Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2022

SOKKER TOERNOOI VIR PLAASSKOLE

Ons Diensgroep vir Getuienis bied op Saterdag 10 September 2022 'n six a side junior world cup sokkertoernooi aan op Laerskool Van der Hoven se velde. Ses plaasskole neem deel. Ons benodig enige vorm van hulp: braaiers, beamptes, vrywilligers ens. Skakel met Charles indien jy kan help. Toeskouers is BAIE welkom.

OUTENIQUALAND GAAN KONSERT HOU!

(2 September 2022 om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal) Dit gaan 'n heerlike LENTE-konsert wees met sop en sjerrie! Baie dankie vir almal wat kom aanmeld het vir die konsert. Daar word nou flink geoefen aan die konsert. Dit beloof om baie vermaaklik en interessant te wees. En soos almal weet, is Outeniqualand se dames alom bekend vir hulle lekker sop en vetkoek. Die kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar @ R50 p/p. Kan iemand ons dalk help met kruisbande en 'n pyp vir een van die items?

BLOMME IN DIE KERK

Janita is besig met die blombeurt lys vir 2023. Sal jy 1 keer per jaar kan help met ‘n bossie blomme in die kerk of Kobus Hattinghsaal? Jy hoef nie blomme te kan doen nie. Jy mag net 'n bossie blomme in 'n pot sit. As dit iets is wat jy voel jy kan doen, kontak vir Janita of vir Merinda by die kerkkantoor.

AUGUSTUS IS VROUEMAAND

Maar statistieke en mediaberigte bevraagteken of ons iets het om te vier. Wes-Kaapse misdaadsyfers wat vandeesweek deur die LUR vir gemeenskapsveiligheid vrygestel is, dui aan dat 116 vrouens tussen April en Junie vanjaar in ons provinsie vermoor is. Ondersteun inisiatiewe soos #ThursdaysinBlack en projekte in jou gemeenskap wat bewusmaking en voorkoming bevorder.

2022-08-28 - 2022-09-03 - ONS BID SAAM VIR...

Seën op die nagmaal. Mag die tekens van versoening ons nader aan U bring. Ons 40-dae reis. Vir vernuwing van ons harte/denke en nuwe geleenthede. Vakbonde wat met stakings die land tot stilstand wil bring. Hierdie stakings gaan 'n verwoestende invloed op ons land en die ekonomie hê. Vader tree U asseblief in en bring orde in die chaos. Degnos-uitreik: Seën U die werk wat onder die Boesmans gedoen word en ons gemeente se aandeel daarin. DANKIE: Dat U ons in U diens wil gebruik. Vir God se beloftes wat waar is. Dat ons mekaar en vir U op hierdie reis kan ontdek.

Video's vir 40 dae Groepsbyeenkomste

Prent
 

Nagmaal - 28 Augustus 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se Nagmaal om 09:30 in die kerk. Ons gaan die 3de week van ons 40 dae reis binne met die tema: Johannes word gevorm op die pad. Ons teks kom uit Markus 3. Jy word hartlik uitgenooi na die Nagmaalsete om 12:00 in die Kobus Hattinghsaal. Almal is welkom. Dit werk so: Elke gesin bring 2 bykosse (groente of slaai), 'n vleisgereg en 'n nagereg. Die kosse word alles op een tafel uitgepak en elkeen help homself met die opskep. Jy bring jou eie eetgerei en drankies saam. Kom kuier heerlik saam. Aan die dames wat die tafels vir ons so mooi versier, 'n opregte dankie! DEUROFFER: HOSPITAALBEARBEIDING Hospitaal-bearbeiding vind plaas deur Hospivision. 'n Samewerkingsooreenkoms is met HospiVision, 'n nie-regeringsorganisasie, gesluit wat sedert 1999 in die hospitale van Pretoria leiding neem in die spirituele en emosionele versorging van pasiënte, hulle families en personeel. Indien pasiënte vanaf die platteland pastorale ondersteuning benodig in hospi

Kwartel-eiers

Prent
 

PELGRIMSTOG VAN HOOP MET ERNS GRUNDLING OUTENIQUALAND

Prent
KYKNET – Maandae om 20:00 (DSTV kanaal 144) Outeniqualand gemeente is betrokke by die Pelgrimstog van Hoop deur die Klein-Karoo, Langkloof en Tuinroete. Ons is verantwoordelik vir die “Laat-ontbyt” of “Brunch” op die 12de dag. Ons het ‘n paar spanne wat beurte maak om die pelgrims te verwelkom met swartbessie smoothies en heerlike vetkoeke wat Annelie Botha vir ons maak. Gasvryheid is juis een van Outeniqualand se kenmerkende eienskappe. Vir die vyfde seisoen van die SAFTA-bekroonde Elders , het Erns Grundling en die kameraspan meer as 270 km gestap van Uniondale tot Mosselbaai. Elders : Tuinroete, 'n reeks van 13 episodes, Maandae om 20:00 af op kykNET.

Ontbyt vir Sakeleiers

Prent
 

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Hier is 'n inligtingstuk van Diepkloof Kleuterskool. Ons wil jou aanmoedig om dit te lees.

KOFFIE BEDIENING

Ons soek mense (man of vrou) om te help met die Koffie bediening na die erediens. Dit behels dat jy 'n halfuur voor kerk in die konsistorie aanmeld, help by die koffie-tafel na afloop van die erediens en opruim na die tyd. Dit sal min of meer 1 beurt per 3 maande wees. As die Here dit op jou hart lê, kontak vir Merinda by die kerkkantoor.

'n Ontdekkingsreis van 40 dae: God se Roeping.

Prent
  Dit is nog nie te laat om by 'n 40 dae groep in te skakel nie. Kontak voor Maandag vir Jaap en hy sal jou help om by 'n groep in te skakel wat nommerpas is vir jou. Dankie vir elkeen wat getrou hulle teksgedeeltes lees, voorbidding doen en die eredienste bywoon. Ons vertrou die Here vir wonderwerke in hierdie dae.

2022-08-21 - 2022-08-27 - ONS BID SAAM VIR...

Teologiese Kweekskool (Deuroffer): Vir finansiële ondersteuning en dat die Woord steeds die sentrale plek sal inneem in die opleiding van Teoloë. Degnos-uitreik na die Boesmans. Ons bid vir ons gemeentelede wat aan die uitreik deelneem se gesondheid en veiligheid, maar ook vir die evangelisasie werk wat onder die Boesmans gedoen word. Ons gemeente se reis van 40 dae. Vader ons is reeds 'n week op reis. Dankie dat ons deel van die reis kan wees en dat ons bewus is van U Gees wat ons lei. Die staking van Staatsamptenare: Ons bid dat U ons land en die Ekonomie sal beskerm teen onredelike eise en dat leiers met insig na die totale prentjie sal kyk. DANKIE: U, wat ons toerus om in U diens te staan. Al die goeie gawes wat ons daagliks onverdiend uit U Vaderhand ontvang. Jak. 1:17 “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo.”

Erediens - 21 Augustus 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ons gaan die 2de week van ons 40 dae reis binne met die tema: Nehemia se ontsteltenis gaan oor tot aksie. Ons teks kom uit Nehemia 1. Ons bedien heerlike koffie/tee na die erediens. Kom kuier saam. TEOLOGIESE KWEEKSKOOL (Sinodaal) Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied onder andere opleiding vir studente van verskillende kerke met die oog op die bediening as predikante en jeugwerkers. Die uitdrukking Teologiese Kweekskool dui op daardie afdeling/skool in die Fakulteit Teologie van die Universiteit wat predikante vir die bediening in die NG Kerk oplei. Predikante van die NG Kerk-familie word sedert 1859 hier opgelei. U voorbidding vir beide die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, die Dekaan, dosente en al die personeel word gevra. Me Amanda van Niekerk | 021 887 6819 | toerusting@sun.co.za BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES Mansbybelstudie en Damesbybelstudie wat gewoonlik op Donderda

JAARVERGADERING: BADISA – GEORGE

JAARVERGADERING: BADISA – GEORGE (geregistreede Kinderbeskerming organisasie en Barmhartigheidsarm van die NG kerk (Wes en Suid-Kaap) en VG Kerk (Kaapland) U word hartlik uitgenooi na 'n terugblik oor 2021-2022 se gebeure by Badisa – George. Datum: 6 September 2022 Tyd: 11h00 Plek: Jeuglokaal Bergsig Gemeente, 4de Straat, George Oos R.S.V.P: Voor 29 Augustus 2022 by Fanie Jordaan - 044 874 5013 / adminbadisag@telkomsa.net

2022-08-14 - 2022-08-20 - ONS BID SAAM VIR...

Ons gemeente se reis van 40 dae: Ons bid vir seën op hierdie reis maar ook dat ons toegerus sal word as gesante in God se koninkryk. Die uitreik na die Degnos Boesmansending . Bewaar U asseblief die gemeentelede op hierdie reis en maak hulle ontvanklik vir U stem maar maak ook die Boesmans ontvanklik vir die besoek. 1 Tim. 2: 1-2 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir die wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. DANKIE: U seën wat ons daagliks onverdiend uit U Vaderhand ontvang. 'n Gemeente waar ons die gemeenskap van gelowiges op so ‘n besondere wyse kan ervaar.

Erediens - 14 Augustus 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Dit is die wegspring van ons 40 dae reis. Ons tema is: Hoekom kruip jy weg Gideon? Ons teks kom uit Rigters 6. Daar gaan gratis pannekoek na die diens in die kerksaal beskikbaar wees, soveel dat ons ook na die diens kan gaan uitdeel by ons bure. Die Pannekoekman bak weer op sy plate 48 pannekoeke op een slag. Moenie dit mis nie of dat die weer jou Sondag afsit nie. Die skoot gaan klap en dan spring ons almal weg op hierdie reis van 40 dae. Ons bedien ook heerlike koffie/tee in die kerksaal. GERRIE EN ARLENE COETZEE Die deuroffer gaan vir Gerrie en Arlene Coetzee van die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie (SAAWE). Hulle is ‘n sendelingpaar wat deur NG Gemeente George-Bergsig uitgestuur is en deur die gemeentes van George Ring asook individue finansieel ondersteun word. Hulle is aanvanklik uitgestuur vir Sending Portugal. Na baie jare se vrugbare werk is hierdie sending-projek deur o.a. die regering in die wiele ge

OUTENIQUALAND GAAN KONSERT HOU! (2 SEPTEMBER 2022)

Dit gaan 'n heerlike LENTE-konsert wees met sop en sjerrie! Baie dankie vir almal wat kom aanmeld het vir die konsert. Daar word nou flink geoefen aan die konsert. Dit beloof om baie vermaaklik en interessant te wees. En soos almal weet is Outeniqualand se dames alom bekend vir hulle lekker sop en vetkoek/broodjies. Hou gerus hierdie spasie dop vir verdere reëlings.

GASVRYHEID

Die Gasvryheidsdames kom Woensdag 10 Augustus om 16:00 bymekaar by die kerk. As jou passie of gawes ook by Gasvryheid lê, kom sluit gerus by ons aan. Ons belowe jy kan net soveel of so min doen soos wat vir jou gemaklik is. Ons sal nooit van jou verwag om iets te doen waarmee jy nie gemaklik is nie. Ons wil ook spesifiek vir blok D (wat hierdie kwartaal aan diens is) se dames uitnooi. Dit is wyke 5, 6, 7 en 8.

MUSSE-PROJEK

Prent
Baie dankie vir elke vrou (en man) wat gehelp het met die projek. Daar was 'n ongelooflike deelname en entoesiasme! Daar was genoeg serpe en musse om vir elke kind by Diepkloof Kleuterskool 'n mus en 'n serp te kon gee. Die dames van die wyk 5 bybelstudie wat hierdie projek geloods het. Baie dankie aan elke persoon in Outeniqualand wat saamgewerk sodat al 64 kindertjies 'n warm serp en mus vir die winter kon kry! (met nog ekstra vir volgende jaar)

Seën vir Vrouemaand

Prent
 

2022-08-07 - 2022-08-13 - ONS BID SAAM VIR...

Degnos (Boesmans): Ons bid dat U hulle wat met die geestelike opheffing van die groepie mense, met wie ons gemeente ook 'n besondere band het, sal toerus vir die besondere taak dat ons as gemeente hulle finansieël sal ondersteun. (Deuroffer) Ons 40 Dae-reis. Dat ons gemeente sal inskakel in hierdie reis en dat dit ons nader aan U en mekaar sal bring. Ons pragtige land. Misdaar gepaard met ongekende wreedheid is besig om ons bevolking tot stilstand te ruk. Vader ons kan maar net op U vertrou om die misdadigers se harte aan te raak en dat U, U kinders teen die wreedheid sal beskerm. DANKIE: Dat U ons as gelowiges toerus om U volkome te vertrou en te volg. 2 Tim. 3:17 “...sodat die wat in die diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” Die Vroue in ons lewens; Die Ma's, dogters, klein- dogters en skoondogters. Vader help ons om hulle met liefde, deernis en respek te behandel. (Vroue-maand) Ons is bly en opgewonde saam met Johan en Poenie Lange

Gedenkdiens - Jan Bredenkamp

Prent
 

Erediens - 07 Augustus 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. 'n Klompie lidmate onder leiding van Barry Robertson vertrek Saterdag 13 Augustus na DEGNOS, die bediening onder die Boesmans in Noord-Namibië. Ons stuur Sondag met die gebede en seën van Outeniqualand-gemeente, die klompie lidmate uit as ons gestuurdes na DEGNOS. Ons bedien na die tyd koffie/tee by die voordeur van die kerk. DEUROFFER: DEGNOS (BOESMANS) Aangeheg is die Degnos Nuusbrief. Onder andere kan jy lees oor: hulle Fokus areas vir 2022 'n interessante kaart van hulle bedieningsareas die 170 studente wat hulle oplei gemeentes wat hulle besig is om te ontwikkel waarvoor jy vir hulle kan bid Doen gerus die moeite en lees dit, daar is baie interessante inligting. Andries Gous | +264813612480 | gousandries74@gmail.com | Kantoor ngtsumke@iway.na DEGNOS UITREIK 'n Klompie van ons lidmate gaan DEGNOS, die bediening onder die Boesmans, in Namibië besoek en vertrek Saterdag 13 Augustus. Indien daar lidmate is wat