2022-03-13 - 2022-03-19 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Eljada Nasorgsentrum (Deuroffer). Ons bid vir die personeel en inwoners asook die geestelike werk wat hier gedoen word.
  2. Die Lydenstyd waar ons die lyding van Christus herdenk. Mag die Vader ons met die herinnering steeds bewus maak van Sy liefde en groot genade vir ons as sondaars.
  3. Die mense van die Oekraïne waar die oorlog voortduur en ons daagliks bewus word van dié menslike lyding. Wees U hulle genadig.
  4. Ons land en distrik se Landbou en Ekonomie. Die oorlog en stygende pryse, laer uitvoer van wyn en vrugte, gaan groot eise aan ons landbou stel. Tree U ook asseblief in en gee uitkoms.
  5. U hulp: Om ons aan U oor te gee. (Prediking van verlede Sondag)
  6. Die Kerkraadsavergadering op Dinsdag 15 Maart om 18:00. Bid dat die Here se stem duidelik hoorbaar sal wees en elke besluit in gehoorsaamheid aan die Hom sal wees.



DANKIE VIR:

  • Die nagmaal wat ons Sondag kon gebruik. U hou steeds die Heilige Sakrament in stand. Dankie dat ons daarin kan deel.
  • Die vroue in ons lewens: Ons dink hier in besonder aan ons eggenotes, moeders, dogters en skoondogters. Met hierdie gawe het U in u wysheid ons bo verdienste geseën.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023