Plasings

Wys tans plasings vanaf Desember, 2023

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Prent
Hierdie Sondag se eredienste vind plaas om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerk, gelei deur ds. Jan-Hendrik Fourie. KERSDAG Kersdiens om 06:30 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Jan-Hendrik Fourie. Kersdiens om 07:45 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Jan-Hendrik Fourie. Kersdiens om 09:00 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Gerrie van Deventer. Kersdiens om 09:30 in die kerk, gelei deur ds. Jan-Hendrik Fourie. Kersdiens om 10:15 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Gerrie van Deventer. VOLGENDE SONDAG Erediens om 09:30 in die kerk, gelei deur Tony Noble. Oujaarsdiens om 19:00 in die Kobus Hattinghsaal, gelei deur ds. Basie Fourie.

Erediens en Carols by Candlelight - 17 Desember 2023

Prent
WELKOM ALLE BESOEKERS! As jy 'n besoeker in Outeniqualand is, kan jy 'n inligtingstuk by die deure in die voorportaal neem. Indien jy graag by ons wil inskakel, is daar ook 'n vorm aangeheg wat jy kan invul en in die kollekte sak plaas, by Merinda by die kerkkantoor inhandig of e- pos aan die kerkkantoor. Die vakansieprogram is ook by die deure beskikbaar met al gemeente se aktiwiteite sowel as die stranddiensspan se program. Hierdie Sondag se erediens vind plaas om 09:30 in die kerk, gelei deur ds. Helgard Janse van Rensburg. Kom drink lekker koffie en kuier saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. Om 18:00 vir 18:30 is daar Carols by Candlelight in die Kobus Hattingh-saal, aangebied deur die stranddiensspan. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar 'n erediens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerk. GELOFTEDAG Ons nooi jou vriendelik uit na die versoeningsdiens op 16 Desember om 09:30 in die Kerkgebou.

SOMERBASAAR: 20 DESEMBER 2023 TE GLENTANA

Prent
 

Inligting

HEUNINGDRAER Die Heuningdraer, Outeniqualand se Gemeenteblad, sal Sondag 10 Desember by die deure uitgedeel word. Daar is 1 blad per gesin. As jy nie Sondag by die kerk kan wees nie, kan jy 'n Heuningdraer by die kerkkantoor kom afhaal. KALENDERS 2024 Die kalenders vir 2024 sal vanaf volgende week by die kerkkantoor beskikbaar wees. Ons sal op die whatsapp-groepe laat weet wanneer dit beskikbaar is. KERKKANTOOR TYE Die Kerkkantoor sal gesluit wees tussen 27ste en 29ste Desember. Merinda sal aan diens wees tussen 27 en 29 Desember alhoewel die kerkkantoor nie oop is nie. Kontak haar gerus in hierdie tyd. Lorraine het verlof van 12 Desember tot 5 Januarie. In hierdie tyd sal Adam du Plessis instaan as Fasiliteitsbestuurder. Merinda is met verlof van 2 tot 18 Januarie 2023. Lorraine sal die kantoor beman vanaf 9 – 18 Januarie 2023 in die normale kantoorure. (Di – Vr van 08:30 tot 13:30 asook Woensdae 15:00 tot 16:30) Ds. Jan is met verlof van 30 Desember tot 16 Januarie 2023.

Baie dankie!

Die personeel van Outeniqualandgemeente wil graag aan elke lidmaat dankie sê vir die ondersteuning en omgee wat ons die afgelope jaar ontvang het. Dis 'n fees om deel van die Outeniqualand familie te wees en saam te bou en te werk aan God se Koninkryk in ons omgewing. Ons wens elkeen 'n geseënde Christusfees toe! Jan, Merinda, Lorraine, Godfrey, Cecely en Wesley

10-12-2023 - 16-12-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates (VRB) (Deuroffer): Ons Kerk se bates is ons Gemeente se verantwoordelikheid. Help U ons om dit tot U eer te bewaar en te versorg. Vakansietyd en skole wat sluit: Hou U asseblief U hand oor ons kinders, ouers en onderwysers in hierdie tyd van ontspan en help ons om die feesdae tot U eer te vier. Matriekulante se Wegbreek: Vader ons bid vir ons matrikulante wat wegbreek vakansies gaan hou en dat hierdie geleenthede tot U eer sal wees en nie vakansies van losbandigheid sal wees nie. Reën in die somerreënvalstreke: Seën U assblief ons boere en hou U hand oor hulle wat onder soveel druk verkeer. Somerbasaar: Ons bid vir U seën op hierdie geleentheid en dat dit meer as net 'n fondsinsameling sal wees maar ook gesellige bymekaar kom van gelowiges. DANKIE: Vir Advent: Die tyd waar ons U geboorte as geskenk aan ons ervaar en bid dat U Koninkryk moet kom. Dat ons goeie skole het, waar ons rustig kan wees oor die opvoeding van ons kinders. Vir gelowige v

Erediens - 10 Desember 2023

Prent
Hartlik welkom by vandag se eredienste! Ons verwelkom veral ons vakansiegangers. Dit is vir ons aangenaam om julle by ons te ontvang. Ons wens vir elkeen 'n aangename feestyd toe. Mag ons 'n geseënde Christusfees beleef as ons die geboorte van ons Redder vier. En mag die nuwe jaar vir ons elkeen vol hoop en verwagting wees! Hierdie Sondag se eredienste is om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerk. Kom drink lekker koffie en kuier saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens. VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag is daar 'n erediens om 09:30 in die kerk en om 18:00 vir 18:30 is daar Carols by Candlelight in die Kobus Hattingh-saal. GELOFTEDAG Ons nooi jou vriendelik uit na die versoeningsdiens op 16 Desember om 09:30 in die Kerkgebou.

Carpe Musicam! - Joy to the World

Prent
 

MIGHTY MEN MOSSELBAAI

Prent
Hierdie jaar is Mighty Men binne die bereik van ons Outeniqualand manne. Dit vind plaas van Vrydag 15 Desember om 6nm tot Sondag 17 Desember op die plaas Bartelsfontein. Die 15de en 16de is slegs vir mans maar gesinne word hartlik uitgenooi om Sondag 17 Desember by hulle aan te sluit. Kampplek is beskikbaar teen 'n minimale koste en besprekings kan op die webwerf gedoen word. Kontak vir Lukas by lukas@degoedeuniverse.co.za  

03-12-2023 - 09-12-2023 - ONS BID SAAM VIR...

Bediening aan die Jode (Deuroffer): In 'n tyd waar daar baie spanning en emosie rondom U Volk is, bid ons vir hulle bekering en die geestelike bediening onder die Jode. Die Polisie, Buurtwag, Plaaswag en almal wat misdaad probeer bekamp en wie se lewens op die spel is in die uitvoering van hulle plig. Beskerm U hulle wat eerbaar is en hulle plig doen. Politieke invloed van alliansie in aanloop tot die verkiesing van volgende jaar: Ons bid dat daar ter wille van ons land, politieke verskille opsy geskuif word en dat kiesers wat dieselfde geloofsoortuigings het sal saam staan en os land op 'n nuwe koers sal stuur. Haweloses in George en ander stede: Vader raak U hierdie mense met U liefde aan. Dankie vir 'n gemeente wat omgee en wat na hulle kon uitreik. DANKIE: Vir die Koor en Vonk maatjies wat met hulle deelname aan ons Kerssangdiens ons nader aan U kon bring. Vir 'n Kerkraad, Predikant en amptenare wat sorg dat ons Gemeente geestelik versorg word. Vir Advent tyd: In hi

Erediens - 03 Desember 2023

Prent
Jy word hartlik uitgenooi na Sondag se erediens om 09:30 in die Kerk. Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na ons eredienste om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die Kerkgebou. Kom drink lekker koffie/tee in die saal na die erediens in die kerk. DEUROFFER: BEDIENING AAN DIE JODE Bid asseblief vir Me Jeanie de Wet wat na Jode uitreik met die Evangelie, asook vir die Messiaans-Joodse gemeenskap Beit Ariel in Kaapstad. Messiaanse Jode glo dat Jesus die Messias en Here is. Hulle is Christen-Jode. Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer kom. Bid ook vir hulle uitreik na Joodse Christene wat nie lidmate van Beit Ariel is nie en na Jode wat nie glo dat Jesus die Messias is nie.

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Prent
Liewe vriende! Jy het seker gewonder wat het van Glentana en omgewing oorgebly na die storms van vroeër in die jaar? Hier en daar het skade gekom, maar die mense en unieke vakansie atmosfeer is steeds hier (en lewendig ). Die Suid-Kaap het hulle vere reg geskud vir jou koms! Ons glo dat jy ‘n ruskans verdien. Daarom is dit vir ons 'n voorreg om jou as vakansieganger in Outeniqualand te verwelkom. Ons het al geleer om jou in ons geestelike familie te verwelkom. Soos altyd probeer ons om aan jou 'n geestelike tuiste vir die vakansietyd te bied. Ons bring graag die volgende onder jou aandag: Daar word elke Sondag 'n erediens in die Kobus Hattingh-saal te Glentana aangebied. Ons het genoeg plek binne en buite die saal. Ons hou ook 'n Geloftediens, Carols by candlelight en vyf Kersdienste. Ons is bevoorreg om 'n stranddiensspan van Moreletapark-gemeente te ontvang wat in die Suid-Kaap kom bedien. Loer onderaan na hulle program en neem jou kinders na al die wonderlike akt