Plasings

Wys tans plasings vanaf Junie, 2021

Digitale generasie kies kerk in persoon

Lionel Hutton, jeugleraar van Stellenbosch Moedergemeente, skryf in 'n onlangse gemeentebrief dat hulle aanlyn-eredienste baie entoesiasties deur hulle tieners ontvang is, maar dat dieselfde aanlynkykers hulle teruggehaas het toe eredienste heropen is. "Ons almal leef met die vrees dat sosiale media die wêreld al hoe meer onpersoonlik gaan maak, dat jongmense nie meer gaan weet hoe om vir lang periodes te konsentreer of om ingeligte en betekenisvolle gesprekke te hê nie. In die lig van die tieners se beweging terug kerk toe, sou ons nie dalk kon sê dat daar ’n terugkeer na gemeenskap, saamwees en dieper intellektualiteit in ons verhouding met Christus is nie? Waarom kies ’n digitale generasie kerk in persoon? Dalk is dit omdat die waarde van ’n geloofsgemeenskap geensins verlore by tieners is nie. Of is dit dalk omdat hulle eerder ’n generasie is wat geken kan word aan hul verlange na saamwees?"

Winterbasaar 2021

Baie dankie vir elkeen wat reeds hulle bydrae vir die basaar inbetaal het. Vanweë COVID-19 is ons verplig om die Winterbasaar in sy tradisionele vorm te laat vaar. Daaroor is ons baie jammer want ons basaar is bekend onder almal wat van heinde en verre kom as ʼn heerlike kuiergeleentheid. Ons het egter R260 000 begroot as basaarinkomste. Daarom vertrou ons dat die Here op Sy unieke manier sal voorsien om hierdie inkomste te kan in. Ons gaan nie van die Dienswerkers verwag om met die Basaarlyste rond te beweeg nie.  Derhalwe gaan ons dit elektronies moet doen. Let daarop dat ons net kontant en lewende hawe kan ontvang as bydraes omdat daar nie basaartafels met eetgoed ens. gaan wees nie. Die lewende hawe sal verkoop word as inkomste. Die basaarlyste is reeds elektronies aan die gemeente uitgestuur. Dit kan elektronies aan die kerkkantoor terug gestuur word of by die inry-diens in die kollektesakkie gesit word of deur die week by die kerkkantoor afgegee word. Betalings moet a