SKRIBA-POS BY NG KERK TUINEDAL

Aansoeke is nou oop vir die pos van 'n Skriba
Die NG Kerk George- Tuinedal benodig die dienste van 'n Skriba in ons kerkkantoor. Dit is 'n permanente betrekking met diensaanvaarding op 2 Januarie 2022. Diensure is van 08h00 tot 13h00 Maandae tot Vrydae asook Sondae tydens die erediens.

Vereistes: Die suksesvolle kandidaat moet oor bewese vaardighede en naskoolse opleiding in kantooradministrasie beskik, rekenaargeletterd wees (veral in die nuutste MS Office pakket), bewese vaardighede in kommunikasie en bemarking hê, goeie menseverhoudinge kan handhaaf en in spanverband kan werk. Ondervinding in finansiële administrasie sal voordelig wees. Die persoon moet 'n belydende Christen en verkieslik 'n lidmaat van die NG kerk wees met 'n sensitiwiteit vir die eise en konteks van die kerklike werksomgewing.

Sluitingsdatum: Maandag, 15 November 2021 om 10h00. Indien u geen kommunikasie ontvang het na 30 November 2021 nie, aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie. Die kerkraad behou die reg voor om nie 'n aanstelling te maak nie.

Aansoeke: Stuur 'n CV (met 3 referente waarvan minstens 1 'n kerklike referent) per e-pos: admin@tuinedal.co.za of per hand by die kerkkantoor tydens kantoorure, h/v Palgrave- en Kasteelstraat, Dormehlsdrift, GEORGE

Vir meer inligting skakel die voorsitter van die Personeelkomitee, Hendrik Hubbard by 082 569 9815.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023