Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2022

Rev Sandi McGill

Prent
 

BIDDAE VIR VROUE EN MANS

Prent
 

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL ATLETIEK

25 van Diepkloof Kleuterskool se kleuters het die afgelope Saterdag by Little Einsteins in Grootbrakrivier gaan deelneem aan 'n atletiekbyeenkoms waaraan 4 kleuterskole in die omgewing deelgeneem het. Ons was baie bly om na 2 jaar van Covid weer te kon deelneem. Ons is baie trots dat ons die Gees-beker gewen het en omtrent almal van die 25 deelnemertjies was onder die voorste 3 van hulle onderskeie wedlope. Ook die Ouerkomitee se dames het deelgeneem en ons naam hoog gehou! Dit was 'n geseënde oggend en ons wil vir die kleuters, Personeel, Ouerkomitee, Ouers en Ondersteuners wat daar was 'n groot dankie sê vir hul teenwoordigheid en entoesiasme! Dit voorspel goeie dinge vir Diepkloof Kleuterskool vir 2022!

DIENSGROEP VIR BARMHARTIGHEID

Prent
Die Diensgroep vir Barmhartigheid se vergadering sal gehou word op Woensdag 9 Maart om 15:00 in die Kobus Hattinghsaal. Die spreker is Fanie Marx wat vir baie jare saam met die Polisie se Narkotika Buro gewerk het. Na aanleiding van die meisie van George wat in Thailand onskuldig gevonnis is tot lewenslange tronkstraf, kom deel Fanie wenke wat van belang is vir ons kinders en kleinkinders wat in die buiteland gaan werk. Moenie dit mis nie!  

2022-02-27 - 2022-03-05 - ONS BID SAAM VIR...

Die krisis in die Oekraïne, wat dreig om wêreld-vrede te versteur. Ons oplossing lê by 'n Vader wat alles in Sy hande het en ook ons gebede kan verhoor. Lydenstyd: 'n tyd waar gelowiges die lyding van Christus herdenk. Die Herberg kinderhuis (Deuroffer): Ons bid vir hierdie kinders se geestelike en finansiële versorging. Die beëindiging van rassisme in ons land. Vader, die euwel is besig om die brose verhoudings in ons samelewing te vernietig. Bid vir leiers om nie verder kwaad te stook nie. DANKIE VIR: Gelowiges wat ons lei om in U voetspore te volg. Die Kerk en U Woord wat vir ons die weg wys om U getuies te wees.

LYDENSTYD

Prent
Ons is nou in die Lydenstyd. Dit is 40 dae vanaf Aswoensdag (insluitende Sondae) tot voor Paassondag. Dit is tradisioneel 'n tyd van selfondersoek, skuldbelydenis, gebed en naastediens. (Kunswerk deur Vader John Russell)  

Erediens - 27 Februarie 2022

Ons nooi jou uit na ons inry-erediens Sondag om 09:30 by die dam agter die kerk. Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens. DEUROFFER: HERBERG KINDERHUIS Die Herberg Kinderhuis op Robertson is 'n program van BADISA. Die kinderhuis huisves 122 sorgbehoewende kinders uit die Wes-en Suid-Kaap. Kinders se ouderdomme wissel van baba tot 18 jaar oud. Redes vir opname is verwaarlosing, mishandeling, molestering en geen bestaansmiddele. Die kinderhuis se begroting beloop R11 miljoen per jaar. Met stygende petrolpryse, kos- en kragpryse is die Kinderhuis onder groot finansiële druk vir die volgehoue versorging van ons kinders. Ons is baie afhanklik van gemeents en individue se bydraes. Ons is die enigste BADISA KINDERHUIS vanaf Worcester tot Plettenbergbaai en bedien 'n baie groot area. Ons ontvang slegs 48% van ons begroting van die staat en die res moet ons self invorder. Dankie vir die verskil wat u in ons kinders se lewe

2022-02-20 - 2022-02-26 - ONS BID SAAM VIR...

Burgerregte-organisasie wat buite die politiek veg om geregtigheid teenoor almal in die land te verkry, ook vir minderheidsgroepe. Die ou model-C skole, teen wie wetgewing voorberei word, om die mag van ouers en beheerrade in te kort en die mag van die Staat te vergroot. Gemeente-ondersteuning (Deuroffer): Daar is gemeentes wat finansieel swaar kry. Bid dat die Vader ook vir die gemeentes sal sorg. DANKIE VIR: U Woord waaruit ons daagliks ons krag kan put. Dat ons kan droom: Gedig van Willem Jordaan: “In drome vol angs/ bedien my Heer my/ 'n klein sakrament/ Uit Sy hand/ breek die maan/ wit wolke oop/ tot sagte nagmaalbrood./ En môre by ontbyt/ sit ek aan tafel,/ sny ek uit die bakkers-brood/ die nag se droom weer oop./ O Vlees van die Woord/ voed my in hierdie môre/ só met U hemelgraan/ dat iets van U nagmaal/ in my dag bestaan.”

Erediens - 20 Februarie 2022

Ons nooi jou uit na ons inry-erediens Sondag om 09:30 by die dam agter die kerk. Ds Jannie Fourie is die prediker. Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens. Daar is ook 'n erediens op Hartenbos as deel van die gemeente naweek om 10:00 by die NG Kerk Jeugsentrum in Paardekraalweg 12. Die diens is nie aanlyn beskikbaar nie! DEUROFFER: GEMEENTE ONDERSTEUNING Die Gemeentehulpfonds is 'n sinodale fonds en verleen ondersteuning aan gemeentes wat finansiële probleme ondervind. Die fonds is bedoel om die geestelike bediening in stand te hou en nie vir kapitale werke of instandhouding van fisiese fasiliteite nie. Saakgelastigde (Stephan Pretorius) | 021-957 7104 | stephan.pretorius@kaapkerk.co.za

13-02-2022 - 19-02-2022 - ONS BID SAAM VIR...

Biddag vir opvoeding en onderwys: Vader ons bid vandag saam met die Kerk vir hierdie belangrike saak. Die opvoeding en onderwys vervul so 'n belangrike plek in die toekoms van ons land en die ekonomie.  Seën hulle wat hierby betrokke is met U groot genade. BADISA George (deuroffer): Ons bid vir die werk wat hierdie organisasie onder die armes doen. Bid vir vrywilligers, skenkers en finansiële ondersteuning. Ons land se leiers, ook die van die opposisie partye, om ons land in die tyd van nood met integriteit en eerlikheid na 'n beter toekoms te lei. Die beskerming van ons land se natuur en natuurlike hulpbronne. DANKIE VIR: Epifanietyd: 'n Tyd waar ons God se verskyning en bekendmaking aan ons kan herdenk. Gelowige onderwysers en dosente, wat die doopbelofte van die ouerhuis moet voortsit. 'n Organisasie soos Badisa, wat maatskaplike probleme identifiseer en aanspreek.

Erediens - 13 Februarie 2022

Ons nooi jou uit na ons erediens Sondag om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal asook ons inry-erediens om 09:30 by die dam agter die kerk. Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens. DOOP: Regardt en Nicole du Toit doop Sondag hulle seuntjie Marco Pierre du Toit. DEUROFFER: BADISA George BADISA George doen baie belangrike werk onder geweldig moeilike omstandighede. So is daar hierdie jaar: Gesinsherenigings – 35 leêrs  /  Vroeë Intervensie – 12 leêrs Kinderhofondersoeke – (walk in’s) – 23 leêrs  /  Gesinsherenigings – 13 Kinders in pleegsorg geplaas – 4 Tendense van dienslewering: Kinderverwaarlosing / Verlate kinders / Ontoereikende ouerskap / Werkloosheid / Substansafhanklikheid in volwassenes.

Klawerjolle - 11 Februarie 2022

Prent
 

AANGEPASTE VLAK 1-REGULASIES

Nuwe Vlak 1-regulasies is vandeesweek aangekondig en is vanaf 1 Februarie van toepassing. Kinders moet voltyds teruggaan skool toe. Mense wat positief getoets word vir COVID-19, maar geen simptome ervaar nie, hoef nie meer te isoleer nie. Mense wat positief getoets word én COVID-19 simptome vertoon, moet steeds isoleer, maar die tydperk van isolasie is van tien tot sewe dae verkort. Kontakte hoef nie te isoleer nie, tensy hulle COVID-19 simptome vertoon. Begrafnisse word steeds tot 100 persone beperk. Nagwake voor en byeenkomste na 'n begrafnis bly steeds verbode. Godsdienstige byeenkomste word toegelaat. Beperk tot 1 000 binne en 2 000 buite na gelang van gebou-grootte.

2022-02-06 - 2022-02-12

Gemeenteontwikkeling (Deuroffer): Dat die fondse op verantwoordelike wyse gebruik sal word tot uitbreiding van U Koninkryk. Bybelstudiegroepe wat weer begin om normaal te funksioneer. Mag hierdie belangrike gemeente aktiwiteit dien tot geestelike groei in ons gemeente. Die regters en howe wat al meer onder politieke druk kom in uitsprake. Ons bid vir geregtigheid en onbevooroordeelde uitsprake. Covid-19. Waar daar stadig maar seker verslapping in die regulasies kom, bid ons dat ons steeds verantwoordelik sal optree om ons eie en die gesondheid van ander te respekteer. DANKIE VIR: Hulle wat groot opofferings doen om onder moeilike omstandighede steeds die Evangelie aan heidene te verkondig. U stem wat ons steeds hoor te midde van die geraas om ons, deur U Woord, Prediking, Gebede en die Natuur.

Erediens - 06 Februarie 2022

Ons nooi jou uit na ons Inry-erediens Sondag om 09:30 by die dam agter die kerk. Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word. DEUROFFER: NGGO SINODAAL (Nuwe Geloofgemeenskap Ontwikkeling) Die NGGO taakspan se roeping is om saam as familie van die NG en VGK kerke, gemeente te begelei om nuwe geleenthede raak te sien (visievorming) in hul onderskeie kontekste om vars uitdrukkings van kerkwees te implimenteer (missionale kerk). Die leiers van hierdie taakspan sal gemeentes besoek en begelei wat die behoefte het om 'n nuwe geloofsgemeenskap te begin, hetsy binne in die gemeente of buite (byvoorbeeld waar daar nuwe demografiese ontwikkelings in die area is). Ons help met opleiding en die skep van netwerke waar gemeentes en hul leiers veilig voel om nuwe maniere van kerkwees te probeer. Ons sal altyd die eenheid van die breër kerk bevorder en sal nooit die ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe of vars uitdrukking van kerk sien as 'n ma