Plasings

Wys tans plasings vanaf Desember, 2022

Erediens - 18 Desember 2022

Prent
  Hierdie Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk. Kom drink lekker koffie en kuier saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. Om 18:30 vir 19:00 is daar Carols by Candlelight in die Kobus Hattinghsaal.

PRAGTIGE KWILT

Prent
  Kaartjies word deur die stranddiensspan van Moreleta Park verkoop vir hierdie pragtige kwilt. Die kaartjies kos R50 en die fondse gaan vir Outeniqualand Getuenis Aksie se groot Sokkerdag in 2023. Al wat jy moet doen is 'n eenvoudige vraag antwoord: "Van watter gemeente kom die stranddiensspan?" Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor of by die basaar op die 17de Desember by die Kobus Hattinghsaal. Die kaartjies sal aan die einde van die basaar getrek word en die wenner sal telefonies in kennis gestel word. Dit is regtig 'n besonder mooi kwilt. Bederf jouself of 'n geliefde met hierdie pragtige geskenk.

KERKKANTOOR - TYE

Die Kerkkantoor sal gesluit wees van die 23ste tot die 31ste Desember. Merinda sal aan diens wees van 23 tot 31 Desember alhoewel die kerkkantoor nie oop is nie. Kontak haar gerus in hierdie tyd. Lorraine sal die kantoor beman vanaf 3 – 9 Januarie 2023 in die normale kantoorure. (Dinsdae – Vrydae van 08:30 tot 13:30 asook Woensdae 15:00 tot 16:30) Op 9 Januarie gaan Lorraine vir 'n hand-operasie en sal met siekverlof wees. Ons sal die persoon wat in haar plek waarneem se kontak inligting deurgee op die whatsapp-groepe. Merinda is met verlof van 1 Januarie tot 19 Januarie 2023. Ds. Jan is met verlof van 8 tot 16 Januarie 2023. Op 23 Januarie gaan hy vir 'n hand-operasie en sal met siekverlof wees tot 12 Februarie 2023.

Seënwense van Personeel

Die personeel van Outeniqualandgemeente wil graag aan elke lidmaat dankie sê vir die ondersteuning en omgee wat ons die afgelope jaar ontvang het. Dis 'n fees om deel van die Outeniqualand familie te wees en saam te bou en te werk aan God se Koninkryk in ons omgewing. Ons wens elkeen 'n geseënde Christusfees toe! Jan, Merinda, Lorraine, Godfrey en Cecely

2022-12-11 - 2022-12-17 - ONS BID SAAM VIR...

Getuienis (Deuroffer): Vader ons dra die lede van die Diensgroep aan U op vir finansiële voorsiening en die seën op die werk wat hulle doen. Derde Adventsondag: Vader help U ons om in hierdie tyd slegs die oog op U te hou as ons verlosser. Vakansiedienste: Ons bid vir die predikers wat in hierdie tyd in ons gemeente gaan optree. Seën U die boodskappe wat hulle gaan bring. Ons bid ook vir die vakansiegangers se veiligheid op die pad en ook op die strand. Leierskapkrisis in ons land. Ons land verkeer in 'n krisis, maar dit laat ons net weer besef dat ons op U alleen kan vertrou. Ps 31:15 “Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God.” Somerbasaar: Ons bid vir U seën op hierdie geleentheid en dat dit meer as net ‘n fondsinsameling sal wees maar ook gesellige bymekaar kom van gelowiges. DANKIE: Ds Jan, Kerkraad, Dienswerkers, Lorraine en Merinda en ander personeel, vir 'n jaar se toewyding, tot U eer Vakansiegangers se bydrae om ons dienste en ander geleenthede te verryk. U wat d

Erediens - 11 Desember 2022

Prent
  Hierdie Sondag se eredienste is om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerk. Kom drink lekker koffie en kuier saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerk en om 18:30 vir 19:00 is daar Carols by Candlelight in die Kobus Hattinghsaal. GELOFTEDAG 09:30 in die Kerkgebou. Ons nooi jou vriendelik uit na die versoeningsdiens op 16 Desember.

Eredienste & Stranddiens vakansieprogram tydens 2022 Desembervakansie

Prent
 

OUTENIQUALAND SOMERBASAAR

Ons herinner almal aan die Basaarlyste wat asseblief moet in wees teen 9 Desember. Ons kort nog baie hande om te help by die verskillende stalletjies. Poedingtafel: Blommetjie van die poedingtafel vra poedings asook roomyshouers met deksels. Die roomyshouers kan by die kerkkantoor afgelaai word. As jy bereid is om 'n poeding/poedings te maak kontak asseblief vir Blommetjie. Kinder-/Lekkergoedtafel: Nikki vra enige bydraes vir die lekkergoedtafel. Kontak haar gerus. Wit Olifante: Daar is besluit dat daar weer 'n Olifant saamtrek by die basaar gaan wees. Daardie wees-olifantjies wat die afgelope 3 jaar stof vergaar het in die motorhuis of stoorkamer wil graag nuwe eienaars by die basaar kry. Kontak asseblief vir Pieter Stoltz.

2022-12-04 - 2022-12-10 - ONS BID SAAM VIR...

Reën: Ons bid dat die Vader in Sy wysheid uitkoms sal gee. Stranddiensspan (Deuroffer): Vader seën asseblief die werk wat die stranddiens- span onder ons jeug gaan doen en rus U hulle toe vir die taak. Vonk afsluiting volgende week: Dankie Vader vir hulle wat die kindertjies deur die bediening na U toe lei. Tweede Advent Sondag. Ons buig in dank en aanbidding voor U neer vir U seun Jesus en bid saam met medegelowiges dat U geboorte en wederkoms 'n gees van afwagting en verootmoediging sal skep. Rasse spanning bou op omdat mense nie 'n wag voor hulle monde plaas nie. Ons bid dat gelowiges die voorbeeld sal stel en mekaar met liefde en respek sal behandel. DANKIE: 'n Besondere belewenis saam met die koor en kinders, ook vir hulle wat die kerk so mooi versier het. Aan U al die eer. Vakansiegangers wat ons kerkdienste en omgewing met hulle teenwoordigheid gaan vereer.

Erediens - 04 Desember 2022

Prent
  Hierdie Sondag se erediens is om 9:30 in die kerk. Ds. Gerrie van Deventer sal die Boodskap bring. Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. Die bydraes vir die kussings in die kerk kom mooi in en daarom kan daar nou begin werk word aan die oortrek van die kussings. As jy kan help met hierdie projek vra ons dat jy asb. agterbly in die kerk na afloop van die diens sodat daar koppe bymekaar gesit kan word oor die beste wyse om hierdie projek aan te pak. (Die kussings en materiaal word voorsien). VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar 'n erediens om 8:00 in die Kobus Hattinghsaal en 'n erediens om 9:30 in die kerkgebou. Ds. Jan sal by albei die dienste die Boodskap bring. Volgende Sondag is ook die laaste Familienuus vir 2022. GELOFTEDAG 09:30 in die Kerkgebou. Ons nooi jou vriendelik uit na die versoeningsdiens op 16 Desember. DEUROFFER: STANDDIENSSPAN Ons is bevoorreg om 'n stranddiensspan van Moreletaparkgemeente te ontvang wat in d