Erediens - 14 Augustus 2022

 


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Dit is die wegspring van ons 40 dae reis.
Ons tema is: Hoekom kruip jy weg Gideon? Ons teks kom uit Rigters 6.
Daar gaan gratis pannekoek na die diens in die kerksaal beskikbaar wees, soveel dat ons ook na die diens kan gaan uitdeel by ons bure. Die Pannekoekman bak weer op sy plate 48 pannekoeke op een slag. Moenie dit mis nie of dat die weer jou Sondag afsit nie. Die skoot gaan klap en dan spring ons almal weg op hierdie reis van 40 dae.
Ons bedien ook heerlike koffie/tee in die kerksaal.


GERRIE EN ARLENE COETZEE

Die deuroffer gaan vir Gerrie en Arlene Coetzee van die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie (SAAWE). Hulle is ‘n sendelingpaar wat deur NG Gemeente George-Bergsig uitgestuur is en deur die gemeentes van George Ring asook individue finansieel ondersteun word. Hulle is aanvanklik uitgestuur vir Sending Portugal. Na baie jare se vrugbare werk is hierdie sending-projek deur o.a. die regering in die wiele gery. Kort daarna het Gerrie en Arlene teruggekeer na Suid-Afrika en hulle sendingwerk voortgesit by die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie. Hulle Nuusbrief met meer inligting oor hulle sendingwerk word aangeheg. Lees dit gerus hier.


BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES

Mansbybelstudie en Damesbybelstudie wat gewoonlik op Donderdae in die Kobus Hattinghsaal plaasvind gaan vir die duur van die 40 Dae reis nie plaasvind nie, sodat die lede kans kry om by kleingroepe in te skakel. Kontak gerus vir Pieter Landman vir die Mansbybelstudie en vir Elsa du Toit vir die Damesbybelstudie.


OPWINDENDE TYE IN OUTENIQUALAND

Jy sal tot 14 Augustus tyd hê om te registreer wanneer die 40 dae amptelik begin.
Skakel met Merinda as jy deel wil word hiervan. Jy sal die pamflet met 40 teksgedeeltes tesame met die gebedsgids daarop ontvang om te gebruik tydens ons 40 dae reis. Die skakel na die video wat by die kuiergroepe gebruik gaan word, sal elke week op die gemeentegroep geplaas word.
Die derde woord van ons visie is AANGEE. Die reis van 40 dae gaan juis oor die vraag:
Wie is jy? en Waarheen is jy op pad? Ons wil AANGEE waarmee God ons geseën het.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023