MUSSE VIR DIE KOUE

Wyk 5 se Damesbybelstudiegroep het met ‘n musse-breiprojek vir die kleuterskool begin. Ons nooi almal wat kan/wil brei, om te help. Jy kan enige patroon gebruik, asook enige kleur wol. Oorskiet wol maak pragtige bont musse!
Ons beoog om dwarsdeur die jaar te brei en sodoende vroegtydig voorraad op te bou.
Voltooide musse artikels kan in die mandjie van oorvloed, in die voorportaal geplaas word, of dit kan by die kerkkantoor afgegee word.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023