Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 12 Maart se 2 eredienste: 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en 'n Gesinsdiens om 09:30 in die Kerkgebou. Neem asseblief kennis dat daar dus nié hierdie Sondag 'n inrydiens gaan wees soos op die kalender aangedui is nie. Kom drink lekker koffie in die kerksaal na afloop van die erediens. DOOP: Hierdie Sondag doop Ivan en Marinda May hulle seuntjies, Markus en Regardt. Ons is opgewonde saam met hulle ouma, Martie Dickson, vir die Here se genade. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag se erediens vind plaas om 09:30 in die kerkgebou. DEUROFFER: ELJADA NASORG Die Eljada Nasorg in Oudtshoorn voorsien residensiële versorgings- en ontwikkelingsdienste aan 97 volwasse persone met intellektuele gestremdhede en dagsorgdienste aan 13 volwasse persone met intellektuele gestremdhede wat in die gemeenskap woon. Projekte en aktiwiteite wat deur 5 intruktrises aangebied word is: kognitiewe ontwikkeling, lewensvaardigheid- en bewusmakingsprogramme, leerwerk, kers- e