2022-10-09 - 2022-10-15 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Reën in ons Somer reënvalgebiede waar daar op die oomblik hittegolftoestande heers.
  2. Radio Kansel: Vader, seën U die boodskappe wat deur die uitsending van Radio Kansel bereik word.
  3. ESKOM en sy bestuur. Mnr. De Ruyter en sy span verkeer onder geweldige druk om te presteer en word van binne en buite gesaboteer. Beskerm U hulle en rus hulle toe vir die moeilike taak.
  4. Versoening in ons land: Vader, daar is soveel politici wat die verlede gebruik om haat te stook. Ons bid dat daar 'n gees van vergewing en versoening in ons land sal ontstaan.


DANKIE:

  • Vir Tuindag: Dat U as Skepper alles so mooi gemaak het. Ons sien U hand elke dag in die tuine en die natuur om ons.
  • Vir hulle wat U Woord daagliks aan ons verkondig en ons geloof in U versterk.
  • Vir hulle wat gewillig is om op die Kerkraad te dien en dienend, leiding in die gemeente te neem.


Ons is opgewonde en bly saam met...
Martie Dickson met die geboorte van haar kleinseun Reghard.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023