Erediens - 18 Julie 2021

 

As gevolg van die nuwe inperkings sal daar hierdie Sondag geen diens voor die dam wees nie.
Daar sal wel 'n diens aanlyn beskikbaar wees.

DEUROFFER:  FEBA RADIO

Vir 75 jaar bemagtig en rus FEBA Suid-Afrika mishandelde vroue toe, selfs in die mees afgesonderde en afgeleë areas regoor die wêreld, in samewerking met ons vennoot bedienings in die buiteland en julle, ons getroue ondersteuners.
Die vrug van ons werk is duidelik uit die terugvoer wat ons van die meer as 7.4 miljoen luisteraars jaarliks ontvang. Hier volg 'n getuienis van een van ons luisteraars uit Indië, wie se pyn en lyding verander is in hoop en inspirasie. Die storie het vir ander vroue, wat deur dieselfde ervarings gaan, 'n lig geword.
Die vrou, Saanvi, het haar eersteling in die wêreld verwelkom 'n jaar nadat sy getroud is. Nie lank daarna nie het sy haar tweede kind verwag. Die nuus het haar skoonma se gedrag teenoor haar verander en sy het daarop aangedring dat Saanvi toetse ondergaan om die geslag van die kind te bepaal. In Indië kleef daar 'n stigma aan vroue wat dogters verwag en word hulle in die meeste gevalle gedwing om die baba te laat aborteer.

Saanvi het van die begin af geweier om die toets te laat doen, want sy het geweet dat sy 'n dogter verwag. Sy het toe geboorte geskenk aan 'n dogter, maar, in plaas daarvan dat haar familie die nuwe lewe verwelkom, het mishandeling Saanvi se voorland geword.
Sy het vertel dat haar skoonma op 'n dag die pasgebore baba uit woede moedswillig op die vloer neergegooi het. Die baba het gelukkig geen ernstige beserings opgedoen nie. Saanvi vertel hoe sy met verloop van tyd daagliks deur haar familie en selfs haar eie man mishandel is. Sy het besef dat sy en haar kinders ter wille van oorlewing uit die huis sal moet vlug.
Dit was toe dat ek na 'n radioprogram geluister het, oor die waarde van 'n vrou.


Dr. Jurie Vermeulen 072 316 9562 | info@febaradio.co.za | www.febaradio.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023