DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Diepkloof Kleuterskool (die kleuterskool op die kerkterrein) is 'n projek deur die kerk geloods, toe van die lidmate bewus geraak het van die behoefte wat daar is vir die versorging van die voorskoolse kindertjies in ons omgewing. Intussen het die skooltjie gegroei na 'n hoogs suksesvolle kleuterskool wat 60 kindertjies versorg en onderrig gee van 3 jaar tot graad R.
Diepkloof Kleuterskool soek gewillige mense om op hulle bestuur te dien.
Elke kind wat by die skool begin het die moontlikheid van 'n beter toekoms!
Enige iemand met 'n hart vir kinders en wat bereid is om tyd en energie af te staan vir hierdie kinders kan vir Ds. Jan skakel.
Hier is 'n foto van die skoolhoof, Nolene du Preez, saam met van die juffrouens en kinders.

 



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023