste vir Mei en Junie sien soos volg daaruit: 22 Mei: INRYDIENS om 09:30 29 Mei: KERKDIENS om 09:30 5 Junie: KERKDIENS om 09:30 12 Junie: Kobus Hattingh-saal diens om 08:00 INRYDIENS om 09:30 19 Junie: KERKDIENS om 09:30 26 Junie: INRYDIENS om 09:30 DEUROFFER: PAARL SKOOL vir GESTREMDES “I do not have a dis-ability, I have a different-abiblity.” Learners – 322 / Educators and Therapists – 59 / Supporting staff – 80. 'n Skool vir gestremdes is begin deur ouers asook die NGK in 'n huis in Paarl sowel as 8.5 hektaar grond buite Paarl wat in die 1960’s vir die doel geskenk is. In 1972 is 'n stuk grond in Brackenfell gekoop en die Paarl Skool vir Gestremdes is gestig. Vandag staan die “Paarl” in die naam vir 'n pêrel. Die beeld word gebruik dat die ouers, opleiers, terapeute en ander personeel met geduld en toewyding die

Strawberry Farm Trail Run

Prent
 

WERKSGELEENTHEID BY TUINEDAL GEMEENTE

Die NGK George-Tuinedal benodig die dienste van ‘n Skriba/Kantoorbestuurder in ons kerkkantoor. Dit is 'n permanente betrekking met diensaanvaading op 1 Augustus 2022. Diensure is van 08:00 tot 13:00 Maandae to Vrydae asook Sondae tydens die erediens. Vereistes: Die suksesvolle kandidaat meot oor bewese vaardighede en naskoolse opleiding in kantooradministrasie beskik, rekenaargeletterd wees (veral in die nuutste MS Office pakket), bewese vaardighede in kommunikasie en bemarking hê, goeie menseverhoudinge kan handhaaf en in spanverband kan werk. Ondervinding in finansiële administrasie en Pastel-sagteware sal voordelig wees. Die persoon moet 'n belydende Christen en verkieslik 'n lidmaat van die NGKerk wees met 'n sensitiwiteit vir die eise en konteks van die kerklike werksomgewing. Sluitingsdatum: Maandag, 30 Mei 2022 om 10:00. Indien u geen kommunikasie ontvang het na 13 Junie 2022 nie, aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie. Die kerkraad behou die reg voor om

2022-05-15 - 2022-05-21 - ONS BID SAAM VIR...

Gemeente bediening sinodaal (Deuroffer). Ons bid vir gemeentes wat finansieëel swaar kry. Mag ons bydra help om leraars se poste te behou. Vrede in die Oekraïne, waar die oorlog steeds uitkring en die skade aan die wêrld ekonomie al groter word. Moord, geweld en misdaad in ons land waarvan die afmetings besig is om samelewings in vrees te laat lewe. Bring asseblief 'n hartsverandering in die lewe van die mense. Die siekes, bedroeftes en hulle wat in kommer leef, in ons gemeente. Dankie dat U daar is vir hulle. DANKIE VIR: Ons gemeente wat nog Finansieël gesond is en sy verpligtinge kan nakom. Die gebied waar ons bly en waar dit nog moontlik is om in rus en vrede ons daaglikse verpligtinge na te kom. U Woord wat vir ons 'n lig op ons pad is. Ps. 112: 4. “Hy laat Sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes, Hy is genadig, barmhartig en regverdig”.

PINKSTER - 29 Mei - 2 Junie 2022

Prent
  WAT VAN 'N LEKKER POT SOP? Die Pinksterdienste begin Sondag 29 Mei om 18:00 en hou aan tot Donderdag 2 Junie. Ons bederf graag ons Outeniqualanders met 'n lekker koppie sop en broodjies na elke Pinksterdiens. Ons benodig elke aand 4 of 5 potte sop (12 tot 20 koppies per pot). As jy 'n lekker pot sop vir ons kan maak vir een van die aande kontak vir Merinda by die kerkkantoor.

Erediens - 15 Mei 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste 09:30 in die kerkgebou. Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Die eredienste vir Mei en Junie sien soos volg daaruit: 15 Mei: KERKDIENS om 09:30 22 Mei: INRYDIENS om 09:30 29 Mei: KERKDIENS om 09:30 5 Junie: KERKDIENS om 09:30 12 Junie: Kobus Hattingh-saal diens om 08:00 INRYDIENS om 09:30 19 Junie: KERKDIENS om 09:30 26 Junie: INRYDIENS om 09:30 DEUROFFER: GEMEENTEBEDIENING (Sinodaal) Hierdie bediening word ook “Gemeentebegeleiding” genoem. Dié diensgroep is die fasiliteerders van die NGK in SA. Hulle word gevra om te kom help as kerkrade en predikante begeleiding nodig het met 'n verskeidenheid van situasies. Meestal is dit vanuit 'n probleem gebore, maar soms is daar ook pro-aktiewe prosesse wat gemeentes help om nuut te dink oor hulle aanbod in die dorp of buurt of voorstad. Hulle begelei gemeentes in geloofsonderskeidende prosesse om hulle roeping te ontdek in die gemeenskap waar die Here hulle geplaas he

Paastyd

Die implikasies van die opstanding word verder verken in die seisoen wat op Paasfees volg. Die seisoen strek vanaf Paasfees tot en met Pinkster en sluit die viering van Jesus se hemelvaart (26 Mei) in. “Hierdie seisoen staan in teenstelling met die voorafgaande meer somber en sober herdenkings van Lydenstyd. Net soos die opstanding van Jesus nooit afwesig was tydens Lydenstyd nie, so is die kruis ook nooit heeltemal buite sig in Paastyd nie. Dit is belangrik dat ons oorweldig word deur die wonder van die opstanding met die vreugde van die feestelikheid.”

HET JY 'N PASSIE VIR GETUIENIS?

As jy 'n passie het om die Woord van God uit te dra, kom woon die Diensgroep vir Getuienisaksie se vergadering op Dinsdag 10 Mei om 14:00 in die konsistorie by. Ons gaan luister na die wil van die Here en dan lekker saam oor 'n koppie koffie koppe bymekaar sit. As jy meer inligting wil hê, kontak gerus vir Charles Robertson.

TUISGEMAAKTE KONFYT

Die Pelgrims van Hoop projek loop baie goed.  Ons het omtrent 8 spanne wat afwisselend help met die voorbereiding en optree as gasheer/gasvrou. Ons wil graag vir die pelgrims tuisgemaakte konfyt aanbied saam met die vetkoeke. As jy konfyt kan kook en voel hierdie is 'n bediening waarmee jy kan help, kontak Merinda.

2022-05-08 - 2022-05-14 - ONS BID SAAM VIR...

Magdalena Huis (deuroffer): Vader hierdie tuiste vir jong vroue het ons finansiële ondersteuning en voorbidding nodig. Bid ook vir die babas wat aangeneem word, vir gelowige ouers en liefdevolle huise. Die landbou in ons streek. Die seisoen is besig om te verander. Seën U asseblief die nuwe seisoen. Ons bid ook vir die boere van die Oos-Kaap waar hulle dringend reën nodig het, maar ook vir die boere in die Sondagsriviervallei waar arbeidsonrus groot skade veroorsaak het. Wees U asseblief daar vir hulle wat U nodig het. Vakbonde:  Mag die leiers hulle lede tot redelikheid lei en nie werksgeleenthede vernietig nie. DANKIE VIR: Ons moeders wat hulle doopbelofte getrou nagekom het en ons na U gelei het. Gebede van ouers en groot-ouers wat daagliks in gebed vir hulle kinders en kleinkinders intree. Gelowige politici en regters wat daagliks onder groot druk aan U getrou bly.

Kerkkantoor Gesluit - 13 Mei 2022

Die kerkkantoor sal gesluit wees op Vrydag 13 Mei sodat die kerk behandel kan word met gifstowwe. Merinda sal wel beskikbaar wees op haar selfoon.

Erediens - 08 Mei 2022

Prent
 08:00 Erediens in die Kobus Hattinghsaal. 09:30 Inrydiens by die dam agter die kerkgebou! Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. Die eredienste vir Mei en Junie sien soos volg daaruit: 8 Mei: Kobus Hattingh-saal diens om 08:00 INRYDIENS om 09:30 15 Mei: KERKDIENS om 09:30 22 Mei: INRYDIENS om 09:30 29 Mei: KERKDIENS om 09:30 5 Junie: KERKDIENS om 09:30 12 Junie: Kobus Hattingh-saal diens om 08:00 INRYDIENS om 09:30 19 Junie: KERKDIENS om 09:30 26 Junie: INRYDIENS om 09:30 DEUROFFER: MAGDALENA HUIS Magdalenahuis Beradingsentrum het op 10 Oktober 1902 tot stand gekom en was 'n inisiatief van die NG Kerk. Magdalenahuis fokus op drie diensterreine: swangerskapberading, aanneming en herkomsfasilitering. In September 2014 neem Madalenahuis dan ook die geloofstap om weens die oorweldigende nood en behoefte aan hulp, die inwoningskomponent om te skakel na 'n ondersteunings/ontwikkelingsprogram in hoë risiko gemeenskappe. Die Isiqualo Program (New Beginnings) f

DIE HEUNINGDRAER

Die volgende Heuningdraer is by die drukkers en word binnekort vrygestel. Die Heuningdraer is Outeniqualand se gemeenteblad wat 3 keer per jaar vrygestel word. Van die begin van Covid word dit elektronies vrygestel deur dit per epos aan elke gesin gestuur. Indien jy Die Heuningdraer in gedrukte vorm wil ontvang, moet jy asseblief voor 1 Mei vir Johan Deysel kontak of vir Merinda by die kerkkantoor.

2022-05-01 - 2022-05-07 - ONS BID SAAM VIR...

Arbeidsbediening George (deuroffer): Ondernemings, boerderye en instansies wat hulle deure open sodat die Evangelie aan werkers gebring kan word. Die mense van die Oekraïne wat ly onder die gevolge van die oorlog. Ons bid ook vir die lande en mense wat hulle grense oopmaak vir die vlugtelinge. Die Gees van Paastyd om voort te duur en dat ons as gelowiges sal uitgaan en die gesindheid en werk van Jesus sal voortsit. Boere van ons land. Hulle moet nie slegs die uitgdagings van natuurelemente trotseer nie maar ook te midde van politieke druk en misdaad steeds die land van voedsel voorsien. Wees U asseblief daar vir hulle. DANKIE VIR: U wat ons alles is: Hand. 17:28 “Want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons..” Paastyd: U het ons toegerus om U dissipels te wees. U wat steeds die seisoene beheer.

Erediens - 01 Mei 2022

Ons nooi jou uit na die erediens Sondag om 09:30 in die kerk. Ds. Pieter Louw sal vir ons die boodskap bring. Na die kerkdiens drink ons lekker saam koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam. Daar sal geen inrydiens wees nie. Ons vra om verskoning vir die Moederskamer se klank wat verlede Sondag nie gewerk het nie. Dit is intussen reggestel. Die eredienste vir Mei en Junie sien soos volg daaruit: 1 Mei: KERKDIENS om 09:30 8 Mei: Kobus Hattingh-saal diens om 08:00 INRYDIENS om 09:30 15 Mei: KERKDIENS om 09:30 22 Mei: INRYDIENS om 09:30 29 Mei: KERKDIENS om 09:30 5 Junie: KERKDIENS om 09:30 12 Junie: Kobus Hattingh-saal diens om 08:00 INRYDIENS om 09:30 19 Junie: KERKDIENS om 09:30 26 Junie: INRYDIENS om 09:30 Na die eredienste (kerk of inry) drink ons lekker saam koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam. Kom kuier gerus saam. Die koffie is heerlik! Die Kerkraad het besluit dat daar in die toekoms net 1 kollekte sakkie sal wees vir Bankkollekte en Deuroffer. On