HUIS JJ WATSON SE VOEDSELKETTING

Almal van ons besef maar alte goed dat voedselpryse bly styg en dat jy baie mooi moet beplan om die begroting te laat klop, dus sal u verstaan hoe groot die tehuis se maandelikse voelselbegroting is. Die tehuis het 'n voedselketting-projek waarby die publiek kan inskakel. Deelnemers aan hierdie projek ontvang elke einde van die maand 'n sms met items (2 – 3 nie-bederfbare produkte) wat vir die daaropvolgende maand aan die tehuis geskenk kan word. Elke maand word ook 'n opsionele lekkerny op die lysie bygevoeg. Dié lekkerny word op 'n gereelde basis met middagete aan die inwoners gegee. Alle donasies van die voedselketting, kan afgelaai word by Huis JJ Watson op die hoek van Cradock en Fichatstraat in George. Indien u of van u vriende deel wil wees, kontak asseblief die kantoor vir verdere inligting.
Kontakbesonderhede: Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 13:00 by 044 874 3039 of 044 874 3166.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023