Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2021

La-Bella Mobile Spa

Prent
 

UDrive 4X4 Rentals

Prent
    UDrive4x4 Rentals offer immaculate and affordable vehicles complete with canopy and all the required camping gear, designed to ensure a comfortable and memorable 4×4 experience. https://udrive4x4.co.za/

29-08-2021 - 04-08-2021 - ONS BID SAAM VIR...

Ons land wat vasgevang is in 'n greep van misdaad. Vader neem asseblief beheer van die mense wat hulle tot moord en misdaad wend. Ons bid dat hulle hulle tot U sal bekeer. Die werkloosheid wat tot 34,4% gestyg het. Hierdie statistiek is die begin van armoede en misdaad. Ons vertrou op U om ook aan ekonomiese leiers inspirasie en leiding te gee om 'n verskil te maak. Die Teologiese skool (Deuroffer): Wanneer ons vir die Teologiese Skool bid, bid ons nie slegs vir finansiële versorging nie, maar dat dosente en studente steeds getrou aan U Woord sal bly. Covid-19: “Bid gedurig” 1 Tes. 5:17. Wanneer die siekte daagliks nader aan ons beweeg, vertrou ons op U om ook op U tyd 'n einde aan die pandemie te bring. DANKIE VIR: Dat U groter is as ons vrees en ons moed gee. (Prediking van Sondag) Bybelsondag.  Mag U Woord steeds ons bron van geloof bly en ons in die waarheid lei.

Erediens - 29 Augustus 2021

Prent
  Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou! Ons gaan nie koffie drink na afloop van die diens nie. Ons hoop dat ons binne-kort weer sal kan saam kuier en koffie drink. DEUROFFER: TEOLOGIESE KWEEKSKOOL Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied onder andere opleiding vir studente van verskillende kerke met die oog op die bediening as predikante en jeugwerkers. Die uitdrukking Teologiese Kweekskool dui op daardie afdeling/skool in die Fakulteit Teologie van die Universiteit wat predikante vir die bediening in die NG Kerk oplei. Predikante van die NG Kerk-familie word sedert 1859 hier opgelei. U voorbidding vir beide die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, die Dekaan, dosente en al die personeel word gevra. Me Amanda van Niekerk | 021 887 6819 | toerusting@sun.co.za

22-08-2021 - 28-08-2021 - ONS BID SAAM VIR...

Covid-19: Vader hierdie virus is besig om baie van ons families en vriende siek te maak maar ook groot onsekerheid en onmin tussen medici en wetenskaplikes te veroorsaak. Help ons asseblief om alleen op U te vertrou om leiding en hoop. Afganistan, waar die regering oorgeneem is en die Taliban nou regeer. Ons bid dat U 'n klein groepie gelowiges sal beskerm, vir wie daar geen genade, van die Taliban sal wees nie. Ons bid ook vir die groot groep vlugtelinge vir 'n veilige heenkome. Die verwoestende aardbewings en tropiese storms in Haïti. Daar is reeds meer as 2 000 mense in die natuurramp dood en 30 000 dakloos. Ontferm U asseblief oor hierdie volk. Hospitaalbearbeiding: Ons bid veral vir die geestelike werkers wat al die trauma onder siekes, bedroefdes en verpleegpersoneel moet hanteer. In hierdie tyd het hulle ons daaglikse voorbidding en finansiële ondersteuning baie nodig. (Deuroffer) DANKIE VIR: Die nagmaal van Sondag. Dat ons steeds onder moeilike omstandighede hierdie Sak

Erediens - 22 Augustus 2021

Prent
  Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou! Ons gaan nie koffie drink na afloop van die diens nie. Ons hoop dat ons binne-kort weer sal kan saam kuier en koffie drink. DEUROFFER: HOSPITAAL-BEARBEIDING Hospitaal-bearbeiding vind plaas deur Hospivision. 'n Samewerkingsooreenkoms is met HospiVision, 'n nie-regeringsorganisasie, gesluit wat sedert 1999 in die hospitale van Pretoria leiding neem in die spirituele en emosionele versorging van pasiënte, hulle families en personeel. Indien pasiënte vanaf die platteland pastorale ondersteuning benodig in hospitale binne die Kaapse Metropool, moet Hospivision gekontak word. Die Diensgroep Diaconia het die webwerf ( www.myhulp.co.za ) ontwikkel om inligting te voorsien waar hulp oor 'n aantal onderwerpe rakende geestesgesondheid gevind kan word. Hospivision | 021 931 0311 | wanda@hospivision.org.za Administratiewe ondersteuning | Me Ria Koen | 021 957 7109 | diaconia@kaapkerk.co.za | webwerf: http://w

Gedenkdiens - Hester Scholtz

Prent
 

15-08-2021 - 21-08-2021

Vrouemaand: Vader, ons bid vir die rol wat vroue in ons lewens en die gemeenskap speel. Seën asseblief die werk wat die kommissie, Diens van Barmhartigheid, in ons gemeente doen asook die verpleegsters en onderwyseresse en alle vroue wat 'n verskil in ons lewens maak. Aardverwarming: Ons bid vir die Klimaatsberaad in Glasgow, Skotland. Vader, klimaatsverandering is besig om groot ontwrigting in die wêreld te veroorsaak. Help die mensdom om weer aan U skeppingsopdrag gehoorsaam te wees en die aarde met eerbied te gebruik en te versorg. Degnos (Deuroffer): Sending onder die Boesmans. Die geestelike werk wat onder hierdie groepie mense gedoen word lê vir ons gemeente na aan die hart. Help ons asseblief om ook ons plig teenoor hierdie sendingaksie na te kom. Nagmaal met Seniors: Ons bid dat hierdie besondere geleentheid tot U eer en versterking van ons geloof sal plaasvind. Ons dra veral ons Seniors by die geleentheid aan U op. Omvou hulle met U liefde en Genade. DANKIE VIR: Vroue in o

KERKRAADSVERGADERING - Donderdag 28 Oktober 2021

Die volgende datums verskyn op die jaarkalender vir Kerkraadsvergaderings: 24 Augustus, 21 September en 23 November 2021. Die Dagbestuur het besluit om as gevolg van die covid-pandemie, die drie vergaderings te kombineer sodat daar slegs een vergadering sal plaasvind op Donderdag 28 Oktober 2021. Die tyd en plek sal later bekend gemaak word.

Erediens - 15 Augustus 2021

Prent
  Sondag hou ons weer inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou. Kom vier saam met ons die Nagmaal. Dis ons jaarlikse NAGMAAL VIR SENIORS. A.g.v. Covid sal daar ongelukkig geen Nagmaalsete by die Kobus Hattingh-saal wees nie. Jy is welkom om jou eie nagmaalwyn en kelkies te bring. (Daar sal van die Covid-vriendelike nagmaal tekens ook beskikbaar wees) DEUROFFER: DEGNOS Die DEGNOS bediening is 'n bediening onder die Boesmans. Die Boesman gemeentes wat onder hulle val is: Tsumkwe, Lehebu Noord, Wes Caprivi en Wildevy. Tans is daar 15 kleuterskole en 25 onderwysers in diens van hierdie bediening. Ons verneem vanaf die notule van hulle Algemene Jaarvergadering dat hierdie jaar finansieël vir hulle besonder uitdagend was omdat die deuroffers van die NGK gemeentes, wat 'n beduidende bydrae maak tot hulle bediening, nie gerealiseer het nie a.g.v. die Covid inperkings. NGK Outeniqualand (asook een van ons lidmate, vir wie die Here hierdie bediening op sy hart gelê het) is gere

Dank en groetdiens - Alf Lategan

Prent
 

08-08-2021 - 14-08-2021 - ONS BID SAAM VIR...

Vir Gerrie en Arlene Coetzee wat werk by SAAWE (Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldsending). Dit is 'n organisasie wat die wêreld seën met die goeie nuus van Jesus. Mag ons in 'n tyd waar die wëreld smag na goeie nuus ook deur hierdie organisasie 'n bydrae lewer. (Deuroffer) Ons leraars en pastore oor hele land, wat in hierdie tyd daagliks met trauma gekonfronteer word, om vas te staan en deur die Heilige Gees versterk te word in hulle taak om bedroeftes en siekes te bemoedig. Covid-19. Vader die epidemie is steeds besig om in ons gemeente en gemeenskap groot hartseer en kommer te veroorsaak. Help U ons om alleen op U te vertrou en aan U vas te hou. Ps. 62:6 “Net by God vind ek rus en op Hom vertrou ek.” DANKIE VIR: Vriende en familie wat mekaar in hierdie tyd op 'n besondere wyse bystaan. Dat U Woord in hierdie tyd soveel bied om ons staande te hou en in geloof naby U te bly. Vir ons leraar en sy gesin wat in hierdie moeilike tyd steeds positief bly en vir ons die blye bo

Erediens - 8 Augustus 2021

Prent
  Sondag hou ons weer inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou! Omdat daar soveel van ons gemeentelede is wat Covid onder lede het, gaan ons nie hierdie Sondag koffie na die erediens hê nie. Sodra dit rustiger is, sal ons weer hervat met ons heerlike koffie-kuiers voor die dam. Kyk hoe het ons inrydienste verlede jaar die tyd gelyk. Hierdie foto is op 9 Augustus 2020 geneem: Baie dankie vir elkeen wat gehelp het om ons dam-preekstoel te bring tot waar hy vandag is. Ons dank die Vader vir ons kreatiewe en mee-lewende gemeentelede en ons leraar wat “uit die boks uit” kan dink en sy bediening met soveel toewyding doen. Dankie vir ons Vader dat ons op dié manier kon voortgaan met ons dienste ten spyte van die inperkings. DEUROFFER: SAAWE   Hierdie Deuroffer gaan vir Gerrie en Arlene Coetzee van die Suid-Afrikanse Aksie vir Wêreldevangelisasie (SAAWE). Hulle is 'n sendeling-paar wat deur NG Gemeente George-Bergsig uitgestuur is en deur die gemeentes van George Ring asook indiv

Gedenkdiens - ds. PA Loots

Prent
 

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Prent
Diepkloof Kleuterskool (die kleuterskool op die kerkterrein) is 'n projek deur die kerk geloods, toe van die lidmate bewus geraak het van die behoefte wat daar is vir die versorging van die voorskoolse kindertjies in ons omgewing. Intussen het die skooltjie gegroei na 'n hoogs suksesvolle kleuterskool wat 60 kindertjies versorg en onderrig gee van 3 jaar tot graad R. Diepkloof Kleuterskool soek gewillige mense om op hulle bestuur te dien. Elke kind wat by die skool begin het die moontlikheid van 'n beter toekoms! Enige iemand met 'n hart vir kinders en wat bereid is om tyd en energie af te staan vir hierdie kinders kan vir Ds. Jan skakel. Hier is 'n foto van die skoolhoof, Nolene du Preez, saam met van die juffrouens en kinders.  

Erediens - 1 Augustus 2021

Prent
  Vandag hou ons weer inrydiens om 9:30 by die dam, agter die kerkgebou! Omdat daar soveel van ons gemeentelede is wat Covid onder lede het, gaan ons nie hierdie Sondag koffie na die erediens hê nie. Sodra dit rustiger is sal ons weer hervat met ons heerlike koffie-kuiers voor die dam. DEUROFFER: DIENS VAN BARMHARTIGHEID Diens van Barmhartigheid is Outeniqualand se kommissie wat omsien na die fisiese behoeftes in ons gemeente en gemeenskap. Van die projekte van Diens van Barmhartigheid: Nicky Deysel koop 1 keer per jaar vir al die behoeftige skoliere in Diepkloof Laerskool, Hoogekraal Laerskool en Laerskool Van der Hoven skoolklere. DvB versorg gesinne in ons gemeente en ook in die gemeenskap wat kosnood en lewensmiddele nodig het. Ouerwordende lidmate ressorteer onder die kommissie. Somtyds is daar van enige oord briewe om finansiële hulp vra, wat DvB dan hanteer Elke gemeente lid wat 'n hart het vir mense in nood, is baie welkom by die Diens van Barmhartigheid. Wanneer die byeenk

Gedenkdiens - Jan Marx

Prent