Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2021

2021-10-31 - 2021-11-06 - ONS BID SAAM VIR...

Die Nagmaal: Vader seën ons wanneer ons die sakrament van die Nagmaal gebruik. Hervormingsfees: 504 jaar gelede het die kerk 'n radikale vernuwing beleef. Bid dat ons steeds deur ons gereformeerde erfenis geïnspireer sal word. Tiendemaand Dankoffer: U het ons die afgelope jaar met U groot genade geseën. Help ons om met ons Dankoffer ons dankbaarheid te toon. Maandag se munisipale verkiesing om vreedsaam te verloop en dat daar groter verdraagsaamheid tussen politieke partye sal wees. DANKIE VIR: Goeie reën in gebiede wat die afgelope paar jaar deur droogte geteister was. Dankie dat U ons gebede verhoor het. Die voorreg om vandag ook aan U ons offers te bring, Nagmaal te vier, ons kerkgebou opgeknap te kan aanskou en saam met medegelowiges te kan feesvier. U seën ons op soveel terreine en daarvoor loof ons U!

Feesdiens - 31 Oktober 2021

Prent
  Feesdiens om 09:30 tydens Inrydiens Nagmaal (bring jou eie wyn en brood saam). 10de maand dankoffer insameling. Hervormingsfees. Die Voorsitter Eiendom begelei ons die kerkgebou in om die nuut geverfde gebou te besigtig. Bring en braai na afloop van die feesdiens op die kerkterrein by Sinksabrug. EREDIENSTE VIR VOLGENDE PAAR WEKE Sondag 7 November: 08:00 - Eerste erediens in nuwe kerkgebou. 09:30 - Inrydiens. Sondag 14 November: 08:00 - Geen erediens in Kobus Hattingh-saal nie. Eredienste in hetsy die kerk of inrydiens, sal na Sondag 7 November gekommunikeer word. DEUROFFER: ALTA DU TOIT SKOOL Die  Alta du Toitskool in Kuilsrivier gee onderrrig aan leerders (ouderdom 6 tot 18 jaar) wat intellektueel erg gestremd is en nie in hoofstroomonderwys met akademiese vakke kan aanpas nie. Die skool bied aan leerders uit alle kulture die beste geleentheid om volgens hulle eie vermoë en tempo te ontwikkel. Die fokus van die kurrikulum is aangepas en konsentreer op vaardighede soos selfversorgin

Gebed vir Vroue

Prent
 

2021-10-24 - 2021-10-30 - ONS BID SAAM VIR...

Missie Japan: (Deuroffer) Die sendingwerk wat in hierdie land gedoen word lê ons na aan die hart. Ons bid vir die sendingwerk wat in hierdie land gedoen word en die sendelinge, Stéphan en Carina van der Watt, vir geestelike en finansiële ondersteuning. Die Kerkraad: Daar word nog gesoek na lidmate wat as leiers op die Kerkraad wil dien. Ons bid dat U ook mense se harte sal aanraak om hulle beskikbaar te stel om die Here op hierdie wyse te dien. Naderende verkiesing: Die verkiesing is ook vir ons gemeenskap belangrik. Daarom bid ons dat U met ons sal werk om tot U eer, ons verantwoordelikheid na te kom. Hulle in Outeniqualand wat worstel met depressie, siekte, verhoudingsprobleme, hartseer en finansiële nood. Ons bid vir hoop, God se liefde en vertroosting. DANKIE VIR: Die mooi oes in die Suid-Kaap. Aan U die eer! Dat U lewend is en altyd werksaam in ons lewens. (Prediking van Sondag) Ons gemeente se Gebedsbediening en vir elkeen wat getrou in hulle binnekamer intree. 'n Meelewende

Erediens - 24 Oktober 2021

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se Inrydiens om 09:30 by die dam agter die kerkgebou! Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie. DEUROFFER: MISSIE JAPAN Beste Outeniqualand Groete uit Kobe, waar die eerste Sakura bloeisels groot belofte inhou vir die lente skouspel wat kom. Covid-19 se finansiële impak op Missie Japan word op die oomblik uitvoerig bespreek. Kortom: die verreikende effek van dalende bydraes en swak wisselkoerse (skerp dalende Rand-waarde) oor die afgelope jare, is nou dieper as ooit blootgelê. Gesprekke en planne oor die volhoubaarheid van Missie Japan se werk hier, is nou dringend nodig. Terselfdertyd is ons regtig dankbaar vir elkeen wat ons hande nie gelos het in die middel van die krisis nie. Ons is diep dankbaar vir elkeen wat aanhou bydra, ons emosioneel dra en volhard in gebed, te midde van groot nood en uitdagings in eie midde. Groete in Christus, ons opgestane Here. Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan Stéphan + Carina van der Watt – 084 513 85

2021-10-17 - 2021-10-23 - ONS BID SAAM VIR...

Gideons: (Deuroffer) Hierdie Internasionale organisasie, met die hoofdoel om die bybel gratis ter versprei en op strategiese plekke beskikbaar te stel en siele vir Christus te wen. Ons bid vir finansiële ondersteuning. Die komende verkiesing: Mag die verkiesing vreedsaam verloop en dat ons die uitslag as die wil van die Here ervaar. Studente en skoliere wat aan die einde van die jaar hulle studie voltooi en studiegeleenthede of werk benodig. Vader maak U asseblief die deure, wat in U plan vir hulle is, oop. Gesondheidsdienste: Ons bid vir hierdie mense wat die afgelope jaar onder baie moeilike omstandighede moes werk, en self hulle lewens op die spel geplaas het om ander te red. Beskerm U hulle en seën hulle werk. DANKIE VIR: U Woord wat steeds relevant is en gebruik word om mense na Jesus te lei. Ons mooi  land, waar elke streek sy eie bekoring het en ons U Skeppenderhand in alles sien.

Erediens - 17 Oktober 2021

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se Inrydiens om 09:30 by die dam agter die kerkgebou! DEUROFFER:  GIDEONS Jesaja 40:8 “Gras verdor en blomme verwelk, maar die Woord van ons God bly ewig.” Die Gideons se enigste doel is om die Woord te versprei en op die wyse siele vir Christus te wen. Om die rede probeer ons om elke graad 8 leerling, elke gevangene, hotelkamer en hospitaalbed van 'n Bybel te voorsien. In die George tot Knysna gebied word jaarliks plus minus 5 000 bybels vir graad 8 leerlinge by skole oorhandig, 300 by hotelle en gastehuise. Daar is ook Bybels geplaas by dokters se spreekkamers en die gevangenis. Omdat die inperkings ook die Gideons se werk geraak het en die meeste instansies waar ons normaal Bybels plaas vir ons gesluit was kon ons nogtans die meeste skole besoek. Ook die fondsinsameling is swaar getref. Outeniqualand Gemeente se bydrae sal help om toekomstige plasings moontlik te maak. Internasionaal het die Gideons sedert sy ontstaan in 1950 reeds 2 Biljoen Bybels g

Gedenkdiens - Peet Visagie

Prent
 

KERKRAADSVERGADERING

Ons volgende kerkraadsvergadering vind plaas op Donderdag 28 Oktober 2021.

OUTENIQUALAND SNOEPIE BY GWK VEILING

Op Donderdag 14 Oktober 2021 is ons area se GWK veiling. Annelie Botha en haar helpers gaan weer die snoepie behartig namens Outeniqualand gemeente. Die snoepie is oop vanaf 10:00 en die veiling begin gewoonlik 11:00. Kon ondersteun haar. Daar is altyd heerlike eetgoed en kom ervaar die opwinding van die veiling. Die veiling word gehou op Berrie Botha se plaas net om die draai van die Sinksabrug kerkterrein.

WEN 'n SKAAPLAM!

Wat van 'n heerlike lamsboud vir Kersfees? 'n Lidmaat het vir ons 'n skaaplam geskenk. Lootjies sal verkoop word teen R100 stuk. Die vraag wat op die lootjie lys beantwoord moet word, is: Wat is ons gemeente se visie in drie woorde saamgevat? Die lootjielys is by die kerkkantoor beskikbaar. Die trekking sal plaasvind op Dinsdag 2 November 2021.

2021-10-10 - 16-10-2021 - ONS BID SAAM VIR...

Die inwoners van La-Palma in Spanje wat groot skade aan eiendom en lewensverlies gely het as gevolg van vulkaniese uitbarstings. Matrieksondag: Hierdie groepie leerlinge is met die laaste voorbereiding besig, voor hulle finale eksamen. Rus hulle toe en seën hulle met die gawes van kalmte en helderheid van verstand. Studente aan Tersiêre inrigtings betree ook die laaste paar weke van 'n baie vreemde jaar. Vader wees U ook hulle leidsman en anker in hierdie tyd van eksamen. Radiokansel: (Deuroffer) Ons bid vir die lewegewende boodskap van Christus wat deur die radio aan alle Suid-Afrikaners gebring word. DANKIE: Dat U in alle omstandighede by ons is. (Prediking van Sondag) Vir medegelowiges se voorbidding en ondersteuning in hierdie tyd van siekte en inperking. Vir hulle wat bereid is om die Evangelie van Christus buite ons landsgrense aan heidene te verkondig.

Erediens - 10 Oktober 2021

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste: 08:00 in die Kobus Hattingh-saal 09:30 se inrydiens by die dam agter die kerkgebou! Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. As gevolg van die skoolvakansie is daar geen VONK nie. DEUROFFER: RADIO KANSEL Radio Kansel en Radio Kaapse Kansel is 'n onafhanklike, transkerklike en transkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus te wen en gelowiges in hul Christelike geloof op te bou. Radio Kaapse Kansel kan op 729AM of op DSTV Audiokanaal 882 geluister word asook op www.radiokansel.co.za, www.kaapsekansel.co.za en www.capepulpit.co.za. Laai die toep (CAPEPULPIT) af en luister op jou selfoon. Mnr. Kosie Burger 082 784 5779 | 021 917 7000 | kaap@radiokansel.co.za

GEBED VIR BEJAARDES

Prent
 

KLEUTERKSOOL JUFFROUENS PRESTEER!

Prent
Die Landbouvereniging het hulle jaarlikse Prestige Landbou Streeks Toekennings gehou. Twee van die onderwysers van ons eie Diepkloof Kleuterskool het toekennings ontvang. Noleen is aangewys as die naaswenner vir Middelvlak Bestuur en Amelia is aangewys as tweede naaswenner vir Sosiale Ontwikkeling – Kleuterskole. Veels geluk aan Noleen en Amelia. Ons is baie trots op julle!  

03-10-2021 - 09-10-2021 - ONS BID SAAM VIR...

Die bejaardes in ons gemeente: Hou asseblief die groep lidmate naby U, maak hulle daagliks bewus van u teenwoordigheid, dra hulle in siekte en troos hulle in hartseer. Die Christelike Lektuurfonds: (Deuroffer) Dankie Vader dat ons ook vandag die fonds finansieël kan ondersteun. Seën ook die werk wat hulle doen deur Chritelike lektuur in alle tale gratis en beskostigbaar te versprei. Boere in die somer-reënvalstreek. Ons bid vir 'n goeie landboujaar, maar ook vir hulle wat skade gelei het as gevolg van brande. U seën op ons gemeente se Tiende-maand dankoffers. Maak U ons harte en hande oop. DANKIE VIR: Ons geestelike gesondheid. U liefde, waaraan ons nooit hoef te twyfel nie. Rom. 8:35 “Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?” 'n Goeie landboujaar in die winter-reënvalstreek en dat ons damme vol is. Aan U al die eer!

Erediens - 3 Oktober 2021

Prent
  Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou! Na die diens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet. As gevolg van die skoolvakansie is daar geen VONK nie. DEUROFFER: Christelike Lektuurfonds Die Christelike Lektuurfonds (CLF) is in 1957 gestig met die doel om die evangelie van Jesus Christus deur middel van Christelike materiaal in Afrikatale, maar ook in Afrikaans en Engels, te versprei en skrywers te bemagtig. CLF se VISIE: 'n Wêreld waar mense die Boodskap van die Bybel leef. CLF se MISIE: Die boodskap van die Bybel aan almal deur gratis en bekostigbare Christelike materiaal – gedrukte en elektroniese produkte in 'n verskeidenheid tale met die oog op geloofsvorming en toerusting. CLF werk in vennootskap met 'n verskeidenheid kerke en bedieninge. CLF befonds publikasies en dienste en is afhanklik van die bydraes van donateurs. CLF stel pamflette en bedieningsmateriaal in verskeie tale vir bediening in en van gemeentes van die NG Kerk