13-02-2022 - 19-02-2022 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Biddag vir opvoeding en onderwys: Vader ons bid vandag saam met die Kerk vir hierdie belangrike saak. Die opvoeding en onderwys vervul so 'n belangrike plek in die toekoms van ons land en die ekonomie.  Seën hulle wat hierby betrokke is met U groot genade.
  2. BADISA George (deuroffer): Ons bid vir die werk wat hierdie organisasie onder die armes doen. Bid vir vrywilligers, skenkers en finansiële ondersteuning.
  3. Ons land se leiers, ook die van die opposisie partye, om ons land in die tyd van nood met integriteit en eerlikheid na 'n beter toekoms te lei.
  4. Die beskerming van ons land se natuur en natuurlike hulpbronne.



DANKIE VIR:

  • Epifanietyd: 'n Tyd waar ons God se verskyning en bekendmaking aan ons kan herdenk.
  • Gelowige onderwysers en dosente, wat die doopbelofte van die ouerhuis moet voortsit.
  • 'n Organisasie soos Badisa, wat maatskaplike probleme identifiseer en aanspreek.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023