Plasings

Wys tans plasings vanaf April, 2023

30-04-2023 - 06-05-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Mense met geestessiektes, vir genesing, maar ook dat U hulle beraders en versorgers sal help om met geduld en liefde hulle werk tot U eer te verrig. Vryheidsdag: Dankie dat ons in 'n land woon waar ons nog vry is. Ons bid dat ons sal besef dat ons vryheid gepaard gaan met verantwoordelikheid, maar ook die vreugde en dankbaarheid dat ons as gelowiges vry is omdat U vir ons sondes gesterf het. Die misdadigers en hulle harte vol haat en wraak. U alleen kan 'n verandering in hulle lewe bring. Ons vertrou op U. DANKIE: Vir die vredemakers: Matt. 5:9: "Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word." Dankie dat ons na U voorbeeld ook vredemakers kan wees in 'n wêreld vol haat en nyd. Dat U die mens na U beeld geskape het. Ons ervaar om ons: die predikers, geestelike leiers, organiseerders, die met talente van sang en musiek, hulle wat met blomme verfraai en kunswerke skep, die versorgers en hulle wat omgee vir ander, die bidders en almal wat een

Erediens - 30 April 2023

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 30 April se erediens om 09:30 in die Kerkgebou. Ds Basie Fourie bedien die Woord en fokus op ons jaartema: Jubeljaar. Ons is geseënd om ander te seën. Weens die langnaweek is daar geen koffie en tee na die erediens nie. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na die erediens om 09:30 in die Kerkgebou. Kom drink weer lekker tee en koffie saam met ons na die erediens. DEUROFFER: BEDIENING AAN JODE (Sinodaal) Bid asseblief vir Jeanie de Wet wat na die Jode uitreik met die Evangelie, asook vir die Messiaanse Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad. Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is. Hulle is Christen-Jode. Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer sal kom. Bid ook vir hulle uitreik na Joodse Christene wie nie lidmate van Beit Ariel is nie en na Jode wat nie glo dat Jesus die Messias is nie.

30 DAYS EARTH DAY CHALLENGE

Prent
 

WINTERBASAAR - 2023

Ons winterbasaar gaan soos in die afgelope 3 jaar slegs 'n kontant en vee basaar wees. Ons wil egter 'n geleentheid op ons kerkgronde aanbied om die behoefte aan sosiale interaksie met die gemeenskap te ondervang. Is daar lidmate wat ons hiermee wil help dink? Skakel met ds. Jan of die kerkkantoor.

23-04-2023 - 29-04-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Die Koor: Ons bid dat Sondagoggend se Paassangdiens ons van U teenwoordigheid bewus sal maak en dat ons deur sang en musiek U genade en liefde sal ervaar. Gelowiges in die parlement: om onder omstandighede sterk te staan en ook ons standpunt van diens en integriteit sal stel. Die Vervolgingsgesag: Dat misdadigers aan die man gebring sal word en boet vir hulle dade. Opposisiepartye: Ons betree 'n tyd van opposisiepolitiek. Mag partye na gemeenskaplike raakpunte soek wat dienslewering, vreedsame naasbestaan en Christenskap sal insluit. DANKIE: Vir RSG en die TV wat steeds geestelike programme en musiek uitsaai. Vir Geestelike musiek wat deel van ons aanbidding is en vir Tinus, die Koor en Musiekbediening vir entoesiasme en begeleiding. Mense wat hulle Godgegewe talente gebruik om deur die Koor, 'n gewyde atmosfeer te skep en die Paasgebeure vir die gemeente lewend te maak.

Paassangdiens - 23 April 2023

Prent
  Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 23 April se jaarlikse Paassangdiens om 09:30 in die Kerkgebou. Moenie dit mis nie. Die koor het hard geoefen vir hierdie spesiale geleentheid. Kom drink lekker koffie en eet paasbolletjies (hot cross buns) saam met ons na afloop van die erediens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na die erediens om 09:30 in die Kerkgebou. Daar sal geen koffie na die diens bedien word nie. DEUROFFER: BEDIENING AAN DOWES (Sinodaal) Ons begunstigdes by NID is persone met verskeie grade van gehoorverlies, en sommige ook met addisionele meervoudige gestremdhede. Ons visie is om noodsaaklike kwaliteit-dienste aan hulle te lewer sodat hulle ook hulle volle potensiaal kan ontwikkel en bereik. Hier word Dowes ook met God se Woord bedien in hulle eie taal – Gebaretaal. Hoe kosbaar is dit nie! God se genade is darem maar groot! Ons deel graag meer van NID in die onderstaande video's wat op YouTube beskikbaar is. 'This is the NID!' - featuri

NGK GROOT BRAKRIVIER HOU DANKFEES

Saterdag 22 April om 09:00 Groot Brakrivier gemeente nooi almal uit na hulle dankfees by die kerksaal in Groot Brakrivier. Van vroeg af sal daar pannekoek, poeding en ander gebak te koop wees. Om 10:00 sal die vleistafel open. Daar is baie te eet: heerlike kerrie en rys, jaffles, roosterkoeke, sosaties ens. Moet nie die groentetafel en die wit olifanttafel misloop nie. Die kindertafel is vanaf 09:00 oop. Navrae: Groot Brakrivier kerkkantoor.

HANDSKOENE VIR LAERSKOOL DIEPKLOOF

Aan almal wat so fluks brei, BAIE DANKIE!! Julle moet asseblief voltooide items by die kerkkantoor inhandig, in die kerk se voorportaal sal ook 'n houer wees waarin julle dit kan plaas. Ons sal verseker jubel om by die uitdaging van 180 pare uit te kom. Vir meer inligting kontak Alta.

16-04-2023 - 22-04-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Die Jan Kriel Instituut (Deuroffer): Hier word kinders met opvoedkundige behoeftes onderrig. Ons bid vir finansiële ondersteuning en geestelike versorging. Misdaadsindikate (Mafia), waar besighede en mense afgepers en ontvoer word. Tree U asseblief toe en vernietig hierdie euwel in ons land. Skole wat weer vir die 2de kwartaal heropen het. Rus U onderwysers en leerders toe vir die uitdagings wat aan hulle gestel gaan word. DANKIE: Vir gelowige gesinne waar ouers nog hulle doopbeloftes nakom. Kinders en kleinkinders se liefde en omgee. Die nuwe herfsseisoen, waar ons U Hand in die verandering in die natuur sien. Ons Loof U omdat U Groot en Almagtig is!

Erediens - 16 April 2023

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag 16 April se erediens om 09:30 in die kerk. Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. Welkom terug ook aan die VONKE. Hoop julle is uitgerus. Die voorsitter van ons Diensgroep vir Fondse, Henk Vosloo, gaan vanoggend terugvoering gee oor die jaar se finansies. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na ons jaarlikse Paassangdiens om 09:30 in die Kerkgebou. Moenie dit mis nie. Die koor het hard geoefen vir hierdie spesiale geleentheid. Kom drink lekker koffie na afloop van die erediens in die kerksaal. DEUROFFER: JAN KRIEL INSTITUUT Jan Kriel Instituut fokus op die onderrig en opleiding van leerders met spesiale onderwysbehoeftes van af die grondslagfase tot graad 12. Wat maak Jan Kriel anders? Klasse is aansienlik kleiner in vergelyking met hoofstroom-onderwys. Onderrigtegnieke word aangepas om in die spesiale opvoedkundige behoeftes van leerders te voorsien. Ons streef daarna om die skolastiese vordering te bevorder, hul vertroue en selfbeeld

GARDEN ROUTE OUTDOOR SHOW - 28 April - 1 Mei 2023

Prent
 

WONINGSKOU ten bate van DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL - Laaste kans!

Op 15 April 2023 word daar 'n "Woningskou" gehou ten bate van Diepkloof Kleuterskool. Die verskillende huise op die program kan vanaf 9:00 tot 15:00 gesoek word. Die doel van die woningskou is NIE dat die eienaars wil spog met hul huise en besittings nie, maar dat hulle uit dankbaarheid aan God, hul huise oopstel om dit in vreugde met ander te deel. Die laaste stop is by Annelie Botha waar gratis roosterkoek/konfyt/kaas en koffie en tee aangebied word. Die kaartjies is R100 per persoon. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, Riekie Kruger en Merinda Kinghorn.

Aangee...

HANDSKOENE VIR LAERSKOOL DIEPKLOOF Ons breiprojek het hierdie week gegroei van 20 pare na 60 pare handskoene! BAIE, BAIE DANKIE! Dankie aan almal wat nog steeds fluks brei, daar is ook gehekelde handskoene ingegee. Ons oogmerk is 180 pare teen middel Mei. Die patrone is beskikbaar by die kerkkantoor. My raad is...kry wol en brei! (of hekel ) Vir meer inligting kontak Alta. LEESPROJEK VIR ONS LAERSKOLE Diens van Barmhartigheid wil graag 'n leesprojek by die drie laerskole in ons area van stapel stuur. Daarvoor het ons heelwat boeke op laerskoolvlak en laer nodig. As daar boeke in jou huis is wat jou kind of kleinkinders al ontgroei het, skenk dit asseblief vir die projek. Die boeke kan in die voorportaal in die mandjie geplaas word of jy kan my kontak. As 'n kind leer lees, kan hy soveel ander vaardighede baasraak. Baie dankie by voorbaat. Marianna Uys BAIE DANKIE Baie dankie aan Ruben Barnard wat die week weer sy man met die bossiekapper gestuur het om die kerkterrein te kom ne

09-04-2023 - 15-04-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Alle gelowiges in ons land en die wêreld: dat gelowiges weer sal opstaan en hulle geloof bely in 'n wêreld waar moraliteit en sonde besig is om die oorhand te kry. Paastyd, waar gelowiges die grootste gebeurtenis in die geskiedenis herdenk en ons weer tot die besef sal bring, dat Christus waarlik opgestaan het en dit vir ons. Bybelstudiegroepe: Dat gemeentelede weer sal inskakel en entoesiasties sal wees om U Woord as die weg na U te leer ken. Laerskole binne ons gemeentegrense: Diepkloof, Van Der Hoven en Hoogekraal. Help ons om hierdie skole geestelik en met middele by te staan. Wees U met ouers en personeel om hulle taak tot U eer te verrig. DANKIE: Dat Lydenstyd nog deur die kerk en gelowiges as prioriteit op die kerkkalender beskou word. Vir die voorbeeld wat U vir ons gestel het, van nederigheid en diensbaarheid. Vir die meditasiedienste in ons gemeente: U teenwoordigheid was aangevoel.

Erediens - 09 April 2023

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 9 April se erediens om 08:00 op die strand (afhangende van die weer) en 09:30 in die kerk. Daar is geen koffie na afloop van die erediens nie. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na die erediens om 09:30 in die Kerkgebou. Kom drink lekker koffie in die kerksaal na afloop van die erediens. Ons Vonkies skop volgende week weer af vir die 2de kwartaal. Ons wens vir al ons vonkies en die onderwyspersoneel báie sterkte toe vir die nuwe kwartaal wat Woensdag 12 April begin. DEUROFFER: GEMEENTEBEDIENING (Outeniqualand se eie bediening) Outeniqualand se Diensgroep vir Gemeentebediening staan onder leiding van Jaap van der Westhuizen. Die span bestaan uit Adam du Plessis, Annemi Barnard, Ben Klinck, Blom du Toit, Charles Robertson, ds Basie Fourie, ds Jan Fourie, Floris Brand, Maryna van der Westhuizen, Merinda Duvenage, Nikki Visagie en Tinus Badenhorst. Hierdie Diensgroep is verantwoordelik vir die opbou van die gemeente in al sy fasette. Die bedieninge wat ond

02-04-2023 - 08-04-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Dag van danksegging en verootmoediging: Vader daar is soveel waarvoor ons dankbaar is. U seën ons ver bo verdienste. Maar ons wil ook bely dat ons en die mense van ons land nie werd is om U kinders genoem te word nie. Wees ons asseblief genadig. Die mense van die Oos-Kaap (Port St Johns). Reën het reeds groot skade aangerig. Help U hulle wat skade gely het en vertroos die wat geliefdes verloor het. Die kerkraad en Leraar: Ons groeiende gemeente plaas druk op ons gemeente leiers, rus U hulle toe vir hulle verantwoordelikhede. Munisipale-rade in ons land: Laat politieke dienstigheid nie die dienslewering benadeel nie, en waar koalisies bestaan bid ons dat U die saambindende faktor sal wees. DANKIE: Dat ons almal om U tafel welkom was om die seën van die Nagmaal te ontvang. Dat ons U orals vind; in ons diepste nood, ons siektes en kommer maar ook ons vreugdes. Vir 'n vol kerk waar U teenwoordigheid aangevoel word. AAN U DIE EER!

Eredienste: Lydenstyd en Pase

Prent