Plasings

Wys tans plasings vanaf April, 2022

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Die winter is op pad. Diepkloof Kleuterskool het onder ons aandag gebring dat van die kinders in die skool uit behoeftige gesinne kom. Hulle vra hulp met wintersklere vir seuns of dogters ouderdomme 2 – 5 jaar. Indien jy kan help kontak vir Merinda Kinghorn of jy kan die klere by die kerkkantoor afgee of plaas in die “mandjie van oorvloed” in die voorportaal van die kerk.

2022-04-24 - 2022-04-30 - ONS BID SAAM VIR...

Die bediening aan die Jode (Deuroffer). Vader hierdie volksgroep het ook behoefte om die Evanglie te hoor. Maak asseblief ons harte en kerke se deure vir hulle oop. Tinus en die koor wat vanoggend die Paasgebeure met hulle sang in die Kerk uitbeeld. Bid dat dit vir elkeen tot seën sal wees. Vir U vrede en liefde om wêreld leiers se harte te beïnvloed en oorlog en ellende in die wêreld te voorkom. Die mense van KZN wat lewensverlies en skade moet verwerk. Wees u asseblief daar vir hulle. DANKIE VIR: Die leë graf! Christus het opgestaan, Hy het waarlik opgestaan! Lidmate wat hulle talente gebruik om met blomme en sang 'n atmosfeer te skep wat ons nader aan U bring. 'n Kerk en Gemeente waar ons die gemeenskap van gelowiges op ‘n besondere wyse ervaar.

Paassangdiens - 24 April 2022

Ons nooi jou uit na die Paassangdiens Sondag om 09:30 in die kerk. Na die kerkdiens drink ons lekker saam koffie in die saal. Daar sal geen inrydiens wees nie. Die Kerkraad het besluit dat daar in die toekoms net 1 kollekte sakkie sal wees vir Bankkollekte en Deuroffer. Ons wil nie ons Outeniqualanders blootstel aan die gevaar van die sakkie aangee in die kerk nie. Die sakkies sal in staanders by die deure wees aan die begin en die einde van die diens. 28% van die geld wat ingesamel word, gaan aan die instansie vir wie die Deuroffer is. DEUROFFER: BEDIENING AAN JODE Bid asseblief vir me Jeanie de Wet wat na Jode uitreik met die Evangelie, asook vir die Messiaanse Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad. Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is. Hulle is Christen-Jode. Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vauit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer sal kom. Bid ook vir hulle uitreik na Joodse Christene wie nie li

NID - Baie dankie

Prent
 

DANKBETUIGING - Frikkie Potgieter

Frikkie Potgieter het vanaf 1 Maart 2022 die leisels neergelê as sekretaris van die kerkraad en dagbestuur. Hy was ook vroeër die gemeentebestuurder en het oor jare heen 'n leidende rol in ons gemeente gespeel. Ons wil graag langs hierdie weg vir Frikkie bedank en hom die Here se seën toebid. Merinda, ons gemeente se skriba, neem nou die skribaat van die kerkraad waar.

2022-04-17 - 2022-04-23 - ONS BID SAAM VIR...

Die bediening aan die Dowes: Vader hierdie besondere mense het ons hulp nodig vir middele maar ook voorbidding en ondersteuning om ‘n normale lewe te kan lei. Die werking van die Heilige Gees in ons gemeente na 'n week van meditasie. Seën op die gebruik van die Heilige Nagmaal waarmee ons die afgelope week ons geloof kon versterk. Die politici in ons land. Gee dat hulle optrede en besluite tot voordeel van al die inwoners van ons land sal strek en dat uitsprake en verklarings versoening sal bring. Die inwoners van KZN wat die afgelope week swaar gely het onder oorstromings. Maak hulle ook in die tyd van beproewing bewus van U vertroostende helpende Vaderhand. DANKIE VIR: U Koninkryk wat liefde en vrede soek. 'n Kerk wat steeds die Paasgebeure as prioriteit op die kerklike kalender beskou. Die opgestane Heer wat ons as gelowiges aanbid. AMEN!

Bybelstudie

Die Mansbybelstudie hervat weer op 21 April om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal. Al die manne is baie welkom. Kontak gerus vir Pieter Landman. Outeniquastrand Damesbybelstudie is Donderdae om 09:30 by die Kobus Hattinghsaal. Alle dames word uitgenooi. Kontak gerus vir Esther Lategan.

Erediens - 17 April 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na die volgende dienste op Paassondag: 07:00 Vroeë oggend biduur op Glentana se hoofstrand. Ons wag die son in as simbool van lewe. Ons loof God dat die graf leeg is. 08:30 Inrydiens 09:30 Kerkdiens As jy na die kerkdiens kom wil ons jou aanmoedig om bietjie vroeër te kom en heerlike koffie en koekies in die buitelug onder die skadunet voor die dam te kom drink. Die koffie sal bedien word om 09:00 na afloop van die inrydiens. Die Kerkraad het besluit dat daar in die toekoms net 1 kollekte sakkie sal wees vir Bankkollekte en Deuroffer. Ons wil nie ons Outeniqualanders blootstel aan die gevaar van die sakkie aangee in die kerk nie. Die sakkies sal in staanders by die deure wees aan die begin en die einde van die diens. 28% van die geld wat ingesamel word, gaan aan die instansie vir wie die Deuroffer is. DEUROFFER: NASIONALE INSTITUUT VIR DOWES (Sinodaal) Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om die Dowes taal te gee, sodat h

2022-04-10 - 2022-04-16 - ONS BID SAAM VIR...

Die Jan Kriel Instituut. Hierdie organisasie sorg al jare vir haweloses en weeskinders. Vader sorg U asseblief vir die geestelike en finansiële versorging van hierdie kinders. Die oorlog in die Oekraïne duur steeds voort. Verhoor U asseblief die gebede van gelowiges dwars oor die wêreld, vir die beëindiging van die oorlog. Die ekonomie van die land: As gevolg van stygende rentekoerse, die hoë brandstof prys en die hoë inflasiekoers kry huishoudings en gemeente swaar. Ons bid vir uitkoms en U versorging. DANKIE VIR: Covid-19 regulasies wat opgehef kon word. U het ons in hierdie tyd bygestaan en beskerm. Aan U die eer. Lydenstyd: Ons loof en prys U vir die groot Offer wat U vir ons gebring het. Die vreugde wat kinders en kleinkinders in ons lewens bring.

Bybelstudie

Daar sal op 14 April geen Bybelstudie vir die mans wees nie a.g.v. die Groot Lydensweek Meditasiedienste om 18:00 in die kerk. Die Mansbybelstudie hervat weer op 21 April om 8:00 in die Kobus Hattinghsaal. Al die manne is baie welkom. Outeniquastrand Dames Bybelstudie het geen Bybelstudie hierdie week a.g.v. die Groot Lydensweek Meditasiedienste in die kerk om 18:00. Die bybelstudie sal weer hervat op 21 April 2022.

Erediens - 10 April 2022

Prent
  Ons nooi jou uit na ons Inry-erediens Sondag om 08:30 by die dam agter die kerk. Daar is geen erediens in die Kobus Hattinghsaal nie! Daar sal heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word. Om 18:00 is daar 'n diens in die kerk vir die begin van ons Groot Lydensweek Meditasiedienste. DEUROFFER: Jan Kriel Instituut (SINODAAL) Jan Krielskool (sedert 1937) is die 3de oudste skool vir “kinders met spesiale onderwysbehoeftes”. Soos met die Dowes en Blindes, het die NG Kerk dit begin, ontwikkel en bestuur. Sedert 1998 (nuwe onderwyswet) is die NG Kerk en haar lidmate se betrokkenheid beperk tot befondsing van verdienstelike kinders en projekte in die skool. Die “ekstra” dienste wat die staat en ouers nie kan bekostig of in stand hou nie, word deur gemeentes en individuele donateursvriende gedra. Dit beloop etlike miljoene per jaar, maar die resultate toon dat dit deur en deur die moeite werd is. Jan Krielskool is byvoorbeeld: bekroon met die beste “spesial

Carpe Musicam! - Pase tot Pinkster

Prent
  'n Unieke interpretasie van die Paasgebeure d.m.v. instrumentale- en koormusiek... Die Tuinroete se uitvoerende gemeenskapsorganisasie, Carpe Musicam!, het sedert hul stigting in 2015 daarvoor bekend geraak, dat hulle orkes, koor en ander groeperings interessante en genotvolle musiek verskaf aan ons Tuinroete gehore. Hierdie jaar se Pase tot Pinkster is geen uitsondering nie! Die musikale uitvoering deur die Carpe Musicam! Koor en Boutique Band van die Paasgebeure tot en met die Uitstorting van die Heilige Gees (diep innige, maar ook feestelike opwindende verwerkings) behoort in enige iemand se smaak te val. Kaartjies se pryse is op die plakkaat en is aanlyn beskikbaar by  https://carpemusicam.co.za Let daarop dat kaartjies vir Onder-18's halfprys is! 8 Mei_15h30 : NGK SEDGEFIELD (h/v Swallow- & Hoepoestraat) 13 Mei_19h00 : Outeniqua Laerskool GEORGE (h/v Cathedral- & Cradockstraat) 15 Mei_ 15h30: Laminin Agora Celebration Venue HARTENBOS (8 km vanaf Hartenbos op die

2022-04-03 - 2022-04-09 - ONS BID SAAM VIR...

Werkloosheid: Die werkloosheidskoers het nuwe hoogtes bereik. Ons bid vir 'n oplewing in die ekonomie. Oekraïne: Vir helpers wat in moeilike omstandighede vlugtelinge bystaan. Ons nuwe kerkprogram: Dat die eenheid in ons gemeente steeds behoue sal bly met die twee uiteenlopende dienste. Die eenheid van die kerk deur die krag van die Heilige Gees sal groei in en te midde van diversiteit. (Dr. Braam Hanekom) Die skole wat weer die week heropen. Seén U die werk wat onderwysers doen en dat alle aktiwiteite tot U eer sal wees. DANKIE VIR: Gesondheid en die lewe. U die Skepper van alles wat mooi is. U Woord wat vir ons 'n lig vir die pad bly!

Erediens - 03 April 2022

Ons nooi jou uit na ons Inry-erediens Sondag om 08:30 by die dam agter die kerk asook die diens om 09:30 in die kerk. Dr Kobus Smit is die prediker en sy boodskap kom uit Jes. 49: Die ontfermende Moeder. As jy na die kerkdiens kom wil ons jou aanmoedig om bietjie vroeër te kom en heerlike koffie en koekies in die buitelug onder die skadunet voor die dam te kom drink. Die koffie sal bedien word om 9:00 na afloop van die inrydiens. Die kollektesakkies sal by die deur van die kerk gesit word aan die begin van die diens aangesien ons nie ons gemeente wil blootstel aan die gevaar verbonde aan die aangee van die sakkie in die kerk nie. Daar is net een sakkie by elke deur waarvan 28% vir die deuroffer gaan. Daar is volgende week geen erediens in die Kobus Hattinghsaal nie! Dit is die begin van ons Groot Lydensweek Meditasie Dienste: 08:30 - Inrydiens 18:00 - Groot Lydensweek aanddiens in die kerk DEUROFFER: BADISA (SINODAAL) Badisa is die welsynsorganisasie van die NG Kerk in SA (Wes-Kaapland