Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2023

BEESLOOP - 2 September 2023

Prent
 

Gleniqua Foods

Prent
 

Sing 'alleluia

Prent
 

KOOR

Die Koor oefen vanaf Donderdag 7 September vir die Kerssangdiens. Die oefening is om 17:00 in die Kobus Hattinghsaal. Kom sing lekker saam en skakel in by die koor-groep.

Jubel & Lag - Gemeentekonsert - 25 Augustus 2023

Prent
 

27-08-2023 - 02-09-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Zimbabwe verkiesing: Vader waar daar twyfel bestaan of die verkiesing vry en regverdig was, bid ons vir ons Buurland, vir die herstel van lewensomstandighede. Die werkloosheid is 90%, die inflasiekoers 86%. Hulle het ons voorbidding dringend nodig. Koalisie-politiek: Ons bid dat die pas gevormde koalisie in ons land ook Christelike waardes sal beklemtoon en U seën sal ontvang. BRICS: Die beraad kan ook vir ons land ekonomiese voordele inhou. Ons bid egter dat Christene ook hulle stem sal laat hoor. Hospitaalbearbeiding (Deuroffer): Dit is belangrik dat siekes en verpleegpersoneel in hospitale met U Woord bearbei sal word. Seën asseblief hulle wat geestelik by hospitale betrokke is. DANKIE: Vir Nagmaal: Die Nagmaal is ook 'n Dankbaarheidsmaal. Dankie Vader dat ons ook saam met U aan die tafel kan aansit. 7 Weke saam met Jesus: Ons is reeds 3 weke saam met U aan tafel. Dankie dat U in dié tyd ons geloof en insig kon versterk. Vir HOOP: In 'n tyd van onsekerheid is U ons enigste H

7 weke aan tafel: Week 4

Prent
 

Nagmaal - 27 Augustus 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se Nagmaal om 09:30 in die kerk. Ons is by week 4 van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS. As jy nog nie 'n handleiding het nie, kan jy een kom kry by die kerkkantoor @ R50 per boek. Ons tema van Sondag is: Save the date! Ons Skriflesing kom uit Lukas 14:15-24. Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker warm koppie koffie. Die nagmaalsete is uitgeskuif na 17 September wanneer ons die einde van ons 7 weke reis gaan vier deur almal heerlik saam te eet. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag om 09:30 by ons aan vir Week 5 van ons reeks. Daar sal na kerk lekker koffie, tee en hot chocolate in die saal wees. DEUROFFER: HOSPITAALBEARBEIDING 'n Samewerkingsooreenkoms is met HospiVision, 'n nie-regeringsorganisasie, gesluit wat sedert 1999 in die hospitale leiding neem in die spirituele en emosionele versorging van pasiënte, hulle families en personeel. Indien pasiënte vanaf die platteland pastorale ondersteuning benodig in hospitale bin

Jaarvergadering - BADISA - George

Prent
 

Jubel & Lag Gemeentekonsert

Vrydag 25 Augustus 2023 om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal, Glentana Kaartjies is teen R20 pp by die kerkkantoor beskikbaar. Moenie hierdie pret aand van lag en jubel misloop nie!

20-08-2023 - 26-08-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Teologiese Kweekskool (Deuroffer): Ons bid dat U Woord steeds sentraal sal wees in die Teologiese opleiding en dat die wat waarlik geroepe is hulle as predikante sal bekwaam. 7 Weke aan tafel saam met Jesus: Vader wat 'n voorreg om saam met U aan tafel te sit en van U te kan leer. Musiekbediening: Dankie vir hulle wat hulle talente tot die gemeente se beskikking stel en dat ons deur sang en musiek U teenwoordigheid kan ervaar. Ouers en opvoeders wat kinders met probleme moet hanteer. Gee U asb. vir hulle leiding en lig. Neem U beheer van die kinders se wil en emosies. DANKIE: Vir 'n normale samelewing waarvan ons deel kan wees. Maar ons bid vir hulle wat daagliks in vrees moet lewe. Vir toegewyde administratiewe personeel wat sorg vir ons kerk se administrasie, asook die wat sorg dat ons terrein en geboue netjies is. Vir gebed: Gebed is ons direkte kontak met U. Dankie vir hierdie lewenslyn wat U aan ons gee.

7 weke aan tafel: Week 3

Prent
 

Erediens - 20 Augustus 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk. Ons is by week 3 van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS. As jy nog nie 'n handleiding het nie, kan jy een kom kry by die kerkkantoor @ R50 per boek. Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker warm koppie koffie. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag om 09:30 by ons aan vir Nagmaal en Week 4 van ons reeks. Die nagmaalsete is uitgeskuif na 17 September wanneer ons die einde van ons 7 weke reis gaan vier deur almal heerlik saam te eet. Daar sal wel na kerk lekker koffie, tee en hot chocolate in die saal wees soos gewoonlik. DEUROFFER: TEOLOGIESE KWEEKSKOOL Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied onder andere opleiding vir studente van verskillende kerke met die oog om die bediening as predikante en jeugwerkers. Die uitdrukking Teologiese Kweekskool dui op daardie afdeling/skool in die Fakulteit Teologie van die Universiteit wat predikante vir die bediening in die NG Kerk oplei. P

7 weke aan tafel: Week 2

Prent
 

7 weke aan tafel: Week 1

Prent
 

BEESLOOP - 2 SEPTEMBER OM 10:00

Ons deel Sondag weer die inligtingspamflet uit. Ons hoop om die pryse teen 12:00 te kan oorhandig. Buffelsdrift Game Lodge akkommodasie (2 persone vir 1 nag (olifantvoer + wildsrit ingesl) 1 Bees (tollie) 1 Skaaplam Ons gaan ook met behulp van 'n drone 'n hele klomp sandsakkies op die blokke afgooi om gelukkige wenners aan te wys. Kyk wat kan jy nog alles kan wen... Arendsrus - 2 nagte vir 2 mense (mid-week) Seeplaas - 1 nag (mid-week) Owl's Inn Boutique Hotel - akkomodasie OppiSpoor - 2 x R250 voucher Geskenkbewyse van: Twin Trees Ou Pastorie Searles Village My Beker Loop Oor Rika Myburgh Skoonheidsalon The Loft Haarsalon Mimosa - 1 x R300 bouquet gemengde blomme 1 Gehoortoets - Suzanne Fourie 2-bal by Kingswood gholfbaan. Ons het elke gesin in die gemeente se hulp dringend nodig. Ons het kaartjies (hulle is gebind in boekies met 10 kaartjies elk) wat verkoop moet word. Ons wil groot asseblief vra of elke gesin nie wil probeer om 10 kaartjies te verkoop nie. Die boekies is

Seën vir Vrouemaand

Prent
 

BINGO

Op Dinsdag 22 Augustus om 14:30 is daar Bingo in die Kobus Hattinghsaal. Ingangsfooi is R10 wat 'n heerlike koppie koffie of tee insluit. Daar sal ook pryse te wen wees. Kom geniet die heerlike middag saam met ons!

13-08-2023 - 19-08-2023 - ONS BID SAAM VIR...

SAAWE (Deuroffer): Hierdie Organisasie mobiliseer die kerk in Suid-Afrika en die wêreld om om dissipels van Christus te wees. Ons bid vir hulle werk en dat U hulle werk sal seën. Die Taxi-stakings in die Kaap. Hierdie stakings lei tot grootskaalse geweld en ontwrigting van skole en die ekonomie. Vader ons bid dat U sal help om kalmte by onderhandelaars te bring en dat redelikheid sal seëvier. Onrus op kampusse: Ons kinders en kleinkinders word benadeel deur die sluiting van kampusse. Ons bid dat die probleem opgelos sal word en dat daar respek sal wees vir eiendom en die regte van hulle wat wil studeer. Gemeente kursus: "7 weke aan tafel saam met Jesus". Dankie Vader dat ons saam met U aan tafel kan sit en om U wil te soek. Seën U ons kursus. DANKIE: Vir gelowige vroue wat bereid is om leiding te neem en 'n verskil in gemeentes te maak. Vir hulle wat betrokke is by ons Vonkies. Die kindertjies is die toekoms van die kerk. Seën die werk wat hier gedoen word. Vir gelowiges

Dag van Verootmoediging

Prent
 

Erediens - 13 Augustus 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk en die week 2 van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS. As jy nog nie 'n handleiding het nie, kan jy een kom kry by die kerkkantoor @ R50 per boek. As gevolg van ons 7 weke reeks is daar Sondag geen diens by die Kobus Hattingh-saal nie. Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker koppie warm koffie. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag om 09:30 by ons aan vir Week 3 van ons reeks. DEUROFFER: SAAWE Die deuroffer gaan vir Gerrie en Arlene Coetzee van die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie (SAAWE). Hulle is 'n sendelingpaar wat deur NG Gemeente George-Bergsig uitgestuur is en deur die gemeentes van die Ring van George asook individue finansieel ondersteun word. Hulle is aanvanklik uitgestuur vir Sending Portugal. Na baie jare se vrugbare werk is hierdie sending-projek deur o.a. die regering in die wiele gery. Kort daarna het Gerrie en Arlene teruggekeer na Suid-Afrika en hulle sendingwerk voor

Laerskool van der Hoven - 1ste Gholfmeesters Kampioenskappe

Prent
 

Damestee ten bate van Helpende Hand George-tak Studiefonds

Prent
 

06-08-2023 - 12-08-2023 - ONS BID SAAM VIR...

DEGNOS (Deuroffer): Vader ons bid vir Andries en Tracy en hulle span in Namibië en die geestelike werk wat onder die Boesmans gedoen word. Seën U asseblief die projek. Groepleiers: "7 weke aan tafel saam met JESUS". Seën U die projek, elke lidmaat wat deelneem en die groepleiers. Nuwe lidmate in ons gemeente: Ons bid dat hulle hier in ons gemeente 'n geestelike tuiste sal vind en dat ons hulle met die liefde van Christus sal laat welkom voel. Hulle wat kronies siek is: Laat hulle nooit aan u genade, liefde en ontferming twyfel nie. DANKIE: Vir 'n groeiende gemeente en dat U hand sigbaar in ons gemeente is. Vir middele tot ons beskikking om in 'n koue winter warm te bly. Dat te midde van ontstellende politieke en ekonomiese gebeure en uitsprake ons steeds die versekering het dat U alleen ons toekoms bepaal. Vrouemaand: Dankie vir die rol wat vroue in die kerk, samelewing en huis speel.

Erediens - 06 Augustus 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk en die begin van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS. As jy nog nie 'n handleiding het nie, kan jy een kom kry by die kerkkantoor @ R50 per boek. Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker koppie warm koffie. VOLGENDE SONDAG Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk. As gevolg van ons 7 weke aan tafel met JESUS kursus is geen diens by die Kobus Hattinghsaal nie. DEUROFFER: DEGNOS (Bediening onder die Boesmans) Outeniqualand het 'n jare lange verbintenis tot die DEGNOS bediening vir Boesmans. Verlede jaar die 13de Augustus, het lede van die Diensgroep vir Getuienis en lidmate van Outeniqualand hulle besoek en klere, skryfbehoeftes, sokkerballe en lekkers vir hulle gevat en ook die personeel en vir Andries en Tracy gaan bemoedig en versterk vir hulle werk. Doen gerus die moeite en lees die aangehegte Nuusbrief van DEGNOS. Daar is baie interessante inligting in die Nuusbrie