Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2023

Outeniqualand se Somerbasaar verwelkom jou!

Prent
 

'N SENT VIR 'N STUDENT

Melani Fourie bak in haar vakansietyd die onderstaande gebak vir 'n inkomste: Soetkoekies Wortel cupcakes Vanilla cupcakes Melktertjies Brownies Sjokolade cupcakes Suurlemoen koekies Lemon meringue tertjies Peppermint crisp tertjies Piesang muffins Skakel haar vir bestellings.

GEORGE NIGHT SHELTER

Ons besoek die Nagskuiling op Donderdag 30 November om 18:00. Ons gaan ongeveer 130 inwoners bedien (met die kos wat die Nagskuiling self maak). Ons het ook bydraes van lidmate ontvang sodat ons 'n donasie aan die skuiling kan maak vir die aandete. Skakel met Merinda by die kerkkantoor indien jy wil saamgaan. Ons sal later die reisreëlings deurgee.

KERSFEES-PROJEK

Baie dankie aan elkeen wat 'n sak of sakke gevat en gaan volmaak het vir 'n kind vir hierdie kersfees. Die sakke moet asb. terug wees teen die einde van November. Vir meer inligting kan jy vir Petru kontak.

26-11-2023 - 02-12-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Môreson Kinderhuis (Deuroffer): Ons bid vir die kinders se geestelike welsyn en ook finansiële voorsiening, maar ook vir die versorgers vir krag en volharding. Misdaad statistiek: Vader ons bid dat misdadigers en moordenaars nie ons lewensvreugde van ons sal wegneem nie en dat U die misdadigers se harte sal aanraak met U liefde. Jubeljaar: Seën U asseblief Natasha Joubert en Michael Lindt met hulle sang bediening. Dankie dat ons saam met hulle kon jubel. Ps. 95:1 “Kom laat ons jubel tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde!” Advent: Hierdie is 'n spesiale tyd op die Kerk se kalender, waar ons biddend die geboorte van Jesus en Sy Wederkoms nader. Dankie dat ons die tyd saam met medegelowiges dwars oor die wêreld kan herdenk. DANKIE: Vir die rol van musiek en sang in ons geestelike lewe. Vir lidmate wat gewillig is om as sameroepers van stalletjies by die somerbasaar op te tree en hulle wat gewilig is om te help. Mag die Here ons basaar seën. Dat God geduld met

Kerssangdiens - 26 November 2023

Prent
GEEN 09:30 OGGENDDIENS VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na ons erediens om 09:30 in die Kerkgebou. Kom drink lekker koffie/tee in die saal na die erediens. DEUROFFER: MôRESON KINDERHUIS (GEORGE) Môreson Kinder- & Jeugsorgsentrum funksioneer vandag steeds op die perseel van 3,82 hektaar aan die oewers van die Katrivier, wat in 1977 in gebruik geneem is. Dit bestaan uit 8 huise waarin 12 tot 14 kinders in elkeen deur bekwame kinder- en jeugsorgwerkers versorg word. Daar is tans 100 kinders tussen die ouderdomme van 3 tot 18 jaar wat by Môreson versorg word. Die terrein met sy netjiese geboue en pragtige groen grasperke met bome, swembad en speel-apparaat, is waarlik 'n monument vir diegene wat so hard gewerk het om dit tot stand te bring.  

Gebed vir Beskermingsdienste

Prent
 

19-11-2023 - 25-11-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Die Koor (Deuroffer): Die koor speel 'n belangrike rol in ons gemeente. Dankie dat ons deur hulle sang nader aan U kan kom. Die komende Nasionale Verkiesing: Ons bid dat die burgers van ons land hulle burgerlike plig sal nakom en as kiesers sal registreer. (Registrasie 18 en 19 November 2024) Komende vakansie: Ons gemeente is besig om voor te berei vir die komende vakansie seisoen. Help U ons om vakansiegangers tuis te laat voel en ook U teenwoordigheid in ons gemeente en gemeenskap aan te voel. Die NG Kerk: Daar is by ons as U kinders diepe kommer oor berigte van Gemeentes en Ringe wat van ons Algemene Sinode wil wegbreek. Help U ons op die pad van versoening en begrip. DANKIE: Vir U liefde wat ons deur U groot Genade kan ervaar. Dat ek deur U Genade 'n nuwe mens kan wees. Vir hulle wat hulle talente tot U beskikking stel.

Lofprysingsdiens - 19 November 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se lofprysingsdiens om 09:30 in die kerk saam met Natasha Joubert en Michael Lindt! Kom kuier na die diens saam oor 'n lekker koppie koffie/tee. VOLGENDE SONDAG Kom sluit by ons aan sodat ons saam die Feesseisoen ingaan met ons Kerssangdiens volgende Sondag om 19:00 in die kerk. Daar sal geen 09:30 diens in die oggend wees nie. DEUROFFER: OUTENIQUALAND SE KOOR Outeniqualand is een van die min gemeentes wat nog 'n kerkkoor het. Volgende Sondag by die Kerssangdiens sal ons geleentheid kry om die koor in aksie te hoor. Die koor staan onder leiding vn Tinus Badehorst ons orrelis. As jy voel dat dit die plek is waar jy volgende jaar kan inskakel, kontak gerus vir Tinus.

Deon Meyer - Boekbekendstelling

Prent
 

12-11-2023 - 18-11-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Straatwerk (Deuroffer): Hulle wat straatwerk doen onder haweloses en verslaafdes het ons voorbidding en finansiële ondersteuning nodig. Oorloë in die Midde- Ooste en Oëkraine duur steeds voort. Die feit dat ons Regering kant kies, het onrus en tweespalt in ons land veroorsaak. Help ons as gelowiges om U wil te soek en op U te vertrou vir vrede. Ons land se ekonomie: Ons land verkeer op 'n afgrond wat stygende uitgawes betref en groot onsekerheid oor die bron van inkomste. Help U ons om slegs op U te vertrou en dat ons U sal sien as die lig op ons pad! Afgelope Sinode: Daar is steeds sake waaroor daar onsekerheid is. Ons bid dat partye wat oor sake verskil na mekaar sal uitreik en ter wille van die eenheid in die kerk oplossings sal soek. DANKIE: Vir kinders wat herstel het na siekte en operasies. Dat ons U kan dien en volgens u Wet kan leef. Vir die Jubeljaar waar ons U kan dank vir U Liefde en Genade.

Erediens - 12 November 2023

Prent
  Jy word hartlik uitgenooi na Sondag se eredienste om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en die inrydiens om 09:30 op die Kerkterrein. Ons gaan heerlik saam braai by die Kobus Hattinghsaal na afloop van die inrydiens. Ons steek 11:30 die vure aan. Ons voorsien die kole, tafels en stoele. Bring asb die volgende saam: Eetgerei, Drinkgoed, Vleis en bykosse, Rooster/braaitang/casserol SKOP GROEPE: Uit die vraelyste wat so ‘n jaar gelede gesirkuleer is, het die meeste lidmate belangstelling getoon in die aktiwiteite wat oor die volgende 3 Sondae bekendgestel gaan word. Jy kan vanaf So 22 Okt by die kontakpersone gaan aanmeld as jy betrokke wil raak by so 'n SKOP-groep. Sondag 12 November is dit die GEESTELIKE groepe: Die kleingroepe is reeds aan die gang onder leiding van Ds. Basie Fourie. Daar is nog 'n behoefte vir persone wat betrokke wil wees by huis/hospitaalbesoeke en berading. As jy nie Sondag by die kerk is nie, kontak vir Sandra en meld aan vir een van die groepe. VOLGENDE SO

WIT OLIFANTE

Ons begin vere regskud vir 'n heerlike Somerbasaar op Woensdag 20 Desember 2023. Meer inligting sal later deurgegee word. Daar gaan weer 'n Olifant-saamtrek by die Somerbasaar wees. Daardie wees-olifantjies wat die afgelope jaar stof vergader het in die motorhuis of stoorkamer, wil graag nuwe eienaars by die basaar kry. Kontak asseblief vir Hannes van Wyk.

INSAMELINGBEDIENING

Ons kort nog mense wat in 2024 sal help met die insameling van die kollektes in die kerk. Wat dit behels is dat jy voor die diens die geldsakkies in die konsistorie kom haal en met die blou sakkie kollekte opneem tydens die diens en na die diens met die geel sakkie by die deure staan tot almal uit is. Daar word elke 4 maande 'n rooster opgestel sodat almal vooruit weet wanneer hulle beurt is en as jy nie beskikbaar is nie, kan jy uitruil met een van die ander As jy met hierdie bediening kan help kan jy jou naam vir Merinda kom gee by die kerkkantoor of jy kan haar skakel. Ons dit baie waardeer.

KERSFEES-PROJEK

Soos verlede jaar gaan daar weer Kersfeessakke (dit was verlede jaar bokse) aan die skoolkinders in ons area uitgedeel word. Ons wil graag die feesseisoen vir al die kinders in ons area spesiaal maak. Verlede jaar was dit 'n reuse sukses. Jy kan Sondae na kerk, by die tafel voor in die kerk, 'n sak by Petru gaan kry. Binne-in die sak is 'n lysie van alles wat jy in die sak kan sit asook die naam en ouderdom van die kind vir wie jy die sak opmaak. Die sakke moet asseblief terug wees teen die einde van November. Daar is nog heelwat kindertjies wie se sakke nog nie afgehaal is nie. As jy kan help, kom haal asseblief 'n sak, of julle Bybelstudiegroep of enige belangegroep. Ons wil graag ál die kinders, in die 3 skole om, ons se Kersfees ophelder met 'n geskenksak. Vir meer inligting kan jy vir Petru kontak.

05-11-2023 - 11-11-2023 - ONS BID SAAM VIR...

VGK Friemersheim (Deuroffer): Ons gemeente het 'n besondere band met Friemersheim gemeente. Ons bid vir die geestelike werk wat daar gedoen word en vir die finansiële versorging van hulle gemeente. Ons 10de Maand Dankoffers: Vader ons het die geleentheid gehad om ons dankbaarheid deur middel van ons offers aan U te bewys. Help U ons finansiële beplanners om die fondse tot U eer aan te wend. Oorwinning van die Bokke: Vader ons land het 'n gees van samehorigheid en uitreik na mekaar so nodig. Ons bid dat die positiewe gees nie slegs 'n tydelike opwelling van emosies sal wees nie. Afgelope Sinode: Daar is steeds sake waaroor daar onsekerheid is. Ons bid dat partye wat oor sake verskil na mekaar sal uitreik en ter wille van die eenheid in die kerk oplossings sal soek. DANKIE: Dat U ons leer wat liefde waarlik is. Dat U u Seun vir ons geoffer het en dat ons U kinders kan wees. Dat ons U seën op ‘n besondere wyse in ons gemeente ervaar.

ONS SUSTERSKERK IN MALAWI STIG NUWE GEMEENTE

Prent
Dis nie meer vir ons vreemd om Malawiërs hier in die Wes-Kaap raak te loop nie. Ons ontmoet hulle in restaurante, by petrolstasies en selfs op universiteit as nagraadse teologiestudente. Op Sondag 29 Oktober was dit 'n aangrypende geleentheid toe ons susterskerk in Malawi, die CCAP Nkhoma Sinode die Cape Town CCAP-tak by Nomzamo in die Strand gestig het. Dr. Hennie van Deventer, vorige prinsipaal van hul teologiese instituut (JMTI) en sy vrou Ingrid was teenwoordig. Hy het gepreek en gedoop, terwyl ds. EM Tembo, die moderator van die CCAP Nkhoma Sinode, die diens gelei het. Hennie vertel: “Dit was 'n marathon-erediens van meer as vyf uur lank. Die nuutgestigte gemeente het agt takke (prayer houses) op plekke sover as Hermanus, Houtbaai en Franschhoek. Die algemene sekretaris van die CCAP Nkhoma Sinode, ds. Vasco Kachipapa, was hier vir die stigting, asook twee leraars en hul vroue van die CCAP Ring van Mvera. Drie predikante van Nkhoma wat as nagraadse studente aan die Universi

Erediens - 05 November 2023

Prent
  Jy word hartlik uitgenooi na Sondag se erediens om 09:30 in die Kerk. Hierdie Sondag doop Gideon en Tanya Volschenk hulle dogtertjie Emily Wynne en Herman en Bea Kriel hulle dogtertjie Hannah. Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie. SKOP GROEPE: Uit die vraelyste wat so 'n jaar gelede gesirkuleer is, het die meeste lidmate belangstelling getoon in die aktiwiteite wat oor die volgende 3 Sondae bekendgestel gaan word. Jy kan vanaf So 22 Oktober by die kontakpersone gaan aanmeld as jy betrokke wil raak by so 'n SKOP-groep. Vandag vergader die SPORTGROEPE: Stap, tennis, rolbal, jukskei, gholf, pilates, voelkyk, fietsry, visvang, kampering, 4X4, motorfiets na afloop van die diens in die saal. As jy nie Sondag by die kerk is nie, kontak vir Sandra en meld aan vir een van die groepe. VOLGENDE SONDAG Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste om 08:00 in die Kobus Hattingh-saal en die Inrydiens om 09:30 op die kerkterrein. Ons gaan heerlik saam braa