Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2021

2021-11-28 - 2021-11-04 - ONS BID SAAM VIR...

Môreson Kinderhuis (Deuroffer): Vader mag hierdie kinders nie net finansieel versorg word nie maar ook geestelik. Ons dra ook die huisouers en personeel aan U op. Die eerste Adventsondag: Advent beteken letterlik “koms”. Ons leef opnuut in die wonder van die menswording van Christus! Mag dit ook vir ons as gelowiges 'n tyd van geestelike verdieping wees. Die mense van George wat skade gely het as gevolg van die oorstromings. Dankie vir hulle wat die families bystaan en met middele ondersteun. Gelowiges om nie te oordeel nie, maar meer genade en liefde teenoor ander te betoon. (Preek van Sondag) DANKIE VIR: Milde reën en die damme wat oorloop. U genade is groot. Kinders en familie wat ons lief het en vir ons omgee. Die Kerk in hierdie wêreld en dat ons begenadig is om U getuies te wees.

Kerssangdiens - 28 November 2021

Prent
  Daar is nie 'n inrydiens op Sondag 28 November nie. UITREIK SONDAG: VGK FRIEMERSHEIM Sondag 28 November 2021 is daar 'n uitreik-Sondag na die VGK Friemersheim. Dit is moontlik, omdat ons slegs die aand 'n erediens het (Kerssangdiens by die Kobus Hattingh-saal). Friemersheim se dien is om 10:00. Ds Jan gaan die diens waarneem by Friemersheim. DEUROFFER: MÔRESON KINDERHUIS In Mei 1917 het die ACVV George 'n huishoudskool begin vir 13 arm behoeftige dogters om as huishoudsters opgelei te word. In 1920 word die huishoudskool omskep in 'n staatsgesubsidieerde Kinderhuis en teen 1930 was daar reeds 100 dogters op 'n slag versorg op verskillende persele in George. In 1976 is daar begin bou aan huise sodat die kinders binne 'n huisstelsel as 'n gesin kan funksioneer. Daar is vandag 8 huise op die perseel in George waarvan die laaste een in 1987 voltooi was. Daar is tans 100 kinders tussen die ouderdomme van 3 tot 18 jaar. Hulle bly in 8 huise waarin 12 tot 14

'n Gebed deur Natania Hendriks

Prent
 

Kerssangdiens - 2021

Prent
 

2021-11-21 - 2021-11-27 - ONS BID SAAM VIR...

Die beskermingsdienste (polisie, weermag, sekuriteitsdienste en buurtwag). Vader, waar misdaad en die graad van misdaad toeneem, bid ons dat U hulle wat oor ons veiligheid waak sal beskerm. Koor (Deuroffer): Seën asseblief ons orrelis en die koor wat met hulle talente bydra om ons geestelik in te stem tot u teenwoordigheid. Die Kerkraad en amptenare wat ons onder die leiding van U Gees dien en lei. Die naderende Kerstyd, wat vir ons gemeente 'n tyd van familie en aanbidding is. Seën asseblief die predikers en ons byeenkomste. DANKIE VIR: Die gesonde finansiële posisie waarin ons gemeente verkeer. Aan U al die eer! U Gees wat ons altyd lei na liefde en nederigheid.

KALENDER 2022

2022 is om die draai en daar word reeds in alle erns gewerk aan die 2022 kalender. Gemeentelede kry vir 2022 weer die geleentheid om 'n bladsy in die kalender te borg en dan 'n mooi teksvers of geestelike aanhaling wat vir jou besonderse waarde het, in daardie maand met die gemeente te deel. Baie dankie vir die vinnige reaksie van ons gemeentelede. Daar is reeds 7 maande geborg. Dit kos in 2022 net R220 om 'n maand te borg. Stuur 'n whatsapp vir Merinda by met die bewoording.

Erediens - 21 November 2021

Prent
  Ons nooi jou uit na Outeniqualand se inrydiens Sondagoggend om 09:30 by die dam agter die kerkgebou. Na die diens is daar lekker koffie en kuier voor die dam. DEUROFFER: OUTENIQUALAND SE KOOR Outeniqualand is een van die min kerke wat nog 'n kerkkoor het. Volgende week by die Kerssangdiens sal ons geleentheid kry om die koor in aksie te hoor. Die koor is onder leiding van Tinus Badenhorst ons orrelis. As jy voel dat dit die plek is waar jy wil inskakel, kontak vir Tinus. EREDIENSTE VAKANSIETYD Die dagbestuur het na deeglike oorweging besluit om met die inrydienste voort te gaan. Ons beoog om (in ag neming van die COVID situasie) in Februarie die kerkdienste te hervat. Ons inrydienste het intussen die tuiste geword van heelwat besoekers uit die omgewing wat nog onveilig voel om in groot groepe in 'n gebou saam te wees. Daar word vanaf 12 Desember elke Sondag 'n erediens in die Kobus Hattingh-saal te Glentana aangebied.

GELEENTHEID VIR DIENS!

Daar is van tyd tot tyd, en die afgelope tyd meer as normaalweg, 'n behoefte om tafels, stoele asook ander goedere soos braai dromme tussen die Kobus Hattingsaal en die Sinksabrug kerkterrein te vervoer. Hiervoor word 'n bakkie/sleepwa en 'n gesonde manspersoon verlang om op versoek, en binne 'n redelike tyd, die werk te onderneem. Die tarief sal later met diegene wat belangstel, deurgesels word. Kontak asseblief vir Merinda of Pieter Stoltz.

Kerssangdiens 2021

Prent
 

UITREIK-SONDAG: VGK FRIEMERSHEIM

Sondag 28 November 2021 is daar 'n uitreik-Sondag na die VGK Friemersheim. Dit is moontlik omdat ons slegs die aand ‘n erediens het (Kerssangdiens by die Kobus Hattingh-saal).  Ons gee later die tyd van die erediens by die VGK Friemersheim deur. Ds Jan gaan die diens waarneem by Friemersheim.

Biddag vir Beskermingsdienste

Prent
 Eerskomende Sondag is Biddag vir Beskermingsdienste. Dit sluit in die polisie, brandweer, lede van die weermag, lugmag, vloot, mediese korps, asook buurtwagte, gemeenskapspolisiëringsforums, nooddienste, gevangenisbewaarders en selfs openbare en privaat beskermingsdienste. Hou asseblief hierdie manne en vroue in julle gebede gedurende hierdie uitdagende tye. Ons dra hierdie weergawe van Neem my in beskerming (gebaseer op Psalm 16) opgevoer deur die Drakensberg Seunskoor aan ons beskermingsdienste op.

2021-11-14 - 2021-11-20 - ONS BID SAAM VIR...

Eskom-kragkrisis: Vader waar mense besig is om te faal, help ons land om weer hierdie belangrike ekonomiese instelling op 'n gesonde basis te laat werk. Die gemeenskap van Semongong in Lesotho, waar 'n geliefde Pastoor wreed vermoor is. Staan asseblief die naasbestaandes en gemeenskap by, vertroos hulle en verseker hulle dat sy dood nie tevergeefs was nie. Die Straatwerkers wat daagliks geestelike werk onder die armstes van armes verrig. Maak hulle geestelik sterk en versorg hulle finansieël. Volharding en versterking van elkeen se geloof, gebedslewe en geestelike groei in Jesus Christus. “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is” Jeremia 17:7 DANKIE VIR: 'n Kerk waarin ons U teenwoordigheid op 'n besondere wyse kan ervaar. Psalm 84:5 “Dit gaan goed met mense vir wie U huis 'n tuiste is”. Beterskap by siekes en gesondheid wat ons nog kan geniet. Die oop deure vir die Evangelie by ons plaaslike s

EREDIENSTE - VAKANSIETYD

Die dagbestuur het na deeglike oorweging besluit om met die inrydienste voort te gaan. Ons beoog om (in ag neming van die COVID situasie) in Februarie die kerkdienste te hervat. Ons inrydienste het intussen die tuiste geword van heelwat besoekers uit die omgewing wat nog onveilig voel om in groot groepe in 'n gebou saam te wees.

Erediens - 14 November 2021

Ons nooi jou uit na Outeniqualand se inrydiens Sondagoggend om 09:30 by die dam agter die kerkgebou. Na die diens is daar lekker koffie en kuier voor die dam. 08:00 Geen erediens in Kobus Hattingh-saal nie. (A.g.v. die Ringsitting in die Kobus Hattinghsaal) DEUROFFER: STRAATWERK Straatwerk is 'n Christen organisasie wat vir die afgelope 55 jaar as deel van ons kerkfamilie uitreik na: vroue vasgevang in prostitusie, hawelose mense en diegene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad. Deur werkrehabilitasie (Ophelp Projek) skep ons geleenthede vir hawelose mense om op 'n eerbare manier 'n inkomste te verdien deur harde werk as 'n alternatief vir bedelary en misdaad. In ons uitreike nooi ons vroue wat in prostitusie vasgevang is om deel te raak van 'n verskeidenheid rehabilitasie inisiatiewe. Straatwerk is reeds sedert 2009 besig met 'n voorkomingsveldtog in skole om kinders in hoë risiko areas te waarsku teen seksuele misbruik en prostitusie. Tydens ons n

2021-11-07 - 2021-11-13 - ONS BID SAAM VIR...

VGK Friemersheim (Deuroffer): Ons bid vir hierdie gemeente se geestelike en finansiële ondersteuning. Hulle wat op Munisipale rade verkies is: Vader help hulle om hulle verantwoordelikheid tot die belang van die gemeenskap na te kom en nie eie belang eerste te stel nie. Gelowiges wêreldwyd wat aan vervolging, terreur en intense versoekings blootgestel word. Ons ondersteun die vervolgde Christene deur ons gebede. (Geopende Deure) “Twee belangrikste dinge wat die Kerk van Christus die meeste nodig het, is die krag van die Heilige Gees en meer gebed”. (Andrew Murray). Kom ons bid by die naam vir Outeniqualand se matrieks. Meeste van ons het lankal vergeet hoe senutergend dié tydperk in mens se lewe is. Hulle is: Danelle Britz, Georgia Whitehead, Jackie Vorster, Luan Langenhoven en Melani Fourie. DANKIE VIR: Nagmaal: Dat U deur die Sakrament, ons herinner het aan U lyding vir ons. Die gereformeerde Geloofsbelydenis waaraan ons kan vashou. Psalm 27:1 “Die Here is my lig en my redder, vir wi

Erediens - 7 November 2021

Prent
  Ons nooi jou uit na: 08:00 - Eerste erediens in nuwe kerkgebou 09:30 - Inrydiens Inrydiens by die dam agter die kerkgebou. Na die inrydiens gaan ons lekker koffie drink onder die afdak langs die dam. Sondag 14 November: Geen erediens in Kobus Hattingh-saal nie.   Eredienste in hetsy die kerk of inrydiens, sal na Sondag 7 November gekommunikeer word. DEUROFFER: VGK FRIEMERSHEIM Outeniqualand het 'n geskiedenis van noue samewerking met VGK Friemdershiem. Ons ondersteun graag hulle bediening en het simpatie met die uitdagings waarmee hulle te doen het. Die Kommissie vir Getuienis aksies het al 2 keer met hulle vergader en ook 'n leier uit die gemeente gevra om 'n vergadering by te woon, sodat ons kan hoor waarmee hulle besig is en kan verstaan wat hulle uitdagings is. Ons vra ons Outeniqualanders hierdie gemeente sal ondersteun in hulle finansies maar ook in hulle gebede.

SKRIBA-POS BY NG KERK TUINEDAL

Aansoeke is nou oop vir die pos van 'n Skriba Die NG Kerk George- Tuinedal benodig die dienste van 'n Skriba in ons kerkkantoor. Dit is 'n permanente betrekking met diensaanvaarding op 2 Januarie 2022. Diensure is van 08h00 tot 13h00 Maandae tot Vrydae asook Sondae tydens die erediens. Vereistes: Die suksesvolle kandidaat moet oor bewese vaardighede en naskoolse opleiding in kantooradministrasie beskik, rekenaargeletterd wees (veral in die nuutste MS Office pakket), bewese vaardighede in kommunikasie en bemarking hê, goeie menseverhoudinge kan handhaaf en in spanverband kan werk. Ondervinding in finansiële administrasie sal voordelig wees. Die persoon moet 'n belydende Christen en verkieslik 'n lidmaat van die NG kerk wees met 'n sensitiwiteit vir die eise en konteks van die kerklike werksomgewing. Sluitingsdatum: Maandag, 15 November 2021 om 10h00. Indien u geen kommunikasie ontvang het na 30 November 2021 nie, aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie. Die

BADISA - OPE TUINE 2021

Badisa hou weer op 13 November 2021 George Ope Tuine vanaf 09:00 tot 16:00 vir fondsinsameling. Kaartjies kos R50.00 per persoon en skoolkinders gratis. Daar gaan vanjaar 11 tuine wees.

KALENDER 2022

2022 is om die draai en daar word reeds in alle erns gewerk aan die 2022 kalender. Gemeentelede kry vir 2022 weer die geleentheid om 'n bladsy in die kalender te borg en dan 'n mooi teksvers of geestelike aanhaling wat vir jou besonderse waarde het, in daardie maand met die gemeente te deel. Dit kos R220 om 'n maand te borg. Stuur 'n whatsapp vir Merinda met die bewoording.